Wys tans plasings met die etiket verkeerd bid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verkeerd bid. Wys alle plasings

Sondag 06 September 2015

En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie...

Sefanja het profeteer van wat in die toekoms gaan gebeur, nie net met die volk van God nie, maar ook met sekere ander nasies - hy praat van die komende oordeel en die dag van die Wederkoms, hoe die Here gaan terugkom om besoeking te doen oor die mense van die aarde... en hoe Hy ook sal oordeel die wat:
-  VAN HOM AFVALLIG GEWORD het,
-  HOM NIE SOEK nie;  en
-  HOM NIE RAADPLEEG NIE(Sef. 1:6). 
Hy praat verder oor die wat BETROKKE is BY ANDER GELOOFSPRAKTYKE en AFGODSAANBIDDING... 

Volgens Sefanja se profesie is hierdie een van die dinge wat die Here teen Sy kinders hou, wanneer hulle ophou om Hom te soek en te raadpleeg, en in die proses  ander geloofspraktyke begin navolg. Die Here was nog nooit tevrede daarmee wanneer Sy kinders "ander weivelde soek nie" - hierdie soort van afvalligheid is ook 'n bewys van die eindtye...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Jesus het heelwat vir ons geleer oor gebed. Iets wat ook duidelik is uit wat Hy vir ons geleer het oor gebed, is dat die Vader nie tevrede is met enige manier van gebed nie.  Nie alle gebed sal beloon of beantwoord word nie!, soos wanneer iemand bid bloot "om gesien te word" of bid met 'n hart wat self nie wil vergewe nie. Die dissipels het ook hierdie geleer en Jakobus het o.a. die volgende stelling gemaak: (Jak. 4:3 - "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring").Selfs wanneer 'n man nie die nodige eer aan sy vrou bewys nie, kan sy gebede verhinder word! (1 Pet. 3:7).  NIE ALLE MANIERE VAN GEBED IS "REG" NIE en nie alle gebede word beantwoord nie!!!

Dit is dus duidelik dat nie alle maniere van gebed vir die Here aanneemlik is nie, en dat daar verkeerde maniere is van BID soos wanneer iemand selfsugtig bid.  Iets waarteen Jesus ons ook spesifiek gewaarsku het in die bergpredikasie, is die volgende:  (Mat 6:7 - "En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene  nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word"). Hierdie "manier van bid" (deur die ydele herhaling van woorde) is 'n ou metode van die heidene!  Oral waar ons met die mistiek te doen het, gaan meditasie en gebed gepaard met die ydele herhaling van woorde, kyk bv. na Islamiese meditasie (Muraqaba), Boedhistiese meditasie (Japa), Sjinese meditasie (Daoist), Kabbalah meditasie, en baie ander  -  oral het dit te doen met die herhaling van mantras, heilige name ens., en word dit oor en oor herhaal vir 'n sekere hoeveelheid minute.

Daar is baie soortgelyke vorms van meditasie wat gevolg word "to empty your mind", selfs "kuns"vorms soos zentangle, en mense besef nie altyd waarin hulle betrokke is nie.  Wat egter belangrik is is dat wanneer 'n Christen tot hierdie insig kom, hy moet breek met sulke praktyke.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Heelwat Christelike kerke is veel uitgesproke oor die mistiek en haar voordele, maar het 'n tekort aan basiese Christelike lering. En baie wat betrokke is in "contemplative prayer" of sg. "Christelike" joga doen, dink dat hulle daardeur besig is met die Here, TOG HET CHRISTUS DIT SELF DUIDELIK GEMAAK DAT DIE VADER NIE BELANGSTEL IN hierdie soort GEBED nie!  - so, hoekom sal Christene hulle dan daarin wil begewe, as hulle weet die Here is nie tevrede daarmee nie? Die manier hoe hierdie praktyke ook vir die westerse voorgehou word, is in die naam van sielkunde en wetenskappe en met baie voordele asof soos medisyne en oefening, maar om jou antwoorde te gaan soek by praktyke van mense wat afgode aanbid en praktyke wat selfs in satanisme beoefen word, kan verseker nie vgl. word met 'n natuurlike pil en oefening nie!!! En daar word terloops baie gepraat oor die sg. voordele, maar omtrent niks oor die massas nadele nie. Wat ons moet verstaan is dat hierdie praktyke inderdaad 'n invloed het op die mens, maar nie die soort "voordele" wat voorgehou word nie. Baie mense glo dat dit geen bose invloed kan he nie, maar dit is soos om te redeneer dat daar niks sal gebeur as jy glasie-glasie speel nie! Die waarheid is dat hierdie praktyke direk afkomstig is van ander gelowe. Ons moet versigtig wees vir dit wat alles vandag vir ons voorgehou word as "goed". (Lev 18:24 - "Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig ..."). Kyk bv. praktyke soos "reiki" en "hipnose", wat ook voorgehou word asof heeltemal onskuldig, maar praktyke wat afkomstig is van ander gelowe (en terloops ook in satanisme beoefen word).  Baie ander soortgelyke praktyke word vandag blindelings deur Christene aanvaar. Dit is regtig kommerwekkend wanneer 'n Christen sy hoop eerder plaas in 'n geloofspraktyk soos reiki vir genesing, maar hy glo nie in Christelike genesing en handoplegging nie!? Of wanneer hy homself oopstel vir ander geeste deur heidense metodes van meditasie, maar hy stel homself nie oop vir die Gees van God nie!  Baie Christene het meer geloof in hierdie heidense praktyke as wat hulle het in Bybelse waarhede...in so 'n geval is iemand nie besig  om die Here te soek nie, maar eerder besig om ander geloofspraktyke te raadpleeg.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


GEDAGTE:


As Christelike kerke nou hierdie "ander geloofspraktyke" AS ANTWOORD begin voorhou en verskillende vorms van meditasie in die kerk se bediening begin inskryf (soos wat in baie kerke reeds gebeur), en nog verder laster deur dit te probeer verchristelik, IS HULLE DEFINITIEF NIE BESIG OM DIE WARE EVANGELIE TE BRING NIE, maar 'n "ander evangelie" gebore uit ander gelowe. Hierdie mistiek wat in baie kerke vandag gesien word lyk nie veel anders as die Gnostiese idees van die eerste eeu nie, en baie "leringe van duiwels" het daardeur die kerke ingesluip. Daar is 'n miskonsepsie onder sommige Christene, wat van mening is dat hulle die reg het om "te glo wat hulle wil" en daardeur hulle betrokkenheid in hierdie praktyke probeer regverdig, maar die waarheid is dat alhoewel die Here vir elke mense 'n vrye wil gee, die Christen sy wil onderwerp het aan die Here OM HOM GEHOORSAAM TE WEES - so m.a.w, 'n ware Christen wil tog nou nie glo soos hyself wil nie, maar soek eerder na die wil van die Here! (Matt. 7:21; 12:50).  As die Here dit duidelik maak dat Hy nie tevrede is met hierdie MANIER VAN GEBED nie, waarom probeer Christene dit regverdig asof die Here nie sal omgee dat hulle daarin betrokke is nie?  
Asof die Here vir hulle 'n vrye wil gee om buite Sy wil op te tree? 

Ons bely dat ons die evangelie GLO, maar ons glo baiemaal wat ons wil, of glo dit wat ons in die gehoor streel.  Ons dink dat ons verstaan wat dit beteken om in Hom te glo, maar verstaan ons dat die evangelie ook daaroor gaan dat ons moet glo in Sy woorde?;  inteendeel, as jy nie in Sy woorde glo nie, dan glo jy nie in Hom nie. 
Ons moet onsself die vraag afvra:  Glo ons 'N evangelie, of DIE evangelie?