Donderdag 26 Junie 2014

Wat beteken dit "om vrug te dra"?


Gelowiges word soos koringkorrels gesaai in die wereld  (OM VRUG TE DRA) (dink aan die gelykenis van die "koring en die onkruid") - dit gaan oor die groei-proses en hoe die vrug uiteindelik getuig van wat is koring en wat is onkruid.  Dit is moeilik om te onderskei tussen koring en onkruid wanneer nog jonk, maar die "vrug" getuig op die ou end wat is koring en wat is onkruid.  

In die gelykenis van die saaier verwys die saad egter nie na gelowiges (soos in die geval v/d koring wat gesaai word) nie, maar na die "woord van God".  Maar ook hier (in die  gelykenis van die saaier), gaan dit oor die "VRUG" v/d gelowige. Die vrug is die ding wat op die ou end getuig wat is koring en onkruid, maar die manier hoe iemand die  "SAAD - DIE WOORD VAN GOD" ontvang en aanneem en behou, bepaal of hy gaan vrug dra, of aanhou vrug dra!  Dit gaan oor die manier hoe iemand "HOOR" !  Jesus het baie gepraat oor die belangrikheid van "om te hoor":  ("wie ore het om te hoor, laat hom hoor"... -Matt. 11:15; 13:43; Mark. 7:16; Openb. 2:7 ens.).   DIE MANIER HOE 

IEMAND "HOOR" GAAN BEPAAL OF HY VRUG DRA, EN

 OF HY DIE VRUG GAAN BEHOU!  Soos in die gelykenis van die saaier, gaan dit oor hoe die woord wat gesaai word (DIE WAARHEID) aangeneem moet word en hoe die gelowige daarin moet bly - DIT IS WAT BEPAAL OF HY VRUG DRA OF NIE.  M.a.w., as iemand nie ag gee op die waarheid nie, gaan hy nie vrug dra nie - in so 'n geval "hoor" hy nie! Iemand wat bv. voorgee dat hy gehoorsaam is aan die Here, maar nie ag gee op Sy bevele nie, gee nie ag op die waarheid nie - hy "hoor" nie!  Iemand wat bv. voorgee dat hy die waarheid verkondig, maar 'n verdraaide evangelie verkondig, gee nie ag op die waarheid nie - hy "hoor" nie!  Niemand kan verwag om vrug te dra as hy nie "hoor" nie.  Sommige mense kan lyk of hulle vrug dra, bv. die manier hoe hulle praat, optree, goeie lewenswandel, goeie dade ens., maar as dit nie geskied uit DIENSBAARHEID AAN DIE HERE nie (Rom. 6:21,22), dan dra hy nie regtig hierdie  vrug tot heiligmaking  wat uiteindelik vir hom die ewige lewe kan gee nie. Hierdie vrug wat nodig is om te kan ingaan in die koninkryk van God, het nie te doen met "self probeer om goed te wees" nie, maar te doen met GEHOORSAAMHEID - soos ons leer in Rom. 6, "dit is iemand wat DIENSBAAR GEWORD het AAN GOD"!  Baie gee voor dat hulle diensbaar is aan die Here, maar dien Hom "soos hulle wil" - "diensbaarheid aan God" beteken egter dat ons Hom dien SOOS HY WIL, nie soos ons wil nie!  Ons moet Sy waarheid liefhe - ons kan nie se ons "hoor", maar ons gee nie ag op Sy bevele nie, of gee nie ag op "wat die waarheid" is nie. Iemand wat 'n valse leerstelling navolg, gaan nie vrug dra a.g.daarvan nie!  Hy kan miskien voorkom asof hy "vrug dra", maar is dit "vrug tot heiligmaking"?  Iemand wat nie gehoorsaam is aan die Here nie, gaan nie vrug dra nie - hy kan ook miskien voorkom in die samelewing asof hy vrug dra, 'n goeie mens..., maar is dit "vrug tot heiligmaking"?  Ons kan nie self besluit "wat die waarheid is" nie, die Here besluit wat die waarheid is, en die persoon wat nie "hoor" nie (wat nie Sy waarheid aanneem en daarvolgens lewe nie), kan nie verwag om "vrug tot heiligmaking" te dra (wat uiteindelik vir hom die ewige lewe kan gee) nie!
=============================================================================================

GEDAGTE:


(Mar 4:24)  "En Hy het vir hulle gesĂȘ: Pas op wat julle

 hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle 

gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor".


DIE PERSOON WAT DIE WAARHEID (DIE WOORD VAN GOD) ONTVANG, SAL NOG MEER ONTVANG, MAAR DIE EEN WAT DIT NIE ONTVANG NIE, OF NIE VASHOU DAARAAN NIE, SAL DIT WAT HY ONTVANG HET, VERLOOR (vgl. dit met die "gelykenis van die saaier").
========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/wat-beinvloed-die-vrug-van-die-gelowige.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die_16.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.