Wys tans plasings met die etiket geween en gekners van tande. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geween en gekners van tande. Wys alle plasings

Donderdag 14 Mei 2026

'n Geween en gekners van tande

Die wat in Jesus Christus glo het natuurlik die belofte van ewige lewe, sal beloon word, sal erf..., maar wat gebeur met wederstrewige kinders van die Here?, of die wat onregverdig of onbarmhartig is? M.a.w., wat sal gebeur met die wat nie Sy wil doen nie of nie in Hom bly nie? En wat van die "slegte" en "nuttelose diensknegte"? En wat sal gebeur met die "struikelblokke" (die wat die ongeregtigheid doen) wat onder die kinders van die Koninkryk beweeg maar nie deur die Here daar gesaai is nie?  Die Skrif leer dat nie alle kinders van die Koninkryk eendag sal ingaan in die Koninkryk van God nie (Matt. 7:21) - Jesus het o.a. geleer dat sommige sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:29), en sommige sal in die vuur beland (Joh. 15:6).  

In 7 verse in die Bybel word die woorde "geween en gekners van die tande" gebruik (Matt. 8:12; 13:42,50; 22:13; 24:51; 25:30; Luk. 13:28) in konteks met STRAF..., meer presies verwys dit na spesifieke kinders van die Koninkryk wat eendag gestraf sal word. Kom ons kyk vinnig wat die verskillende skrifgedeeltes leer waar die bewoording "geween en gekners van tande" gebruik is:

- Volgens Matt. 8:12 sal sommige geroepenes uitgedryf word.

- Volgens Matt. 13:40-42 - die "onkruid" (in die koninkryk) sal verwyder en in die vuuroond gegooi word, nl. die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen (hulle lyk soos koring maar hulle is nie koring nie - is die valses).

- Volgens Matt. 13:47-50 - die "slegtes" (in die koninkryk) sal afgeskei en in die vuuroond gegooi word, nl. die onregverdiges.

- Volgens Matt. 22:13 - die "sonder bruilofskleed" (nie alle genooides sal ingaan nie) sal gebind en in die buitenste duisternis gewerp word.

- Volgens Matt. 24:51 - die "slegte dienskneg" sal gepynig en 'n deelgenoot vd geveinsdes gemaak word.

- Volgens Matt. 25:30 - die "nuttelose dienskneg" sal uitgewerp word in die buitenste duisternis.

- Volgens Luk. 13:28  -  die "werkers van ongeregtigheid" sal uitgedryf word uit die koninkryk van God.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GEDAGTE:

Wanneer Jesus Christus terugkom sal daar baie oordele plaasvind..., o.a. sal die kinders van die Koninkryk voor Sy regterstoel verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10) en Hy sal Sy dorsvloer skoonmaak (Matt. 3:12). Daar is ook heelwat ander oordele wat natuurlik rondom hierdie tyd plaasvind (bv. die val van Babilon en die slag van Armageddon), maar wat die kinders van die Koninkryk spesifiek aanbetref, is dit so dat hulle geoordeel sal word (bv. op dade/Matt. 25; woorde/Matt. 12:37; ens.), NIE ALLE "KINDERS VD KONINKRYK" sal gered word nie! (die "kaf" sal bv. verbrand word...).  Sommige (bv. die "sonder bruilofskleed", sal gebind word)(asook die nuttelose dienskneg, asook valse profete en valse leraars) sal uitgedryf word in die buitenste duisternis;  sommige sal met vuur verbrand word (bv. die slegtes, nl. die onregverdiges, asook die struikelblokke, nl. die ongeregtiges);  sommige sal gepynig word (bv. die slegte dienskneg;, en sommige sal in die ewige verderf opeindig (bv. die wat God nie ken nie en die evangelie vd Here Jesus ongehoorsaam is).  Matt. 8:13 leer ook dat baie "kinders vd koninkryk" uitgedryf sal word in die buitenste duisternis! (Matt. 8:12 - "Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween (Gr. woord " klowth-mos' ", soos klaaglied, en beteken huilende) wees en gekners (Gr. woord " broog-mos' " soos rasper, en beteken knersing) van die tande").



Terwyl ons dit weet moet kinders van die Koninkryk seker maak dat hulle nie net bely dat hulle glo nie, maar ook die dade het. Ons wat alreeds saligheid het, moet verstaan dat geloof sonder werke dood is (soos 'n liggaam sonder gees). Jou dade bewys of jy glo of nie! (nie dade "tot" saligheid nie, maar dade a.g.v. saligheid). Solank die geredde DIE WIL VAN DIE HERE DOEN en IN DIE HERE BLY, is hy veilig.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(https://bybelstudieopsommings.blogspot.com/2025/01/aanneming-tot-kinders.html)