Vrydag 07 Augustus 2015

Die een wat in eie naam uitgaan

Toe die Messias die eerste keer gekom het, het baie van die wat gebore is uit die geslag van Jakob, en wie gesien is as "kinders van die koninkryk",  Hom nie aangeneem nie.  Diesulkes van die Joodse volk wat Hom nie aanneem nie, wag steeds op die koms van die Messias.  En alhoewel sommige van hulle beweer dat dit om en dieselfde is asof Christene wag vir Hom om terug te kom, en hulle vir Hom wag om nog te kom, is die waarheid eerder dat hulle 'n valse messias sal aanvaar omdat hulle nie vir Christus Jesus aangeneem het nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hulle wag nie op dieselfde Messias (nl. Christus Jesus) wat gaan terugkom nie, maar wag nog op "die koms van 'n messias". Dit is baie gevaarlik, want omdat hulle die ware Messias nie wou aanvaar nie, maak dit hulle gereed om 'n valse te aanvaar. Dat die Joodse volk 'n valse messias gaan aanneem,  is iets wat Christus self gese het gaan gebeur:  (Joh 5:43 - "Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem"). Die valse messias sal in sy eie naam kom, en sal dus nie die wil van die Vader doen nie, maar sy eie wil en sy eie woorde gebruik.
- Ons verwag 'n Messias wat terugkom OP DIE WOLKE; 
- Hulle verwag 'n Messias wat nog moet kom, een wat gebore sal word/gebore is uit die midde van hulle broers.  En tereg verstaan hulle dat God 'n Profeet sou verwek UIT DIE MIDDE VAN HULLE BROERS in wie se mond Hy Sy woorde sou le (soos Moses geprofeteer het)(Deut. 18:17-19(Joh. 1:45,46)), maar toe Hy gekom het, het hulle Hom nie aangeneem nie en nie na Hom geluister nie!  Die wat egter nie na Hom luister nie, sal deur Moses en deur die woorde wat Hy gespreek het, geoordeel word op die laaste dag (Joh. 12:48)(Joh 5:45).
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vele Rabbis is vandag van mening dat die koms van die "Joodse Messias" naby is, o.a. Rabbi Chaim Kanievsky wat probeer om mense van Joodse afkoms terug te roep na die land toe, omdat (volgens hom) die koms van die Messias om die draai is (http://www.breakingisraelnews.com/44534/leading-israeli-rabbi-messiah-imminent-jewish-world/#smVUlcKlKZAdkT3z.97). En daarmee bedoel hy nie dat die "wederkoms" van Christus Jesus naby is nie, maar verwag die "koms" van 'n messias.  As hulle 'n ander een wat in sy eie naam kom, ontvang, dan sal Jesus Christus se woorde in Joh. 5:43 vervul word, en dit sal inderdaad 'n valse messias wees!   Die ene Rabbi Kaduri wat gese het dat hy die Messias ontmoet het deur 'n visioen, het bv. ook die opmerking gemaak dat die messias alreeds in Israel is!  Hy het ook gese dat die messias se siel hom aangekleef het tot 'n persoon in Israel en vertel hoe hy aan die begin geen amp sal he nie, maar tussen die mense sal wees en die media gebruik om met die mense te kommunikeer.  Volgens hom sal almal nie onmiddellik glo in hierdie messias nie, maar sy openbaarmaking sal in twee dele geskied.  Rabbi Kaduri het ook die stelling gemaak dat die messias self nie eens oorspronklik sal weet dat hy die messias is nie (!??)...  Dit wat Kaduri van die messias vertel het, is definitief anders as die Messias waarvoor ons wag wat terloops definitief weet wie Hy self is! en met die wolke sal terugkom! En alhoewel Kaduri vir sy dissipels geleer het dat Jesus die Messias is, het hy net 'n halwe evangelie gebring en glad nie die opstanding gepreek nie.  Ons weet ook dat daar baie valse messiasse in hierdie wereld al uitgegaan het, en baie van hulle gaan uit onder die naam van "Jesus".  Ons weet ook dat ons geloof waardeloos is as Christus nie opgestaan het uit die dood nie!, so om glad nie die opstanding te preek nie, is soos om 'n ANDER EVANGELIE te preek.  Mag ons tog bid dat daardie dissipels van Kaduri die volle evangelie sal hoor, en dat die wat wel tot volle insig kom, nie beweeg sal word deur die valse messias wat deur Kaduri verkondig is nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 'n Oorblyfsel van die volk sal wel op die ou end hulle bekeer tot Here, EN HULLE SAL OPSIEN NA DIE EEN (Christus Jesus) VIR WIE HULLE DEURBOOR HET.....EN BITTERLIK OOR HOM WEEN...... (Sag. 12:10), maar voor dit gebeur leer ons uit die Skrif dat die Joodse volk 'n valse messias sal aanvaar. Die Skrif is duidelik dat die "die Antichris" ('n valse messias) sy plek in die tempel inneem asof God - dus voorgee "dat hy God is" (2 Thess. 2:4), en wil lyk of dit aan die begin sal wees van die Groot Verdrukking (en sy regering sal 3 en half jaar duur).  Teen daardie tyd sal die (3de) tempel m.a.w. klaar gebou wees.  Baie Jode is ook van mening dat hierdie messias die bou van die tempel gaan waarneem en hulle wag op sy verdere instruksies., m.a.w. volgens hulle gaan die bou van die tempel eers begin wanneer die messias gekom het (http://www.breakingisraelnews.com/45847/will-god-or-the-messiah-build-the-third-holy-temple/#HfsMlTCAPv7a4zpe.97). Alhoewel God steeds omgee vir die Joodse volk en die derde tempel ook gesien word as " 'n tempel van God" (Openb. 11:1), moet ons dit nie verwar met die tempel van Eseg. 40 nie.  Die tempel wat in Eseg. 40 - 48 beskryf word is wel 'n tempel wat gebou gaan word wanneer die Messias terugkom en dit sal ook Sy paleis wees, maar dit sal nie plaasvind voor die wederkoms nie en moet gesien word as 'n " 4de tempel". Die derde tempel is egter 'n tempel wat gebou sal word in die laaste dae voor die wederkoms en ook die tempel waarin die Antichris sal gaan sit asof hy God is...  
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:




Die woorde "kinders van Abraham", verwys na die wat die beloftes ontvang het en die hoop het TOT OPSTANDING. Maar, al is die beloftes gemaak aan die kinders van Abraham, Isak, Jakob (Israel), sal niemand die beloftes deelagtig word as hulle nie ook die voorwaardes nakom nie. Hoe sal iemand dan deel he aan die opstanding as hulle nie glo in die Een wat ons gaan opwek tot lewe nie?  Hoe sal hulle saam met Hom regeer as hulle glad nie in Hom glo nie?  Daarom sal ook die wat behoort aan die Joodse volk, alhoewel God vir hulle omgee en hulle gesien word "as kinders van die Koninkryk" (en hulle die beloftes en hoop het van die opstanding), NIE INGAAN IN DIE KONINKRYK as hulle nie gehoorsaam is aan die Profeet waarvan Moses vir hulle vertel het nie;  nl. as hulle nie vir Jesus Christus as die Messias aanvaar nie! (Deut. 18:15).

Niemand kan in die koninkryk van God ingaan as hy nie weer gebore word nie! (Joh 3:3 - "Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie"). Niemand kan in die koninkryk van God ingaan slegs deur die "water" nie! Daar is 2 elemente van die wedergeboorte, nl. "die water" en "die Gees".  As iemand nie die Gees van God het nie, is hy nie weer gebore nie. Jesus Christus is die Een wat ons doop met Sy Gees.  As iemand nie glo in die EEN WAT ONS DOOP MET SY GEES NIE, dan sal hy nie die Gees van God ontvang nie en kan hy nie weergebore word nie en kan dus nie vrug begin dra tot die ewige lewe nie... Die belofte van die Heilige Gees was eeue voor die Messias gekom het, geprofeteer, en was direk gekoppel aan die koms van die Messias, en Johannes self het ook hiervan getuig: (Mar 1:8 - "Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees"). Om in die koninkryk van God in te gaan, moet jy 'n KIND VAN GOD wees - dit beteken dat jy Sy saad in jou moet he (m.a.w. "gebore uit God"). Jy kan nie 'n KIND VAN GOD wees as jy nie GEBORE IS UIT GOD nie. Jy kan nie gebore word uit God as jou sondes nie afgewas ("water") en jy nie vervul word met die Heilige Gees nie ("Gees").
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/opsomming-antichris.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/01/dien-almal-wat-bely-hulle-is-christene.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/01/het-christene-moslems-en-jode-dieselfde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/die-tempel-van-god.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.