Wys tans plasings met die etiket pad van godsaligheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket pad van godsaligheid. Wys alle plasings

Vrydag 16 Oktober 2015

Die godsaligheid

Die begrip "godsaligheid" verwys wel na die HOOP op saligheid, maar eerder na hoe ons in 'n wedloop is sodat ons hierdie saligheid sekerlik kan behaal! Dit beteken nie dat ons saligheid verkry deur werke nie, maar eerder dat werke gaan oor "DIENSBAARHEID AAN DIE HERE" en 'n bewys is dat ons glo.  Wanneer Paulus die stelling maak dat ons ons moet oefen in die godsaligheid, dan is dit in konteks met hoe hy sy liggaam sien soos 'n vyand teen wie hy te staan kom.  En nee, hy bedoel nie dat ons meer oefening moet doen en net sekere kosse moet eet nie (wat terloops gesien word as "werke"!), maar hy bedoel dat ons die godsaligheid liewer moet najaag. Om meer ag te gee op die godsaligheid as op hierdie dinge, beteken bv. nie dat die liggaamlike oefening van geen nut is nie, maar beteken dat dit tot weinig nut is teenoor die godsaligheid wat veel belangriker is! (1 Tim. 4:8).  

Dus, let op die konteks van 1 Tim. 4, dat dit gaan oor "fabels" waarin mense glo waarin hulle verbied word om te trou en gebied word dat hulle hul moet onthou van voedsel wat God geskape het... Hulle het gedink dat die Here van hulle verwag om hierdie "werke" te doen, maar wat Hy eintlik van hulle verwag het is om eerder die godsaligheid na te jaag, m.a.w. om sonde in hulle lewens neer te le, om die duiwel en versoekinge tee te staan en gedagtes te vernuwe tot gehoorsaamheid aan ChristusWat help dit iemand bring sy liggaam fisies in gereedheid en lyk pragtig en gesond, maar hy kasty nie sy liggaam om dit diensbaar te maak vir die Here nie?   Wat help dit hy maak sy liggaam diensbaar aan allerhande wette, maar hy kasty dit nie om versoekinge te weerstaan, of gedagtes te verander tot gehoorsaamheid aan Christus nie?
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
OM DIE GODSALIGHEID NA TE JAAG GAAN OOR DIENSBAARHEID AAN DIE HERE
(geloof en gehoorsaamheid),
-  en gaan veral daaroor dat ons nie ons hoop moet plaas in ander dinge nie, maar in die Here (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html);
-  en dit gaan daaroor dat ons die duiwel en versoekinge moet weerstaan (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/weerstaan-die-duiwel-2.html) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/versoeking-2.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In 1 Tim. 2 word bv. ook van vrouens verwag om meer aandag te gee aan die godsvrug (wat behels, beskeidenheid, ingetoenheid, goeie werke) as aan die uiterlike. Die persoon wat nie die Here dien nie, is meer ingestel op die uiterlike en op wat ander mense van hulle dink; maar die persoon wat wel die Here dien, is meer ingestel op die innerlike en op wat die Here van hulle dink.  Elke gelowige is geroep om vrug te dra, maar nie vrug uit eie wil nie, maar uit diensbaarheid aan die Here, volgens Sy wil.  'n Gelowige wat "meer besig is met die lewe as met die Here", sal dit moeilik vind om die wil van die Here te doen omdat hy meer gefokus is op sy eie sieninge en wil.  (Mat 10:39 - "Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Dit is duidelik volgens 1 Kor. 9 dat nie almal in die wedloop die prys gaan behaal nie, en dat ons so moet hardloop en seker maak dat ons dit sekerlik behaal.  In die gedeelte vergelyk hy Christene (wat gedoop is en deel het aan die liggaam van Christus) met die volk in die woestyn (beeldspraak, "gedoop in wolk en see en geestelike spys geeet en geestelike drank gedrink uit die rots") - hy gee ons 'n WAARSKUWING en herinner die kerk daaraan dat baie van daardie mense nie ingegaan het in die beloofde land nie omdat hulle ongehoorsaam en ongelowig was... Op dieselfde wyse moet Christene (wat gedoop is en die nagmaal gebruik...) wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, nie dink dat hulle eendag die OPSTANDING TOT LEWE sal ontvang en ingaan in die koninkryk van God as hulle so ongehoorsaam en ongelowig is nie! 

In 1 Kor. 9 noem Paulus ook spesifieke voorbeelde van hoe ons moet ag gee op die pad van godsaligheid, bv.:
dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie; 
en wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie;
en laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie,
en laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie,
en moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie........


------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 03 Junie 2015

Wees nugter

Die bevel om "nugter" te wees, word nie altyd in die Skrif in konteks gebruik van "om nie dronk te drink nie". In sommige skrifte gaan dit inderdaad daaroor dat die Christen hom nie mag dronk drink nie!, maar gaan lees ons sekere ander skrifte, sal ons gou uitvind dat die bevel "om nugter te wees" ook geestelik bedoel word:

-1 Kor. 15:34 ("Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming"). Hier gaan dit oor sekeres wat nie geglo het in 'n opstanding nie, en daarom gedink het dat hulle kan leef soos hulle wil en so die waarheid verdraai het - slegte gesprekke;

-1 Thess. 5:6,8 ("Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees)("Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid"). Hier gaan dit oor waaksaamheid, want die wat nie NUGTER is nie, sal betrap word soos 'n dief in die nag en sal dus nie GEREED wees wanneer Christus terugkom nie;

-2 Tim. 2:26 ("en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Hier gaan dit oor die weerspanniges, die wat van die waarheid afgedwaal het, voortgaan in goddeloosheid en onsinnige praatjies, die wat in ongeregtigheid stap...;

-2 Tim. 4:5("Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening"). Hier gaan dit oor die wat nie die gesonde leer verdra nie, maar vir hulle leermeesters vergader wat hulle in die gehoor streel - die wat 'n afkeer het in die waarheid;

-1 Pet. 4:7("En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid"). Hier gaan dit oor die wat nie volgens die wil van God leef nie, maar volgens die begeerlikhede van die mens...

WAAR CHRISTENE BEVEEL WORD OM "GEESTELIK NUGTER" TE WEES, IS DIT GEBRUIK IN KONTEKS MET DAT HULLE NIE MOET "DRONK WORD" VAN SONDE EN VALSE LEERSTELLINGS NIE.
========================================================================

GEDAGTE:

Oral waar Christene  beveel word om nugter te wees, is dit geskryf in konteks met:
(1) hoe hulle moet ag gee op die pad van godsaligheid (1Kor. 15:34)(bv. om hulle te bekeer van sonde in hulle lewens), en
(2) moet pasop vir valse leerstellings (2 Tim. 4:1-5).   
(3) Dit word ook verder gebruik in die konteks van dat ons WAAKSAAM moet wees (1 Thess. 5:6).     Die nugter Christen is waaksaam en sal nie soos 'n dief betrap word wanneer die Here terugkom nie  - hy word nie rondgeslinger deur valse leerstellings nie (Hebr. 13:9), maar is gehoorsaam aan die Here, gee ag op Sy waarheid en bekeer hom van sondes in sy lewe. 

Die nugter Christen raak nie opstandig en verbitterd oor die waarheid nie, maar is eerder bly daaroor! (1 Kor. 13:6).
   
(Luk 12:45)  Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,
(Luk 12:46)  dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues.