Sondag 06 April 2014

Waarseêry in die kerk?

In die O.T. was daar verskeie "VERBODE HEIDENSE PRAKTYKE" vir die volk van God.  Al hierdie praktyke het te doen met "sonde" en "afgodsdiens".  Die skrif verklaar o.a. dat waar gelowiges omgaan met hierdie heidense praktyke, hulle DIE HERE TERG! (2 Kon. 21:6). en  nie opreg is met Hom nie! (Deut. 18:13). 


Een van hierdie verbode praktyke was "waarseêry".

Vele nasies wat rondom die volk van God gewoon het, was betrokke in waarseery 

(1 Sam. 6:1; Dan. 4:7; 5:7), en al het die Here Sy volk uitdruklik verbied om betrokke te raak hierby (Deut. 18:9-13), het baie hierdie gebod oortree.  Kyk maar die vb. van Manasse, wat selfs sy seun deur die vuur laat deurgaan het, en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel het - hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE (2 Kon. 21:6)(2 Kron. 33:6,7).

Selfs koning Saul het hierdie vreeslike sonde gepleeg (1 Sam. 28:5-11), omdat toe hy die Here raadpleeg, die Here hom nie geantwoord het nie! Dit is ook om hierdie selfde rede hoekom gelowiges somtyds hulle begewe in "waarseêry", is omdat hulle verhouding met die Here nie op datum is nie (hulle in ongehoorsaamheid stap), en hulle daarom nie die Here "hoor" nie! MAAR baie gelowiges is besig met die sonde van waarseêry terwyl hulle voorgee dat hulle die Here dien en Hom gehoorsaam!  Ons moet verstaan wat waarseêry beteken, en dat dit nie net gaan oor om 'n dodebesweerder op te soek nie, maar eintlik gaan oor wederstrewigheid!(dit is immers die rede hoekom iemand soos Saul 'n dodebesweerder gaan opsoek het!).
--------------------------

(1)  Baie Christene terg die Here vandag op dieselfde wyse , en 


pleeg "waarseêry" deur WEDERSTREWIGHEID 


(1 Sam. 15:23). 


---

(2)  'n Ander vb. van "waarseêry", is 


VALSE PROFESIE - baie gee voor dat hulle in die Here se Naam 


"profeteer", maar is nie opreg met die Here nie 


en eintlik besig met waarseêry (bv. waar gelowiges vir ander gelowiges 'n woord gee asof van die Here, maar eintlik is dit net wat hulle dink die persoon moet hoor)


 (Mig. 3:11).  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)    Waar 'n gelowige dink dat hy die Here kan omkoop met "offers", 
             maar nalaat om "gehoorsaam" te wees, is hy wederstrewig!:
(1Sa 15:22)  Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.
(1Sa 15:23)  Want wederstrewigheid ("om te rebelleer"/ongehoorsaamheid) is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid ("eie wil") is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp. Koning Saul se probleem was dat hy gedink het hy kan doen soos hy wil en hyself goeddink, en dan dit met 'n offer probeer regmaak, maar die Here soek liewer GEHOORSAAMHEID! Saul se wederstrewigheid het ook nie daar geindig nie, want toe die Here hom nie wil vergewe nie, en hom nie antwoord nie, toe stel hy homself steeds nie onderskik aan die Here nie, maar terg Hom deur verder te rebelleer en by 'n dodebesweerder sy antwoord te kry!  (Gaan lees gerus 1 Sam. 15 om hierdie beter te verstaan - kyk ook na Deut. 1:40-45 om verder te verstaan wat die woord wederstrewigheid nou eintlik beteken).  Die woord "wederstrewig" word ook vir ons goed verduidelik in Deu 21:18 - ("As iemand ‘n koppige en wederstrewige seun het, wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie..."). Die een wat wederstrewig is teenoor die Here, is dus die een wat GOED WEET WAT DIE HERE VAN HOM VERWAG, MAAR HY IS NIE GEHOORSAAM NIE  - hy rebelleer teen die Here (EN PROBEER DAN DEUR OFFERS SY SONDE REGVERDIG!) - en selfs as hy getugtig word, gee hy voor asof hy luister, maar hy luister nie regtig nie;  hy sal soos Saul voorgee dat hy jammer is, maar steeds sy sonde probeer regverdig!  In 1 Sam. 15:23 word hierdie sonde van wederstrewigheid, vgl. met "waarseery"! Baie gelowiges dink so dat hulle kan doen wat hulle wil, en probeer dan hulle besluite regverdig deur offers, bv. waar gelowiges weet dit is verkeerd om betrokke te raak by oosterse meditasie, maar hulle probeer dit regverdig deur die oefeninge in hierdie tipe meditasie net geestelike name te gee, en voor te gee asof hy daardeur tot die Here mediteer! 'n Ander vb. is waar 'n gelowige stap in 'n sonde soos om rykdom te begeer, en vir hom leermeesters/leringe te vergader wat sy sonde regverdig.  DIE PROBLEEM MET IEMAND WAT WEDERSTREWIG IS, IS DAT HY DINK "HY WEET BETER" AS DIE HERE  - NET SOOS 'N KIND WAT ONGEHOORSAAM IS AAN SY OUERS OMDAT HY DINK HY WEET BETER (maar eintlik is dit om "sy eie wil" te kry!) - HY SPEEL M.A.W. GOD, NET SOOS 'N WAARSEER GOD SPEEL OOR IEMAND ANDERS SE LEWE! So iemand wil self in beheer wees van sy lewe, en soek nie na die wil van die Here nie.
---------------------------------------------------------------------------------------------

(2)    Waar 'n gelowige 'n profesie uitspreek teenoor iemand anders asof dit van die

                   Here kom, maar hy eintlik spreek soos wat hyself dink, is hy ook besig met waarseêry!


"En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle ‘n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart".(Jer. 14:14)(kyk ook Sag. 10:2). Profesie is een van die gawes van die Gees, maar dit is duidelik dat, net soos daar in die O.T. profete was wat voorgegee het dat hulle optree in die Naam van die Here, daar ook vandag gelowiges is wat vals profeteer, en so eintlik besig is met "waarseery"!  Waarsêers sien leuens en verkondig nietige drome, hulle troos met wind (Sag. 10:2).  Op dieselfde wyse sien valse profete leuens en verkondig nietige drome - hulle troos met die wind!  Jesus het ons gewaarsku teen hierdie valse profete!  Die manier hoe Hy vir ons geleer het om hulle te kan onderskei, is deur na hulle vrug te kyk!  Baie gelowiges gaan agter die lee beloftes aan van valse profete (hulle troos met die wind), en glo dit omdat hulle self hierdie waarsêery soek!  Hulle is self wederstrewig en soek iemand om hulle in hulle gehoor te streel en vir hulle te vertel wat die Here nie vir hulle wil vertel nie, soos materiele voorspoed, of dat hulle hul nie hoef te bekeer van hulle sondes nie, of dat die Here nie sal toelaat dat hulle deur verdrukking gaan nie...... GELOWIGES WAT HIERDIE ONWAARHEDE VERKONDIG, PROBEER GOD SPEEL, net soos die waarseers, EN REBELLEER TEEN DIE WAARHEID!  Hulle soek nie na die wil van die Here nie, maar na hulle eie wil, en bedien ook baie wat na hulle eie wil soek (soos iemand wat 'n dodebesweerder opsoek);  die wat nie self na die Here gaan nie a.g.v. 'n rebelerende hart, maar ander soek wat vir hulle kan vertel wat hulle graag wil hoor...
==============================================
GEDAGTE:


Deur wederstrewigheid kan iemand die Heilige Gees bedroef! (Jes. 63:10) - http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/en-bedroef-nie-die-heilige-gees-van-god.html.  As ons dan nou verseel is deur die Heilige Gees tot die dag van verlossing, maar steeds die sonde dien (m.a.w. wederstrewig is), terwyl ons verklaar dat ons die Here gehoorsaam, dan sal ons die Heilige Gees bedroef (want dan pleeg ons waarseery).  In Ef. 4:30 word die Christen beveel om nie die Heilige Gees te bedroef nie  -  gelowiges wat nie na die wil van die Here soek in hulle lewens nie, moet versigtig wees, want as daar dan nou 'n voorwaarde gestel word (...en bedroef nie die Heilige Gees van God nie...), dan moet daar tog 'n gevolg wees sou iemand ongehoorsaam wees! 

==============================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die_16.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/versoeking-3-jy-mag-die-here-jou-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/god-weet-wat-jy-dink.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/die-post-wat-het-logika-daarmee-te-doen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/n-wonderwerk-in-wording.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/noem-ander-jou-ook-n-christen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/meditasie.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/mag-die-christen-mediteer-oosterse.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/en-dit-sal-vir-julle-uitloop-op-n.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/om-in-die-gawes-van-die-heilige-gees-te.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/wie-dink-jy-is-in-beheer.html



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.