-Jes. 22:22 - "En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie".
-Openb. 3:7 - "En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dit is duidelik dat daar 'n verband is tussen hierdie twee skrifte, en soortgelyke spraak word in beide gebruik. Om te verstaan waarna Christus verwys het in Openb. 3:7 (in Sy brief aan die gemeente van Filadelfia waarin Hy verklaar dat HY die sleutel van Dawid het) moet ons natuurlik na die konteks van Jes. 22 gaan kyk. "Sebna" was 'n bestuurder wat oor die paleis (van Dawid) aangestel was. In sy pos as bestuurder, het hy die mag en outiriteit gehad om oop te maak en toe te sluit, m.a.w. hy het die sleutel (van die huis van Dawid) gedra. Maar die Here was nie tevrede met Sebna nie, en het die pos van hom weggeneem en aan 'n ander gegee... (nl. aan Éljakim - Jes. 36:3). Wat dit beteken is dat die mag en outoriteit wat Sebna gedra het, van hom weggeneem is en aan 'n ander gegee is, m.a.w. "die sleutel van Dawid" is van hom weggeneem en aan 'n ander gegee.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
Ons kan dus opsom deur te sê dat die persoon wat die mag en outoriteit het ook die een is wat in besit is van die sleutel van Dawid! Christus Jesus het die sleutel van Dawid - Hy is die Een met die mag en outoriteit om toe te sluit of oop te maak (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/die-koninklike-geslag-uit-die-stam-van.html). In Openb. 3:7 gebruik Hy hierdie beeldspraak met die doel om 'n ander belangrike punt te maak: (Openb. 3:7,8 - "En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie"). Hiermee verklaar Hy dat Hy die mag het om die deur vir iemand te sluit, of om dit oop te maak... Hierdie feit is nogal iets wat in sekere gelykenisse ook aangehaal word - kyk bv. die gelykenis van die 10 (diens)maagde (Matt. 25:1-13), waar Jesus Christus die deur sluit sodat 5 van hulle nie kan ingaan nie.
Wanneer ons die brief aan die gemeente van Filadelfia lees, sal ons ook vind dat Hy hulle verder wil BEWAAR in 'n spesifieke "uur", die "uur van beproewing (versoeking) wat oor die wêreld kom" (nie noodwendig dat hulle dit sal vryspring nie, maar as hulle daardeur gaan, sal Hy hulle die krag en oorwinning gee om vas te staan). Ons moet natuurlik verstaan wat met die woord "beproewing" bedoel word (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html), en verstaan watter gevolge dit op iemand kan he, en sal dan ook verstaan hoekom die Here hulle wil bewaar in daardie "uur" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/08/die-uur-van-beproewing-wat-oor-die-hele.html). Hy het die deur vir hulle oopgemaak, en Hy sal nie toelaat dat daardie tydperk van beproewing hulle beinvloed sodat die deur vir hulle gesluit word nie - m.a.w., niemand sal die deur vir hulle kan sluit nie! Nou ons weet goed dat dit in tye van versoeking/beproewing is wat baie AFVAL, maar die Here besluit watter deure gesluit word en watter oop bly, en Hy kyk na die hart. Baie wat deur die uur van beproewing gaan, sal vind dat die deur vir hulle gesluit is wanneer Christus terugkom omdat hulle nie GEREED was nie - moontlik omdat hulle afgeval het in die tyd van beproewing... (m.a.w., hulle het nie soos hierdie gemeente 'n "geopende deur" nie). Dus, nie alle Christene sal noodwendig deur die "uur van beproewing" gaan nie, of meer presies, as hulle daardeur gaan, sal hulle "opgepas" word sodat hulle nie "val" nie. Ons moet natuurlik nou nie dink dat dit bedoel dat die wat 'n geopende deur het glad nie verdruk gaan word nie!\ - nee, want dit is duidelik dat die gemeente van Filadelfia weet wat dit is om te ly terwille van die woord... (v.8,10). Die uur van beproewing gaan oor "om getoets te word". Die woord "beproewing" beteken nie "verdrukking" nie; alhoewel beproewing (om getoets te word) daartoe kan lei dat iemand moontlik verdruk word as gevolg van die feit dat hy nie afgeval het in tyd van beproewing nie.

(Luk 13:23) Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:
(Luk 13:24) Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.
(Luk 13:25) Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Om die tema van oopsluit en toesluit, en wie die outoriteit het, kan ook op die volgende verse ingekyk word:
- Openb. 5:1-5, wat gaan oor die boek met die 7 seels, en l.w. dat dit slegs die "Leeu uit die stam van Juda, die wortel van DAWID is wat hierdie outoriteit het (Openb. 5:9 - "Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie").
- Mat 16:19) ("En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees") - vir 'n studie hieroor, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html).
- Openb. 1:18 ("en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood"). Jesus Christus het die mag! - Hy besluit wie lewe en wie nie.
- Luk 1:32,33 ("Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie").
- Luk 13:22-30 ("En onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan. Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe. En hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God. En daar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees").
- Matt. 25:1 ("Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie").