Woensdag 10 Augustus 2016

'n Volk uit die nasies versamel, 'n volk wat veilig woon

Daar is reeds lank terug geprofeteer dat God Sy volk sal terugbring in die land Israel en hulle laat veilig woon, maar ons moenie dink dat waar die skrif praat van "versamel uit die nasies" dit altyd verwys na slegs een geval van versameling nie.  ONS MOET DUS ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE "VERSAMELINGS" (in die verskillende skrifgedeeltes)(bv. Eseg. 37 en 38), ASOOK VERSKILLENDE TYE VAN VREDE. 

Dus, ons verstaan dat daar 'n "versameling" is VOOR Hy terugkom, maar verstaan ons dat daar ook 'n versameling sal plaasvind wanneer Hy terugkom? En ja, ook die volk wat in die land is net VOOR Hy terugkom (Eseg. 38:8-12), word beskryf as " 'n volk wat uit die nasies versamel is".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------Geleerdes onderskei wel tussen hierdie verskillende "tye van versameling", maar verskil natuurlik op interpretasie van die "tyd" van die verskillende versamelings. Meeste is bv. eens dat daar 'n versameling sal wees VOOR Jesus Christus terugkom,  VOOR die Groot Verdrukking asook nadat Hy teruggekom het, maar min identifiseer 'n versameling in die land wat lyk of dit moontlik tydens die Groot verdrukking sal plaasvind (Eseg. 38:8-12) - 'n versameling wat nog nie plaasgevind het nie en verwys na 'n tydperk wanneer die land Israel "van die swaard weer reggekom het, versamel is uit baie volke, en almal woon  in veiligheid". Baie sien bv. " v a n d a g " as die tydperk wat beskryf word in Eseg. 38, tog woon die volk in die land nog nie in veiligheid nie, en woon hulle ook nie almal "sonder muur en geen grendel of poorte" soos Eseg. 38:11 verklaar nie! Dit is dus duidelik dat Eseg. 38 :8-12 eerder verwys na 'n tydperk IN DIE TOEKOMS - moontlik na die tydperk wat in Openb. 11:1-14 beskryf word, 'n tyd waarin daar sogenaamde vrede sal wees (en die voorhof buitekant die tempel aan die heidene gegee is).  Omdat baie Jode nie glo dat Jesus Christus die Messias is nie, wag hulle nog op die Messias.  Die ongeluk is dat hulle 'n "ander een" (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html) sal ontvang as messias en natuurlik 'n VERSAMELING verwag wanneer hy kom.  So 'n  "versameling" kan voorkom asof dit in vrede geskied (en sal ook met oordeel geskied, ja). Maar moet ons onthou dat sogenaamde "vrede" in die verlede ook al geskied het terwyl baie van die volk van God in ballingskap was (Sag. 1:11-15), m.a.w. terwyl hulle verdruk was! 

 Behalwe vir verskillende "tye van versamelings", is daar ook verskillende TYE VAN VREDE.  Die tydperk van die eerste seel word bv. gesien as 'n tydperk van "vrede" (omdat onder die tweede seel die vrede weggeneem word van die aarde);  tog verwys dit nie noodwendig na dieselfde tydperk as die tydperk van "vrede en veiligheid" van 1 Thess. 5:3 (net voor Christus terugkom) nie.  Ons sien dus verskillende tye waarin versamelings in die land sal plaasvind, asook verskillende tye van "vrede".   Dit wil lyk of die tipe vrede en veiligheid wat geskep sal word onder die bewind van die Antichris so 'n tipe valse vrede sal wees, want ons weet dat hy sal oorlog voer teen die heiliges en die volk van die heiliges sal vernietig...  Hier sien ons dus 'n versameling wat gekoppel kan wees met die tyd van die Antichris se bewind (tog verkeerdelik verwar kan word met die wederkoms van Christus!).
_________________________________________________________________________________


GEDAGTE:


ONS MOET DUS ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE "VERSAMELINGS" EN VERSKILLENDE TYE VAN VREDE.  Die wat nie hierdie onderskeiding maak nie, staan die gevaar om 'n valse messias te aanvaar omdat hulle sy koms verwar met die wederkoms. Natuurlik sien ons uit na die Here Jesus Christus se wederkoms en ons weet dat dit naby is, MAAR DIT IS NOG NIE TYD NIE.  Die volk wat huidiglik in die land Israel versamel is, is bv. nie die "versameling" waarna verwys word in Eseg. 38 nie (en dus nie die versameling net voor Jesus Christus terugkom nie!).  Die huidige "versameling" verwys eerder na die tydperk VOOR die Groot Verdrukking en dit wil voorkom of die "versameling" in Eseg. 38 verwys na 'n typerk TYDENS of NA die Groot Verdrukking.  

Die wat egter dink dat die huidige versameling in die land die "versameling" is wat beskryf word in Eseg. 38, kan ook verkeerdelik dink dat die koms van die Here enige dag kan wees.  Ons weet nie die dag en uur nie, ja, maar ons weet beslis wat die tekens van die tye is en weet dat daar nog heelwat moet gebeur voor ons Here Jesus Christus terugkom.  Laat ons nie opgesweep word deur die leringe van die wat geen onderskeid maak tussen verskillende tye van versamelings en vrede nie, want sonder dat hulle besef is hulle besig om mense gereed te maak om "die een wat in sy eie naam kom" (Joh. 5:43) te ontvang.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.