Vrydag 30 Mei 2014

Dis orraait om te verloor!

Ons wil graag almal "wenners" wees!  Niemand hou daarvan om te verloor nie, maar die waarheid is dat dit eintlik wys op om "beter of groter te wees".  Niemand wil ook 'n DIENSKNEG wees nie, want dit beteken dat hy dan ondergeskik is aan iemand anders.  (Joh 13:16 - "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ‘n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ‘n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie").   Wanneer jy jouself onderwerp aan iemand anders, dan gee jy jou wil op, en soek/doen die wil van die ander persoon;  m.a.w. "jy verloor jou eie wil, en hy wen".  Om jouself te onderwerp aan iemand, beteken:  OM TE VERLOOR!  Die persoon wat ook bereid is om 'n dienskneg te wees, is die een wat aanvaar dat hy verloor - dit is die een wat sy eie wil opgee.  Dit is bv. in daardie konteks waarin die woord "onderwerp" gebruik is in baie skrifte, bv. "in die geval van waar God die Israeliete oorwinning gee en die land aan hulle ONDERWERP het, ook hulle vyande aan hulle ONDERWERP het... (Deut. 9:3; 33:29; Jos. 18:1);  kyk ook (Rig.  4:23  en 2Sa 8:1). God het Sy volk laat wen, en die ander laat verloor.  


In Jak. 4:7 word Christene beveel om hulleself aan die Here te ONDERWERP.  Alhoewel dit maklik op die ore val, is dit nie 'n praktiese daad vir baie nie  

om jouself te onderwerp aan die Here, beteken 

"om te verloor"! 

Sy wil is dus belangriker as my wil. Hy is in beheer, nie ek nie.  Hy beskik my lot, nie ek nie.  Hy beveel wat moet gebeur, nie ek nie.   Die waarheid is, min Christene verstaan dit so!  Hulle wil self in beheer wees van besluite, hulle lewe, wat hulle wil he, wat moet gebeur....  

========================================================================

GEDAGTE:

DIT IS ORRAAIT OM TE VERLOOR!  Inteendeel, die persoon wat bereid is om homself te verneder voor die Here, sal verhoog word! (Jak. 4:10).  


(Jas 4:6)  Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

(Jas 4:7)  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

(Jas 4:8)  Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/gee-ons-meer-geloof.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.