Wys tans plasings met die etiket een in eie naam. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket een in eie naam. Wys alle plasings

Vrydag 07 Augustus 2015

Die een wat in eie naam uitgaan

Toe die Messias die eerste keer gekom het was Hy nie deur almal van Sy volk aangeneem nie.  Daar is 'n gevaar as kinders van die Koninkryk nog op die Messias wag terwyl die ware Messias eintlik al gekom het! (want dit beteken dat hulle oop is vir 'n valse messias).  Diesulkes wag bv. nie op dieselfde Messias (nl. Christus Jesus) wat gaan TERUGKOM nie, maar wag nog op "die KOMS van die beloofde messias"...  Dat sommige 'n valse messias gaan aanneem is nie nuus nie, en terloops iets wat Christus self gesê het gaan gebeur:  (Joh 5:43 - "Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem"). Die valse messias sal in sy eie naam kom, en anders as Jesus Christus sal hy nie die wil van die Vader doen nie maar sy eie wil en sy eie woorde gebruik.
- Ons verwag 'n Messias wat terugkom OP DIE WOLKE; 
- maar die wat nog nie tot insig gekom het nie verwag 'n Messias wat nog moet kom... 
]
Inderdaad verwys die verwagte Messias na iemand wat gebore sou word uit die midde van die broers (vd kinders van Jakob, kind van Dawid), in wie se mond die Here Sy woorde sou lê... (soos Moses geprofeteer het-Deut. 18:17-19;Joh. 1:45,46), maar die waarheid is dat toe Hy gekom het nie almal van Sy volk Hom aangeneem het en na Hom geluister het nie. Alhoewel Jesus Christus die profesiee vervul het van wat gepreek was rondom hierdie Messias, glo baie van die "broeders" steeds nie dat Hy die Een gestuur is nie. Wat is die gevolg hiervan? Die Skrif leer dat die wat nie na Hom luister nie, deur Moses en deur die woorde wat Hy gespreek het geoordeel sal word op die laaste dag... (Joh. 12:48)(Joh 5:45). As hulle nie tot insig kom nie, dan is hulle oop vir 'n valse messias.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gelukkig is daar baie van die wat nie geglo het nie, wat vandag tot insig kom dat Jesus die Christus is wat sou kom, maar daar is die wat steeds op 'n "Joodse Messias" wag en selfs preek dat die tyd naby is... En daarmee bedoel hulle nie dat die "wederkoms" van Christus Jesus naby is nie, maar verwag die "koms" van die messias.  As hulle egter nou 'n ander een wat in sy eie naam kom, ontvang, dan sal Jesus Christus se woorde in Joh. 5:43 vervul word, en dit sal inderdaad 'n valse messias wees.  

Maar is daar tekens van so iets wat alreeds gebeur? Wel, wanneer ons inkyk op die media sal ons vind dat hierdie inderdaad besig is om te gebeur! Bv., 'n paar jaar gelede het een bekende Rabbi  selfs gesê dat hy die Messias ontmoet het deur 'n visioen, en hy het o.a. die opmerking gemaak dat die messias alreeds in Israel is!  Hy het ook gesê dat die messias se siel hom aangekleef het tot 'n persoon in Israel en vertel hoe hy aan die begin geen amp sal hê nie, maar tussen die mense sal wees en die media gebruik om met die mense te kommunikeer.  En volgens hom sal almal ook nie onmiddellik glo in hierdie messias nie, maar sy openbaarmaking sal in twee dele geskied...  Hierdie Rabbi het selfs die stelling gemaak dat die messias self nie eens oorspronklik sal weet dat hy die messias is nie (!?)...  Dit wat die betrokke Rabbi van die messias vertel het, is definitief anders as die Messias waarvoor ons wag, wat terloops definitief weet wie Hy self is! en met die wolke sal terugkom!  Tog wat interessant is is dat hierdie Rabbi vir sy dissipels geleer het dat Jesus die Messias is, maar duidelik het hy net 'n halwe evangelie gebring en bv. glad nie eens die opstanding gepreek nie. Hierdie is inderdaad kommerwekkend. Ons weet dat daar baie valse messiasse in hierdie wereld al uitgegaan het, en baie van hulle het selfs uigegaan onder die naam van "Jesus". Ons moet egter ag gee op wat so iemand preek... - bv. ons geloof is waardeloos is as Christus nie opgestaan het uit die dood nie!, so om glad nie die opstanding te preek nie is soos om 'n ANDER EVANGELIE te preek. Of iemand die waarheid preek, is belangrik. Ons moet ook seker maak dat ons weet wat die Skrif vir ons leer oor die Messias wat gekom het en gaan terugkom.  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Skrif leer dat, wat die ongelowiges onder die volk (kinders van die Koninkryk, kinders van Jakob) aanbetref, sal 'n oorblyfsel wel hulle tot die Here bekeer in die laaste dae... - EN HULLE SAL TERLOOPS OPSIEN NA DIE EEN (Christus Jesus) VIR WIE HULLE DEURBOOR HET.....EN BITTERLIK OOR HOM WEEN...... (Sag. 12:10)Maar sommige sal ongelukkig die "een wat in sy eie naam uitgaan" aanvaar. Die Skrif leer o.a. van iemand wat in die laaste dae sy plek in die tempel sal inneem asof hy God is - hy sal voorgee "dat hy God is" (2 Thess. 2:4).  Of hierdie "antichris" verwys na die dier van Openb. 13, kan moontlik wees (want daardie "dier" verwys nie net na 'n koninkryk nie, maar ook 'n "koning").
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


Die begrip "kinders van Abraham" (Joh. 8:39; Hand. 3:25; 13:26; Gal. 3:7) verwys wel na die aan wie die beloftes gemaak is van redding.  Hulle het die hoop op redding van liggaam (opstanding) en siel (deur water en Gees), maar hoe sal hierdie kinders die redding ontvang as hulle nie glo in die "Profeet" wat vir hulle gestuur is nie? (Deut. 18:15). 
- Hoe kan iemand verwag om deel te hê aan die opstanding as hy nie glo in die Een wat hom kan opwek nie?  
- Hoe kan iemand verwag om saam met Hom te regeer as hy nie glo in die Een wat gaan regeer nie?
- En hoe kan iemand weergebore word deur water en Gees as hy nie in die Een glo wat sondes vergewe en die Heilige Gees gee nie?
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/opsomming-antichris.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/01/dien-almal-wat-bely-hulle-is-christene.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/01/het-christene-moslems-en-jode-dieselfde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/die-tempel-van-god.html