Die Christen weet maar alte goed watter invloed sonde op die skepping het..., want die sondeval het nie net die mens beinvloed nie maar ook die skepping (Gen 3:17,18)(is 'n vloek op die land -Jes. 24:5,6); bv., met die sondeval was dit onderwerp aan "nietigheid" (verganklikheid), en net soos die mens redding nodig het, so wag die skepping op "redding"! (Rom. 8:19-23). Die AARDE is VERVLOEK om die mens se ontwil (Gen. 3:17; Gen. 5:29).
Wat dit presies beteken is eerstens dat die skepping (net soos die mens) verganklik is... (te verstane waarom ons redding nodig het!, en so ook die skepping!)(Rom. 8:19-23) - wat op beurt tot gevolg het dat die seisoene, dae en temperature beïnvloed is (Gen. 8:21,22 ). Met die sondvloed was hierdie veronderstel om herstel te word..., maar die mens het egter gou teruggeval in verkeerde weë (Gen. 11). Ons moet dus verstaan die belangrikheid van die sondvloed, want deur die sondvloed is die land herstel (en bloedskuld in die land was betaal deur die bloed van 'n slegte en afvallige generasie wat almal bloedskuld op hulle gehad het). Die wêreld is weer besig om 'n plek te betree waar "die sonde vol word" en onbetaalde bloedskuld sal veroorsaak dit tot 'n einde gebring word. Die boek van Genesis leer ook vir ons waarna die vloek op die aarde verwys..., nl. dat die mens se arbeid en werk moeitevol geword het, want die aarde het nou dorings en distels voorgetbring (wat terloops dus 'n invloed het op die vrug van die aarde)(v.17,18). Dit is interessant hoe "dorings en distels" ook geestelik in die Skrif verwys na bv. sonde, verleiding en verkeerde begeertes, nietighede najaag ens..., want wanneer 'n gelowige "dorings en distels" oplewer, kan dit sy vrug verstik! (vgl. dit met die 3de groep in die gelykenis vd saaier).
Sonde ontheilig die land (Jes. 24:5,6). Die rede waarom die wêreld "breek" en diere wegkwyn het veral te doen met die sonde-toestand in die wêreld (Hos. 4:2,3 maak ook melding hiervan, dat bloedskuld so 'n effek het op die land en diere ) ( in die tyd van Dawid sien ons ook dat bloedskuld die rede was vir hongersnood in die land / 2 Sam. 2:21). Die maat van bloedskuld in die wêreld is geweldig groot! (bestudeer gerus watter sondes bloedskuld veroorsaak, wat bv. o.a. verwys na moordpleeg, hoerery, ongehoorsaamheid aan ouers, bloedskande, geweld, onbarmhartigheid, ens.). Dit is die mens wat veroorsaak dat die skepping onder vloek is, en die mens veroorsaak dat die land ly; en alhoewel ons baie dinge in plek stel om die wêreld beter te probeer maak, word die grootste probleem (nl. sonde) nie noodwending aangespreek nie! (inteendeel, baie sondes word eerder regverdig). Ons kan nie verwag dat 'n land "vol dorings en distels" a.g.v. die sondetoestand vir ewig kan hou nie; nee, die uiteinde daarvan is vervloeking en uiteindelik, verbranding! (Hebr. 6:8). So, wat huidiglik met die aarde gebeur (bv. dat dit "breek" en die diere ly) is logies as ons kyk na die mate van afvalligheid wat huidiglik heers...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Des te meer sien ons hoe belangrik vergifnis van sonde en bekering is!, want nie net beïnvloed dit ons siel/gees nie maar dit kan ook herstel teweegbring in ons omgewing. Ons sien dus ook die belangrikheid van offers, 'n weg waar sondes bely en vergifnis ontvang kan word... - in die N.T. is Jesus Christus daardie offer (dus, moet glo in Hom). Daar is baie onbetaalde bloedskuld in die wereld..., en net soos Kain se sonde/bloedskuld 'n invloed gehad het op die land waarop hy beweeg (Gen 4:10-12), en bloedskuld in Dawid se tyd 'n invloed gehad het op die heilige land (nl. hongersnood, wat slegs herstel kon word sou daar vir die bloedskuld betaal word)(2 Sam. 2:21), net so het bloedskuld 'n invloed op die land waarop ons vandag beweeg as sondes nie vergewe word nie (en hierdie vergifnis is slegs verkrygbaar in Jesus Christus). Geloof en vergifnis in die Here Jesus Christus kan inderdaad selfs jou omgewing herstel!, maar natuurlik logies gesproke nie geheel as jy tussen ongelowiges woon nie; nietemin kan die gelowige op die Here staatmaak.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.