Wys tans plasings met die etiket asem. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket asem. Wys alle plasings

Donderdag 30 Desember 2021

Algemene vrae oor SALIGHEID: Lewe of Dood

Die wedergeborene het die belofte van REDDING, o.a. die volgende beloftes: (1) opstanding in 'n nuwe uiterlike liggaam eendag (sal dus die dood oorwin)("eerste opstanding")(verheerlikte/onverganklike liggaam)(Joh. 6:39-44; Matt. 22:31; Joh. 11:24,25);  asook het (2) die belofte dat hy NIE deur die tweede dood sal gaan nie (wanneer die natuurlike mens se liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word)(Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8). 

Die geestelike mens het dus die belofte van REDDING VD DOOD (en belofte van ewige lewe), nie net redding vd liggaam (uiterlike mens) deur die "opstanding" nie, maar ook redding vd siel - sal dus nie deur die "tweede dood" gaan nie. MAAR is dit moontlik dat sommige wedergeborenes in die end steeds nie gered sal word nie en dus steeds deur die tweede dood sal gaan? 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Jesus het geleer dat die koninkryk vd hemele uit GOEIES en SLEGTES bestaan (Matt. 13:48; 22:10), en geleer dat wanneer Hy terugkom Hy die SKAPE (barmhartiges) van die BOKKE (onbarmhartiges) sal skei... (Matt. 25:31-46). Johannes het ook geleer dat Christus Sy dorsvloer deur en deur sal skoonmaak (Matt. 3:12), en in hierdie konteks spesifiek verwys na die wat nie vrug dra nie (maw, die KAF). Daar is natuurlik ook die onkruid wat afgeskei sal word wanneer Jesus terugkom...(Matt. 13:41), maar "onkruid" verwys nie na wedergeborenes nie maar na mense wat onder die kinders vd koninkryk deur die bose daar gesaai word (die "ingesluiptes" - die valses). Jesus het ook verklaar dat "lote" wat nie in Hom bly nie, uitgewerp sal word en in die vuur gegooi sal word (Joh 15:6). Dit beteken dat slegs die wat VASHOU, kan staatmaak op bg. beloftes! Die briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring is nog 'n vb. van hoe ernstig die Here gehoorsaamheid (aan Hom) ag, en hoe belangrik dit is om seker te maak dat ons "oorwin".  In die eerste gemeentes is daar baie gewaarsku teen ongehoorsaamheid, inkluis dat diesulkes kan verwag dat hulle eendag daarvoor geoordeel sal word! (Hebr. 10:27-30, ens.). Alhoewel daar baie Christene is wat vandag glo dat die Here nie sy kinders sal oordeel nie, is die waarheid dat oordeel begin by die huis van God... (1 Pet. 4:17; 2 Kor. 5:10).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Met bg. beloftes is wedergeborenes soos mense wat alreeds die LEWE het (en is immers nuut gemaak en lewe deur die asem vd Gees), maar wat bepaal of hulle in hierdie LEWE bly?

(1) Antwoord:  KOS EN WATER.  

Geen mens kan sonder kos en water bly lewe nie.  

Net soos die uiterlike mens doodgaan as hy nie KOS EN WATER kry nie, net so kan die innerlike mens ook nie aan die lewe bly daarsonder nie. Jesus het geleer dat die mens nie net van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God. Die mens het geestelike VOEDSEL nodig. Die Here se wil en woorde is soos KOS vir ons! (Luk. 4:4; Joh. 4:34). Ja, die wedergeborene LEWE wel deur die asem vd Heilige Gees, maar het die regte soort geestelike KOS EN WATER nodig om aan die lewe te bly. 'n Wedergeborene wat nie kos en water kry nie, staan die gevaar om uiteindelik dood te gaan... (net soos die uiterlike sal doodgaan as dit nie kos en water kry nie). Gelowiges word soos bome voorgestel omdat hulle (deur die Here) soos saad in die wêreld geplant word om te groei en vrug te dra - maar om dit te kan doen het hulle (die regte soort) KOS EN WATER nodig.  Maw., as 'n boom ('n gelowige) geen kos en water kry nie, kan hy nie groei of vrug dra nie... Hierdie vrug (wat die gelowige nodig het om die ewige lewe te kan beerwe - genoem "vrug tot ewige lewe") is nodig vir iemand om "opstanding tot lewe" te verkry. Jesus het geleer dat die wat nie in Hom bly nie (en dus nie vrug kan dra nie), eendag uitgewerp en in die vuur gegooi sal word - daarom is (die regte soort) geestelike "kos en water" belangrik!  In ander woorde, as 'n wedergeborene nie in die Here BLY (in Sy woorde, in Sy wil, Hom ken ens.) nie, kry hy nie die kos en water wat hy nodig het om aan die lewe te bly nie..., - en in so 'n geval stuit dit groei en veroorsaak dat so iemand nie vrug (tot ewige lewe) kan dra nie (en sonder hierdie "vrug vir die ewige lewe"/"vrug tot heiligmaking", sal hy doodgaan...). 

(vir studies oor hierdie onderwerpe, rol asb na heel onder)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Antwoord:  KLERE.

Die mens het klere nodig om sy naaktheid te bedek.

Net soos die uiterlike mens klere nodig het om sy NAAKTHEID te bedek, net so het die innerlike mens "klere" nodig. Bv., die geestelike betekenis van naaktheid in die Skrif gaan oor skaamwees en vernedering... Hierdie bewustheid (van om naak te wees/skaam) is iets wat gekom het met die sondeval en het dus te doen met "is sondig" -  wanneer iemand geestelik "naak" is verwys dit na 'n sondaar. Wedergeborenes is wel soos mense wat "klere aangetrek het" (bv. klere van heil/is met Christus beklee)(hulle skaamte is bedek)(hulle sondes afgewas), maar as hulle hul klere nie bewaar nie of hulle kleed "bevlek", sal hulle hulself in 'n "SKAAM  en/of NAAKTE" posisie eendag bevind wanneer Jesus Christus terugkom... Die wat nie hulle klere bewaar nie, sal soos mense wees wat NIE GEREED is wanneer Jesus terugkom nie (en Hy sal op hulle afkom soos 'n dief in die nag...). 'n Kleed wat met sonde bevlek is, is nie skoon nie - is besoedel/onrein. Die begrippe "verontreinig" en "ontheilig" gaan baiemaal hand in hand;  dus, 'n wedergeborene wat as heilig (afgesonder) gesien word, kan ontheilig word as hy homself verontreinig... 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Antwoord:  ASEM.

Geen mens kan lewe sonder asem nie.

Daarom gaan iemand dood wanneer hy sy laaste asem uitblaas... Net soos die uiterlike mens lewe deur asem, net so kan die innerlike mens nie lewe sonder die ASEM vd Heilige Gees nie.  Die Heilige Gees is soos asem vir die geestelike mens, en dit die rede waarom die geestelike mens LEWE. Net soos 'n baba deur water gebore word en lig/asem nodig het om te kan lewe, net so vind die wedergeboorte plaas deur water en Gees.  Soos die asem wat God gee soos LIG is vir die liggaam, so is die Heilige Gees soos LIG vir die siel. In Biologie leer ons bv. dat lig plante se enigste bron van krag is, en die rede hiervoor is omdat dit lig nodig het om kos te kan produseer. Dit dan die rede waarom dit vir die geestelike mens moontlik is om geestelike kos en water te verwerk en te groei as geestelike mens en vrug te dra. Dus, sonder die asem vd Heilige Gees kan iemand nie geestelike voedsel verwerk nie, en het dus dan geen bron van energie nie. Die asem vd Heilige Gees (die ontvang vd Heilige Gees) is dus die bewegende rede waarom die geestelike mens in die lewe is, en ook waarom hy kan "funksioneer". Daarom, as iemand nie die Gees het nie, is hy nie 'n kind van God nie! Net soos plante het die mens dus LIG (asem/gees) nodig om te kan lewe, en sonder hierdie "asem" (vd Heilige Gees) kan die siel nie groei en vrug dra nie. Maar wat gebeur as 'n wedergeborene (dus, in wie die Heilige Gees is) die Heilige Gees bedroef ? - hy bv. ongehoorsaam is aan die Gees - maw ophou om die Here van wie hy 'n slaaf geword het, te dien;  of bv. verkeerde voedsel en water neem?  Of wat gebeur as die Heilige Gees van hom weggeneem word?  Die geestelike mens kan nie in die lewe bly as die Heilige Gees van hom weggeneem word nie, want die Gees is soos asem vir hom. Net soos die uiterlike mens doodgaan wanneer hy sy laaste asem uitblaas, net so sal die innerlike mens vd geestelike mens doodgaan as die Gees hom verlaat.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) Antwoord:  GROEI.

As saad nie groei nie, kan dit doodgaan.

Gelowiges word somtyds voorgestel soos bome wat GROEI en VRUG DRA (of voorgestel soos saad, lote, takke ens.). As "takke" is ons deel vd groot boom (die koninrkyk vd hemele/God), en as "lote" kan ons nie vrug dra as ons nie in die wynstok (Jesus Christus) bly nie. Net soos 'n boom of stok se vrug geoes word, so sal die gelowige se vrug geoes word wanneer Jesus terugkom;  en die met geen vrug, sal uitgekap en in die vuur gegooi word... GROEI is dus belangrik, want hoe kan 'n boom vrug dra as hy nie groei nie. Selfs jong bome kan vrug dra, ja, maar hy moet steeds die nodige kos en water en lig kry.... Dit is ditto met wedergeborenes. Sonder GEESTELIKE GROEI (wat plaasvind deur geestelike kos en water en lig) kan die wedergeborene nie vrug dra nie. Net soos die mens groei van baba tot volwassene, so groei die geestelike mens (as nuutgeborene) ook van baba en kind tot jongmens, tot volwassene. Die begin vd geestelike mens se lewe word gekenmerk deur die wedergeboorte (water en Gees) - asof iemand van voor af gebore word, en moet nou groei van baba tot volwassene... As hierdie groei nie plaasvind nie dan bly so 'n wedergeborene soos 'n klein kind wat nog nie alles verstaan nie, kennis ontbreek en as gevolg daarvan somtyds verkeerd oordeel, weet nie altyd wat is reg en verkeerd of wat presies van hulle verwag word nie, sukkel om die bose te oorwin, tree baiemaal vleeslik op, ens. "Kinders in die geloof" word maklik bedrieg en besit nog nie die geestesvermoens om altyd goed van kwaad te onderskei nie. As 'n jong Christen nie in die Here bly en Hom leer KEN, maw geestelike kos en water neem nie, dan staan hy die gevaar dat hy geen wortel skiet nie, en kan afval in tyd van versoeking... (kyk gelykenis vd saaier, 2 de groep).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5) Antwoord:  VRUG.

As 'n boom nie vrug dra nie, is tot geen nut.

'n Boom word verder aan sy vrugte geken. Vrug is dus 'n bewys van wat se soort "boom" iemand is (bv. "vrug" getuig of iemand die Here dien of nie)(of gehoorsaamheid aan Jesus se woorde getuig dat iemand in Jesus Christus glo, ens.). Anders gestel, vrug is 'n bewys van wat in iemand se hart (siel) aangaan. "Vrug" verwys tipies na dinge soos hoe iemand praat of optree, hoe hy die Here dien, Hom gehoorsaam ens. Die wedergeborene het die Heilige Gees - sekere vrugte kan bv. as teken dien dat iemand die Heilige Gees het (genoem "vrugte vd Gees"), vrugte wat bestaan in alle goedheid, geregtigheid en waarheid... (bv. liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing...). Vrug is nie net 'n bewys van wat se soort boom iemand is (bv. "geestelike mens") nie, maar is ook nodig om die ewige lewe te beerwe. Hierdie "vrug tot heiligmaking" verwys spesifiek na vrug wat verdien word uit diensbaarheid aan God (bv, dien nie meer die sonde nie, maar dien die Here - Hebr. 6; is 'n slaaf van Christus), en moet nie gesien word as "werke" nie maar eerder soos LOON (loon ontvang vir diensbaarheid aan die Here, bv. het die evangelie verkondig, het barmhartigheid bewys ens...). Hierdie VRUG verwys bv. nie na die wat 'n gedaante van godsaligheid het (die "valses" wat eintlik hulleself dien) nie, maar spesiek na die wat DIE WIL VD HERE DOEN. Slegs die wat die Here se wil doen (die wat in Hom bly) kan hierdie soort vrug dra, maar die wat sonder hierdie vrug sal wees wanneer Jesus terugkom (maw, die "kaf"/die wat geen of nie die nodige vrug dra nie), sal nie kan ingaan in die Koninkryk nie (Luk. 3:17; Joh. 15:6), want "kaf" word met onuitbluslike vuur verbrand... Slegs die wat die wil vd Here doen sal eendag ingaan in die Koninkryk ingaan(Matt. 7:21). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6) Antwoord:  GESONDHEID.

Siekte lei somtyds tot die dood. 

Daar word baiemaal spesifieke terme in die Skrif gebruik om mense se geestestoestand te beskryf;  bv., 'n broeder wat in sonde of ongeregtigheid stap word "SIEK" genoem. So iemand kan maklik genesing ontvang wanneer hy die waarheid hoor (en aanneem). "GEWONDES" is weer meer verwysend na mense wat hulle nie bekeer van sonde en ongeregtigheid nie, al weet hulle wat is die waarheid - diesulkes word dan "gewond" met die doel om hulle terug te roep (want hulle "hoor" nie) - hulle verwys tipies na die opstandiges - die wie se harte verhard is. 'n Voorbeeld hiervan is waar 'n broeder stap in "sonde tot die dood" (sonde kan slegs tot die dood lei as iemand hom nie daarvan bekeer nie - dit word dus "sonde tot die dood" genoem omdat die persoon hom nie daarvan wil bekeer nie). Daar is heelwat sulke sondes (veral verwysend na sondes wat bloedskuld veroorsaak) wat in die Skrif genoem word wat kan veroorsaak dat wedergeborenes uiteindelik nie in die Koninkryk ingaan nie agv hierdie "sondes tot die dood" (1 Kor. 6:10).  SIEKTE kan ook vrug affekteer... - bv., plante kan vrug verloor wanneer hulle siek is. Dit kan ook veroorsaak dat die vrug nie alles bruikbaar is nie of dat dele vd vrug weggesny moet word (bv. as 'n vrug gewond is). 'n Siek plant kan wel steeds vrug dra, ja, maar siekte het beslis 'n invloed op vrug, en kan veroorsaak dat baie vrug verlore gaan. In uiterste gevalle kan siekte selfs die dood van 'n plant veroorsaak!, of veroorsaak dat die wortel vrot (wat somtyds gered kan word, en somtyds nie). Wanneer 'n wedergeborene "siek" is (maw van sonde) beteken dit nie dat hy nie meer kan vrug dra nie, maar hy mag in die proses baie van sy vrug verloor (kyk "gelykenis vd saaier" - 3de groep), en in uiterste gevalle kan sy siekte veroorsaak dat die wortel begin vrot, of hy kan moontlik doodgaan...  Siende elke wedergeborene se vrug geoes word wanneer Jesus terugkom, is dit dus belangrik om vrug te behou! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7) Antwoord:  GROND.

As iemand nie ploeg en saai nie, sal daar niks wees in die oestyd nie.

Die Here is soos water vir die mens, en wanneer grond water kry, bring dit nuttige plante voort... (die "liggaam" kan soos GROND voorgestel word - ons is immers uit grond gemaak). Met die nodige geestelike kos en water (en lig) kan die wedergeborene se grond nuttige plante voortbring, maar wat gebeur as daardie grond nie omgespit word nie en/of die saad onder dorings gesaai word? Wat gebeur as 'n wedergeborene se grond dorings en distels oplewer in plaas van vrug? Met die sondeval het Adam en Eva se ongehoorsaamheid tot gevolg gehad dat die aarde DORINGS EN DISTELS VOORTGEBRING het. Dit het Adam se werk swaarder gemaak, want waar saad saam met dorings opkom sal die dorings veroorsaak dat die saad verstik. Die gevolg van sulke GROND is dat dit ONVRUGBAAR WORD en GEEN RYP VRUG VRA NIE. Net soos die sondeval die oorsaak was van dorings en distels op die aarde, net so veroorsaak sonde "dorings" in die wedergeborene se "grond" (en dit maak beslis lewe moeiliker!).  Dit is nie goed wanneer grond dorings en distels oplewer nie, want dit bring dit naby vervloeking en die uiteinde daarvan is verbranding... (Hebr. 6:8).  Hierdie dorings (in die gelowige se grond) kan veroorsaak dat sy vrug verstik en daar geen vrug later is om te oes nie (kyk "gelykenis vd saaier" - 3de groep), en verwys na dinge soos die sorge vd wereld, verleiding vd rykdom, begeerlikhede i.v.m. ander dinge en genietinge vd lewe... Gelowiges word beveel om hulle grond om te spit en mis te gooi ("braakland te braak"-Jer. 4:3; Hos. 10:12), want as hulle dit nie doen nie sal dorings en distels opskiet (en hulle vrug verstik). Hulle moet "ploeg en saai" en seker maak dat hulle nie onder die dorings saai nie.  Wedergeborenes is deel van die "Here se wingerd" - Hy spit die wingerd om en haal die klippe uit en plant hulle in Sy wingerd - om vrug te dra! (en hierdie vrug sal geoes word wanneer Jesus Christus terugkom). En elke loot wat vrug dra maak Hy skoon om meer vrug te dra. Gelowiges wat nie vrug dra nie maak die grond waarop hulle staan onvrugbaar, en as hulle na "spit en mis" steeds nie vrug dra nie!, sal hulle uiteindelik uitgekap/weggeneem word... (Luk. 13:9; Joh. 15:2). 
____________________________________________________________________________________

GEDAGTE:

SALIGHEID verwys nie net na redding vd "LIGGAAM" (uiterlike mens)(liggaam het redding nodig - Hebr. 9:13; 10:22) nie, maar ook na redding vd "SIEL" (innerlike mens)(siel het redding nodig - 1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22). 

Maar waarvan het die mens redding nodig (bv. vyand, slaafskap)? 
(1) Die dood word gesien soos 'n VYAND (1 Kor. 15:26; Ps. 143:3), want die mens word gebore as 'n "natuurlike mens" en dra "vrugte tot die dood" - 'n mag waaronder hy is waarvan hy moet vry/losgekoop word.  Maar dit verwys nie net na wanneer die uiterlike mens doodgaan nie, maar verwys ook na die "tweede dood" (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word - Openb. 20:14; 21:8; Matt. 10:28). Die wedergeborene kry redding vd dood (deur die komende opstanding wanneer Jesus terugkom). Wedergeborenes word deur Hom uit die mag vd doderyk losgekoop (Hos. 13:14)(die wat goed gedoen het sal dan opstaan tot lewe, en sal nie deur die tweede dood gaan nie;  maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling... - Joh. 5:29; Dan. 12:2)(Openb. 2:11; Openb. 20:6).
(2) Die mens is verder onder SLAAFSKAP gebore (word in sonde gebore) - is 'n slaaf van sonde (dien die sonde). Om 'n vrye te wees het hy nodig om vry te kom van hierdie slaafskap, en nodig om deur iemand anders vry"gekoop" te word. Wedergeborenes word deur Jesus Christus  losgekoop van hierdie slaafskap onder sonde (2 Pet. 2:19; Rom. 7:14,23; Gal. 5:1,13).  In hierdie opsig is wedergeborenes wel VRY (vrygemaak deur die Here)("vrymense"), maar is ook 'n slaaf van die Een wat hulle vrygemaak (gekoop) het! (is m.a.w. slawe van Christus - hulle dien Hom nou... - dien nie die sonde nie, maar dien die Here)(1 Kor. 7:22,23; 1 Pet. 2:16).

Die wat so vrygekoop/vrygemaak is, het hierdie redding (saligheid) verkry deur die wedergeboorte - deur water en Gees;  is (deur Jesus se offer) skoongewas en het die Heilige Gees ontvang (wat deur Jesus uitgestuur word en ook soos vir ons is water is), en nuut gemaak  - is nou 'n nuwe mens - nie meer 'n "natuurlike mens" (gebore uit die saad van Adam) nie, maar is nou 'n "geestelike mens" gebore uit God se saad. Wedergeborenes dra dus nie meer vrugte vir die dood (soos in die geval van natuurlike mense) nie, maar is nou "geestelike mens" wat gebore is uit God en dus vrugte kan dra tot ewige lewe. Maar wat gebeur as 'n wedergeborene weer die sonde begin dien (maw weer 'n slaaf word van sonde)?  Wat gebeur as 'n wedergeborene in wie die Gees is, die Gees bedroef?  Wat gebeur as die Gees (deur wie hy LEWE) van hom weggeneem word? Wat gebeur as hy nie geestelike kos en water neem nie, en dus nie geestelik kan groei nie, en dus geen vrug (tot ewige lewe) kan dra nie?  Wat gebeur as hy die vrug wat hy begin dra (wat vir hom die ewige lewe kan verdien), verloor?  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir skrifte oor bg. onderwerpe kan die volgende url's behandel word: 

KOS EN WATER:
KLERE:

ASEM:

GROEI EN VRUG:

GESONDHEID:

GROND:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 05 April 2020

Die mens gaan nie dood wanneer sy hart stop nie?

Die mens gaan nie dood wanneer sy hart stop nie maar wanneer hy sy laaste asem uitblaas (1 Kon. 17:17; Job 3:11; Gen. 25:8)- ...en dan stop die hart.  Ons weet goed dat solank iemand ASEM het die hart weer aan die gang gemaak kan word, maar sou die asem die liggaam (of meer presies "uiterlike mens") verlaat is dit nie meer moontlik nie en hy moet dan eers die asem terugkry voor sy hart weer aan die gang kan kom. 'n Goeie vb. hiervan is die van die twee toekomstige getuies in Openb. 11:11 - (Openb. 11:11 - "En ná die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het"). Wanneer iemand die asem uitblaas, verlaat die "siel" ("siel" 'n woord wat somtyds gebruik word van die innerlike mens - die mens van binne) die liggaam. Ons sien 'n vb. hiervan in 1 Kon. 17 waar Elia tot die Here bid en vra dat 'n kind se siel in hom terugkeer (1 Kon. 17:21,22).

Asem verander iemand in 'n lewende siel (Gen. 2:7) en dus, sonder asem kan niemand op aarde lewe nie. In ander woorde, "geen dode se siel kan terugkeer sonder ASEM nie", of niemand kan 'n "lewende siel" wees sonder asem nie. Die hart is nie dit wat bepaal of iemand doodgaan of nie maar "asem" is dit (alhoewel die hart wys of iemand nog in die lewe is of nie).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Elke dag bid ons "dankie Here vir 'n nuwe dag" en tereg!, want elke dag is nog 'n dag wat aan die mens geleen word. Die gebore in verganklikheid en sonde verdien nie om te lewe op aarde nie, maar God is barmhartig en uit genade gee Hy aan elkeen asem en 'n kans om te lewe op aarde (asook terloops 'n kans om vir ewig te lewe!). Elkeen se "asem" is in Sy hande, nie in ons hande nie (Job 34:14,15 - "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer"). In ander woorde, hetsy iemand Hom dien of nie dien nie, hy is afhanklik van die Here!, want sonder die asem wat God gee kan niemand lewe nie. (1Sa 2:6 - "Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom")(Rom. 14:9).

Maar Sy genade is baie groter as dit want dit is nie net lewensjare wat aan elkeen geskenk word nie, maar Hy gee ook aan elke mens die kans om vir ewig op aarde te lewe - natuurlik verwysend na die wat Sy voorwaardes nakom, bv. om te glo in Jesus Christus. Vir iemand om vir ewig te kan lewe, moet hy logies gesproke opgewek word siende almal doodgaan, maar niemand kan eendag opwekking tot lewe verkry as hy nie glo in die Een wat die mag het om hom op te wek nie.  Bv., Jesus Christus is die een wat hierdie "opwekking" sal doen (Joh. 6:39-44);  dus, as iemand nie in Hom glo nie, hoe sal hy dan opgewek kan word? En niemand kan hierdie opwekking verkry as hulle sondes nie afgewas is nie, en hierdie afwassing kan nie verkry word deur enige bloedoffer nie. En niemand wie se innerlike vrugte dra vir die dood, kan tog lewe verwag nie!  Slegs die wat die Heilige Gees of die krag vd Heilige Gees ontvang, is instaat om vrug te kan dra tot ewige lewe - en die Een wat hierdie Gees gee is weer-eens, Jesus Christus! M.a.w., niemand kan weergebore word as hy nie glo in die Een wat instaat is om sy sondes weg te was (en aan hom die Heilige Gees te gee nie). So ja!, GELOOF IN JESUS CHRISTUS is dit wat nodig is om eendag vir ewig te kan lewe. Daar is dus 'n groep mense wat (d.m.v. geloof) uitgekies word op hierdie aarde om eendag weer op te staan en vir ewig te lewe. Hulle sal weer "asem" kry...(Eseg. 37:5 - "So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word"). Almal gaan wel dood (verwysend na die uiterlike mens) en almal verdien om deur die tweede dood (oordeel vd hel) te gaan (verwysend na die innerlike mens), maar in Jesus Christus gee die Here elkeen die geleentheid om weer eendag opstanding te verkry (Joh. 5:28) asook vir ewig te lewe en hierdie mense sal die tweede dood (Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8) vryspring.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 22 Februarie 2019

Die mens as Lewende siel

In sommige skrifte word "siel" in die Afrikaans vertaal as "wese", en die woord wese is ook die dieselfde Hebreeuse woord wat in sommige skrifte vir "siel" gebruik word. "Lewende WESE" verwys egter nie altyd na iets wat "op aarde" beweeg en lewe nie.  Daar is baie soorte lewende wesens (m.a.w. "volgens hulle soorte" en het verskillende soorte liggame, en ook nie almal "op aarde" nie)(Gen. 7:23; 1 Kor. 15:39), maar terwyl die woorde "lewende WESE" beide verwys na dit in die vlees (Ps. 8:5; Gen. 9:15,16)(bv. "gees met vlees en bene") of 'n gees (1 Sam. 28:13)(bv. gees sonder vlees en bene), is die woorde "lewende SIEL" ook meer verwysend na dit wat die lewensasem het (ook genoem, "iets waarin 'n lewende siel is" - Gen. 1:30).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Lewende siel verwys na dit wat DIE LEWENSGEES IN HULLE NEUSGATE HET, want "asem" verander iets of iemand in 'n lewende siel (Gen. 7:22,23). Daarom, as iemand die laaste asem uitblaas gaan hy dood en is nie meer 'n lewende siel op aarde nie... - alhoewel dan steeds nog 'n lewende "wese" (m.a.w. gees sonder vlees en bene en wag óf op die komende oordeel óf die opstanding). Die woord LEWENSASEM verwys na "asem in die neus" (Jes. 2:22), m.a.w. die "asem" wat God aan 'n wese gee - wanneer die mens doodgaan, verlaat hierdie asem sy liggaam en dit gaan op boontoe, terug na God wat dit gegee het (Pred. 12:7). (Job 34:14,15 - "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer").

Maar asem ("gees") verwys nie net na letterlike asem waarsonder die uiterlike mens nie kan lewe nie, maar verwys ook na asem waarsonder die innerlike mens nie kan lewe nie (nl. die asem vd Gees)(Job 11:20; Ps. 146:4; Mark. 15:37,39; Luk. 23:46; Ps. 104:29). M.a.w., net soos die uiterlike mens nie kan lewe sonder asem nie net so kan die innerlike mens ook nie lewe sonder die asem van die Heilige Gees nie.  As iemand die Gees van God nie het nie kan sy innerlike gesien word soos iets wat "dood" is (asof nie 'n "lewende" siel).  Maar die wat die Gees van God het, LEWE !  (verwysend na die innerlike-Joh. 6:63; Rom. 8:10 ens.)  (en hulle het ook die belofte van eendag letterlike opstanding van uiterlike, maar natuurlik dan in 'n ander soort liggaam).  Sonder "asem" kan die mens m.a.w. nie 'n lewende siel wees op aarde nie. Sonder letterlike asem (lig/gees) wat God gee kan die uiterlike mens nie lewe nie. Op dieselfde wyse kan die innerlike mens ook nie lewe sonder die asem (die Gees) van God nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


'N LIGGAAM word gesaai'n ASEM (gees) daaraan gegee, EN DIT BRING 'N LEWENDE SIEL VOORT... (Gen. 2:7).

Die woorde "lewende siel" (hier verwysend na die mens as lewende siel) verwys nie net na die uiterlike mens (m.a.w. letterlik liggaam, siel en gees) nie, maar verwys ook na die innerlike mens. Waar iemand uit vlees gebore word, word 'n natuurlike liggaam gesaai (is m.a.w. verganklik)(1 Kor. 15:44,45). Sou iemand egter "uit Gees" gebore word, sou 'n geestelike liggaam gesaai word... (m.a.w. 'n "onverganklike" liggaam). Elke mens word uit vlees gebore en is daarom verganklik want 'n natuurlike liggaam word gesaai, maar die Christen wat weergebore word (gebore uit die Gees) het die belofte van 'n geestelike liggaam (in "die opstanding") omdat hy uit Gees gebore word. Hy staan dus figuurlik gesproke op in 'n nuwe liggaam (Kol. 2:12; 3:1; Ef. 2:6; Rom. 6:4,5), nie 'n liggaam wat die dood voortbring nie maar 'n liggaam wat kan vrug dra tot ewige lewe... Alhoewel die Christen gebore is uit vlees en sy uiterlike daarom verganklik is, lyk hy as LEWENDE SIEL anders as "die natuurlike mens", en word nou al gesien soos "geestelike mense" omdat hulle innerlike vernuwe is. Hulle innerlike "LEWE" en is ONVERGANKLIK want 'n nuwe liggaam is gesaai en hulle het die Gees (asem) van God wat hulle innerlike aan die lewe hou; altans lewe gee! Hulle het ook die belofte van eendag letterlike opstanding in geestelike liggame - 'n natuurlike liggaam is dus wel oorspronklik gesaai, maar 'n geestelike liggaam sal opgewek word!  - 1 Kor. 15).

Die weergeborene het God se saad in hom (1 Joh. 3:8,9) en verkry dus 'n "goddelike natuur" (2 Pet. 1:3,4)(staan op in nuwe liggaam, ontvang die Heilige Gees, en kry 'n "nuwe hart"). As iemand uit Gees gebore is, dan is hy "gees"! (Joh. 3:6; Rom. 5:12,13,19)("in die gees"). Die Christen as LEWENDE SIEL is m.a.w. nie soos die "natuurlike mens" nie, maar is 'n "geestelike mens
-'n NUWE LIGGAAM word gesaai
-'n ASEM daaraan gegee (nl. hy ontvang die Gees), 
-en dit bring 'n LEWENDE siel voort!
_________________________________________________________________________________