Wys tans plasings met die etiket val van Babilon. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket val van Babilon. Wys alle plasings

Woensdag 29 Oktober 2025

Waarom is die wêreld besig om te breek?

Die Christen weet maar alte goed watter invloed sonde op die skepping het..., want die sondeval het nie net die mens beinvloed nie maar ook die skepping (Gen 3:17,18)(is 'n vloek op die land -Jes. 24:5,6);  bv., met die sondeval was dit onderwerp aan "nietigheid" (verganklikheid), en net soos die mens redding nodig het, so wag die skepping op "redding"! (Rom. 8:19-23). Die AARDE is VERVLOEK om die mens se ontwil (Gen. 3:17; Gen. 5:29)

Wat dit presies beteken is eerstens dat die skepping (net soos die mens) verganklik is... (te verstane waarom ons redding nodig het!, en so ook die skepping!)(Rom. 8:19-23) - wat op beurt tot gevolg het dat die seisoene, dae en temperature beïnvloed is (Gen. 8:21,22 ). Met die sondvloed was hierdie veronderstel om herstel te word..., maar die mens het egter gou teruggeval in verkeerde weë (Gen. 11). Ons moet dus verstaan die belangrikheid van die sondvloed, want deur die sondvloed is die land herstel (en bloedskuld in die land was betaal deur die bloed van 'n slegte en afvallige generasie wat almal bloedskuld op hulle gehad het). Die wêreld is weer besig om 'n plek te betree waar "die sonde vol word" en onbetaalde bloedskuld sal veroorsaak dit tot 'n einde gebring word. Die boek van Genesis leer ook vir ons waarna die vloek op die aarde verwys..., nl. dat die mens se arbeid en werk moeitevol geword het, want die aarde het nou dorings en distels voorgetbring (wat terloops dus 'n invloed het op die vrug van die aarde)(v.17,18). Dit is interessant hoe "dorings en distels" ook geestelik in die Skrif verwys na bv. sonde, verleiding en verkeerde begeertes, nietighede najaag ens..., want wanneer 'n gelowige "dorings en distels" oplewer, kan dit sy vrug verstik! (vgl. dit met die 3de groep in die gelykenis vd saaier).  

Sonde ontheilig die land (Jes. 24:5,6).  Die rede waarom die wêreld "breek" en diere wegkwyn het veral te doen met die sonde-toestand in die wêreld (Hos. 4:2,3 maak ook melding hiervan, dat bloedskuld so 'n effek het op die land en diere ) ( in die tyd van Dawid sien ons ook dat bloedskuld die rede was vir hongersnood in die land / 2 Sam. 2:21).  Die maat van bloedskuld in die wêreld is geweldig groot! (bestudeer gerus watter sondes bloedskuld veroorsaak, wat bv. o.a. verwys na moordpleeg, hoerery, ongehoorsaamheid aan ouers, bloedskande, geweld, onbarmhartigheid, ens.). Dit is die mens wat veroorsaak dat die skepping onder vloek is, en die mens veroorsaak dat die land ly;  en alhoewel ons baie dinge in plek stel om die wêreld beter te probeer maak, word die grootste probleem (nl. sonde) nie noodwending aangespreek nie! (inteendeel, baie sondes word eerder regverdig). Ons kan nie verwag dat 'n land "vol dorings en distels" a.g.v. die sondetoestand vir ewig kan hou nie;  nee, die uiteinde daarvan is vervloeking en uiteindelik, verbranding! (Hebr. 6:8). So, wat huidiglik met die aarde gebeur (bv. dat dit "breek" en die diere ly) is logies as ons kyk na die mate van afvalligheid wat huidiglik heers...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Des te meer sien ons hoe belangrik vergifnis van sonde en bekering is!, want nie net beïnvloed dit ons siel/gees nie maar dit kan ook herstel teweegbring in ons omgewing. Ons sien dus ook die belangrikheid van offers, 'n weg waar sondes bely en vergifnis ontvang kan word... - in die N.T. is Jesus Christus daardie offer (dus, moet glo in Hom).  Daar is baie onbetaalde bloedskuld in die wereld..., en net soos Kain se sonde/bloedskuld 'n invloed gehad het op die land waarop hy beweeg  (Gen 4:10-12), en bloedskuld in Dawid se tyd 'n invloed gehad het op die heilige land (nl. hongersnood, wat slegs herstel kon word sou daar vir die bloedskuld betaal word)(2 Sam. 2:21), net so het bloedskuld 'n invloed op die land waarop ons vandag beweeg as sondes nie vergewe word nie (en hierdie vergifnis is slegs verkrygbaar in Jesus Christus).  Geloof en vergifnis in die Here Jesus Christus kan inderdaad selfs jou omgewing herstel!, maar natuurlik logies gesproke nie geheel as jy tussen ongelowiges woon nie;  nietemin kan die gelowige op die Here staatmaak.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 
GEDAGTE:

Die realiteit is dat afvalligheid aan die orde van die dag is, en dit is dus geensins snaaks dat ons ons mag bevind in die laaste dae voor die einde nie (want dorings en distels deug naby vervloeking, en die uiteinde is verbranding/Hebr. 6:8). Wanneer Christus terugkom sal Hy inderdaad in vuur kom...  Hy kom om te oordeel en Hy sal alles nuutmaak en Sy troon opneem (die bloedskuld sal uitgevee word en die land sal herstel word).  As ons kyk na die huidige sondetoestand vd wêreld en hoeveel bloedskuld daar is in die wêreld, kan ons net die ergste verwag, want hoe groter die afval hoe meer sal die aarde breek... (Jes. 24:5,6  - "Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreekDaarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor").  Laat ons nie die Here kwalik neem vir dit wat ons self veroorsaak nie!, maar eerder besef hoe belangrik en hoe nodig ons vergifnis het. As jy dan iets wil doen vir die aarde, begin by jouself..., want wanneer die mens "skoon" is het dit ook 'n invloed op sy omgewing.  

As die mens nie die Here se manier van herstel aanneem nie, kan hy nie verwag dat hyself of die land herstel kan word nie. Om daardie rede was die sondvloed nodig...(en die vloek gebreek). Om daardie rede was die verwoesting van Sodom en Gomorra nodig (en die land skoongemaak). Om daardie rede was die met bloedskuld in die O.T. doodgemaak (om o.a. die invloed wat dit het op die land gehad het, te breek), eant die mens moet besef hoe belanrik 'n offer is vir sonde, en dus die belangrikheid van geloof in Jesus Christus en vergifnis wat slegs in Hom te kry is!  In die N.T. het die Here 'n veel uitnemender weg geskep (nl. deur Sy Seun te stuur) - offers wat nie oor en oor gebring hoef te word nie, en 'n offer wat ook vir bloedskuld betaal!;  maar as die wereld nie in die Seun van God, Jesus Christus, glo nie, word die bloedskuld net meer en meer en logies gesproke breek die aarde meer en meer. Hierdie is sekerlik een vd redes vir die vele oordele wanneer Jesus Christus terugkom (bv. die slag van Armageddon, die val van Babilon, die skeiding vd koring en onkruid, ens.), want nie net sal Hy wraak neem op Sy vyande nie, maar Hy sal ook alles nuut maak!  Ons verwag 'n herstelde aarde in die volgende bedeling en ook daarna...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Bestudeer gerus die volgende poste om hierdie tema beter te verstaan:
- "lewel vir 'n lewe" onder die pos "Bloed";

Saterdag 05 September 2015

Die val van Babilon


Baie geleerdes is van mening dat die "val van Babilon" wat in Jer. 50 en 51 beskryf word, verwys na 'n gebeurtenis in die toekoms, siende Babilon (na haar val), 'n woestyn sal wees waarin geen mens tot in ewigheid meer sal bly nie (50:39);  geen klip daarvan ooit weer gebruik sal word vir 'n hoeksteen of 'n fondament nie (51:26) - en dit sal 'n woestyn wees, 'n dor land en 'n wildernis waar niemand eers deurtrek nie (51:43).  Dit is duidelik dat dit nie nou al gese kan word van hierdie streek nie en baie geleerdes voorspel dat die stad Babilon weer gaan verrys in die laaste dae. 
Die val van Babilon word ook in Openb. 18 en 14:8 beskryf as 'n toekomstige gebeurtenis onder die gebeure van die 7 de seel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Volgens die karaktertrekke van "Babilon", verwys Babilon nie net (1) na 'n groot stad nie, maar ook (2) na 'n afvallige sisteem wat gepaard gaan met hoerery, rykdom en afgodsdiens, waarvan "die konings v/d aarde" van haar dronk geword het......  (vgl. dit gerus ook met die skrifgedeelte in Sag. 5). In konteks met die res van die Skrif en wat dit beteken om "geestelik dronk" te wees, gaan dit oor LOSBANDIGHEID (sonde, en die wat in ongeregtigheid stap) en oor DIE WAT DIE WAARHEID VERDRAAI (en die wat ag gee op valse leerstellings). Die konings van die aarde sal dronk word van haar goddeloosheid en leuens. Ons sien dat Babilon ook verantwoordelik sal wees vir verdrukking op die heiliges en gelowiges (dronk v/d bloed van die heiliges + van die bloed van die getuies van Jesus)(Openb. 17:6; 18:24). 

Baie mense dink vandag dat die Islamic state (IS) "geestelike" Babilon is, of Babilon wat besig is om weer te verrys.  Daar is ook 'n ander opinie dat sommige dink dit verwys na Jerusalem, en hulle vgl. hulle opinie met beeldspraak in O.T. profetiese geskrifte en die feit dat Jerusalem in Openb. 11:8 geestelik genoem word Sodom en Egipte, maar siende Openb. 18:2 verklaar dat na die val van groot Babilon dit 'n woonplek word van duiwels en 'n versamelplek van allerhande haatlike voels en niemand meer daar sal bly nie ens., asook die feit dat dit genoem word die "land van die Chaldeërs", is meeste geleerdes van mening dat Babilon geensins na Jerusalem kan verwys nie  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/eindtyd-onderwerpe-verdere-aantekening.html).Omdat Jes. 13:20 verklaar dat na haar val "die Arabier daar geen tent sal opslaan nie", glo baie mense dat Babilon verwys na Saudi Arabia, maar ander geleerdes lees dit anders en is ook eerder van mening dat, omdat die Skrif verskeie male verklaar dat Babilon in "die land van die Chaldeers is" - Jer. 50:1,10,25, 35; 51:4...., Babilon sal wees in die dele van die huidige Irak en Iran soos aangedui op ou kaarte (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/eindtyd-onderwerpe-verdere-aantekening.html). Daar is mense wat Babilon geheel in 'n geestelike lig beskou, wat natuurlik onwaarskynlik is. 

Wat baie duidelik is, en iets waarmee feitlik almal saamstem, is dat die Skrifte oor Babilon ("die vrou") nie net verwys na 'n spesifieke stad wat in een uur neergegooi en uitgebrand sal word nie, maar ook verwys na 'n afvallige sisteem (wat gepaardgaan met hierdie stad en ander beinvloed om deel te he aan haar goddeloosheid en leuens). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alhoewel Babilon beskryf word as 'n groot stad "wat heerskappy (sal) voer oor die konings van die aarde", sal die ander nasies haar haat en haar op die ou end verbrand, want God gaan dit in hulle harte gee om Sy bedoeling uit te voer... (Openb. 17:17). Ons weet dat die Antichris oorlog gaan voer teen die heiliges en dat aan hom mag gegee gaan word oor al die nasies, maar wat die presiese konneksie is tussen die Antichris en Babilon, is natuurlik ook 'n saak van interpretasie.  Dit is wel duidelik dat 10 konings (10 horings op die dier, waarop die vrou sit), mag gaan kry vir 1 uur lank saam met die Antichris - hulle sal die "hoer" (Babilon) verlate maak, "haar vlees eet en haar met vuur verbrand" (hierdie konings lyk of dit verskillende nasies beskryf in Jer. 51...), en hulle sal hulle heerskappy aan die dier gee (totdat die woorde van God volbring is).  Hierdie 10 konings gaan ook oorlog voer teen die Lam! (in die slag van Armageddon).  
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE: 



As Babilon inderdaad 'n stad is wat weer moet verrys in die laaste dae in die "land van die Chaldeers", dan is dit iets wat nog geheel in vervulling moet gaan. Die idee van Babilon wat weer opgebou word, is ook glad nie meer so verregaande soos jare gelede nie;  inteendeel, voor Saddam Hussein se dood was hy besig om Babel weer op te bou, maar natuurlik ver nie voltooi nie; heelwat konstruksie is ook in die laaste paar jare in daardie dele gedoen.  

Die val van Babilon, as 'n toekomstige gebeurtenis, word ook in Jes. 13 en 14 voorspel:  (Jes. 13:19 - "So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het"). Babilon se val sal binne 1 uur plaasvind (Openb. 18:10). 
_________________________________________________________________________________