In die eerste gemeentes was die gelowiges gewaarsku dat hulle nie dieselfde moes doen soos die volk in die woestyn, wat vir God versoek het nie -(1 Kor. 10:1-12; Hebr. 3:7-13; Eks. 17:2,7; Num. 14:22,23; Deut. 6:16). (L.w. dat in hierdie skrifte die betekenis van die woord "versoek", is "om te toets" ("to test" or "try")). Merk ook dat hierdie nie net 'n bevel was vir kinders van die koninkryk nie, maar wel 'n WAARSKUWING!
(Heb 3:8) verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,
(Heb 3:9) waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.
(Heb 3:10) Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie,
(Heb 3:11) sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
EN KYK OOK:
(1Kor. 10:5) Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.
..............(1Kor. 10:11) Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
(1Kor. 10:12) Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
---------------------------------------------------------------------------------------------
Baie gelowiges glo dat Jode outomaties gered is omdat hulle kinders van Abraham is, maar die waarheid is dat "geloof" altyd 'n voorwaarde was! WAAR 'N "GELOWIGE" DIE HERE VERSOEK, WYS DIT DAT HY NIE REGTIG GELOOF HET NIE! Dit is duidelik dat nie almal wat hulleself noem, "kinders van Abraham", in Sy rus sal ingaan nie! (Hebr. 3:11), want Geloof is o.a.: - om Hom lief te he! In gebroke huishoudings sien ons min van ware liefde, waar familiede veronderstel is om geduldig te wees met mekaar, lydsaamheid het, vriendelik is met mekaar, nie eie belang soek nie, nie opgeblase nie, nie verbitterd raak nie....(1 Kor. 13).. Wanneer daar geen vertroue is tussen mense nie, dan heers daar 'n soort van onvriendelikheid en ongeduldigheid tussen hulle - hulle neem mekaar kwalik vir letterlik enige iets en raak maklik verbitterd - iemand wat nie sy metgesel regtig liefhet nie, soek net sy eie belang! WANNEER CHRISTENE NIE DIE HERE VERTROU NIE, RAAK HULLE OOK ONGEDULDIG MET HOM, is SELFGESENTREERD (soek hulle eie wil, nie die Here se wil nie), raak SELFS VERBITTERD en OPGEBLASE....... (soos die volk in die woestyn).
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------