Wys tans plasings met die etiket slegte bome. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket slegte bome. Wys alle plasings

Dinsdag 27 Mei 2025

Pasop vir valse profete

Profete is mense deur die Here geroep, wat Sy woord bring op 'n tyd en plek... Die profetiese bediening is inderdaad 'n belangrike bediening in die kerk en 'n manier waarop die Here met Sy volk praat; maar wees gewaarsku, want nie almal wat deurgaan vir "profete" ken die Here en is inderdaad deur Hom gestuur nie... (Matt. 7:15-21; 2 Kron. 18; 1 Kon. 13; ens.). Bv., nie almal in die kerk wat sê "God spreek" of "die Here sê" verkondig inderdaad woorde wat van die Here kom nie. Ons moet veral bedag wees hierop want Jesus het geleer dat in die laaste dae baie valse profete sal opstaan. Die vraag is nou, hoe onderskei ons tussen wie is waar en wie is vals? - hoe onderskei ons tussen die ware en die valse profeet?

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons kan begin deur te kyk wat Jesus vir ons geleer het oor valse profete. Daar is 'n manier hoe valses erken kan word:

-(1)  Hulle is Slegte bome (Matt. 7:17), en hulle VRUG getuig dat hulle "slegte bome" is (Matt. 12:33). In die Skrif word die gelowige baiemaal voorgestel soos 'n boom wat groei en vrug dra - valse profete se vrug is "sleg"! Hulle dra vrug, ja, maar dit is sleg! - hulle vrug lyk dus soos die ware Jakob, maar dit is nie bruikbaar nie... HIERDIE MENSE KAN AAN HULLE WOORDE EN OPTREDE HERKEN WORD, want hulle vrug kom voor soos goeie vrug "maar is nie bruikbaar nie"- kan nie geeet word nie! (hulle word bv. o.a. "waterlose fonteine" genoem in 2 pet. 2:17, of "waterlose wolke" in Jud. 1:12 - hulle kom voor of hulle die geestelike water gee wat ons nodig het, maar hulle doen nie).  In Matt. 12:34 verwys Jesus o.a. na hierdie slegte bome as "addergeslag" (giftige slang-geslag), want dit wat hulle gee is eintlik soos gif... - dit wat hulle praat wys bv. dat hulle sleg is (Matt. 12:34; 15:18)(hulle verdraai die waarheid en verkondig leuens, soos die duiwel/slang doen). 'n Valse profeet sal oor dieselfde dinge praat as die Christen, maar sy vrug is sleg... - sy interpretasie oor daardie onderwerp is m.a.w. nie dieselfde nie maar eerder 'n siening wat uit homself kom of van die wereld (en kan soos gif wees). Vgl. dit met Paulus se woorde in Hand. 20:29 van wat hy sê van die wolwe - is dat hulle "verkeerde dinge praat"! (uit die oorvloed van die hart praat die mond...-Matt. 12:34). Valse profete tree op in die Naam van die Here asof Hy hulle gestuur het (bv. profeteer, dryf duiwels uit, en doen kragte...), maar in werklikheid is hulle besig om voor te gee - hulle is nie deur Hom gestuur nie! (is "geveinsdes"/Matt. 15:7-9).  En die rede waarom hulle dit doen is om mense te verlei en mislei.  Die uiteinde van valses is: -uit hulle WOORDE sal hulle eendag veroordeel word (Matt. 12:36,37).  

-(2)  Hulle het Dorings en distels (Matt. 7:16). Die met dorings en distels verwys na mense wat "onder die dorings saai" - dit verwys nie noodwendig na valses nie, maar wel na skape wat afdwaal - die gevolg is dat hulle vrug verstik word (en dus, hulle kan nie vrug dra nie of verloor hulle vrug...)(Jer. 4:3; Jes. 5:6; Spr. 15:19; 22:5; Matt. 13:7,22). Vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier wat verwys na kinders van die Koninkryk, maar dorings in hulle lewens veroorsaak dat hulle hul vrug kan verloor en sonder vrug opeindig... (Luk. 8:14; Matt. 13:22). Maw, dorings verstik vrug... - in die gelykenis vd saaier word vir ons geleer waarna "dorings" verwys (bv. dit verwys na daardie kinders vd koninkryk wat nie die koninkryk eerste soek nie, maar liewer "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe"). Valse profete toon dieselfde kenmerke, en dit is dat hulle nie die Koninkryk eerste soek nie. Dit wil nie sê dat almal met dorings vals is nie!, maar dit is een vd kenmerke van 'n valse. Bv., as iemand met 'n profetiese bediening wêreldse rykdom eerder begeer in plaas van "om ryk te word in die Here", is dit soos 'n doring in sy lewe... - dit is duidelik wat in die lewe vir diesulkes belangrik is, en hulle word o.a. geklassifiseer onder die groep "liefhebbers van hulleself "(2 Tim. 3:2).  Bv., een vd redes waarom hulle mense mislei (deur sg. vrug te dra wat goed lyk) is om gesien of geëer te word! (Matt. 6:2,5,16). Hulle wil nie dien nie, maar wil gedien word,  en wanneer hulle wel "dien" is dit omdat dit tot voordeel is van hulleself. 

-(3)  Hulle dra Slegte vrugte (Matt. 7:18). Hulle mag dalk op die oog voorkom as goed, maar hulle vrug sal gou getuig dat hulle nie goeie mense is nie... (hulle harte bring slegte dinge voort-Matt. 12:35)(bv. vol allerhande begeerlikhede wat terloops as volg beskryf word in 2 Tim. 3:1-5... - bandeloos, tree roekeloos op, is sonder liefde vir die goeie, sonder natuurlike liefde, is onversoenlik, onheilig, grootpraters, trotsaards, gelgieriges, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God). (1) Hulle het óf (1) nog nooit begin om die Here te dien nie (maw, hulle dien nog die sonde, en daarom praat hulle soos die wereld), óf (2) hulle het teruggeval...  Ons weet waarna goeie vrugte verwys..., so dit is seker nie moeilik om te verstaan waarna "slegte vrug" verwys nie, want wanneer 'n vrug sleg is beteken dit nie dat dit 'n ander soort vrug is nie, maar ditto maar sleg... - dit is m.a.w. ditto vrug... (bv. geloof, barmhartigheid, vrede, liefde, ens.), maar is sleg! (bv., asof hy glo, maar sy vrug wys dat hy nie werklik glo nie...). Valse profete is soos akteurs - hulle speel die rol van profete, maar is nie werklik profete nie, en die manier om hulle uit te ken is aan hulle VRUG (bv.,  as die Here jou regtig gestuur het, sal jy ten minste dieselfde verkondig as die waarheid en as Jesus se woorde, maar die valse profeet verkondig 'n verdraaide waarheid of die leuen). Jesus het ook o.a. na diesulkes verwys as "geveinsdes" (Matt. 23:27,29; 24:51; Mark. 7:6; Luk. 11:44; ens.)(mense wat voorgee) - hulle gee voor hulle het vrede en geloof en is lief vir die Here en het kennis van die Here ens., maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig vrede het of glo nie, bv. glo nie werklik in Jesus se woorde (die waarheid) nie. Hulle wys gou dat hulle kennis eintlik woorde van die wereld is of uit ander bronne verkry is (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8) of uit hulleself kom! (Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). Hulle kom bv. voor dat hulle barmhartig en liefdadig is, maar doen dit eintlik vir hulleself nl. "om geëer  te word"... (Matt. 6:2,5,16; 23:23). Hulle sal voorgee dat hulle die Here ken, bv. om te staan en bid waar alle oë op hulle is, maar doen dit vir hulleself nl. "om gesien te word"... (Matt. 6:5). Hulle gee voor dat hulle in Jesus glo, maar versoek/toets Hom (Matt. 16:1-4; 22:19) en staan in die pad van die wat Jesus se leringe verkondig... (Matt. 15:7; 23:13). Hulle gee voor dat hulle vir die Here werk, maar doen hulle eie wil... (Matt. 23:51; Matt. 16:3). Hulle gee voor dat hulle vir die Here tyd maak, bv. om te vas, maar dit is eintlik net toneelspel... (Matt. 6:16; 15:7,8). Hulle gee voor dat hulle die kennis van die Here het, maar leer gebooie van mense en praat verkeerde dinge... (Matt. 15:9; Hand. 20:30; Matt. 7:15-23).  Kortom, hulle is liefhebbers van hulleself! (2 Tim. 3:2).

-(4)  Hulle is Roofsugtige Wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15). Hierdie mense is nie noodwendig "insgesluiptes" (Hand. 20:29) nie, maar is somtyds deel van die kinders van die Koninkryk (Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:30) - hulle is nie "skape" (regverdiges en barmhartiges) nie, maar is "wolwe" ('n term wat gebruik word om te verwys na die onregverdiges en onbarmhartiges-Matt. 25). L.w., hulle verwys nie na dwalende of verlore skape (wat gesoek en teruggeroep kan word asof hulle hul harte sal versag) nie, maar is "roofsugtig" (is uit om te "verskeur" en hulle pers mense af) en wreed - die waarheid sal hulle nie noodwendig tot insig bring nie... Een van wolwe/valse profete se kenmerke is bv. dat hulle "verkeerde dinge praat" (Hand. 20:29,30) en mense daardeur probeer mislei (maw, hulle is opsetlik vals!, nie omdat hulle "dwaal" nie...). Hulle word ook o.a. "wreed" genoem want hulle is swaar op die kudde en spaar nie die skape nie (Hand. 20:29). In Eseg. 22:27 word "wolwe" beskryf as mense wat die kudde sien soos prooi (wil hulle verskeur- Eseg. 22:27; Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:29)), en ook beskryf as die met bloedskuld en wat onregverdige wins maak (vgl. dit met Judas 1, waar hierdie mense o.a. gekenmerk word as "goddeloses" (die wat nie die wil van die Here doen nie maar hulle eie wil)(Jud. 1:4). 

Kom ons kyk ook wat ons in 'n paar ander skrifte kan leer oor valse profete:

(5) Hulle is "VERLEIERS" want hulle is daarop uit om die skape te MISLEI.  Jesus het o.a. ook geleer dat diesulkes selfs tekens doen om hierdie doel te bereik... (Matt. 24:11,24; Mark. 13:22)(Openb. 19:20). Valse profete en valse leraars voer verderflike ketterye heimlik in die kerk in, met die doel om ander sover te kry om hulle verderflikhede na te volg (2 Pet. 2:1,2), en op dieselfde tyd trek hulleself baie voordeel uit die kudde (2 Pet. 2:3).

(6) Hulle is KWAADSPREKERS - hierdie is 'n tipiese kenmerk van die wat vals is, is dat hulle LASTER..., en hulle isdie rede waarom die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2). Hulle gebruik hierdie metode (nl. kwaadspreek en laster) om mense te verlei (sodat hulle bv. liewer in hulle glo as in die waarheid )(hulle spreek kwaad van die weg en die wat die waarheid verkondig). Valse profete kan maklik aan hierdie gekenmerk word, is die feit dat hulle gewoonlik opstaan teen die wat die waarheid verkondig en 'n ander "waarheid" (wat verdraai of of vals is) bring (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24) - sulke mense is altyd aan die leer maar kom  nooit tot kennis van die waarheid nie"! (2 Tim. 3:5-8), en die rede hiervoor is natuurlik omdat hulle eerder hulle eie of ander sieninge glo. In ander woorde, hulle gee voor dat hulle glo, maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig glo in die waarheid of in Jesus se woorde nie. 

 ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat is die uiteinde van  VALSE PROFETE? (Matt. 7:19; 2 Pet. 2:3)(Heb 6:8 - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Valse profete PROFETEER VALS... (Jes. 5:31; Jer. 29:8,9).  Hulle bedrieg mense deur voor te gee dat hulle die Here ken en deur Hom gestuur is, maar hulle is nie - hulle eintlike doel is om gedien te word, en wil hê mense moet hulle volg...)(Matt. 24:11,14). Ons weet hierdie maar te goed, maar hoekom word hierdie mense somtyds toegelaat in die kerk?  

Volgens. Jes. 5:31 is dit presies wat sommige kinders van die Koninkryk wil hê!, is valse profesie...;  maar hoekom? Die laaste dae word beskryf as 'n tyd waarin die mense "die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:3). Hierdie valse profete word maw baiemaal ontvang omdat hulle preek wat die mense graag eerder wil hoor... (nie wat die waarheid is nie).  Dit wys vir ons die toestand van so 'n kerk. Kyk ook die woorde in v.4: "en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels"... - valse profete word gewoonlik 'n opening gegee waar kinders van die Koninkryk wederstrewig is en nie die wet van die Here wil hoor nie (Jes. 30:10). Hulle sal die wat die waarheid verkondig, stilmaak (Jes. 30:10), maar sal die wat hulle in die gehoor streel en vleitaal spreek en bedrieëry profeteer, hartlik ontvang en goed van hulle praat (Jes. 30:10; Luk. 6:26). Baie tipiese kenmerke staan uit van sulke kerke..., en dit is dat die ongeregtigheid vermeerder en die liefde van meeste verkoel (Matt. 24:12). PASOP VIR 'N KERK WAT VALSE PROFETE TOELAAT, WANT KORT VOOR LANK BEGIN JY DALK SELF IN FABELS GLO! Hierdie valse profete verloën die Here en trek baie voordeel uit die kudde... (bv. deur hulle verdigte woorde)(2 Pet. 2:22). Ons kan sien hoe baie die kerk al mislei is, want vele dinge word bv. vandag alreeds reg genoem wat eintlik verkeerd is, en hierdie is een van die gevolge van sulke misleiding... (Openb. 2:20,21). Kyk maar hoeveel leringe van duiwels word vandag aangehang deur sommige Christene (1 Tim. 4:1).

Matt. 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei". Baie mense is vandag mislei om die leuen te glo..., en dit is duidelik dat ons in so 'n tyd is want die weg van die waarheid word baie gelaster ('n teken daarvan - 2 Pet. 2:3).  Vele verderflike ketterye is ook al heimlik ingevoer in die kerk (2Pe 2:1,2). Ons moet verstaan dat die wat "vals profeteer" en kwaadspreek van die wat die waarheid verkondig, NIE DEUR DIE HERE GESTUUR is NIE: (Jer 29:9 - "Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE").  Hulle doel is om die uitverkorenes te probeer verlei en dus voor te gee dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie. Hulle kry hulle woorde van ander bronne, somtyds deur drome of deur verbode heidense praktyke soos towery (Hand. 13:6) of waarseêry (Jer. 29:8), of uit hulle eie hart! Ons moet dus versigtig wees en seker maak watter bron iemand gebruik (en iemand se woorde wys ook vir ons watter bron hy gebruik - sy vrug getuig of hy waar of vals is). Bly in Jesus Christus en hou vas aan die waarheid (en Sy woorde) - raadpleeg Hom! - moenie ander bronne raadpleeg nie, en moenie op jou eie insigte staatmaak nie - hierdie is die manier hoe ons onsself beskerm en nie sal val vir die leuen nie.(1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan")

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-7-seels-van-openbaring.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html



Donderdag 16 Februarie 2017

Waarna verwys "slegte vrugte" werklik?

Matt. 7:17  "So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte"

In konteks het Jesus bg. stelling gemaak in verband met VALSE PROFETE (Matt. 7:15).  
"Slegte vrugte" verwys hier na die vrug van valse profete, of die vrug van slegte "bome" - Matt. 7:17)(m.a.w. verwysend na die vrug van die wat VOORGEE dat hulle die Here ken maar Hom nie werklik KEN nie (Matt. 7:23)), of die wat VOORGEE dat hulle die Here gehoorsaam en na Sy woorde luister, maar nie regtig Sy wil doen nie (Luk. 6:46; Matt. 7:22).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ELKEEN VAN ONS WORD SOOS SAAD IN DIE WERELD GESAAI OM VRUG TE DRA.
http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html . Wanneer Jesus Christus terugkom, sal Hy o.a. kom om hierdie vrug te oes.  Die soort vrug wat elkeen dra sal op die ou end bepaal of hy die ewige lewe ontvang of nie, maar nie alle soorte vrug is "vrug tot heiligmaking" wat vir iemand die ewige lewe gee nie!  Alhoewel hierdie "vrug" ook dinge behels soos goeie dade, optrede, manier van praat ens., moet "vrug" nie gesien word soos werke nie, maar eerder soos "loon", en is dus ook 'n bewys van of iemand 'n goeie of 'n slegte boom is.  Vrug wys hoe iemand se hart lyk.  So verdien die "goeie boom" bv. (goeie) vrug vir die ewige lewe wanneer hy die evangelie verkondig, m.a.w. dit is "loon" vir sy "werk" maar nie die soort werke wat in eie naam geskied nie, maar werke uit gehoorsaamheid aan die Here - werke wat bewys wat in sy hart aangaan en wys dat hy 'n goeie boom is.  Maar 'n slegte boom wat probeer om goeie vrug te dra; m.a.w. die wat dink dat vrug gaan oor "werke" en hulleself voordoen as goed terwyl hulle eintlik sleg is , sal nie daardie soort vrug dra wat vir hulle die ewige lewe besorg nie, want hulle dade en woorde sal gou bewys wat in hulle hart aangaan.  Doen hulle bv. die dade vir eie eer?, of doen hulle dit uit gehoorsaamheid aan die Here? Baie dade wat gesien word as goed, is nie noodwendig vrug tot heiligmaking nie!  En hier moet ons verstaan dat ons nou spesifiek praat van die wat bely dat hulle gelowig is, want baie wat "gelowig" is, gee dit slegs voor.  Ongehoorsaamheid is bv. 'n bewys dat iemand nie gelowig is nie.  Die wat nie die waarheid liefhet nie, bewys dat hulle nie regtig daarin glo nie. Die wat nie die Here raadpleeg nie, bewys dat hulle nie hul hoop in Hom plaas nie.......  BAIE BELY DAT HULLE GLO, MAAR VERSTAAN HULLE WAT "GELOOF" REGTIG BETEKEN?  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dit is nie altyd maklik om die wat VOORGEE dat hulle gelowig is te onderskei van die wat wel gelowig is nie, maar met die tyd word hulle vrug wel sigbaar.  Net soos die geval van onkruid tussen die koring (in die natuur), is dit moeilik om te onderskei tussen wat is onkruid en wat is koring wanneer altwee nog jonk is, maar wanneer in vrug is dit maklik! Slegte bome word deur die duiwel "onder die koring gesaai" (vgl. dit met die gelykenis v/d koring en die onkruid). Ons kan ook die tema van "onkruid" en "die wat slegte vrugte dra" vgl. met die tema van "geveinsdes".  Jesus het bv. sommige van die Skrifgeleerdes en Fariseers "geveinsdes" genoem (wat beteken "akteurs").  Hulle het VOORGEGEE dat hulle gelowig is, maar het nie regtig die Vader GEKEN nie! Hulle het voorgegee dat hulle in die Vader se wil optree en Sy waarheid verkondig en deur Hom gestuur word, maar het nie eens behoorlik die wette verstaan nie en het eintlik maar net hulle eie wil gedoen - hulle vrug het dit bewys toe hulle die Een wat deur die Vader gestuur is, nl. Sy Seun (nl. die Here Jesus Christus), verwerp. En ook het hulle Sy waarheid verwerp! Hoe kan 'n gelowige wat bely dat hy die Vader KEN, nie Sy Seun ontvang nie???, want as hy die Vader geken het, dan sal hy Sy seun ook (er)ken! (Joh. 8:19).  Alhoewel ons beveel word om nie nou al die onkruid uit te trek nie (sodat ons nie perongeluk koring saam uittrek nie), word ons wel beveel om versigtig te wees vir die suurdeeg van die slegte bome. Ons moet kan onderskei sodat die hele deeg nie suur word nie.  Met die Here Jesus Christus se wederkoms sal die "onkruid' bymekaargemaak en met vuur verbrand word. ("Onkruid" verwys na die wat "slegte vrugte" dra - hulle dra nie die vrug tot heiligmaking nie - hulle dra nie vrug vir die ewige lewe nie...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Gelowiges" wat bely dat hulle die Here KEN en van Hom hoor, maar Sy Woord en waarheid verwerp, is vals! - hulle is "voorgee-gelowiges".  Heelwat Skrifgeleerdes en Fariseers het gedink dat hulle slim is en "iets weet", maar hulle wysheid was gegrond in hulle eie oorlegginge, net soos daar vandag ook baie "gelowiges" is wat voorgee dat hulle glo, maar hulle vrug teen hulle getuig wanneer hulle wereldse wysheid bo die Here Jesus Christus se woorde kies - mense wat in opstand kom teen die waarheid wat Christus verkondig het, dit verdraai of nie gehoorsaam is daaraan nie, of Sy leringe afmaak as outyds...  Hulle gee voor dat hulle Christene is, maar Sy woorde dra geen krag vir hulle nie?? 
(Luk 6:46 - "En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE: 


Dus verwys "slegte vrugte" na die vrug van die wat nie die wil van die Vader doen nie - dus "die wat nie na die Here Jesus se woorde luister nie en nie doen wat Hy hulle sê om te doen nie" (Luk. 6:46).  Baie tree op in die Here se Naam asof Hy hulle gestuur het, bv. profeteer, dryf duiwels uit en doen kragte in die Here se Naam, maar is nie deur Hom gestuur nie - Matt. 7:22. In werklikheid is hulle soos akteurs (hulle is "voorgee-gelowiges") wat nie die wil van die Vader doen nie, maar hulle eie wil (Matt. 7:21). Daar was bv. ook heelwat valse profete in die O.T. wat nie na die wil van die Here gesoek het nie, maar geprofeteer het uit eie wil.  Hulle het slegs VOORGEGEE dat hulle die Here KEN.  Die doel v/d slegte boom wat voorgee, is OM MENSE TE VERLEI EN TE MISLEI ! (Matt. 24:11,24). Sommige doen selfs tekens en wonders met die doel om te mislei (sodat mense liewer in hulle glo as in die waarheid) - dit is m.a.w. "opsetlike misleiding".  En soos ons goed weet, is hierdie ook 'n kenmerk van die duiwel self - daarom word hy vgl. met 'n slang.  Daar is heelwat "slange" in die Christelike kerk wat in plaas van die waarheid, hulle eie verdraaide leringe verkondig - hulle kom in opstand teen die waarheid en is eintlik besig met afgodsdiens (want eiesinnigheid is afgodsdiens). Hulle bedoelinge is om ander mense se oe op hierdie "afgode" te plaas in plaas van op die Here;  kyk bv. hoeveel Christene is eerder besig om 'n getuienis te wees vir heidense praktyke en wereldse wysheid in plaas van om ander te vertel van die Here en Sy leringe...  WAT IS JOU GETUIENIS?  Wat se soort vrug dra jy? 

Is jy besig om heidense praktyke te verkondig, of is jy besig om die Here te verkondig?  Is jy besig om wereldse wysheid te verkondig, of die Here Jesus Christus se leringe?  Die valse profeet is bv. ook 'n valse leraar (2 Pet. 2:1,2).  Die gelowige wat optree asof hy deur die Here gestuur word, maar hom nie steur aan "wat is WAARHEID" nie, is duidelik nie deur die Here gestuur nie! Iemand se vrug bewys of hy gehoorsaam is aan die Here of nie.  Die wat nie ag gee op die Here Jesus Christus se leringe nie, maar eerder wereldse geloofswysheid verkondig of valse en verdraaide leerstellings, se vrug getuig daarvan dat hulle nie onderdanig is aan Hom nie en nie die Vader se wil doen nie. In beide Matt. 7 en Luk. 6 word die opregte boom, wat anders as die slegte boom wys en verstandig is, geskets as die wat NA DIE HERE JESUS SE WOORDE LUISTER en DIT DOEN. Voorgee-gelowiges aan die ander kant, is die wat NIE na die Here Jesus se woorde luister nie en NIE gehoorsaam is aan Hom nie. Hulle volg hulle eie wysheid en doen wat hulle wil.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 13:30)  Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

GELOOF: