Wys tans plasings met die etiket einde van wereld. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket einde van wereld. Wys alle plasings

Woensdag 19 Augustus 2015

Want onse God is 'n verterende vuur !

Die manier hoe die ongelowiges die begrip "einde" of "voleinding van die wêreld" verstaan, is heelwat anders as hoe die Christen dit verstaan.  Vir die Christen verwys die woorde "voleinding van die wêreld" na Christus Jesus se wederkoms (Matt. 24:3,6,14)(m.a.w., die einde van "hierdie eeu" en die begin vd "volgende eeu").  Maar die Christen weet ook dat wanneer Christus terugkom, Hy kom om te oordeel!  Hoe vreeslik sal dit wees vir die wat val onder die TOORN VAN DIE LAM - die wat Hom nie ken nie en Hom nie gehoorsaam nie...     

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer die Hebreers skrywer die woorde gebruik, "Want onse God is ‘n verterende vuur" (Heb 12:29), dan is dit ook in konteks met hoe ons Hom moet vrees en die godsaligheid najaag. Hierdie woorde was geskryf aan Christene en dit is duidelik dat die Christen wat in ONGELOOF en ONGEHOORSAAMHEID stap, rede het om bang te wees!  Dit was lank reeds geprofeteer dat die Here gaan kom en IN VUUR wraak uitoefen op die ongehoorsames en goddeloses, en l.w. dat sulke profesiee veral gemik was teen die "volk van God" in tye van ongehoorsaamheid en ongeloof  (Eseg....).  Jesus Christus het ook verklaar dat Hy gekom het "om vuur op die aarde te werp" (Luk 12:49), en sê Hy verder:  "en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!".  In konteks waarsku Hy Sy dissipels teen die geveinsdheid van die Fariseërs (die voorgee-gelowiges). In die gedeelte word die dienskneg wat nie die wil van die Here doen nie, gewaarsku: (Luk 12:47 - "En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word ..."). Wanneer Christus Jesus terugkom, sal Hy inderdaad die "vuur op die aarde kom werp";  en "wraak uitoefen in vuur" op die wat Hom nie KEN nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus NIE GEHOORSAAM is nie! (2 Thess. 1:8)(maar Hy sal verligting gee aan die wat verdruk word en almal wat glo sal Hom bewonder...).  Hierdie beeldspraak van "met die vuur brand" word in heelwat ander skrifte en leringe ook gebruik.  Kyk bv. hoe Paulus verduidelik in 1 Kor. 3 van as 'n Christen se WERK VERBRAND WORD, hy skade sal ly.... En kyk die beeldspraak wat Johannes die Doper gebruik het van hoe die KAF VERBRAND sal word (Matt. 3:12). Net so het Christus dit gebruik in die gelykenis van die koring en die onkruid (en hoe die ONKRUID VERBRAND sal word)(Matt. 13:30).   (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ Ook in 1 Kor. 1:8 waar Paulus na die wederkoms van Christus verwys as "die einde",  moedig hy die gemeente aan om "tot die einde toe" ONBERISPELIK te wees.  Alhoewel daar huidiglik baie dinge met die aarde gebeur, weet ons egter dat dit nog nie die einde is nie. Die toestand van die wêreld en dit wat nou met die aarde gebeur, het meer te doen met die probleem van SONDE, of is die gevolg van sonde (Jes. 24:1-5), en is nog nie DIE WRAAK VAN GOD nie (alhoewel dit ook soos oordeel gesien moet word, want die aarde is ontheilig deur sy bewoners en "breek" as gevolg daarvan!). God se wraak sal wel uitgestort word onder die 7de seel (en Christus se wederkoms vind ook plaas onder die 7 de seel).  Die dinge wat ons nou sien is slegs "geboortepyne" en dit sal definitief erger word, want die Skrif verklaar dat die AFVAL eers moet kom voor die Antichris geopenbaar sal word.... en daarna die wederkoms.
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:

Die woord "afval" in 2 Thess. 2 verwys egter nie noodwendig na gelowiges wat afvallig raak nie, maar kan ook verwys na iets van verlate gestel word;  daarom is sommige geleerdes van mening dat "afval" hier eerder verwys na die "gruwel van verwoesting" (Mark. 13:14; Dan. 8:11-13).  Tog maak die Skrif dit ook duidelik in 1 Tim. 4:1 dat "in die laaste dae" sommige gelowiges van die geloof afvallig sal word en hulle onttrek van die geloof en waarheid.  HIERDIE IS IETS WAT ALREEDS BESIG IS OM TE GEBEUR.

In 1 Tim. 4:1-8 word hierdie afvalligheid as volg verduidelik:
(1) Hulle hang verleidende geeste aan.  (Kyk maar hoeveel kerke het betrokke geraak in die mistieke element en gee nie meer ag op "wat die waarheid is" nie, maar dit gaan oor wat hulle dink die waarheid is).
(2) Hulle hang leringe van duiwels aan, wat verbied om te trou en mense gebied om hulle te onthou van voedsel wat God geskape het. (Kyk maar hoeveel Christene het teruggeval op "werke" en hoeveel mensgemaakte wette het die plek ingeneem van gehoorsaamheid - a.g.hiervan vind baie verkeerde oordeel in ons kerke plaas).
(3) Hulle gee meer aandag aan dinge soos liggaamlike oefeninge as om hulleself te oefen in die godsaligheid.  (Kyk maar hoeveel kerke het hulle hoop begin plaas op dinge wat van weinig nut is, en hoeveel Christene soek hulle antwoorde by ander gelowe, soos om joga te begin doen of oosterse meditasie en gebed wat gegrond is op ander geloofsbeginsels, IN PLAAS VAN DAT HULLE DIE HERE EERDER RAADPLEEG!).

(Jud 1:22)  En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys;
(Jud 1:23)  "maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is".
_________________________________________________________________________________