Maandag 20 Mei 2019

Liggaam, siel en gees

Die mens bestaan uit LIGGAAM, SIEL en GEES (1 Thess. 5:23).
Elke mens is nie net UITERLIK MENS nie, maar het ook 'n INNERLIKE MENS (want " 'n gees word in elke mens se binneste geformeer ")(2 Kor. 4:16; Sag. 12:1; Rom. 7:22; Ef. 3:16; Job 32:18; Ps. 51:10; Jes. 26:9).

Die liggaam word somtyds vgl. met die uiterlike mens en die siel met die innerlike mens, maar na regte verwys elk nie net na of liggaam of siel of gees nie, maar beide die uiterlike en die innerlike verwys elk na "liggaam, siel en gees". (uiterlike mens = liggaam, siel en gees, asook die innerlike mens = liggaam, siel en gees). Bv., in heelwat skrifte word onderskeidelik die liggaam, siel of gees van die innerlike mens behandel, net soos daar ook onderskeidelik na die uiterlike mens se liggaam, siel of gees verwys word in ander skirfte. Anders gesproke, die "uiterlike mens" verwys nie net na liggaam nie maar na liggaam, siel en gees.  Net so verwys die "innerlike mens" nie net na gees nie, maar is 'n "gees" wat verwys na liggaam, siel en asem/gees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer die mens doodgaan is hy wel soos 'n "gees sonder vlees en bene" (geeste van afgestorwenes), maar "gees" hier verwysend na die innerlike mens, en "vlees en bene" verwysend na die uiterlike mens (alhoewel die uiterlike nie net liggaam is nie).  Die innerlike mens gaan nie dood wanneer die uiterlike mens sterwe nie., maar sal uiteindelik doodgaan (tweede dood) as sy liggaam, siel en gees (verwysend na innerlike mens) nie vernuwe was en aan die lewe gehou is nie. Daarom is dit belangrik dat die mens ag gee op die toestand van sy innerlike mens (ook genoem, "die toestand van sy siel"), want net soos die uiterlike mens lig (asem) nodig het om te kan lewe en vernuwing vd liggaam (en siel) om vir ewig te kan lewe, net so het die innerlike mens lig (asem) nodig (asem vd Heilige Gees) om te lewe en vernuwing vd liggaam en siel om vir ewig te kan lewe...  En net soos die uiterlike mens kos en water nodig het om aan die lewe te bly, net so het die innerlike mens kos en water nodig om in die lewe te bly.  Ons kan dus sien hoe belangrik dit is om nie net vir die uiterlike mens te sorg nie maar ook vir die innerlike mens! (wat sommige noem "sielkunde", alhoewel wereldse sielkunde nie die regte evangelie bring wat lewe gee nie, en gee ook nie die regte soort kos en water wat die siel aan die lewe hou nie). Dit is belangrik om vir die uiterlike mens te sorg maar veel belangriker om vir die innerlike mens te sorg, want in hierdie lewe is daar geen hoop vir die uiterlike mens nie behalwe om "langer te lewe" (1 Tim. 4:8) - almal (se uiterlike mens) gaan dood! en daar is dus geen hoop vir die uiterlike mens om vir ewig te lewe nie behalwe vir 'n toekomstige hoop op opstanding (in 'n nuwe liggaam wat onverganklik is) vir die wat in Jesus Christus GLO.  Die wat in Hom glo sal eendag deur Hom opgewek word wanneer Hy terugkom - hier verwysend na die uiterlike mens (en die liggaam waarin hulle opgewek sal word, sal nuwe soort liggame wees, nl. "verheerlikte liggame"). Wat die innerlike mens aanbetref moet ons onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mens. Die natuurlike mens se innerlike kan gesien word as "dood" - hy het geen hoop op opstanding tot lewe nie en sal deur die tweede dood gaan want hy dra nie vrug wat vir hom die ewige lewe kan gee nie en het ook nie die (regte soort) kos en water wat hom aan die lewe hou nie. Die geestelike mens het hoop, want behalwe dat sy uiterlike mens eendag opgewek sal word tot ewige lewe, is sy innerlike mens se liggaam en siel vernuwe (lewe in die bloed van Christus en is van Sy vlees en bene) en hy het die Lig van die Heilige Gees wat sy innerlike in 'n "lewende siel" verander (Eseg. 36:26,27),  en het die kos/B(b)rood (Joh. 6:35,51; Luk. 4:4) en water (Joh. 4:10,11; 7:38; Jer. 2:13) wat hom aan die lewe hou...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

LIGGAAM verwys na die (menslike) wese, VLEIS EN BENE (vlees, mensdom, die self, vel, naaktheid, nageslag, liggaamlik, verganklik ens.), en kan vgl. word met GROND (bv. waarin saad geplant word)(en het kos en water nodig om vrugbaar te wees).


------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEES verwys na ASEM, en kan vgl. word met LIG ('n plant het lig nodig).


------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SIEL verwys na die SIEL IN DIE BLOED, "HART" (sintuie en organe, menslike wese, verganklik), en kan vgl. word met SAAD, PLANT of BOOM wat VRUG dra (word in grond geplant, en het lig, kos en water nodig). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------



Saterdag 18 Mei 2019

Wat glo die Christen van vandag regtig?

Die rede waarom mense somtyds niks te doen wil hê met Christenskap nie het veral te doen met die feit dat Christene nie altyd eens is in dit wat hulle GLO nie...  Sommige is wel onkundig ja, maar ander weier bloot om Jesus se leringe te ontvang en al bely hulle dat hulle in Hom glo, glo hulle nie werklik in dit wat Hy geleer het nie (??). 

Geloof in Sy leringe was nog altyd 'n bewys dat iemand in Hom glo. Geloof in Jesus se woorde bring sekerheid en eenheid, maar wanneer Christene nie ag gee op Sy woorde nie bring dit onenigheid in wat dit is waarin ons glo.  Daar word bv. verskeie geleenthede genoem in die Skrif van mense wat aanstoot geneem aan Sy woorde...(Mat 15:12; Mark. 6:3) en so dus bewys het dat hulle twyfel in Hom. Selfs baie van die wat vir Jesus gevolg het wou op 'n stadium nie verder na Hom luister nie omdat "Sy woorde vir hulle te hard was"... (Joh. 6:60,61). Hulle het aanstoot geneem en onder mekaar gemurmereer oor Sy woorde. In Joh. 6:64 verduidelik Jesus wat die rede is hiervoor: (Joh 6:64ab - "Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie...."). Die feit dat hulle nie in Sy woorde geglo het nie, was 'n bewys dat hulle nie in Hom glo nie!  Wanneer Christene in opstand kom teen Jesus se leringe of iets anders leer en glo as dit wat Hy geleer het, is dit 'n bewys dat hulle nie werklik in Hom GLO nie Die wat in die naam van Christen valse en menslike leerstellings verkondig is nie besig om die Christelike geloof enige gunste te doen nie;  inteendeel, hierdie is die rede waarom die weg van die waarheid gelaster word! (2 Pet. 2:2). Jesus het bv. geleer dat die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam die belofte van ewige lewe het  (Joh. 3:15,36 ens.),  maar Hy het ook geleer dat die wat Hom ongehoorsaam is, nie die lewe sal sien nie... (Joh. 3:36);  en Hy't ook geleer dat daardie lote (l.w. dat "lote" verwys na gelowiges) wat nie in Hom bly nie, uitgewerp sal word en in die vuur gegooi en verbrand word... (Joh 15:6). Tog is daar baie Christene vandag wat die teendeel leer en dus nie in Jesus se woorde glo nie, maar eerder leer dat ongehoorsaamheid geensins iemand se saligheid kan beinvloed nie en leer dat geen "loot" ooit in die vuur kan beland nie (??). So, in wie glo jy nou eintlik? In Jesus en in Sy woorde?  Of glo jy in wat mense leer?    
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

Baiemaal word daar debateer oor iets waarop Jesus alreeds 'n duidelike antwoord gegee het. Natuurlik is mense somtyds net bloot onkundig (en moet dus tot kennis gebring word, hetsy deur 'n debat of lering of watookal), maar onkundigheid is nie altyd die rede waarom mense steeds sal redeneer oor 'n vraag waarop Jesus reeds die antwoord gegee het nie.  Die ander rede is dat daar Christene is wat wel nie onkundig is nie maar bloot nie in Sy woorde glo nie! So iemand glo eerder in homself of in iemand anders (m.a.w. in sy eie sieninge of in wat iemand anders leer).  Hulle saai graag twyfel by die wat alreeds die waarheid ken en in Jesus se woorde glo, en verdraai Sy woorde om hulle eie opinies te bevestig en mense te beweeg om eerder in hulle te glo. 

Debatte is nodig om valse leerstelling uit te wys of om mense tot kennis te bring, maar is in sommige gevalle niks anders as 'n beheerde nuttelose stryery nie, en die rede hiervoor is bloot dat nie almal die waarheid ontvang nie. Met sommige mense, meer presies die wat  Jesus se woorde hard vind of eerder wil murmureer daaroor, moet jy liewer nie in 'n debat gaan nie. Die wat onkundig is moet natuurlik tot kennis gebring word, maar die wat kies om nie te glo in Jesus se woorde en leringe nie, glo nie in Hom nie, en het dus klaar besluit wat dit is waarin hulle glo (1 Tim. 6:3-5: "As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense"). Baie wat hulleself Christene noem weier  om Jesus se woorde te ontvang, of neem aanstoot in Sy woorde, net soos sommige van die in Joh. 6.  Wanneer iemand nie in Jesus se woorde glo nie, is dit 'n bewys dat hy nie in Jesus glo nie.  

(Mat 11:6)  "En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie". Ons moet ag gee op Jesus se woorde - ten minste as ons bely ons GLO in Hom! Die persoon wat regtig die waarheid soek, raak nie opgeblase nie maar besef eerder hoe min hy eintlik weet. Christene moet bv. seker maak dat hulle begrip vd evangelie en geloof nie verkry word deur dit wat 'n kerk of 'n betrokke leermeester leer nie, maar dit moet van die Skrif en van Jesus se leringe verkry word (1 Joh. 4:1). Nie almal in die kerk is opreg nie, en nie alle kerke verkondig die waarheid nie. 'n Kerk en 'n leermeester se leerstellings moet beoordeel word. Baiemaal verkeer Christene onder 'n wanindruk dat die Here van hulle verwag om hulle leiers of kerk te gehoorsaam al is hulle leringe verkeerd of effens verdraai, maar dit is natuurlik in stryd met wat Jesus geleer het. Jesus het selfs Sy dissipels gewaarsku teen die suurdeeg van hulle dag se leiers en leermeesters..!.- Matt. 16:7,12. Ons moet dit wat vir ons geleer word meet aan die Skrif en aan Jesus se leringe, want nie almal in die kerk is opreg nie. Wat van die Christen verwag word is om die Here Jesus Christus en Sy leringe te volg, nie mensgemaakte leringe nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 22 Februarie 2019

Die mens as Lewende siel

In sommige skrifte word "siel" in die Afrikaans vertaal as "wese", en die woord wese is ook die dieselfde Hebreeuse woord wat in sommige skrifte vir "siel" gebruik word. "Lewende WESE" verwys egter nie altyd na iets wat "op aarde" beweeg en lewe nie.  Daar is baie soorte lewende wesens (m.a.w. "volgens hulle soorte" en het verskillende soorte liggame, en ook nie almal "op aarde" nie)(Gen. 7:23; 1 Kor. 15:39), maar terwyl die woorde "lewende WESE" beide verwys na dit in die vlees (Ps. 8:5; Gen. 9:15,16)(bv. "gees met vlees en bene") of 'n gees (1 Sam. 28:13)(bv. gees sonder vlees en bene), is die woorde "lewende SIEL" ook meer verwysend na dit wat die lewensasem het (ook genoem, "iets waarin 'n lewende siel is" - Gen. 1:30).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Lewende siel verwys na dit wat DIE LEWENSGEES IN HULLE NEUSGATE HET, want "asem" verander iets of iemand in 'n lewende siel (Gen. 7:22,23). Daarom, as iemand die laaste asem uitblaas gaan hy dood en is nie meer 'n lewende siel op aarde nie... - alhoewel dan steeds nog 'n lewende "wese" (m.a.w. gees sonder vlees en bene en wag óf op die komende oordeel óf die opstanding). Die woord LEWENSASEM verwys na "asem in die neus" (Jes. 2:22), m.a.w. die "asem" wat God aan 'n wese gee - wanneer die mens doodgaan, verlaat hierdie asem sy liggaam en dit gaan op boontoe, terug na God wat dit gegee het (Pred. 12:7). (Job 34:14,15 - "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer").

Maar asem ("gees") verwys nie net na letterlike asem waarsonder die uiterlike mens nie kan lewe nie, maar verwys ook na asem waarsonder die innerlike mens nie kan lewe nie (nl. die asem vd Gees)(Job 11:20; Ps. 146:4; Mark. 15:37,39; Luk. 23:46; Ps. 104:29). M.a.w., net soos die uiterlike mens nie kan lewe sonder asem nie net so kan die innerlike mens ook nie lewe sonder die asem van die Heilige Gees nie.  As iemand die Gees van God nie het nie kan sy innerlike gesien word soos iets wat "dood" is (asof nie 'n "lewende" siel).  Maar die wat die Gees van God het, LEWE !  (verwysend na die innerlike-Joh. 6:63; Rom. 8:10 ens.)  (en hulle het ook die belofte van eendag letterlike opstanding van uiterlike, maar natuurlik dan in 'n ander soort liggaam).  Sonder "asem" kan die mens m.a.w. nie 'n lewende siel wees op aarde nie. Sonder letterlike asem (lig/gees) wat God gee kan die uiterlike mens nie lewe nie. Op dieselfde wyse kan die innerlike mens ook nie lewe sonder die asem (die Gees) van God nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


'N LIGGAAM word gesaai'n ASEM (gees) daaraan gegee, EN DIT BRING 'N LEWENDE SIEL VOORT... (Gen. 2:7).

Die woorde "lewende siel" (hier verwysend na die mens as lewende siel) verwys nie net na die uiterlike mens (m.a.w. letterlik liggaam, siel en gees) nie, maar verwys ook na die innerlike mens. Waar iemand uit vlees gebore word, word 'n natuurlike liggaam gesaai (is m.a.w. verganklik)(1 Kor. 15:44,45). Sou iemand egter "uit Gees" gebore word, sou 'n geestelike liggaam gesaai word... (m.a.w. 'n "onverganklike" liggaam). Elke mens word uit vlees gebore en is daarom verganklik want 'n natuurlike liggaam word gesaai, maar die Christen wat weergebore word (gebore uit die Gees) het die belofte van 'n geestelike liggaam (in "die opstanding") omdat hy uit Gees gebore word. Hy staan dus figuurlik gesproke op in 'n nuwe liggaam (Kol. 2:12; 3:1; Ef. 2:6; Rom. 6:4,5), nie 'n liggaam wat die dood voortbring nie maar 'n liggaam wat kan vrug dra tot ewige lewe... Alhoewel die Christen gebore is uit vlees en sy uiterlike daarom verganklik is, lyk hy as LEWENDE SIEL anders as "die natuurlike mens", en word nou al gesien soos "geestelike mense" omdat hulle innerlike vernuwe is. Hulle innerlike "LEWE" en is ONVERGANKLIK want 'n nuwe liggaam is gesaai en hulle het die Gees (asem) van God wat hulle innerlike aan die lewe hou; altans lewe gee! Hulle het ook die belofte van eendag letterlike opstanding in geestelike liggame - 'n natuurlike liggaam is dus wel oorspronklik gesaai, maar 'n geestelike liggaam sal opgewek word!  - 1 Kor. 15).

Die weergeborene het God se saad in hom (1 Joh. 3:8,9) en verkry dus 'n "goddelike natuur" (2 Pet. 1:3,4)(staan op in nuwe liggaam, ontvang die Heilige Gees, en kry 'n "nuwe hart"). As iemand uit Gees gebore is, dan is hy "gees"! (Joh. 3:6; Rom. 5:12,13,19)("in die gees"). Die Christen as LEWENDE SIEL is m.a.w. nie soos die "natuurlike mens" nie, maar is 'n "geestelike mens
-'n NUWE LIGGAAM word gesaai
-'n ASEM daaraan gegee (nl. hy ontvang die Gees), 
-en dit bring 'n LEWENDE siel voort!
_________________________________________________________________________________

Donderdag 25 Oktober 2018

Kinders vd Koninkryk se IDENTITEIT

Identiteit word deur baie dinge beskryf, maar veral deur
(1) "kultuur" en
(2) "uit watter geslag iemand gebore is".

Om die presiese identiteit van "geestelike kinders" te verstaan kan ons o.a. stilstaan by die term "vlees en been", wat nie net verwys na die LIGGAAM (vleis, vel, naaktheid ens.) nie maar ook na "BENE" (Rig. 9:2; 2 Sam. 19:12)(Eva is bv. uit Adam geneem - uit een van sy bene gevorm)(Gen. 2:21,22); en is dus meer 'n genetiese beskrywing (Gen. 2:23; 29:14; 2 Sam. 5:1 ens.) as wat bv. bloed is... (want  "BLOED" beskryf gewoonlik SIEL/LEWE - Gen. 2:7; 9:4; Lev. 17:11,14; Deut. 12:23 ens.)(https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alle mense is uit vlees gebore (Joh. 3:6) en is na regte (almal) "VLEES EN BEEN" van mekaar omdat hulle kinders is van Adam (genoem "die natuurlike mens") - dit gaan dus veral oor die saad waaruit iemand gebore is.  Die term "vlees en bene" word bv. meer gebruik t.o.v. FAMILIE en spesifieke geslagslyne - m.a.w., "die gebore uit dieselfde geslag" (Gen. 2:23; 29:14; 2 Sam. 5:1; 19:12,13; 1 Kron. 11:1 )(Gen 29:14 "Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my been en my vlees...");
-en word terloops nie net t.o.v. LETTERLIKE geslagslyne gebruik nie, maar ook van FIGUURLIKE geslagslyne! - bv., Christene is lede van Christus se liggaam - is van Sy VLEES EN VAN SY BENE...(Ef. 5:30). Hierdie gaan oor die SAAD waaruit iemand gebore is.  Christene is bv. wel as natuurlike mense gebore, maar word "weer gebore" uit die Saad van God (wederbaar deur water en deur die Heilige Gees); daarom word hulle nie meer "natuurlike mense" genoem nie, maar is nou "geestelike mense" (is nou vlees en been, "familie" van Jesus Christus! - natuurlik figuurlik bedoel, maar is ook letterlik deel van Sy figuurlike liggaam, die Christelike kerk). Om deel te wees van Sy vlees en been is soos om uit Sy geslag gebore te wees (verwysend na nie net die vlees nie, maar ook die saad).  Jesus Christus het geen letterlike kinders gebore uit Sy vlees toe Hy op aarde was nie - hierdie spreek van kinders figuurlik gesproke. Die geestelike mens is gebore uit Sy Gees (Joh. 3:6; Matt. 1:18; 1 Joh. 3:9...) - m.a.w., gebore uit onverganklike saad (1 Pet. 1:23)(1 Joh. 3:9; 1 Pet. 1:23; Gal. 3:16,19)(terwyl die natuurlike mens gebore is uit verganklike saad...).  Daarom is elke weergeborene (die wat gebore is uit God) onverganklik (het die ewige lewe). Geestelike mense is soos "kinders van Jesus Christus", familie van Hom, is van Sy vlees en bene, gebore uit Sy onverganklike saad.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE: 


"KINDERS VD KONINKRYK" SE IDENTITEIT WORD NIE NET BESKRYF 
- (1) DEUR DIE CHRISTELIKE KULTUUR (m.a.w. die kultuur waarin hulle weer-gebore word)(wette, wysheid, kennis...- optrede en die manier hoe hulle dink, "sien" en doen) NIE, maar
- (2) veral deur die SAAD WAARUIT HULLE (weer) GEBORE IS (nl. figuurlik gebore uit die onverganklike saad van Jesus Christus deur Sy Heilige Gees - geslagslyn Abraham, Isak, Jakob...Jesus Christus...geestelike kinders van Jesus Christus, en deel van Sy Liggaam, die Christelike kerk)(van Sy vlees en bene...).

Wedergeboorte verander die natuurlike mens se innerlike en maak van hom 'n nuwe mens ('n geestelike mens) - dus figuurlik gebore uit die onverganklike saad van God (deur die Heilige Gees), en Hy skryf Sy wette op hulle harte (Hebr. 10:16...)(Hy gee vir hulle Sy kultuur).  Elke mens se hart is 'n bewys van die saad waaruit hy gebore is (Matt. 15:18; Hebr. 4:12; Jak. 1:26; 1 Joh. 3:19,20; Matt. 22:37..ens.); hetsy 'n "kind van Adam" (die natuurlike mens), of 'n "kind van Christus Jesus" (die geestelike mens). Daarom, as iemand nie die Gees van God het nie, dan behoort hy nie aan Hom nie! (Rom. 8:9). Deur die Heilige Gees dra hulle die "VRUG vd Heilige Gees" en verkry besonderse karaktertrekke en gawes soos die Gees aan hulle toebedeel, en leer die kultuur aan van die familie waarin hulle nou grootword - (vgl. met tema van "geestelike groei" -babas, kinders, jongmanne, vaders... - groei tot volwassenheid - 1 Joh. 2.). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html
https://warechristene.blogspot.com/2013/08/hoe-groei-die-christen-geestelik.html
https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html
https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html

Woensdag 24 Oktober 2018

Die Innerlike mens

Ons sorg daagsliks vir die uiterlike mens (kos, klere, werk, omgang, rus, ens.) maar wat van die innerlike mens? Die mens is nie net letterlik van aard nie, maar ook figuurlik en bestaan uit
LIGGAAM, SIEL en GEES, maar is ook tweeledig van aard nl.:

-  letterlik "DIE UITERLIKE MENS" (2 Kor. 4:16; 5:12 ) en 
-  figuurlik "die INNERLIKE MENS" (Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16; 1 Pet. 3:3,4; 1 Sam. 16:17).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons kan die liggaam, siel en gees (vd mens) vgl. met grond (liggaam) waarin saad (siel) geplant word, en wat lig (gees/asem) nodig het om te groei en te lewe - en sonder kos en water sal dit doodgaan!, maar hierdie verwys nie net na die uiterlike (die mens "letterlik" bedoel) nie, maar ook na die innerlike (die mens "figuurlik" bedoel).  Die SIEL van die mens is bv. nie net letterlik van aard (wat verwys na die letterlike hart, lewe in die bloed, organe, sintuie ens.) nie, maar is ook figuurlik van aard  (bv. "hart" figuurlik bedoel - wil, emosies, denke ens., en verwys na "ou" of "nuwe" hart;  en die innerlike kan ook sien en praat en hoor ens.). Op dieselfde wyse is die GEES vd mens nie net letterlik die "asem" (asem of gees waarsonder niemand kan lewe) nie, maar is ook figuurlik (het bv. of die gees vd wereld - die "natuurlike mens";  of het die Gees van God - die "geestelike mens"). Net so is die LIGGAAM nie net letterlik van aard (bv. vlees, vleis, bene, familie, werke, rus  ens.) nie, maar verwys ook figuurlik na vlees, familie, werke, ens. (bv.,  figuurlik "vlees" verwys na, "nuwe mens" OF "ou mens" /  figuurlik "werke"  verwys na = "werke vd vlees" OF "werke vd geloof"...).
https://warechristene.blogspot.com/2018/10/uiterlike-mens-innerlike-mens.html.

Hoedanig lyk jou innerlike?  Die natuurlike mens se innerlike lyk anders as die geestelike mens se innerlike, want die geestelike mens se innerlike is vernuwe (weer gebore) en as gevolg daarvan kan hy geestelike kos verteer en verwerk, want hy "lewe"! (https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html). Ons kan dit miskien as volg verduidelik dat as jy kos en water in 'n dooie liggaam sou plaas, dit dit nie kan nie verwerk nie... - op dieselfde wyse kan die natuurlike mens nie geestelike kos verwerk nie omdat sy innerlike soos 'n dooie gesien kan word - hy het die "gees vd wereld" en kan slegs die wereldse dinge verstaan - sy innerlike het m.a.w. nie die asem van die Heilige Gees wat nodig is om te kan "lewe" nie (net soos wat die uiterlike ook nie kan lewe sonder asem nie).  Daarom kan sy innerlike soos 'n "dooie" gesien word wat nie geestelike kos en water kan verwerk nie...  En wanneer die natuurlike mens sy innerlike voed met dit wat geen lewe voortbring nie (wereldse wysheid, 'n dors na eie wil, vertroue in afgode, werke vd vlees, mensgemaakte wette...ens.sal dit in plaas van lewe steeds die dood voortbring (bv. "werke tot die dood"). Nie alle soorte kos en water en oefeninge is tot voordeel vd mens, of eens nuttig nie! (2 Tim. 2:14; 1 Tim. 4:18 ens.). Ons moet verstaan dat ons vyand, "die dood", nie net ons letterlik (ons uiterlike) verwoes nie, maar ook ons "figuurlik" (die innerlike mens) sal deur die (tweede) dood gaan;  -tensy iemand se innerlike vernuwe is! ("lewendig" gemaak is deur die Heilige Gees, en dit aan die lewe gehou word).  Die geestelike mens se innerlike is verlig en lewendig (deur die asem vd Heilige Gees) en is instaat om geestelike voedsel te verteer en te verwerk...;  dus nuttige voedsel en voedsel wat tot voordeel strek vd mens. Die geestelike mens het ook "lewe in die bloed van Christus", en soos bloed letterlik deur die liggaam pomp en nodig is sodat organe en sintuie in die liggaam kan werk, net so "werk" die geestelike mens se sintuie en organe - hy kan m.a.w. die geestelike dinge verstaan want hy "sien" en "hoor"...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Ons is nie gemaak om van (letterlike) brood alleen te lewe nie... (Deut. 8:3), want ons is nie net letterlik nie maar ook figuurlik van aard! Net soos die letterlike liggaam nie kan lewe sonder asem nie, en kos en water nodig het om aan die lewe te bly, net so kan die innerlike nie lewe sonder die asem vd Heilige Gees nie, en het geestelike kos en water nodig om aan die lewe te bly. In die Skrif het "voedsel en water" bv. ook figuurlik 'n betekenis en verwys nie net na die woorde van God nie, maar ook na Hom as Woord... - Jesus Christus is self die brood vd lewe, en die Here en Sy Gees is soos 'n fontein van water... (Jer. 17:13; Joh. 6:33,48 ens.).  As iemand nie in Jesus Christus glo nie, sal sy innerlike nie die (regte) voedsel en water kry wat dit nodig het om vir ewig te lewe nie - in so 'n geval kry hy nie die Brood en Water (nl. die Here Jesus Christus en Sy Gees) wat hom kan laat lewe en aan die lewe hou nie! Elke mens het asem nodig om te kan lewe, maar dit geld nie net vir die uiterlike mens nie, maar ook vir die innerlike. 
Die natuurlike mens het nodig om deur Jesus Christus gewas te word en het nodig om homself diensbaar te stel aan die Here Jesus voor hy die Gees kan ontvang of in staat kan wees om vrug te dra tot ewige lewe (Rom. 6:22). Sonder geloof in Jesus Christus en geloof in Sy woorde (m.a.w., sonder Brood vir die innerlike...), en sonder die ontvang vd Heilige Gees (sonder asem en water vir die innerlike)(wat terloops deur Jesus Christus gegee word), kan niemand LEWE nie! (Joh 6:35 - "En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie"). Die wat nie in Jesus Christus glo nie (die wat nie die Brood kry nie) en nie die Heilige Gees ontvang (nie die Asem en Water kry) nie, se innerlike kan nie LEWE nie en kan ook nie in die lewe gehou word nie. Hulle innerlike se uiteinde is die "tweede dood".

Die "natuurlike mens" het dus vir Jesus Christus nodig om te kan lewe.  Maar net so het die "geestelike mens" wie se innerlike alreeds lewe (Tit. 3:5; Ef. 5:26) nodig om aan die lewe te bly... Die geestelike mens LEWE wel deur die asem van die Heilige Gees maar sal sonder geestelike brood en water sterwe as hy dit nie kry nie! Die geestelike mens het nodig om in die Here te bly (Joh. 15:5) en vas te hou aan die geloof (Hebr. 6:18; Openb. 3:11), want net soos in die geval wat die uiterlike mens nie kan aanhou lewe sonder letterlike brood en water nie, net so kan die geestelike mens ook nie aan die lewe bly as hy nie geestelike "brood en water" kry nie... Die uiterlike mens het kos en water nodig, oefening, en nodig om gewas te word... - op dieselfde wyse het die innerlike dit ook nodig.  Dit is die woorde van die Here en om Sy wil te doen en die dors na Sy Gees wat tot voordeel strek vd innerlike mens, sodat die innerlike gewas word soos ons daagliks die uiterlike mens bad (Hebr. 10:22...), en gevoed word soos ons daagliks die uiterlike voed (1 Tim. 4:6...), en die innerlike mens se dors geles word soos die uiterlike ook daagliks water drink (Joh. 4:14...), en oefening kry soos die uiterlike ook daagliks oefening kry (1 Tim. 4:8; Rom. 14:17 ens.). Dit dan ook die rede waarom dit so belangrik is vir die geestelike mens om van tyd tot tyd te "VAS "... (Matt. 4:4; Matt. 17:21; 9:16,17).

Ons moet dus onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mensWanneer die natuurlike mens se uiterlike mens doodgaan wag hy op die oordeel vd "tweede dood" want sy innerlike het nie die lig en voedsel en water gekry wat dit nodig het om aan die lewe te bly (sodat hy kon groei en vrug dra tot ewige lewe) nie. Die geestelike mens word egter gevoed deur dit wat lewe voortbring!...., en sal daarom nie onder die oordeel vd tweede dood val nie, en het ook die belofte van opstanding vd uiterlike mens! - maar sy innerlike het ook daagliks asem nodig (gees) en nodig om te bad en gevoed te word sodat hy "aan die lewe bly" (liggaam) en kan "groei" (boom) en vrug dra tot ewige lewe... Geestelike mense het nodig om hulle innerlike te voed en bad en oefen, sodat hulle "aan die lewe bly" en die asem vd Gees nie van hulle weggeneem word nie... (1Th 5:23 - "En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!")
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
https://warechristene.blogspot.com/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html
https://warechristene.blogspot.com/2016/01/om-te-vas.html
https://warechristene.blogspot.com/2018/06/water-vir-lewe.html

Maandag 22 Oktober 2018

"Lig" nodig om lewende wese te wees

Die mens kan vergelyk word met 'n:
saad / plant in 
grond, met 
lig (energie) wat hom in die lewe hou.

Die mens bestaan uit LIGGAAM (grond), SIEL (saad/plant/boom), en GEES (lig). 
Of anders gestel, die mens bestaan uit:
- LIGGAAM (menslike wese / vleis/bene), 
- SIEL (lewe in bloed / lewende wese / hart), en 
- GEES (asem / gees wat in binneste gevorm word).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gen. 2:7 leer vir ons dat die manier hoe iemand 'n LEWENDE SIEL word is wanneer die Here asem in sy neus inblaas ("asem in neus" / "asem vd lewe")("lewensasem"-Job 27:3).  Hierdie "gees" of ASEM wat God gee is soos LIG vir die liggaam.  In Biologie leer ons dat "lig" plante se enigste bron van krag is - die rede hiervoor is omdat dit lig nodig het om kos te kan produseer...  Die mens is, net soos plante, ook afhanklik van LIG (asem/gees) om te kan lewe! Die mens kan wel nie sonder kos en water lewe nie, ja, maar sonder ASEM ("lig") kan kos nie in die liggaam verwerk word tot 'n bron van energie nie! As jy kos en water in 'n dooie liggaam plaas kan dit geen energie produseer nie want die liggaam kan nie die kos omsit in energie nie (die liggaam "werk" dan nie meer nie). Slegs wanneer iemand nog in die lewe is (m.a.w. wanneer hy nog ASEM het) kan kos en water in sy liggaam dien as 'n bron van energie, want die liggaam LEWE EN kan dit verwerk. Die "asem" wat God gee is dus die bewegende rede waarom iemand in die lewe is want sonder hierdie asem kan sy liggaam nie funksioneer nie (m.a.w., "kan hy nie 'n lewende siel wees op aarde nie")(Job 34:14,15  "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer"). Net soos plante het die mens dus LIG (asem/gees) nodig om te kan lewe - sonder asem kan die siel nie groei nie en kan dit nie vrug dra nie.  Hierdie is natuurlik nie net letterlik bedoel nie, maar ook figuurlik.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons is ten eerste uit GROND gemaak (en keer dus terug na stof wanneer ons doodgaan)(Ps. 90:3; 104:29; Pred. 3:20). In verskeie skrifte word die mens ook voorgestel soos 'n PLANT of BOOM of SAAD... wat in die wêreld geplant of gesaai word;  maar sonder LIG (altans sonder die "asem" wat God gee) kan geen menslike wese as 'n siel lewe nie! -daarom gaan die mens dood wanneer hy sy laaste asem uitblaa(Job 34:15)(Mark. 15:37,39). M.a.w., wanneer sy uiterlike nie lig het nie, gaan hy dood (Hand. 17:25; Job 11:20; 34:14,15; Luk. 23:46...)(m.a.w. bloed stop, organe en sintuie stop ens.). Wanneer iemand sterwe kom die liggaam dus tot stilstand - en is soos ("dooie") grond wat tot geen nut is en waarin niks kan groei nie. Die asem gaan dan op boontoe, terug na God wat dit gegee het, en die mens hou op om as lewende wese te lewe op aarde (ook genoem die "siel verlaat hom"), en die liggaam keer terug na stof (waaruit dit gemaak is)... Hierdie verwys natuurlik meer na die UITERLIKE MENS, nie die INNERLIKE nie. Die "menslike wese" is nie net uiterlik (letterlik) van aard nie maar ook innerlik (figuurlik) van aard, want wanneer hy 'n lewende siel word word daar 'n gees in sy binneste geformeer (Sag. 12:1; Job 32:18...)(en na die dood is hy dus soos " 'n gees sonder vlees en bene")(vgl. met tema "gees afgestorwene")...  Op dieselfde wyse wat die UITERLIKE MENS asem (lig) nodig het om te kan lewe, so het die INNERLIKE ook asem (lig) nodig om te kan lewe! Sonder die asem vd Heilige Gees kan niemand lewe nie.

Ons moet dus onderskei tussen die natuurlike en die geestelike mens. Wanneer die" NATUURLIKE MENS" sterf wag hy op die "tweede dood" (m.a.w. die oordeel vd hel), maar wanneer die "GEESTELIKE MENS" (in wie die Heilige Gees is) sterf, wag hy op die opstanding! (en sal nie onder die oordeel vd hel val nie), want sy innerlike LEWE! (hy het "asem" / "lig", en is instaat om geestelike voedsel en water te verwerk wat vir hom vrug kan dra tot ewige lewe).  In geval vd geestelike mens gaan sy UITERLIKE liggaam wel tot niet wanneer hy sterwe (en keer terug na stof en daar kan niks in sy grond groei nie - m.a.w. die uiterlike siel/bloed, organe en sintuie ens. kom tot stilstand, en die uiterlike asem gaan uit), maar wat sy INNERLIKE aanbetref LEWE hy! Sy innerlike liggaam is dus vrugbare (goeie) grond waarin sy innerlike siel kan lewe (sy lewe is in die bloed van Christus - vgl met die tema van "siel") en die Gees van God hou sy innerlike aan die lewe, soos lig nodig is vir 'n plant...- en omdat hy figuurlik gesproke lewe (lig het), is hy instaat om (as gelowige boom) te groei en vrug te dra tot ewige lewe...

Wat die natuurlike mens egter aanbetref wanneer hy doodgaan, sterwe nie net sy uiterlike nie maar ook sy innerlike wag op die tweede dood omdat sy innerlike grond van geen nut is nie ("ou liggaam"), en sy innerlike siel geen lewe het nie (want hy glo nie in Jesus Christus nie en het dus nie lewe in Sy bloed nie), en hy het nie die Heilige Gees wat om as lewende wese aan die lewe kan hou nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Wat die INNERLIKE MENS aanbetref, het dit ook ASEM nodig om te kan LEWE (net soos die uiterlike mens).  Die natuurlike mens se innerlike is anders as die innerlike vd geestelike mens.  Die "GEESTELIKE MENS" het die ASEM van die Heilige Gees en het daarom LEWE in Jesus Christus, want sonder die Heilige Gees wat deur Jesus Christus gegee word vir die wat in Hom glo, is daar geen LIG in die innerlike mens nie! Jesus Christus is die waaragtige LIG wat elke mens kan verlig! (Joh. 1:9; Hebr. 6:4). 

Die "natuurlike mens" se innerlike is nie verlig nie - daarom wag hulle nie net op "die dood" (eerste dood) nie, maar ook op die tweede dood (poel van vuur/oordeel vd hel). 
Maar die "VERLIGTES" (die wat in Jesus Christus glo - Hebr. 6:4; 10:32)(die "geestelike mens") wag wel op die dood  maar sal nie onder die oordeel van die tweede val nie, want hulle innerlike word in bewaring gehou omdat hulle "lewe".  Hulle INNERLIKE is m.a.w. verlig! (lewe deur die Gees)(hulle het die "asem" waardeur hulle siele aan die lewe gehou word, en het nie net die belofte van opstanding vd liggaam nie, maar ook die belofte dat hulle nie onder die oordeel van die tweede dood sal val nie). Hulle is soos mense wat "weer gebore" is.  Op dieselfde manier wat die natuurlike mens 'n lewende wese word deur die asem wat God gee, so word die geestelike mens 'n NUWE MENS deur die asem van Sy Gees.

Die INNERLIKE (liggaam, siel en gees - figuurlik gesproke) van die natuurlike mens lyk anders as die INNERLIKE van die geestelike mens, want die geestelike mens se INNERLIKE is vernuwe! Dit is maklik om te onderskei tussen die NATUURLIKE en die GEESTELIKE MENS, want die natuurlike mens verstaan nie die geestelike dinge nie - dit is vir hom dwaasheid omdat hy die gees van die wêreld het (1 Kor. 2:12-14).  Daarom maak hy staat op "menslike wysheid" (die wysheid van die wêreld) - hulle praat "uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle" (1 Joh. 4:5).  Maar die wat uit God is "sien" en beoordeel alles geestelik (1 Kor. 2:14)... Geestelike mense se wysheid kom van die Here.  Hierdie is 'n TEKEN van wie die Gees van God het en wie nie.  Geestelike mense se "waarheid" is dit wat God sê dit is (nie wat mense besluit dit is nie) en hulle weet "wat is waarheid" omdat hulle die Gees van God het. Niemand weet wat in 'n ander mens is nie behalwe die gees vd mens (wat in hom is) - op dieselfde wyse weet die mens nie wat in God is nie, behalwe die Gees van God! (1 Kor. 2:11).  As iemand dus nou die Gees van God in hom het, dan weet hy "wat in God is"... Natuurlike mense het nie die Gees van God nie, so hulle weet nie "wat in God is" nie (en kan dus nie geestelik dinge beoordeel nie). "Geestelike mense" (die mense na wie verwys word in die Skrif as die wat wel die Gees van God het) weet wat is in God want hulle het Sy Gees! Daarom "sien" en "verstaan" hulle, en beoordeel dinge op 'n geestelike manier (1 Kor. 2:12,13).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 20 Oktober 2018

Kan en moet daar eenheid wees tussen verskillende Christelik kerk denominasies?

Die vele denominasies van die Christelike kerk is baiemaal die eerste punt wat deur die teëparty gelig word wanneer die evangelie gedeel word met mense van ander gelowe.  Hierdie verskillende Christelike denominasies is vir ander gelowe 'n teken van "oneenheid" en hulle hou dit maklik voor as 'n rede waarom hulle niks te doen wil hê met Christenskap nie. Wie wil enige iets te doen hê met 'n groep waar die mense vd groep nie eens saamstem oor wat hulle presies glo nie?  Hierdie toestand is beslis nie ideaal vir 'n groep wat beweer dat hulle die ware evangelie verkondig nie...

Inderdaad is die verskillende denominasies 'n teken van oneenheid, maar sou jy aan hulle verduidelik dat alle Christelike kerke Jesus Christus in gemeen het, en dat die oorsaak van hierdie denominasies is óf omdat mense wegbeweeg van die waarheid óf omdat hulle terugbeweeg daarnatoe, dan het dit al vele male tot gevolg gehad dat so iemand se tëenstand teen die Christelike kerk verdwyn want dit wys immers dat Christene nie enige iets glo wat vir hulle vertel word nie! Dit beweeg daardie persoon om ook self te beoordeel of dit wat hy glo wel die waarheid is.
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Kerk" het veral te doen met "wat is waarheid" - wat is dit wat verkondig word vir waarheid?, of wat is dit wat gesien word as "waarheid"?  Die rede vir soveel verskillende demoninasies van Christelike kerk gaan beslis daaroor dat elke kerk se "waarheid" verskil (m.a.w. dit wat hulle sien "as waarheid").  Oor die algemeen is die basiese beginsels dieselfde, maar daar is tog wesenlike verskille op sekere eerste beginsels van prediking (wat natuurlik nie eens veronderstel is om so te wees nie). Die geskiedenis van die kerk is veral interessant omdat dit 'n skets is van waar die Christelike kerk van waarheid afgedwaal het en/of vasgehou het of teruggekeer het na waarheid.  Daar is vandag seker nie een Christelike kerk wat die volle waarheid verkondig nie - elke kerk het leerstellings waarin die waarheid verdraai word of waar daar afgedwaal is van die waarheid. "Wat die WAARHEID is" is egter inderdaad belangrik!  Dit word natuurlik van elke Christen verwag om nie net die waarheid te soek nie maar dit ook te beskerm en daaraan vas te hou -en as dit verskillende denominasies tot gevolg het, laat dit dan liewer so wees as wat mense 'n blinde leier volg en a.g.v. daarvan ook in die sloot val. Inteendeel, God het geen probleem met klein groepe as dit hulle eerder beskerm nie! - Hy het immers die mensdom se taal verwar (hulle verskillende tale gegee) met die doel om 'n groot afval te stop... (Gen. 11). Om daardie rede is dit m.a.w. beter vir die mensdom om in verskillende kulture ingedeel te wees. Die Christelike kerk kan op dieselfde wyse dit miskien as 'n genade sien dat hulle huidiglik in klein groepe opgedeel is want dit was/is nodig. Die wêreld verstaan dit nie, want hulle kyk vas in die oneenheid i.p.v. om te verstaan dat eenheid 'n val tot gevolg het as daardie eenheid nie op die waarheid gegrond is nie. Ander gelowe se mense het miskien eenheid in hulle sieninge maar sal elkeen saam met die res van hulle mense verlore wees as hulle nie die waarheid leer ken nie - so, wat het hulle sogenaamde eenheid vir hulle beteken? Wanneer die hele wêreld in eenheid agter die Antichris aangaan, sal hulle ook "soos een" val! Eenheid beteken niks as dit nie op waarheid gebou is nie...

Dit is net reg dat lidmate opstaan vir die waarheid wanneer ander lidmate of leiers dit verdraai!  As deel van God se priesterdom (1 Pet. 2:5,9) is hierdie deel van elke Christen se plig! - m.a.w. om o.a.  "die kennis te bewaar" (Mal. 2:7; 2 Kron. 17:8,9; 30:22; Esra 7:10). DIE WAARHEID IS BELANGRIK.  Ons moet versigtig wees vir leermeesters wat skape probeer stilmaak wanneer hulle die waarheid wil beskerm of daaraan vashou.  Christene mag en moet opstaan vir die waarheid! -en as die gevolg daarvan ongelukkig tot 'n ander denominasie lei, dan is dit beter as wat skape blinde leiers volg en hulle saam in die sloot val... (Matt. 15:14; 23:16,24).
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die geskiedenis van die (Christelike) kerk oor die eeue is belangrik omdat dit vir ons die toestand vd kerk oor die eeue beskryf. Die eerste 100 jaar het bv. heelwat anders daarna uitgesien as die volgende eeue daarna. Wat veral baie aandag geniet het in die eerste 100 jaar vd Christelike kerk is die soeke na "wat is waarheid" en die opdrag om daaraan vas te hou. Ons sou natuurlik graag wou terugkeer na hoe dit was in die eerste kerke; alhoewel ons moet verstaan dat daar alreeds in daardie dae groepe was wat die waarheid probeer verdraai het. In vele skrifte word Christene gewaarsku teen hierdie valse leermeesters en aangemoedig om eerder die waarheid te soek en DAARAAN VAS TE HOU.  Selfs in die boek van Openb. (in die briewe aan die 7 gemeentes) sien ons hoe belangrik Jesus Christus dit ag dat Sy skape "vashou" en nie afwyk vd waarheid nie, en Hy hulle selfs kwalik neem wanneer hulle valse leerstellings toelaat en sondes probeer regverdig deur ander leerstellings! (Openb. 2:20...).
Vandag is daar sommige Christene wat glo dat die manier om die wêreld te wen is om soos die wêreld te word... (baie teenstrydig met wat die Skrif leer). Hulle is eerder besig om wêreldse wysheid te verkondig as wat hulle die waarheid verkondig. Selfs die waarheid oor wat is sonde en wat nie, word verdraai. Dit hoort nie so by Christene nie!  Christene kan nie glo wat hulle wil nie maar is veronderstel om te glo wat die Here besluit "is waarheid". Ons moet verstaan dat baie leerstellings wat vandag voorgehou word as "revolutionêr" eerder wegbeweeg van die waarheid as wat dit aan die waarheid vashou. Waar 'n kerk begin nalaat om die waarheid te verkondig of ophou om daarna te soek en nalaat om daaraan vas te hou, is hulle nie besig om hulle bediening te vervul nie! So 'n tipe "revolusie" kan lei tot vreeslike afvalligheid waar daar nie eenheid is op "wat is waarheid" nie, bv. waar die leiers die waarheid verdraai en weier om hulle te bekeer daarvan. In so 'n geval is dit beter om te verdeel as om soos een groot groep in die sloot te val...  Baie wat hulleself vandag Christene noem stem nie eens saam met Christus se leringe nie! - net soos wat gebeur het in die eerste eeue van Christelike kerk (vgl. dit bv. met die gnostiese leringe...).
Jesus Christus het vir ons die waarheid gebring en die wat nie vashou aan Sy leringe nie (die wat m.a.w nie daarin glo nie), glo nie in Hom nie! Hulle noem hulleself Christene, maar as hulle nie in Sy woorde (waarheid) glo en gehoorsaam is aan Sy Gees nie, dan glo hulle nie werklik in Hom nie.
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Die eerste Christene het Christus se leringe en die waarheid wat Hy gebring het baie ernstig opgeneem, en het heelwat tyd spandeer om Sy leringe te verstaan en die Skrifte te ondersoek... Hoeveel tyd spandeer ons regtig met die Here, met Sy se leringe en om by Hom die waarheid te soek? Waarmee is ons regtig besig? Is ons besig om te "glo wat ons wil"?, of besig om Sy wil te soek?  Eeue van "revolusie" in die kerk was belangrik omdat dit juis gebeur het a.g.v. die "soeke na waarheid", en alhoewel dit nie ideaal is dat daar soveel denominasies is nie is dit belangrik sodat die waarheid verkondig kan word (net soos wat verskillende tale in die wêreld die mensdom in groepe opdeel sodat hulle nie almal soos een "val" nie).  Oor die eeue was daar manne van God wat opgestaan het vir Sy waarheid, en was selfs bereid om hulle lewens daarvoor te verloor - en as gevolg daarvan word die waarheid vandag nog gepreek!
Natuurlik is dit belangrik dat ons steeds opstaan vir die waarheid (net soos hierdie manne gedoen het). Ons moenie vir een oomblik dink dat die Here tevrede is daarmee wanneer ons valse profete en leermeesters in die kerk toelaat nie (Openb. 2:20...). Waar daar valse of verdraaide leerstellings TOEGELAAT word kan dit vreeslike gevolge hê vir daardie kerk.

Ons moet ook nie "ter wille van vrede" die wat die waarheid verkondig, stilmaak nie.  Eenheid tussen Christelike kerke is inderdaad iets wat na gereik moet word, maar nie eenheid in verskille (soos om die waarheid te onderdruk) nie, maar eenheid in die waarheid (die waarheid moet gesoek en bewaar word). Die is die enigste manier waarop daar regtig eenheid tussen Christelike kerke kan kom. In die eerste kerke was Christene nie toegelaat om "elkeen te glo wat hulle wil" (soos vandag die geval is nie), maar eerder was hulle aangemoedig om die WAARHEID te soek en te bewaar: -(Ef. 4:11-15 - "En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus"). As ons nie "eenheid in waarheid" soek nie, sal daar nooit eenheid wees nie!  In die geval waar hierdie element ontbreek, is verskillende denominasies dus beter sodat die waarheid bewaar en steeds verkondig kan word.  Christene kan nie regtig "glo wat hulle wil nie" - hulle "waarheid" is veronderstel om te wees wat die Here besluit "is waarheid". As lidmate of 'n kerk se leiers wetend is of tot kennis kom, maar steeds kies om vas te hou aan "wat hulle self eerder wil glo" (m.a.w. te glo wat in stryd is met die waarheid en 'n vals of verdraaide waarheid verkondig) dan is hulle besig om opsetlik in opstand te kom teen die waarheid - en nie net dit nie, maar verander in valse profete of valse leermeesters wat mense lei om eerder in hulle te glo as in die waarheid.

Eenheid word dus nie verkry deur die waarheid op te gee of te onderdruk nie, en sonder die waarheid is geen "eenheid" waarlik eenheid nie!  Verskeie Christelike kerke volg 'n verkeerde vb. vandag wanneer hulle waarheid probeer vasstel deur "raadsbesluite" - asof hulle nog nie die waarheid ken nie?, en asof mense besluit wat is waarheid en wat nie!? Ons moet natuurlik ook onderskei tussen die wetendes en onwetendes, maar moet almal begeer om wetend te word! - nie wetend deur 'n spesifieke leermeester of 'n spesifieke kerk se leerstellings nie, maar wetend van die WAARHEID... En daarom nie vir ons leermeesters versamel wat ons in die gehoor streel of wat by die wêreld inpas nie, maar leermeesters wat gehoorsaam is aan die Heilige Gees en die waarheid soek en verkondig, sodat ons tot volwassenheid kan groei en nie rondgeslinger word deur allerhande leringe nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
https://warechristene.blogspot.com/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html
http://sondagskooltuis.blogspot.com/2015/04/die-geloofwaardigheid-van-die-bybel_43.html
http://warechristene.blogspot.com/p/die-waarheid.html