Wys tans plasings met die etiket kennis van die Here. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket kennis van die Here. Wys alle plasings

Donderdag 04 Junie 2026

"Wysheid van bo" is nodig om die Here se wil uit te voer

Die WYSHEID VAN BO (Jak. 3:15,17) is anders as "wêreldse wysheid" (1 Kor. 3:19) of "vleeslike wysheid" (2 Kor. 1:12). Om te verstaan wat presies met die woorde "wysheid van bo" bedoel word, met ons natuurlik ten eerste verstaan wat WYSHEID is. Wysheid is bv. nie presies dieselfde as "kennis" nie, alhoewel kennis iemand wys maak... (dus, om wysheid te hê, moet jy kennis bekom, en die woorde wat veral hiervoor gebruik word, is "kennis van die Here").  Die kennis van die Here maak iemand wys.  "Wysheid van bo" word dus baiemaal beskryf as "die kennis van die Here". 

Nie alles KENNIS kom van die Here nie; dus, nie alle wysheid kom van bo nie! 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Waarna verwys "WYSHEID"?

Kom ons kyk na spesifieke voorbeelde in die Skrif van mense wat wysheid gehad het, en waarna "wysheid" in daardie skrifte verwys het:
- Die wat kunstige planne moes uitdink (bv. die persone wat die priesters se klere moes maak-Eks. 28:3; kyk ook Besáleël en Ohóliab - hulle het die snywerk in stene en houtsneewerk gedoen, asook die artikels van goud, silwer en koper vir die tabernakel gemaak...-Eks. 31:3-6), 
-Die wat goed was in woorde (bv. Salomo-1 Kon. 4:32/hy was bekend vir sy wysheidspreuke en liedjies), en  
-Die wie die insig gehad het om 'n goeie oordeel uit te spreek (bv. Salomo-Kon. 3:28; 10:9). Wysheid het o.a. tot gevolg dat reg en geregtigheid kon geskied. (1 Kon. 10:9; 3:28; Ps. 37:30).  Hierdie is die groot rede waarom Salomo wysheid (en kennis) vd Here wou verkry!, is sodat hy die volk kon lei... (geestelike leiers het wysheid van bo nodig). Wysheid is soos 'n rigtingaanwyser (Spr. 1:20-23)
- In 2 Sam. 14:20 verwys die woord wysheid na iemand wat uitgeslape en subtiel is, en dit word in daardie skrif o.a. beskryf as "iemand wat alles weet" - "sien" meer as ander mense (is uitgeslape) en weet hoe om 'n situasie te hanteer (is subtiel). Hulle is goed om prosesse te verstaan... en "sien" gewoonlik die volle beeld, terwyl ander mense dalk net 'n deel van dit sien. 
- Die "kenners vd tye" (1 Kron. 12:20)(kundige insig wat die tye betref, en om te weet wat om te doen - bv. profete/sieners-Es. 6:13; Dan. 5:7), of "kenners vd wet en reg" (Est. 1:13)(wyses en geleerdes, maar verwys natuurlik na die Here se wet en reg, nie wereldse wysheid nie).
- Die wyse en ervare: - die wat wys en ervare is word baiemaal gebruik as leiers (Deut. 1:13), en die rede hiervoor is sodat hulle 'n opdrag van die Here kan uitvoer. Hulle word m.a.w. werk gegee... - in Deut. 1:15-18 was hierdie manne bv. as hoofde onder die volk aangestel spesifiek sodat hulle regsake kon hanteer. Hulle was o.a. bevele (kennis) gegee waardeur hulle onderwerp is aan die Here se insettinge. Die Here se insettinge word o.a. beskryf as "WYSHEID EN VERSTAND" (Deut. 4:6), want Sy insettinge maak ons bekwaam en gee ons insig om te weet wat om te doen. Mense wat die Here se insettinge volg word ook gewoonlik gesien as wys en vertandige mense! (Deut. 4:6), want hulle weet wat om te doen en weet wat gese moet word. So iemand het meer insig en is o.a. instaat om te kan regspreek - deur die "wysheid van bo" (wat o.a. verwys na die Here se insettinge) kan reg en geregtigheid geskied (1 Kon. 10:9; 3:28; Ps. 37:30); bv. Salomo wat wysheid (en kennis) vd Here wou verkry sodat hy die volk kon lei... (geestelike leiers het wysheid van bo nodig). Job 11:6 leer vir ons dat die verborgenhede van wysheid, insig verdubbel!  Wysheid is 'n rigtingaanwyser (Spr. 1:20-23) en kan tot baie waarde wees vir 'n mens - as jy dit hoog hou, sal dit jou verhoor;  as jy dit omhels, sal dit jou eer... (Spr. 4:8) - dit moet gesien word as belangriker as goud, silwer en korale (Spr. 3:13-15)(m.a.w., as jy wysheid wat vd Here af kom, hoog hou, sal dit jou verhoor...). Die insettinge vd Here is 'n teregwysing vir ons - dit is ons wysheid en ons moet dit volg (dan is ons wys!)(Spr. 1:7- "Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug")(Spr. 2:1-10). Dus, die wat kies om verkeerd te doen en nie in die Here se insettinge wil stap nie, word gesien as mense wat nie wys is nie (Spr. 28:26; 29:3). Daarom is die teregwysing belangrik..., want dit is self ook soos wysheid (Spr. 29:15)('n kind wat bv. aan homself oorgelaat is. maak foute omdat hy nie die wysheid geleer is nie). Ons wil dus geleer word en wil dus teregwysing he - dan is ons wys! Anders as aardse wysheid is "wysheid van bo" wysheid wat vd Here af kom.  Die wat Hom gehoorsaam word gesien as "wys en verstandige" mense (hulle het bv. 'n goeie lewenswandel)(Jak. 3:13-15);  MAAR aardse wysheid is niks anders as menslike gebooie nie, en het " 'n het skyn van wysheid ", maar is 'n eiesinnige godsdiens wat nie werklik waarde het nie (Kol. 2:20-23).(1 Kor. 3:19 - "want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is")(1 Kor. 2:4-7). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

Wysheid van bo verwys in wese na wysheid wat van die Here ontvang word (kennis wat jy nodig het om bv. goed te wees met woorde, 'n goeie oordeel te kan uitspreek, kunssinnig wees, bekwaam om te weet wat om te doen, ervare en uitgeslape, watookal - nodig om die wil van die Here te voer). Die kennis van waarheid IS NIE gebooie van mense nie! (Tit. 1:4; 1 Tim. 4:7), maar verwys na kennis van die Here se wil en wet (Rom. 2:20)(m.a.w., "hoe Hy sien en dink"). Dit is belangrik om te verstaan dat solank iemand die waarheid teëstaan, hy nooit tot "kennis van die waarheid" sal kom nie... (2 Tim. 3:7). Wysheid van bo kan slegs verkry word solank iemand sy hoop in die Here en in Sy kennis plaas.

- Die WYSHEID VAN BO het te doen met kennis wat jy nodig OM DIE HERE SE WIL UIT TE VOER.  

- Wêreldse wysheid gaan oor "vleeslike wysheid" (nl. om jou eie wil uit te voer, of die wil van die bose)(word somtyds na vewys as die "kennis van die wêreld", nl.  waardeur iemand vleeslike wysheid verkry...). Wereldse wysheid kan dus o.a. beskryf word as kennis om jou eie wil of die wil van die bose uit te voer (https://warechristene.blogspot.com/2026/04/boom-van-kennis-van-goed-en-kwaad.html). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 08 April 2020

Die waarde van 'n dom en arm mens

Kennis en rykdom het 'n groot invloed op die manier hoe sukses gemeet word. Bv., wanneer iemand besonders slim is word hy gesien as 'n tipe persoon wat nog groot sukses vorentoe in die lewe kan behaal. Oor die eeue was die wat slim is, of die met rykdom, nog altyd hanteer as "meer waardig" omdat hulle meer kan vermag in die lewe.  Selfs in skool word kinders se waarde alreeds bepaal deur toetse en punte;  m.a.w. om te bepaal "hoe slim" hulle is of waartoe hulle instaat is, en dit plaas slim en dom kinders in verskillende klasse. Verdienste reflekteer ook hierdie feit in die samelewing, want slim mense kry gewoonlik "beter" werke wat meer betaal, en ryk mense besit meer omdat hulle in die mag is om dit te doen. Kortom, slim en ryk mense regeer die wêreld! --------Ons verstaan die waarde van 'n slim of ryk mens, maar verstaan ons die waarde van 'n dom of arm mens? 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dom en arm mense het kwaliteite wat in ander kringe gesien kan word as slim en ryk, bv., "die geestelike mens" sien rykdom en slimheid anders as "die natuurlike mens". Persepsie is baiemaal dit wat bepaal, wat gesien word as slimheid of as domheid, en dit bepaal natuurlik iemand se waarde! Sommige meet rykdom aan baie geld en besittings en skatte op die aarde, maar ander meet rykdom aan goeie vrug, ryk in die Here en skatte in die hemel. Sommige meet slimheid aan wêreldse of algemene kennis, terwyl ander dit meet aan hoeveel kennis hulle het vd Here en kennis van Sy wil. Kortom, geestelike mense "sien" anders!  Dit sal ook eendag die "slimmes  en rykes" wees wat saam met Christus sal regeer en die aarde beërwe, maar hierdie slimheid en rykdom verwys nie na wêreldse kennis en rykdom nie, maar verwys na die wat kennis het van die Here en van Sy wil en Sy wil gedoen het, goeie vrug gedra het, ryk is in die Here en skatte in die hemel vergader het, ens.  Inderdaad is dit die slimmes en rykes wat regeer, ja, maar die wat eendag saam met Christus regeer se slimheid en rykdom word anders bepaal...  Jesus het bv. geleer dat die koninkryk vd hemele behoort aan die wat "arm van gees" is (in hierdie wêreld)(Matt. 5:3).  Hy het ook geleer dat baie wat eerste is (m.a.w. "in hierdie wêreld") eendag laaste sal wees! (Mar 10:31)("en die wat laaste is, eerste"!).

Die wêreldse beskrywing van "eerste wees" is ook baie anders as Jesus se beskrywing daarvan  - in  Mark. 10:44 maak Hy die volgende opmerking: "En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees". Hierdie is beslis nie die manier hoe die wêreld "om eerste te wees" verstaan nie;  inteendeel, in die wêreld sal iemand as dom beskou word as sy persepsie van "eerste wees" gaan oor 'n dienskneg mentaliteit, want die wat eerste is in die wêreld wil eerder gedien word as om te dien.  Hier sien hoe verskillend "slimheid" gemeet word.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

Net soos die mens se waarde in hierdie wêreld bepaal word deur rykdom, status, sukses en hoe slim iemand is, op dieselfde wyse word die mens se waarde geestelik bepaal (maar dit hang af hoe jy hierdie dinge beskryf);  bv., dit is nie die trotsaard wat ryk is (in hierdie wêreld) wat eendag die aarde gaan beërwe nie, maar die sagmoedige wat miskien arm is in hierdie wêreld maar ryk in die Here.  In daardie opsig het die arm mens baie meer waarde en word dus anders hanteer, en verdien dus meer!  Arm en dom mense is gewoonlik nederig van gees. Dit is belangriker om sagmoedig te wees met min en sonder eer in hierdie wêreld, as om hoogmoedig en trots te wees a.g.v. wereldse rykdom en eer. Die wat eendag saam met Christus gaan regeer en die aarde beërwe sal inderdaad ook die slimmes en rykes wees, ja, maar hierdie "slimheid en rykdom" word nie gemeet volgens wêreldse standaarde nie. Slegs die wat ryk is in die Here en Hom vrees het geestelike WAARDE. In ander woorde kan die wat as slim bestempeld word in hierdie wêreld as dom gesien word as hulle nie die Here vrees nie. En net so kan die wat ryk is in hierdie wêreld as arm gesien word as hulle nie ryk is in die Here nie.  En onthou, as dit is hoe jy die wêreld sien, dat dom en arm mense nie veel verdien nie, dan is dit logies dat die wat dom en arm is in die Here ook nie iets "verdien" nie en nie eendag die aarde kan regeer nie! Dus, as jy nie ryk is in die Here nie en jy Sy wysheid en tug verag (Spr. 1:7), dan is jy soos 'n arm en dom mens wat nie verdien om deur die Here geseën te word en te erf nie. Hetsy iemand slim of ryk is, wat dus belangrik is is waaruit sy rykdom of kennis bestaan.
-  Waaruit bestaan jou RYKDOM? (het jy wêreldse rykdom?, of is jy ryk in die Here?).
-  Waaruit bestaan jou KENNIS? (vrees jy die wêreld?, of vrees jy die Here?).
Jy mag miskien ryk wees in hierdie wêreld en in die wêreld waarde hê en/of deur mense geëer word en die verdienste geniet wat jy vd wêreld ontvang, maar wat is jou geestelike waarde?  Het jy enige rykdom in die Here?  Vrees jy die Here? Soek jy Sy wil en Sy kennis? Wil jy graag "sien" soos die Here sien?, of is jou begeerte eerder om te sien soos die wêreld sien?  Rykdom "deur die wêreld verkry" beteken niks na die dood; en eer wat iemand vd wêreld ontvang sal uiteindelik verdwyn. Miskien mag jy nog na jou dood op die aarde geëer word, maar as jy nie ryk is in die Here en Hom vrees nie sal jou naam ook uiteindelik vergeet word.

As iemand nie ryk is in die Here nie, en geen kennis het van Hom nie, dan is hy niks anders as soos 'n dom en arm mens (al het hy baie besittings en geld en kennis en eer in hierdie wêreld) - en verdien dus, soos 'n "dom" mens, niks! Maar 'n slim mens wat ryk is in die Here en begeer om ryk te word in Hom, is inderdaad slim! Daarom sal die wenners in hierdie lewe eendag die verloorders wees, en die verloorders die wenners. Wat jy "het" en wat jy "weet" bepaal jou waarde... Die waarde van 'n dom of arm mens in hierdie wêreld maar ryk en vrees vir die Here, is dat hy gesien kan word as iemand wat eendag die aarde kan beërwe...- dit is die mense wat instaat is om "te regeer" en eendag saam met die Here sal kan regeer! (Mat 5:5 - "Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------