Wys tans plasings met die etiket geestelik hoereer. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geestelik hoereer. Wys alle plasings

Dinsdag 04 April 2017

Aan wie word die gees van dwaling gestuur?

Iets wat kenmerkend is van die laaste dae (soos wat vir ons in 2 Thess. 2:11 beskryf word) is dat baie mense op 'n dwaalspoor sal gaan,  en   DIE   LEUEN   SAL   GLO  .  Dit beteken dat baie wat glo hulle "sien reg", sien eintlik verkeerd!  Kan dit moontlik wees?  Ja. Hierdie feit word in verskeie skrifte bevestig. Die manier hoe "dwaling" beskryf word in die Skrif, het te doen met mense wat BEDRIEG word om 'n verdraaide waarheid of onwaarheid te glo. Dwaling kom deur die valse leraars of valse profete, valse herders..., en diesulkes word voorgestel as "slu" en "listig" (Ef. 4:14),  Maar dit is 'n sekere soort mens wat vir hulle leuens val! en hierdie mens (of "gelowige") word vir ons baie goed beskryf in die Bybel. Wanneer ons praat oor die onderwerp van "dwaal", dan is dit ook interessant om te sien hoe hierdie onderwerp inskakel by die kwessie van "WIE DIT IS VIR WIE ONS RAADPLEEG" (wanneer ons bv. antwoorde soek). Ware gelowiges SOEK die Here en Raadpleeg Hom, maar die afvalliges sal onder oordeel val omdat hulle Hom nie soek nie, en Hom nie raadpleeg nie... (Sef. 1:6; Hebr. 10:38).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Volgens 1 Joh. 4:6 is dit die wat nie regtig die Here KEN nie, wat vir so 'n dwaling val!
(1Jn 4:6 - "Ons (m.a.w., dienaars vd Here) is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling").  Dit is deur DIE WAARHEID wat ons kan onderskei tussen of 'n lering uit die Gees van God is, en of dit 'n dwaallering is. Verder is dit ook juis op hierdie manier wat ons sien wie regtig die Here ken!, want die wat kies om nie ag te gee op die waarheid nie, of nie ag te gee op Jesus Christus se leringe nie, of nie ag gee op Sy koninkryk leringe nie..., wys dat hulle Hom nie werklik ken nie - en dit is hulle wat val vir dwaalleringe.

Jesus Christus het ook hierdie feit bevestig in Joh 15:14 - "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel".  Vir die wat werklik die Here KEN, is dit dus glad nie moeilik om te onderskei watter prediker (leermeester, profeet, herder...) die Gees van die waarheid het, of wie onder die gees van dwaling is nie.  Ons moet kennis neem dat die "dwaling" spesifiek gestuur word aan die wat wel die waarheid hoor, maar dit verwerp!  So, dit verwys geensins na die wat onkundig is nie..., maar verwys na die wat KIES om NIE GEHOORSAAM te wees nie.  Daar is heelwat voorbeelde in die Skrif van "gelowiges" wat ongehoorsaam was aan die Here.  Koning Agab was so 'n vb. en is juis (deur die Here) blootgestel aan 'n leuengees omdat hy gekies het om nie ag te gee op die woorde van ware dienaars van die Here (soos Miga) nie, maar hy was heel tevrede met sy 400 sieners ("profete") wat net goeie dinge met hom gespreek het! - dinge wat hy graag wou hoor!  In die N.T. word ook verwys na mense soos koning Agab, en word beskryf as die wat nie ag gee op die gesonde leer nie, maar vir hulle leermeesters vergader om hulle in die gehoor te streel...(2 Tim. 4:3) Op dieselfde wyse het koning Agab nie van die profeet (siener) Miga gehou nie (en hom terloops gehaat) omdat Miga vir hom woorde van die Here gegee het WAT HY NIE WOU HOOR NIE (1Kon. 22:8). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Daar is verskillende maniere waarop die Here mense antwoord wanneer hulle Hom raadpleeg - in die O.T. was dit bv. veral deur drome, of deur die Urim, of deur die profeet (1 Sam. 28:6; 1 Kon. 22:5,6; 2 Kon. 8:8; Jer. 21:2; 37:4,7...).  Profete was oorspronklik sieners genoem deur die mense van Israel en baiemaal, as iemand die Here wou raadpleeg, het hy na die siener (profeet) gegaan (1 Sam. 9:9)(of na die priester gegaan). Die siener se antwoord was onderwerp aan die Here se antwoord, en as die Here niks antwoord nie, dan het die siener ook nie 'n antwoord nie! Sommige van die wat sieners was in die O.T., was egter nie opreg nie en het geprofeteer volgens dit wat mense wil hoor (soos vb. hierbo-1 Kon. 22:8-13)(hulle het m.a.w. uit hulleself geprofeteer)- soos die "valse profeet" - hy gee voor dat sy woorde van die Here kom, maar dit is nie!.   

Maar ook nie almal wat "sieners" is in hierdie wereld, is natuurlik sieners van die Here nie - m.a.w. nie alle sieners raadpleeg die Here nie.  Daar is bv. "sieners" wat die dooies raadpleeg, en daar is die wat afgode raadpleeg (2 Kon. 1:2), en die wat geeste wat waarsê, raadpleeg (Jes. 8:19).  Gelowiges word beveel om niks met sulke sieners te doen te he nie (Deut. 18:11; 2 Kon. 1:16; Hos 4:12; Jes. 8:19). WIE dit is vir wie ons raadpleeg, wys in wie ons ons hoop plaas. Waar kinders van die Here bv. hulle hoop plaas in afgode/afgodspraktyke of dooies of ander geeste, word hulle (geestelik) gesien as "mense wat hoereer" (want hulle verbreek hulle verbintenis met die Here, en verbind hulle aan 'n ander...)(Hos. 4:12). Daar is vandag baie vb.e hiervan onder sekere gelowiges wat hulle hoop plaas in afgodspraktyke met die doel "om gesond te word", of vir "geestesgesondheid", of "om balans en behoud in hulle dag te bring"....en allerhande redes. Dit is m.a.w. die plek wat hulle gaan RAADPLEEG vir antwoorde. Baie is onkundig en moet tot insig gebring word, maar ongelukkig, baie (gelowiges) wat wel kundig word en weet dat hulle moet wegbly van hierdie soort praktyke, steur hulle nie daaraan nie maar stap voort in hulle hardkoppigheid. Sulke gelowiges word beskryf as "opstandige kinders" in Jes. 30:1.  Sommige dink selfs dat hulle altwee kante kan raadpleeg, maar diesulkes sal gou uitvind dat die Here Hom nie altyd laat raapleeg deur die wat geestelike hoereer nie! (Eseg. 20:1-4,31). En omdat die Here hulle dan nie meer antwoord nie, veroorsaak dit dat hierdie mense nog verver verval! (soos met koning Saul gebeur het)(1 Sam. 28:7,16). Daar is vandag massas voorbeelde (en ongelukkig baie getuienisse) van Christene wat hulle hoop in heidense praktyke begin plaas het, en daarvandaan net meer en meer afvallig geword het van die geloof ...  Die ongeluk is dat hierdie gelowiges, as hulle hul nie bekeer van hierdie werke nie, die gees van dwaling gestuur sal word omdat hulle nie die Here soek en Hom nie raadpleeg nie, maar elders raadpleeg en vir hulle leermeesters vergader het wat hulle in die gehoor streel. En as hulle hierdie gees van dwaling gestuur word, is dit amper soos 'n vloek!, want dan sal hulle glo hulle is reg, terwyl hulle eintlik verkeerd is...! 
_________________________________________________________________________________


GEDAGTE:


Verskeie skrifte verwys na 'n "gees van dwaling" sootgelyk aan die wat ons sien in 1 Kon. 22 (vd leuengees wat deur God gestuur is aan die 400 sieners).  Daar is heelwat valse profete in hierdie wereld wat hierdie dwaling teweeg bring. Dit is die ongehoorsame gelowiges (m.a.w. die wat nie ag gee op die waarheid nie, en vir wie dit gaan oor eie wil en nie oor die wil vd Here nie) wat die gevaar staan om blootgestel te word aan hierdie gees van dwaling, want sonder waarheid is daar geen vastigheid nie. Gelowiges wat ongehoorsaam is aan die waarheid, staan die gevaar dat hulle oorgegee word aan die verhardheid van hulle harte sodat hulle in hulle eie planne kan wandel (want dit is wat hulle eintlik wil doen) - dus dan "dwaal in hulle EIE OORLEGGINGE"... (Ps. 81:11,12; Jes. 29:9,14; Rom. 1:21) - dis amper soos 'n vloek!  Dit verwys na diesulkes wat, alhoewel hulle die waarheid ken, nie daaraan gehoorsaam is nie (Rom. 1:18,20,21,32) en/of die wat afgode RAADPLEEG (m.a.w. raadpleeg en hoereer agter afgode en afgodspraktyke aan)(Hos. 4:12; Rom. 1:23) - en dan stuur God vir hulle die gees van dwaling sodat hulle die leuen GLO.


Hierdie word ongelukkig vandag selfs te sien in sommige Christelike kerk, mense wat NIE DIE GESONDE LEER KAN VERDRA NIE, maar inval by hoe die wereld SIEN en HOOR. Sommige kerke is selfs besig om genadegawes en tyd met die Here te VERVANG met heidense praktyke soos joga en ander vorme van heidense meditasie, genesingspraktyke soos reiki, heidens-herhaling gebedspraktyke soos kontemplatiewe gebed, ens. Sommige is wel onkundig (wat terloops tot insig gebring moet word!), maar baie wat kundig is gee nie ag op die waarheid nie en is ongehoorsaam en stap dus in sonde tot die dood. Hulle is m.a.w. nie besig om die Here te raadpleeg vir antwoorde nie, maar besig om dit elders te soek, en dus besig om geestelik te "hoereer". (2Pe 2:1 - Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring).  In die N.T. is daar 2 skirfgedeeltes wat veral hierdie kwessie besonders aanraak, nl. Rom. 1:21-25,28 en 2 Thess. 2:10,11.  Sulke gelowiges gee voor dat hulle wys is, maar hulle het dwaas geword in hulle eie oorlegginge (Rom. 1:22), en wat dan gebeur is dat hulle later nie meer SIEN en HOOR nie! (Joh. 12:39-43) - en later deur die Here oorgegee word aan die begeerlikhede van hulle harte (oorgegee word aan hulle onreinheid)(Rom. 1:24) - dat hulle later dink hulle is reg, al is hulle verkeerd!  Vir so iemand om terug te kom op die pad is baie moeilik, want as hy glo hy is reg, AL IS HY VERKEERD (2 Thess. 2:11), gaan hy hom nie bekeer nie!  Dit veroorsaak dat hierdie gelowiges net meer en meer verval in afvalligheid en op die ou end "doen wat nie betaam nie" (Rom. 1:29-31).Rom 1:32 - "mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen"     2Pe 3:17 - "Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie".

______________________________________________________________________________