Wys tans plasings met die etiket verleiers. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verleiers. Wys alle plasings

Dinsdag 27 Mei 2025

Pasop vir valse profete

Profete is mense deur die Here geroep, wat Sy woord bring op 'n tyd en plek... Die profetiese bediening is inderdaad 'n belangrike bediening in die kerk en 'n manier waarop die Here met Sy volk praat; maar wees gewaarsku, want nie almal wat deurgaan vir "profete" ken die Here en is inderdaad deur Hom gestuur nie... (Matt. 7:15-21; 2 Kron. 18; 1 Kon. 13; ens.). Bv., nie almal in die kerk wat sê "God spreek" of "die Here sê" verkondig inderdaad woorde wat van die Here kom nie. Ons moet veral bedag wees hierop want Jesus het geleer dat in die laaste dae baie valse profete sal opstaan. Die vraag is nou, hoe onderskei ons tussen wie is waar en wie is vals? - hoe onderskei ons tussen die ware en die valse profeet?

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons kan begin deur te kyk wat Jesus vir ons geleer het oor valse profete. Daar is 'n manier hoe valses erken kan word:

-(1)  Hulle is Slegte bome (Matt. 7:17), en hulle VRUG getuig dat hulle "slegte bome" is (Matt. 12:33). In die Skrif word die gelowige baiemaal voorgestel soos 'n boom wat groei en vrug dra - valse profete se vrug is "sleg"! Hulle dra vrug, ja, maar dit is sleg! - hulle vrug lyk dus soos die ware Jakob, maar dit is nie bruikbaar nie... HIERDIE MENSE KAN AAN HULLE WOORDE EN OPTREDE HERKEN WORD, want hulle vrug kom voor soos goeie vrug "maar is nie bruikbaar nie"- kan nie geeet word nie! (hulle word bv. o.a. "waterlose fonteine" genoem in 2 pet. 2:17, of "waterlose wolke" in Jud. 1:12 - hulle kom voor of hulle die geestelike water gee wat ons nodig het, maar hulle doen nie).  In Matt. 12:34 verwys Jesus o.a. na hierdie slegte bome as "addergeslag" (giftige slang-geslag), want dit wat hulle gee is eintlik soos gif... - dit wat hulle praat wys bv. dat hulle sleg is (Matt. 12:34; 15:18)(hulle verdraai die waarheid en verkondig leuens, soos die duiwel/slang doen). 'n Valse profeet sal oor dieselfde dinge praat as die Christen, maar sy vrug is sleg... - sy interpretasie oor daardie onderwerp is m.a.w. nie dieselfde nie maar eerder 'n siening wat uit homself kom of van die wereld (en kan soos gif wees). Vgl. dit met Paulus se woorde in Hand. 20:29 van wat hy sê van die wolwe - is dat hulle "verkeerde dinge praat"! (uit die oorvloed van die hart praat die mond...-Matt. 12:34). Valse profete tree op in die Naam van die Here asof Hy hulle gestuur het (bv. profeteer, dryf duiwels uit, en doen kragte...), maar in werklikheid is hulle besig om voor te gee - hulle is nie deur Hom gestuur nie! (is "geveinsdes"/Matt. 15:7-9).  En die rede waarom hulle dit doen is om mense te verlei en mislei.  Die uiteinde van valses is: -uit hulle WOORDE sal hulle eendag veroordeel word (Matt. 12:36,37).  

-(2)  Hulle het Dorings en distels (Matt. 7:16). Die met dorings en distels verwys na mense wat "onder die dorings saai" - dit verwys nie noodwendig na valses nie, maar wel na skape wat afdwaal - die gevolg is dat hulle vrug verstik word (en dus, hulle kan nie vrug dra nie of verloor hulle vrug...)(Jer. 4:3; Jes. 5:6; Spr. 15:19; 22:5; Matt. 13:7,22). Vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier wat verwys na kinders van die Koninkryk, maar dorings in hulle lewens veroorsaak dat hulle hul vrug kan verloor en sonder vrug opeindig... (Luk. 8:14; Matt. 13:22). Maw, dorings verstik vrug... - in die gelykenis vd saaier word vir ons geleer waarna "dorings" verwys (bv. dit verwys na daardie kinders vd koninkryk wat nie die koninkryk eerste soek nie, maar liewer "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe"). Valse profete toon dieselfde kenmerke, en dit is dat hulle nie die Koninkryk eerste soek nie. Dit wil nie sê dat almal met dorings vals is nie!, maar dit is een vd kenmerke van 'n valse. Bv., as iemand met 'n profetiese bediening wêreldse rykdom eerder begeer in plaas van "om ryk te word in die Here", is dit soos 'n doring in sy lewe... - dit is duidelik wat in die lewe vir diesulkes belangrik is, en hulle word o.a. geklassifiseer onder die groep "liefhebbers van hulleself "(2 Tim. 3:2).  Bv., een vd redes waarom hulle mense mislei (deur sg. vrug te dra wat goed lyk) is om gesien of geëer te word! (Matt. 6:2,5,16). Hulle wil nie dien nie, maar wil gedien word,  en wanneer hulle wel "dien" is dit omdat dit tot voordeel is van hulleself. 

-(3)  Hulle dra Slegte vrugte (Matt. 7:18). Hulle mag dalk op die oog voorkom as goed, maar hulle vrug sal gou getuig dat hulle nie goeie mense is nie... (hulle harte bring slegte dinge voort-Matt. 12:35)(bv. vol allerhande begeerlikhede wat terloops as volg beskryf word in 2 Tim. 3:1-5... - bandeloos, tree roekeloos op, is sonder liefde vir die goeie, sonder natuurlike liefde, is onversoenlik, onheilig, grootpraters, trotsaards, gelgieriges, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God). (1) Hulle het óf (1) nog nooit begin om die Here te dien nie (maw, hulle dien nog die sonde, en daarom praat hulle soos die wereld), óf (2) hulle het teruggeval...  Ons weet waarna goeie vrugte verwys..., so dit is seker nie moeilik om te verstaan waarna "slegte vrug" verwys nie, want wanneer 'n vrug sleg is beteken dit nie dat dit 'n ander soort vrug is nie, maar ditto maar sleg... - dit is m.a.w. ditto vrug... (bv. geloof, barmhartigheid, vrede, liefde, ens.), maar is sleg! (bv., asof hy glo, maar sy vrug wys dat hy nie werklik glo nie...). Valse profete is soos akteurs - hulle speel die rol van profete, maar is nie werklik profete nie, en die manier om hulle uit te ken is aan hulle VRUG (bv.,  as die Here jou regtig gestuur het, sal jy ten minste dieselfde verkondig as die waarheid en as Jesus se woorde, maar die valse profeet verkondig 'n verdraaide waarheid of die leuen). Jesus het ook o.a. na diesulkes verwys as "geveinsdes" (Matt. 23:27,29; 24:51; Mark. 7:6; Luk. 11:44; ens.)(mense wat voorgee) - hulle gee voor hulle het vrede en geloof en is lief vir die Here en het kennis van die Here ens., maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig vrede het of glo nie, bv. glo nie werklik in Jesus se woorde (die waarheid) nie. Hulle wys gou dat hulle kennis eintlik woorde van die wereld is of uit ander bronne verkry is (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8) of uit hulleself kom! (Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). Hulle kom bv. voor dat hulle barmhartig en liefdadig is, maar doen dit eintlik vir hulleself nl. "om geëer  te word"... (Matt. 6:2,5,16; 23:23). Hulle sal voorgee dat hulle die Here ken, bv. om te staan en bid waar alle oë op hulle is, maar doen dit vir hulleself nl. "om gesien te word"... (Matt. 6:5). Hulle gee voor dat hulle in Jesus glo, maar versoek/toets Hom (Matt. 16:1-4; 22:19) en staan in die pad van die wat Jesus se leringe verkondig... (Matt. 15:7; 23:13). Hulle gee voor dat hulle vir die Here werk, maar doen hulle eie wil... (Matt. 23:51; Matt. 16:3). Hulle gee voor dat hulle vir die Here tyd maak, bv. om te vas, maar dit is eintlik net toneelspel... (Matt. 6:16; 15:7,8). Hulle gee voor dat hulle die kennis van die Here het, maar leer gebooie van mense en praat verkeerde dinge... (Matt. 15:9; Hand. 20:30; Matt. 7:15-23).  Kortom, hulle is liefhebbers van hulleself! (2 Tim. 3:2).

-(4)  Hulle is Roofsugtige Wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15). Hierdie mense is nie noodwendig "insgesluiptes" (Hand. 20:29) nie, maar is somtyds deel van die kinders van die Koninkryk (Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:30) - hulle is nie "skape" (regverdiges en barmhartiges) nie, maar is "wolwe" ('n term wat gebruik word om te verwys na die onregverdiges en onbarmhartiges-Matt. 25). L.w., hulle verwys nie na dwalende of verlore skape (wat gesoek en teruggeroep kan word asof hulle hul harte sal versag) nie, maar is "roofsugtig" (is uit om te "verskeur" en hulle pers mense af) en wreed - die waarheid sal hulle nie noodwendig tot insig bring nie... Een van wolwe/valse profete se kenmerke is bv. dat hulle "verkeerde dinge praat" (Hand. 20:29,30) en mense daardeur probeer mislei (maw, hulle is opsetlik vals!, nie omdat hulle "dwaal" nie...). Hulle word ook o.a. "wreed" genoem want hulle is swaar op die kudde en spaar nie die skape nie (Hand. 20:29). In Eseg. 22:27 word "wolwe" beskryf as mense wat die kudde sien soos prooi (wil hulle verskeur- Eseg. 22:27; Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:29)), en ook beskryf as die met bloedskuld en wat onregverdige wins maak (vgl. dit met Judas 1, waar hierdie mense o.a. gekenmerk word as "goddeloses" (die wat nie die wil van die Here doen nie maar hulle eie wil)(Jud. 1:4). 

Kom ons kyk ook wat ons in 'n paar ander skrifte kan leer oor valse profete:

(5) Hulle is "VERLEIERS" want hulle is daarop uit om die skape te MISLEI.  Jesus het o.a. ook geleer dat diesulkes selfs tekens doen om hierdie doel te bereik... (Matt. 24:11,24; Mark. 13:22)(Openb. 19:20). Valse profete en valse leraars voer verderflike ketterye heimlik in die kerk in, met die doel om ander sover te kry om hulle verderflikhede na te volg (2 Pet. 2:1,2), en op dieselfde tyd trek hulleself baie voordeel uit die kudde (2 Pet. 2:3).

(6) Hulle is KWAADSPREKERS - hierdie is 'n tipiese kenmerk van die wat vals is, is dat hulle LASTER..., en hulle isdie rede waarom die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2). Hulle gebruik hierdie metode (nl. kwaadspreek en laster) om mense te verlei (sodat hulle bv. liewer in hulle glo as in die waarheid )(hulle spreek kwaad van die weg en die wat die waarheid verkondig). Valse profete kan maklik aan hierdie gekenmerk word, is die feit dat hulle gewoonlik opstaan teen die wat die waarheid verkondig en 'n ander "waarheid" (wat verdraai of of vals is) bring (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24) - sulke mense is altyd aan die leer maar kom  nooit tot kennis van die waarheid nie"! (2 Tim. 3:5-8), en die rede hiervoor is natuurlik omdat hulle eerder hulle eie of ander sieninge glo. In ander woorde, hulle gee voor dat hulle glo, maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig glo in die waarheid of in Jesus se woorde nie. 

 ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat is die uiteinde van  VALSE PROFETE? (Matt. 7:19; 2 Pet. 2:3)(Heb 6:8 - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Valse profete PROFETEER VALS... (Jes. 5:31; Jer. 29:8,9).  Hulle bedrieg mense deur voor te gee dat hulle die Here ken en deur Hom gestuur is, maar hulle is nie - hulle eintlike doel is om gedien te word, en wil hê mense moet hulle volg...)(Matt. 24:11,14). Ons weet hierdie maar te goed, maar hoekom word hierdie mense somtyds toegelaat in die kerk?  

Volgens. Jes. 5:31 is dit presies wat sommige kinders van die Koninkryk wil hê!, is valse profesie...;  maar hoekom? Die laaste dae word beskryf as 'n tyd waarin die mense "die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:3). Hierdie valse profete word maw baiemaal ontvang omdat hulle preek wat die mense graag eerder wil hoor... (nie wat die waarheid is nie).  Dit wys vir ons die toestand van so 'n kerk. Kyk ook die woorde in v.4: "en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels"... - valse profete word gewoonlik 'n opening gegee waar kinders van die Koninkryk wederstrewig is en nie die wet van die Here wil hoor nie (Jes. 30:10). Hulle sal die wat die waarheid verkondig, stilmaak (Jes. 30:10), maar sal die wat hulle in die gehoor streel en vleitaal spreek en bedrieëry profeteer, hartlik ontvang en goed van hulle praat (Jes. 30:10; Luk. 6:26). Baie tipiese kenmerke staan uit van sulke kerke..., en dit is dat die ongeregtigheid vermeerder en die liefde van meeste verkoel (Matt. 24:12). PASOP VIR 'N KERK WAT VALSE PROFETE TOELAAT, WANT KORT VOOR LANK BEGIN JY DALK SELF IN FABELS GLO! Hierdie valse profete verloën die Here en trek baie voordeel uit die kudde... (bv. deur hulle verdigte woorde)(2 Pet. 2:22). Ons kan sien hoe baie die kerk al mislei is, want vele dinge word bv. vandag alreeds reg genoem wat eintlik verkeerd is, en hierdie is een van die gevolge van sulke misleiding... (Openb. 2:20,21). Kyk maar hoeveel leringe van duiwels word vandag aangehang deur sommige Christene (1 Tim. 4:1).

Matt. 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei". Baie mense is vandag mislei om die leuen te glo..., en dit is duidelik dat ons in so 'n tyd is want die weg van die waarheid word baie gelaster ('n teken daarvan - 2 Pet. 2:3).  Vele verderflike ketterye is ook al heimlik ingevoer in die kerk (2Pe 2:1,2). Ons moet verstaan dat die wat "vals profeteer" en kwaadspreek van die wat die waarheid verkondig, NIE DEUR DIE HERE GESTUUR is NIE: (Jer 29:9 - "Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE").  Hulle doel is om die uitverkorenes te probeer verlei en dus voor te gee dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie. Hulle kry hulle woorde van ander bronne, somtyds deur drome of deur verbode heidense praktyke soos towery (Hand. 13:6) of waarseêry (Jer. 29:8), of uit hulle eie hart! Ons moet dus versigtig wees en seker maak watter bron iemand gebruik (en iemand se woorde wys ook vir ons watter bron hy gebruik - sy vrug getuig of hy waar of vals is). Bly in Jesus Christus en hou vas aan die waarheid (en Sy woorde) - raadpleeg Hom! - moenie ander bronne raadpleeg nie, en moenie op jou eie insigte staatmaak nie - hierdie is die manier hoe ons onsself beskerm en nie sal val vir die leuen nie.(1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan")

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-7-seels-van-openbaring.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html



Woensdag 31 Julie 2024

Valse elemente in die kerk, en die effek daarvan

Ons wil liewer glo dat almal in die Christelike kerk opreg is en gelowig, maar die waarheid is dat dit nie so is nie - somtyds sluip "valse broeders" (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4) in die kerk in om die skape te mislei (en word deur die bose daar geplant), en hulle spreek valse dinge... (Spr. 2:12). Hierdie is niks nuuts nie en was nog altyd 'n probleem in die midde van gelowiges. Maar watter effek het hierdie valses op die kerk?, en maak dit regtig saak of daar valse leerstellings in die omtrek is?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In Matt. 7:15 vgl. Jesus valse profete met WOLWE (Matt. 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is"). Ten eerste het Hy geleer dat ons moet PAS OP vir hierdie mense! Hoekom moet ons versigtig wees vir hulle? - duidelik het hulle 'n verkeerde invloed op die kerk...  Hierdie "wolwe" verwys beslis nie na mense wat onkundige gelowiges is nie, maar eerder na die wat voorgee dat hulle van die Here hoor maar na regte nie werklik van Hom hoor nie;  of voorgee dat hulle die waarheid verkondig maar na regte verkondig hulle menslike gebooie of hulle eie opgemaakte geloof. Dit is dan hoe die hart van 'n valse profeet of valse leraar lyk - hy gee voor om iets te wees wat hy nie is nie  (gee bv. voor hy is 'n profeet of leraar wat die Here se woord bring, maar bring sy eie woorde of verdraaide of valse leringe - hy pleeg bedrog). Of ons dit wil glo of nie, maar hierdie mense in die kerk het beslis 'n invloed op die huidige afvalligheid! 

Diesulkes gee voor hulle is broeders/susters wat saam met ons die Here dien, maar dien eintlik hulleself of iemand anders. Die wat vals is kan leed doen aan die kerk, bv.:
-om die skape uitmekaar te jaag (bring skeuringe in die kerk)(Joh. 10:12); of

-om mense te "vang" (Joh. 10:12)(om agter hulle aan te gaan, bv. om hulle valse en verdraaide leerstellings te glo). 

Valse profete gee voor dat hulle die Here dien maar doen nie, en betrek o.a. mense op hierdie manier om die Here op hulle manier te probeer dien... (deur bv. dooie werke). In Eseg. 22:27 word die vorste in Israel vgl. met "wolwe wat prooi verskeur" -  hulle het bv. o.a. bloed vergiet sodat hulle onregverdige wins kon maak... "Onregverdige wins" verwys tipies na wanneer iemand wins maak deur die reg te verdraai (bv. om omkoopgeskenke aan te neem - 1 Sam. 8:3; Jer. 22:17; Eseg. 22:13);  m.a.w. hulle pleeg bedrog met die doel om wins te maak (is dan "onregverdige wins"-Jer. 6:13). Valse profete/valse leraars pleeg bedrog! (tot hulle eie voordeel). Daar is mense in die kerk wat so opereer, en Paulus het graag na hierdie valses verwys en gewaarsku, bv. waar hy in Tit. 1:10-14 verwys na diesulkes as tugteloos en wat onsin praat en verleiers is, en leer wat nie betaam nie ter wille van vuil wins! Hy het hulle leringe o.a. "Joodse fabels" genoem, en "gebooie van mense" (menslike wette en leringe wat vd waarheid afwyk) - hulle gee dus voor hulle preek die waarheid, maar hulle doen nie, en hulle doen dit ter wille van wat hulle daaruit kan kry (hetsy eer of geld, ens.).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet natuurlik versigtig wees om iemand vinnig te oordeel (as bv. 'n valse profeet, want sommige is bloot onkudig), maar versigtigheid werk ook na die ander kant toe... - as iemand bv. gekenmerk kan word as vals, moet die waarheid gespreek word sodat dit kan wys hy's vals.  Kyk bv. Jesus se woorde in Matt. 10:16 - " Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die WOLWE in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe".  Let wel dat hierdie "uitstuur onder wolwe" nie verwys het na uitstuur onder ongelowiges nie, maar uitstuur onder mense wat bely hulle is gelowig (in hierdie geval was dit "skape van Israel", waarvan sommige nie werklik skape was nie maar "wolwe"). Die dissipels was uitgestuur om die waarheid te bring aan beide opregtes en valses (nie net aan die skape nie, maar ook aan die wolwe...). Die manier dus om so 'n situasie te hanteer is nie om stil te bly oor die waarheid (soos sommige kerke doen) nie, maar eerder om die waarheid te preek (en dan sal die wolwe hulle klere wys). Wolwe "verskeur" (Eseg. 22:27) en vang en jaag skape uitmekaar (Joh. 10:12), en terwille van onregverdige wins sal sommige selfs bloed vergiet (Eseg. 22:27)(is roofsugtig-Matt. 7:15) - hierdie is baiemaal 'n kenmerk van verleiers - hulle haat die opregte... -1Jn 3:15. Wanneer wolwe in 'n kerk inkom en sekere broeders "vang" (beweeg om agter hulle aan te gaan) en die ander "uitmekaarjaag" (skeuringe bring), saai dit verwoesting in 'n kerk. Voor Paulus se vertrek in Hand. 20 het hy o.a. die Efese ouderlinge gewaarsku teen WOLWE wat sal inkom in hulle gemeente... (Hand. 20:29-31), en hy't die volgende stellings gemaak rakende wolwe:  (1)  Hulle sal die kudde nie spaar nie;  (2)  Hulle sal verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan...  Hierdie is die doel van "ingesluiptes".

Dit is maklik om te sien wie is wolwe en wie skape... - wolwe ontvang nie die waarheid nie! (Luk. 10), maar is liewer die wat opstaan teen die waarheid en ander beweeg om nie die waarheid (wat deur die opregte gepreek word) te ontvang nie.  Hierdie is terloops 'n goeie manier om "valse broeders" uit te ken... - is om die waarheid te spreek!  'n Valse profeet of valse leraar sal bv. bely dat hy in Jesus glo en in die waarheid, maar is nie gehoorsaam aan Jesus nie en glo nie in Sy woorde nie, maar glo liewer in "wat hy wil of wie hy wil" - hulle gee dus voor dat hulle die waarheid liefhet maar hulle vrug getuig anders sodra hulle met die waarheid gekonfronteer word. Hierdie verleiers gebruik o.a die metode van spot (is spotters vd waarheid) om mense te druk om liewer in hulle te glo as in die waaheid.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Daar is Christene wat vandag glo dat daar nie iets bestaan soos "valse broeders" nie - hierdie is 'n groot miskonsepsie van ons tyd en baiemaal die rede waarom suurdeeg in die kerk insluip... Of hulle dink dat valse leerstellings nie regtig 'n probleem is, maar dit is net waar in geval van waar mense die waarheid ken en volg.  Die waarheid is dat in sommige kerke word valse leringe liewer gekoester in plaas van aangespreek!, en die wat die waarheid ken, bly stil daaroor (?). Ons moet verstaan dat "ingesluiptes" deur die bose in die kerk gesaai word, en Jesus het o.a. geleer dat dit gebeur wanneer die kerk slaap! (Matt. 13:25)(bestudeer gerus die tema van "slaap" en wat dit nou juis beteken). Ingesluiptes (Jud. 1:4) is ongelowig en vals (gee voor hulle is gelowig maar is nie, en is deur die bose daar gesaai). Hulle is gewoonlik verleiers, en word o.a. in Jud. 1 "skandvlekke" genoem (soos besoedeldes)(Jud. 1:12), en "struikelblokke" (omdat hulle mense vang om ongehoorsaam te wees aan die Here en Sy waarheid). Hulle word ook "dwaalsterre" genoem (want hulle dwaal!)(Jud. 1:14), en "goddelose mense" (want hulle doen nie die wil van die Here nie, maar hulle eie wil)(Jud. 1:6,7,11,18). Hulle is ook baiemaal spotters (want hulle spot met die waarheid, en maak die opregte op daardie manier stil)(Jud. 1:18; 2 Pet. 3:3-5).

Die begrip "valse broeders" behels nie net 'n broeder wat voorgee dat hy 'n broeder is nie, maar sluit ook in enige iemand in die Christelike kerk wat "vals" is bv. valse profete en valse leraars (maar as broeders gesien word)(Gal. 2:4).  Die begrip wat veral gebruik word vir valse profete/valse leraars is "wolwe". Jesus het ook die begrip "onkruid" gebruik in Matt. 13:26,30,38, waar onkruid voorgestel word as "kinders vd bose". Onkruid lyk soos koring, maar is nie koring nie.... Hierdie mense (wat onkruid is) gee dus voor hulle is broeders, maar is nie werklik nie - hulle groei saam met die koring en lyk soos koring, maar met die tyd sal hulle vrug wys dat hulle nie regtig koring is nie.  Hierdie opmerking word terloops ook van valse profete gemaak..., bv. "aan hulle vrug sal hulle geken word"! (Luk. 6:43,44). Valse profete kan voorgestel word met wolwe omdat 'n wolf se doel is om skape te vang en uitmekaar te jaag (Joh. 10:12).  Valse profete en valse leraars kan gevaarlik wees vir die ware Christen (2 Kor. 11:26), omdat hulle kan twyfel saai en mense wat swak of jonk is in die geloof kan beweeg om "te doen wat hulle wil", nie wat die Here wil nie

Hoekom sal iemand voorgee dat hy die waarheid verkondig maar hy doen nie? 
Hoekom sal hy voorgee dat hy deel is van die kinders vd koninkryk, maar hy is nie? Duidelik het die bose 'n plan om verwoesting in daardie kerk te saai en die kinders van die Here te mislei...  Ingesluiptes wil nie dien nie, maar wil gedien word! (Gal. 2:4);  en hulle maak skape seer in hulle poging tot selfverheffing (sien die onderwerp van "onregverdige wins" vorige paragraaf - Eseg. 22:27)... Hulle praat verkeerde dinge met die doel om disspels vd Here weg en agter hulle aan te trek (Hand. 20:29,30).  Diesulkes moet beslis aangespreek word (3 Joh. 1:9,10), of die skape moet gewaarsku word sodat die suurdeeg nie die hele deeg suurmaak nie.  Daarom is ware lering in die kerk baie belangrik sodat ware kinders kan onderskei en nie "weggesleep" word nie. 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------