Dinsdag 13 Januarie 2015

Geloof is vertroue dat jy in regstand is met God

Net soos 'n kind wat ongehoorsaam was aan sy ouers,  nie sy eie heil kan uitwerk tot vergifnis nie, net so kan niemand van ons ons eie heil uitwerk nie. Daardie kind kan soveel goeie dade (werke) doen soos hy wil, maar as hy nie die voorwaarde wat die ouer aan hom stel om vergifnis te kry, nakom nie, dan kan hy nie vergewe word nie. Hy kan dink om baie gunste vir sy ouers te doen, en allerhande goed probeer om weer in sy ouers se guns te kom, maar as hy homself nie ondergeskik stel aan sy ouers se gesag (bv. om sy eie wil op te gee, of op te hou om iets verkeerd te doen) nie, dan gaan al sy werke tot niet wees! Wat help dit hy maak tee, neem die vuilgoed uit, was die kar ens., maar stel homself nie ondergeskik aan hulle gesag nie?  Hulle verwag  bv. van hom om nie te vloek nie, maar hy hou aan met vloek? Wat help dan al daardie goeie dade vir hom?   Hoe kan hy vertrou dat hy vergewe sal word as hy nie die voorwaardes nakom nie?  Hy sal al daardie goeie dade (werke) doen, en steeds twyfel omdat hy hulle elke dag in die steek laat wanneer hy aanhou om te vloek - m.a.w. hy gaan nie vertroue of geloof he dat hy vergewe word nie!  Hy kan nie vergifnis ontvang deur werke nie, maar slegs deur geloof, as hy die voorwaardes nakom,  m.a.w dit is eers wanneer hy ophou vloek, wat hy vertroue het dat sy ouers hom vergewe.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- GELOOF gaan dus daaroor dat iemand 'n absolute VERTROUE het, dat as hy die Here se voorwaardes nakom, hy vergifnis sal ontvang, wederbaar word, en eendag opgewek word tot lewe! Niemand kan vertroue he as hulle nie die voorwaardes nakom nie!  In sommige kerke word bv. wedergeboorte belowe sonder dat daar verwag word van iemand om "te bekeer" (te bekeer van eie wil, sonde en gedagtes) - in so 'n geval, waar iemand weier om homself ondergeskik te stel aan die Here, sal hy altyd twyfel in sy saligheid (al bely hy ook dat hy saligheid het!)(m.a.w.., so iemand HET NIE DIE GELOOF NIE, want God kyk na die hart!), want as iemand nie die voorwaarde van bekering nakom nie, dan kan sy sondes nie vergewe word nie. Dit is slegs die persoon wat homself ondergeskik stel aan die Here, wat kan deurgaan as iemand met GELOOF.  Die persoon wat GLO, is die een wat die voorwaardes nakom - iemand wat hom bekeer het tot die Here,  kan absoluut vertrou dat die Here sy sondes vergewe.  Geloof beteken nie dat die Here onvoorwaardelik vergewe, soos sommige preek nie!.  Geloof kan nie beskryf word sonder voorwaardes nie.  

Iemand kan ook nie wedergebore word as hy nie die Gees van God ontvang nie - en niemand kan die Gees van God ontvang as hy nie glo in die Een wat ons doop met die Gees nie!;  m.a.w., hy gaan nie die GELOOF (vertroue) he dat hy wederbaar is as hy nie die voorwaarde nakom nl. om te glo in Christus Jesus, die Seun van God nie!  Die persoon wat bely dat hy GLO dat hy 'n kind van God is, maar nie glo in die Een wat hom doop in die Gees nie, het nie GELOOF nie!  Geloof kan nie beskryf word sonder voorwaardes nie.

Iemand kan ook nie eendag opgewek word tot lewe as hy nie glo in die Een in wie se hand daardie oordeel is nie!;  m.a.w., hy gaan nie die GELOOF (vertroue) he dat hy die ewige lewe beerwe, as hy nie die voorwaarde nakom nl. om sy hoop te plaas in Christus Jesus, die Seun van God, (die Een wat hom eendag gaan opwek tot lewe) nie.  In daardie sin is geloof 'n absolute vertroue, dat omdat jy die voorwaardes nakom, jy in regstand is voor God. Geloof kan nie beskryf word sonder voorwaardes nie!  NIEMAND KAN VERTROU AS HULLE NIE DIE VOORWAARDES NAKOM NIE (net soos die ongehoorsame kind ook nie kan vertrou dat hy vergewe is as hy nie die ouers se voorwaardes nakom nie).  Daarom kan niemand deur "werke" gered word nie, maar deur GELOOF (omdat hy die voorwaardes nagekom het).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Geloof gaan oor vertroue in die Here, dat Hy ons vergewe as ons ons tot Hom bekeer, en ons met Sy Gees vul, en sal opwek tot lewe eendag, as ons glo in Hom (Christus Jesus) wat deur God die Vader gestuur is. HIERDIE VERTROUE IS GEKOPPEL AAN VOORWAARDES.  NIEMAND KAN "VERTROU" AS HY NIE DIE VOORWAARDES NAKOM NIE;  m.a.w. iemand kan nie die geloof he as hy nie die voorwaardes nakom nie. Deur hierdie voorwaardes na te kom, is ook 'n bewys van iemand se geloof (vertroue) in die Here;  m.a.w. 'n bewys dat hy vertrou in die Here se vergifnis, en vertrou dat hy wederbaar word en eendag opgewek word tot lewe - so iemand GLO.  Dit is dan ook wat die Christelike doop alles voorstel!

(Hand. 2:38)  En Petrus sĂȘ vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

(Rom 10:9)  As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
(Rom 10:10)  want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

- NET DIE "WAT OORWIN", SAL GOD SE BELOFTES DEELAGTIG RAAK (die wat die voorwaardes nakom), want  GELOOF IS NIE GELOOF AS IEMAND NIE DIE VOORWAARDES NAKOM NIE!
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/uit-genade-gered-opsomming.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/opsomming-die-opstanding-wegraping.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/jesus-het-mag-om-sondes
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/jesus-het-mag-om-sondes-te-vergewe.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/boom-van-die-lewe.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/regverdigmaking-geregverdig-regverdig.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-evangelie-vd.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/die-ultimate-bewys-is-in-om-hom-te-ken.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/gee-ons-meer-geloof.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.