Woensdag 24 Desember 2014

Wie op onwaardige wyse eet of drink, sal skuldig wees aan die Here se liggaam en bloed

Alhoewel meeste Christene weet dat hulle kan skuldig word aan die Here se bloed en liggaam sou hulle op onwaardige wyse die Nagmaal gebruik, verstaan ons nie altyd regtig wat dit presies beteken nie. Die gevolg van om "op onwaardige wyse te eet of te drink"  het o.a. te doen met die tema van "BLOEDSKULD"/  Sommige Christene wil niks te doen he met leringe oor "bloedskuld" nie omdat min kerke regtig lering gee daaroor, maar die waarheid is dat die eerste gemeentes baie bekend was met hierdie onderwerp en goed geweet het wat dit beteken. DIE TEMA VAN BLOEDSKULD (in ander woorde, "waar jy skuldig word aan iemand se bloed"), IS NIE NET 'N Ou Testamentiese TEMA NIE... - die gemeente van Korinthe het bv. goed geweet wat Paulus bedoel wanneer hy se dat iemand kan skuldig word aan die bloed van die Here:
-  (1 Kor. 11:27) - "Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, 

sal skuldig wees aan die liggaam en 

bloed van die Here" 
(- m.a.w., sal skuldig wees aan Sy bloed = BLOEDSKULD). En 
1 Kor. 11 is nie die enigste vb. van waar die tema van "bloedskuld" aangeraak word in die Nuwe Testament nie - kyk bv. ook skrifgedeeltes soos Luk. 11:50; Matt. 7:24 en Matt. 27:25.  Selfs terwyl die eerste dissipels die evangelie verkondig het, was die tema van bloedskuld nie onaangeraak nie! - in so 'n mate dat die ongelowige Jode die dissipels probeer verbied het om in die Here se Naam te leer: (Hand. 5:28 - "Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring"). Daar is sekere sondes wat bloedskuld veroorsaak (waarvan moordpleeg slegs een is). Maar wat presies het dit te doen met die gebruik vd nagmaal?
 
Die nagmaal kan o.a. gesien word soos om gemeenskap te hê met 'n altaar... (1 Kor. 10:14-22 ) - soos 'n offer, want tydens nagmaal het jy gemeenskap met die bloed en liggaam van Jesus Christus. Dus, wanneer 'n Christen aan die een kant ook "offer aan ander altare" (bv. afgode aanbid of ander geloofspraktyke raadpleeg ens.), dan is hy besig om met beide gemeenskap te he... Hierdie is baie problematies! (1Kor. 10:21 - "Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie"). M.a.w., as iemand die nagmaal op hierdie manier gebruik, nl. deur OOK gemeenskap te hê met "ander altare" (wat terloops bloedskuld veroorsaak!), bv. om begerig te wees na slegte dinge, geestelik te hoereer, murmureer teen die Here, ens. - 1 Kor. 10, kan dit die Here se ywer opwek... (1 Kor. 10:22) - en in so 'n geval kan 'n persoon 'n oordeel oor homself eet en drink. In ander woorde, so 'n persoon word skuldig aan die bloed van Christus.

==========================================================Die hele onderwerp van bloedskuld gaan daaroor dat iemand skuldig raak aan iemand anders se bloed;  en IS gewoonlik DIE GEVOLG VAN WANNEER IEMAND die eerste twee gebooie verbreek....  Ons verstaan dit veral in konteks met wanneer iemand ONSKULDIGE BLOED VERGIET maar dit is ook die gevolg van baie ander sondes soos wanneer 'n kind sy VADER OF MOEDER VLOEK ;  BLOEDSKANDE , HOMOSEKSUALISME , HOERERY, OPROEP VAN GEESTE, WAARSêERY, en AFGODSDIENS...! (soos om by verskillende altare te eet en drink).  In die geval van bloedskuld word die skuldige skuldig aan die bloed van die onskuldige  (word ook somtyds na verwys as "bloed op die hoof van die skuldige" of "bloed op hoof of hande") - en die onskuldige se bloed moet van die skuldige geeis word.  Mense met bloedskuld, was die vervloektes in die O.T. - en daar was geen offer wat kon betaal vir hierdie sondes "wat die dood verdien het" nie.  Bloedskuld het ook die land ontheilig, en veroorsaak dat dit nie goedgaan met die land nie. Die rede waarom hierdie dinge bloedskuld veroorsaak, is omdat die Here soveel omgee vir elke mens dat Hy elke mens se bloed eis. Die Here sal elke mens "se bloed eis"...  DAAR MOET BETAAL WORD VIR BLOEDSKULD;  daarom was die persoon wat onskuldige bloed vergiet het, in die O.T. doodgemaak!   Wanneer die persoon met bloedskuld met sy lewe betaal het dan was die onskuldige se bloed van hom geeis (en dan kon die land ook weer geheilig word).  Waar hy nie doodgemaak is nie, was die onskuldige se bloed steeds deur die Here geeis... - somtyds deur familie in dieselfde bloedlyn (as hulle ook bloedskuld gedra het).  In gevalle waar iemand per ongeluk onskuldige bloed vergiet het, kon hy vlug na een van die vrystede en daar bly tot die dood van die hoepriester (en die onskuldige se bloed is dan met die dood van die hoepriester,  deur die hoepriester geeis). Dus is dit duidelik dat bloedskuld altyd betaal moet word, selfs in die geval waar dit per ongeluk is. 

In die Nuwe Testament het Jesus Christus in ons plek betaal vir ALLE sonde, vir die wat in Hom glo (ook vir bloedskuld) - die persoon wat weergebore word, word saam met Christus begrawe in Sy dood (deels teken van doop)(soos iemand wat doodgegaan het).  Maar ons moet verstaan dat hierdie gekom het met 'n prys!, nl. Jesus Christus se bloed.  ===========================================================

GEDAGTE:


Wat ons moet verstaan is dat die persone met bloedskuld in die Ou Testament die "vervloektes" was.  Iemand wie se sondes (en bloedskuld) weggewas is deur die bloed van Christus maar weer die sonde begin dien, staan die gevaar om vervloek te word... (sou hy hom nie daarvan bekeer nie)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html) - op ditto wyse kan die wat die Here se nagmaal gebruik maar geestelik hoereer met ander gode, 'n oordeel oor hullself eet en drink. Kyk gerus wie is die mense wat 'n vervloeking genoem word in die N.T.:  -valse leraars, valse profete, die afvalliges, die onregverdiges... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-daar-regtig-iets-soos-vloeke.html)(1Kor. 6:9,10 - "Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Dit dan ook die rede waarom Paulus die woorde gebruik in 1Kor. 11:31 - "Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie"

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.