Sondag 19 Augustus 2018

Verdrukking in die vlees

Die woord "Verdrukking" verwys nie net na groot tye van verdrukking waar mense wreed behandel word, gedreig word met die dood en uit hulle woonplek verjaag word nie, maar is iets wat baie mense daagliks beleef.  As iemand in gebrek is of honger het, ly hy verdrukking. As hy bo sy kragte swaar het, ly hy verdrukking. As hy beroof of besteel word, of daar bedrog teen hom gepleeg word, ly hy verdrukking. 'n Kind of 'n ou mens vir wie daar nie gesorg word nie, ly verdrukking. As iemand soos 'n slaaf behandel word en die persoon sy lewe verbitter deur swaar werk, en/of hy sleg behandel word, ly hy verdrukking... "Verdrukkinge" kom somtyds deur vyande (Ps. 42:9; 43:2; 44:24), somtyds deur haters (Ps. 55:11; Matt. 24:9,21,29), maar ongelukkig somtyds, deur valse broeders! (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(die wat in eiewysheid die waarheid verdraai)(Fil. 1:16; Hand. 21:27,28); of deur die vleeslikes wat uit jaloesie twis en tweedrag saai (1 Kor. 3:3; Tit 3:9; 2 Tim. 2:23; 1 Tim. 6:4; 2 Kor. 12:20); of die ongehoorsames wat in die pad staan vd regverdiges (Rom. 15:31; Hand. 23:12; 24:1-5)...
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Elkeen sal eendag geoordeel word op sy dade en woorde, want BARMHARTIGHEID was nog altyd 'n saak van erns vir die Here. In die O.T. is daar verskeie voorbeelde waar God Sy volk geoordeel het wanneer (1) hulle ander verdruk, maar ook (2) wanneer hulle nie gesorg het vir die verdruktes nie! Daar was o.a. wette in plek om te verseker dat die armes nie verdruk word nie bv., die behoeftiges moes dieselfde dag hulle loon kry, en wanneer daar geoes is was daar vd oes agtergelaat vir hulle. Selfs wanneer iemand 'n gerf vergeet het op die land mag hy nie omgedraai het om dit te gaan haal nie sodat dit vir die vreemdeling, wees en weduwees kon wees (Deut. 24:14-22).  Kinders vd Here word geoordeel as hulle nie omsien na die armes, wese en weduwees nie... (Ps. 12:5; Ecc. 5:8; Ps. 94:6); of onbarmhartig is teenoor die regverdiges en die behoeftiges (Amos 2:6,7; 4:1); of wanneer hulle die profete vd Here stilmaak, of die wat afgesonder is vir diens aan die Here, bedrieg (Amos 2:12)...  Die rykes was ook geoordeel (Amos 6) wanneer hulle nalaat om goed te doen

Skirftuurlik beteken "om barmhartig te wees" o.a. "om op die armes se versoek ag te gee", "die weduwee in verdrukking te help" (Job 31:16), "brood te deel met die wese", "klere te gee vir die behoeftiges" (Job 31:17-22), ...ens. In die eerste Christelike gemeentes is daar baie klem gelê op hierdie dinge - selfs voedsel en alles wat hulle besit het was verdeel onder mekaar volgens wat elkeen nodig gehad het (Hand. 2:44-47), en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad (Hand. 4:32). Heelwat ander versoeke is aan die gemeentes gemaak t.o.v. barmhartigheid, o.a. was daar van kinders en kleinkinders verwag om eerbied te betoon aan hulle ouers en aan hulle vergelding te doen, bv. die weduwees te versorg" - en dit was terloops eerste die plig van kinders, daarna die plig vd die kerk (as daar nie kinders was wat kon sorg nie)...(1 Tim. 5:4;Hand. 6:1-3). Daar is ook van die rykes verwag om ryk te wees in goeie werke, vrygewig en mededeelsaam (1 Tim. 6:17,18). Lidmate is bemoedig om eerder vergenoeg te wees wanneer hulle voedsel en klere het, en om nie te begeer om ryk te word nie want so het baie afgedwaal vd geloof (1 Tim. 6:8-10) - natuurlik nie bedoel dat dit 'n sonde is om op te gaar of ryk te word nie, maar dit gaan oor die konteks waarin dit geskied;  bv. in die verkeerde konteks is dit wel verkeerd om op te gaar! Waar "opgaar" of "ryk word" geskied met die doel van barmhartigheid, bv. waar iemand dit doen "met die doel om hom oor die armes te ontferm", of vir behoefte (opgaar), of bv. waar daar "vir die kinders vir nood opgegaar word"... (Spr. 28:8; Gen. 41:33-36; 2 Kor. 12:14), is dit nie verkeerd nie.  Waar dit egter iemand se doel is om homself te verryk, en die lewe vir hom gaan oor wat hy bymekaarmaak en hy verstik word deur die genietinge en sorge vd lewe (bv. gelykenis ryk man- Luk. 12; of 3de groep in gelykenis vd saaier; ens.), is sy hart verkeerd en is hy besig om dit (geld, besittings, ens.) wat die Here aan hom toevertrou verkeerd te gebruik (hy soek m.a.w. wereldse rykdom, nie rykdom in die Here nie). Ons begeerte moet liewer wees om ons lewens te verloor en ryk te word in die Here as om ons lewens te wen en ryk te word in besittings en geld.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Christus het ook in sy leringe getoon hoe belangrik barmhartigheid is en het selfs geleer dat wanneer iemand 'n feesmaal hou, hy liewer "armes" moet nooi as vriende!, of die nooi wat nie vir hulleself kan sorg nie bv. miskien 'n blinde of kreupele (Luk. 14:12-14). "Barmharthigheid" sal die bepalende faktor wees waarop die skape eendag van die bokke geskei sal word (Matt. 25). Uit Jesus se woorde in Luk. 16 kan ons leer dat niks aan onsself behoort nie! - die enigste manier hoe God vir jou jou eie gaan gee, is as jy bewys dat jy getrou was in dit wat Hy nou aan jou toevertrou... (Luk 16:11)(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/08/wat-doen-jy-met-die-besittings-wat-die.html). In Luk. 12:33 het Jesus die volgende beveel:  "Verkoop julle besittings en gee aalmoese;  maak vir julle beurse wat nie oud word nie...".  En Hy't verder verduidelik dat deur dit te doen iemand 'n skat in die hemel verkry. M.a.w., om barmhartigheid te bewys kan jou ryk maak!, want die manier om ryk word in die Here, is nie deur om te ontvang nie, maar deur "te gee" (jou lewe aflê).  Die wat nou laaste is, sal eendag eerste wees... en die wat nou hulle lewe verloor, sal dit eendag wen... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/09/wat-dit-beteken-om-ryk-te-wees-in-god.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ In Jak. 1:27 word iemand se godsdiens vgl. met 'n "rein en onbesmette" godsdiens sou hy seker maak dat hy nie die barmhartigheid nalaat nie...  In die betrokke skrif (en in konteks) verwys dit hier na die omsien van die wees en weduwees wat verdrukking ly...  Barmhartigheid begin by jou eie huis (1 Tim. 5:8). Die eerste kerke was gedurig ingelig oor die belangrikheid van om vir jou huisgesin, familie (sowel geestelike familie en naaste) te sorg.  Natuurlik behoort die Christen ook aan 'n Christelike familie, die "liggaam van Christus", maar elke Christen is eerstens verantwoordelik is vir sy eie familie (1 Tim. 3:5) -  dan vir die geestelike familie (- en dan ook vir die naaste). Ons is veronderstel om te deel wat ons het of kan gee (al is ons self arm)(Spr. 28:3). Barmhartigheid het min te doen met rykdom en gaan nie oor "hoeveel" iemand gee nie, maar gaan oor hoe iemand dit aanwend wat die Here aan hom toevertrou (Mark. 12:41-44) - hetsy besittings, geld, krag, werke...of wat ookal.  Alles behoort aan die Here. Die manier hoe ons nou werk met dit wat die Here aan ons toevertrou sal bepaal wat ons eendag erf. Wat nodig is is bereidwilligheid, want elkeen gee volgens wat hy besit - die Here verwag nie van ons om te gee "wat ons nie besit nie"! - m.a.w., daar word nie van ons verwag om onsself in skuld sit met die doel om iemand wat in verdrukking verkeer te help (en sodoende ons eie verdrukking veroorsaak) nie (2 Kor. 8:12-14). Elkeen moet gee soos wat hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, maar met 'n blymoedige hart... (2 Kor. 9:7). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


GEDAGTE:


Die wat die woord bedien ly baiemaal verdrukking, en word somtyds stilgemaak, sleg behandel, ly honger, of selfs met die dood gedreig ... Die dissispels moes ook deur baie sulke verdrukkinge gaan - o.a. het Paulus melding gemaak van hoe hy 5 maal met houe geslaan is, 3 maal met stokke, een maal gestenig, 3 maal skipbreuk gely (en het 'n nag en dag op die diepwater deurgebring)(2 Kor. 11:24-26). Hy het dikwels slapelose nagte gehad terwyl hy honger en dors was (dikwels sonder ete), en sonder bedekking (koud)(v.27). Hy was in gevare op vele plekke, nl. riviere, in die stad, in die woestyn, op see...  asook in gevaar onder mense van sy eie volk, rowers, heidene, en valse broeders (v.26)...  Ja, en Paulus was inderdaad 'n kind van God, is gewederbaar, het genade ontvang...!, maar die rede waarom hy hierdie verdrukkinge in die vlees verdruur het is omdat hy 'n slaaf was vir Christus. Die feit dat Paulus genade vd Here ontvang het, beteken nie dat die Here hom gaan beskerm van verdrukking (soos sommige vandag leer) nie, want enige iemand wat DIEN ervaar 'n tipe van "verdrukking in die vlees" omdat hy soos 'n "slaaf" is van die een vir wie hy dien (en moet dus besorg wees om daardie persoon te dien)(1 Kor. 7:28; 2 Tim. 2:4). Om 'n kind vd Here te wees, vrywaar jou nie van verdrukking nie; inteendeel, as iemand RYK wil WORD IN DIE HERE, moet hy bereid wees om sy lewe vir die Here af te lê (- dit is immers deels wat dit beteken "om ryk te word in die Here"!).  Die een wat "dien" moet bereid wees om verdrukking te ly ter wille van sy heer se besittings, kinders, woord, naam ens., sodat wanneer die vyand opdaag hy dit wat aan sy heer behoort, kan beskerm (asof dit sy eie is)! 

Die "getroue" dienskneg/slaaf word gekenmerk deur sy regverdigheid en gehoorsaamheid.  Hy is bv. regverdig in hoe hy dit wat sy heer aan hom toevertrou, gebruik (bv. "is barmhartig")- en is gehoorsaam en doen alles wat sy heer hom beveel om te doen. Hierdie is ware kwaliteite van die een wat "DIEN". Dus, natuurlik ervaar die slaaf verdrukking in die vlees... - want hy "dien"! (want die slaaf dien die een deur wie hy OORWIN is - 2Pe 2:19). Christene verduur verdrukking in die vlees omdat hulle slawe is vir Christus - omdat hulle Hom DIEN (1 Kor. 7:20-23). (2Ti 2:3 - "Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus"). Hulle beskerm hulle Heer se besittings, Sy kinders, Sy woord, Sy Naam (en is dus bereid om te ly ter wille van hulle Heer), maar is ook regverdig in die gebruik van dit (geld, besittings, werke, krag ens.) wat Hy aan hulle toevertrou. 

Die getroue slaaf se definisie van geseëndheid is anders as die van die ontroue slaaf, want die getroue slaaf is vergenoeg met wat hy het en kry.  Hy weet goed dat alles eintlik aan sy heer behoort (nie aan homself nie).  Die ontroue slaaf is egter selfsugtig en het nie dieselfde respek vir sy heer se besittings, kinders, woord en naam nie, en wil liewer "heer" wees as "dienaar". Hy is nie bereid om verdrukking in die vlees te ervaar ter wille van sy heer of iemand anders nie, want hy dink net aan homself.  Die manier hoe die ontroue slaaf geseëndheid, geluk en rykdom beskryf is heelwat anders as die een wat dien, want vir die ontroue slaaf gaan dit oor "beter wees, meer kry, eer, status, voorspoed, geliefd"...  Die ontroue slaaf se doel is om homself te verryk in plaas van om ryk te word by sy heer (bv. wil liewer sy lewe wen i.p.v. verloor).  L.w. dat dit HIERDIE DINGE is soos wêreldse voorspoed, of "om eerste en beste te wees, of om meer te hê as ander", wat gewoonlik veroorsaak dat mense onbarmhartig is en ander verdruk! (bv. roof, verkleineer, verarm, inloop, onregverdig behandel). Dit is die dinge "wat by mense hoog geag word" wat gewoonlik verdrukking veroorsaak (en is terloops 'n gruwel voor God)(Luk. 16:15). Dit is duidelik dat die rede waarom die ontroue slaaf ongehoorsaam is en verkeerd werk met dit wat aan hom toevertrou word, is omdat hy verkeerd "sien en dink". Hy het nodig om hom te BEKEER van hierdie manier van "sien" (Openb. 3:18)(hy moet hom bekeer van sy eiewysheid, trots, hoogmoedigheid, verwaandheid, opgeblasenheid)...  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wat-hulle-lewe-verloor-sal-dit-wen.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.