Wys tans plasings met die etiket wysheid van bo. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wysheid van bo. Wys alle plasings

Donderdag 04 Junie 2026

"Wysheid van bo" is nodig om die Here se wil uit te voer

Die WYSHEID VAN BO (Jak. 3:15,17) is anders as "wêreldse wysheid" (1 Kor. 3:19) of "vleeslike wysheid" (2 Kor. 1:12). Om te verstaan wat presies met die woorde "wysheid van bo" bedoel word, met ons natuurlik ten eerste verstaan wat WYSHEID is. Wysheid is bv. nie presies dieselfde as "kennis" nie, alhoewel kennis iemand wys maak... (dus, om wysheid te hê, moet jy kennis bekom, en die woorde wat veral hiervoor gebruik word, is "kennis van die Here").  Die kennis van die Here maak iemand wys.  "Wysheid van bo" word dus baiemaal beskryf as "die kennis van die Here". 

Nie alles KENNIS kom van die Here nie; dus, nie alle wysheid kom van bo nie! 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Waarna verwys "WYSHEID"?

Kom ons kyk na spesifieke voorbeelde in die Skrif van mense wat wysheid gehad het, en waarna "wysheid" in daardie skrifte verwys het:
- Die wat kunstige planne moes uitdink (bv. die persone wat die priesters se klere moes maak-Eks. 28:3; kyk ook Besáleël en Ohóliab - hulle het die snywerk in stene en houtsneewerk gedoen, asook die artikels van goud, silwer en koper vir die tabernakel gemaak...-Eks. 31:3-6), 
-Die wat goed was in woorde (bv. Salomo-1 Kon. 4:32/hy was bekend vir sy wysheidspreuke en liedjies), en  
-Die wie die insig gehad het om 'n goeie oordeel uit te spreek (bv. Salomo-Kon. 3:28; 10:9). Wysheid het o.a. tot gevolg dat reg en geregtigheid kon geskied. (1 Kon. 10:9; 3:28; Ps. 37:30).  Hierdie is die groot rede waarom Salomo wysheid (en kennis) vd Here wou verkry!, is sodat hy die volk kon lei... (geestelike leiers het wysheid van bo nodig). Wysheid is soos 'n rigtingaanwyser (Spr. 1:20-23)
- In 2 Sam. 14:20 verwys die woord wysheid na iemand wat uitgeslape en subtiel is, en dit word in daardie skrif o.a. beskryf as "iemand wat alles weet" - "sien" meer as ander mense (is uitgeslape) en weet hoe om 'n situasie te hanteer (is subtiel). Hulle is goed om prosesse te verstaan... en "sien" gewoonlik die volle beeld, terwyl ander mense dalk net 'n deel van dit sien. 
- Die "kenners vd tye" (1 Kron. 12:20)(kundige insig wat die tye betref, en om te weet wat om te doen - bv. profete/sieners-Es. 6:13; Dan. 5:7), of "kenners vd wet en reg" (Est. 1:13)(wyses en geleerdes, maar verwys natuurlik na die Here se wet en reg, nie wereldse wysheid nie).
- Die wyse en ervare: - die wat wys en ervare is word baiemaal gebruik as leiers (Deut. 1:13), en die rede hiervoor is sodat hulle 'n opdrag van die Here kan uitvoer. Hulle word m.a.w. werk gegee... - in Deut. 1:15-18 was hierdie manne bv. as hoofde onder die volk aangestel spesifiek sodat hulle regsake kon hanteer. Hulle was o.a. bevele (kennis) gegee waardeur hulle onderwerp is aan die Here se insettinge. Die Here se insettinge word o.a. beskryf as "WYSHEID EN VERSTAND" (Deut. 4:6), want Sy insettinge maak ons bekwaam en gee ons insig om te weet wat om te doen. Mense wat die Here se insettinge volg word ook gewoonlik gesien as wys en vertandige mense! (Deut. 4:6), want hulle weet wat om te doen en weet wat gese moet word. So iemand het meer insig en is o.a. instaat om te kan regspreek - deur die "wysheid van bo" (wat o.a. verwys na die Here se insettinge) kan reg en geregtigheid geskied (1 Kon. 10:9; 3:28; Ps. 37:30); bv. Salomo wat wysheid (en kennis) vd Here wou verkry sodat hy die volk kon lei... (geestelike leiers het wysheid van bo nodig). Job 11:6 leer vir ons dat die verborgenhede van wysheid, insig verdubbel!  Wysheid is 'n rigtingaanwyser (Spr. 1:20-23) en kan tot baie waarde wees vir 'n mens - as jy dit hoog hou, sal dit jou verhoor;  as jy dit omhels, sal dit jou eer... (Spr. 4:8) - dit moet gesien word as belangriker as goud, silwer en korale (Spr. 3:13-15)(m.a.w., as jy wysheid wat vd Here af kom, hoog hou, sal dit jou verhoor...). Die insettinge vd Here is 'n teregwysing vir ons - dit is ons wysheid en ons moet dit volg (dan is ons wys!)(Spr. 1:7- "Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug")(Spr. 2:1-10). Dus, die wat kies om verkeerd te doen en nie in die Here se insettinge wil stap nie, word gesien as mense wat nie wys is nie (Spr. 28:26; 29:3). Daarom is die teregwysing belangrik..., want dit is self ook soos wysheid (Spr. 29:15)('n kind wat bv. aan homself oorgelaat is. maak foute omdat hy nie die wysheid geleer is nie). Ons wil dus geleer word en wil dus teregwysing he - dan is ons wys! Anders as aardse wysheid is "wysheid van bo" wysheid wat vd Here af kom.  Die wat Hom gehoorsaam word gesien as "wys en verstandige" mense (hulle het bv. 'n goeie lewenswandel)(Jak. 3:13-15);  MAAR aardse wysheid is niks anders as menslike gebooie nie, en het " 'n het skyn van wysheid ", maar is 'n eiesinnige godsdiens wat nie werklik waarde het nie (Kol. 2:20-23).(1 Kor. 3:19 - "want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is")(1 Kor. 2:4-7). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

Wysheid van bo verwys in wese na wysheid wat van die Here ontvang word (kennis wat jy nodig het om bv. goed te wees met woorde, 'n goeie oordeel te kan uitspreek, kunssinnig wees, bekwaam om te weet wat om te doen, ervare en uitgeslape, watookal - nodig om die wil van die Here te voer). Die kennis van waarheid IS NIE gebooie van mense nie! (Tit. 1:4; 1 Tim. 4:7), maar verwys na kennis van die Here se wil en wet (Rom. 2:20)(m.a.w., "hoe Hy sien en dink"). Dit is belangrik om te verstaan dat solank iemand die waarheid teëstaan, hy nooit tot "kennis van die waarheid" sal kom nie... (2 Tim. 3:7). Wysheid van bo kan slegs verkry word solank iemand sy hoop in die Here en in Sy kennis plaas.

- Die WYSHEID VAN BO het te doen met kennis wat jy nodig OM DIE HERE SE WIL UIT TE VOER.  

- Wêreldse wysheid gaan oor "vleeslike wysheid" (nl. om jou eie wil uit te voer, of die wil van die bose)(word somtyds na vewys as die "kennis van die wêreld", nl.  waardeur iemand vleeslike wysheid verkry...). Wereldse wysheid kan dus o.a. beskryf word as kennis om jou eie wil of die wil van die bose uit te voer (https://warechristene.blogspot.com/2026/04/boom-van-kennis-van-goed-en-kwaad.html). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 29 April 2014

Wat het logika daarmee te doen?

In vandag se lewe word enige besluit gekoppel aan "hoe logies dit is".  Die wereld OORDEEL mense bv. op hulle sienings en op wat hulle as LOGIES bestempel.  Mense word ook geoordeel op "kennis" bv. "om reg te eet";  tog verander hierdie "kennis" jaar na jaar en iets wat vandag 'n feit is, is nie meer more so nie, maar almal glo dit vandag!  Mense neem hierdie wereldse kennis aan, omdat dit vir hulle "logies" klink! A.g.v. dieselfde rede begin sommige Christene deelneem aan wereldse praktyke, soos oosterse meditasie en joga, omdat dit vir hulle "logies" klink!  Die skrif noem hierdie soort wysheid, "wereldse wysheid".  Die Here se wysheid is anders as "wereldse wysheid".(Kol 2:20-23) (1Ti 4:1-8). 

Dit klink bv. nie logies dat dit die sonde van die mens is wat die aarde ontheilig nie - mense wil liewer hoor dat dit slegs te wyte is aan een of ander logiese verklaring, as wat hulle wil glo dat die land treur a.g.v. die mens se sonde!  Massas diere gaan dood, wilde diere, voels, visse..., kyk maar na alles wat met aarde gebeur - hoe meer sonde in die land, hoe meer gaan die land treur! (Hos. 4:2,3)(Num. 35:33,34)(2 Sam. 21)(Ps. 106:38)Eseg. 9:9)... Maar alhoewel dit 'n skriftuurlike feit is, is daar selfs baie Christene wat hierdie nie as "logies" gaan bestempel nie!
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Deur die eeue het die groot manne van God,  hulle egter min gesteur aan "logika".  Die besluite wat hulle geneem het, was gekoppel aan die Here se wysheid, aan Sy wil, nie volgens wat hulle self gedink het, of wat vir hulle logies was nie:
- Dit was bv. nie logies dat Moses 'n volk in die wildernis inlei, waar hulle almal moontlik kon sterf nie!  (Inteendeel, baie van die volk het ook nie gedink dit is logies nie:- Eks. 14:12- "Is dít nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe").
-  Dit was nie logies dat Dawid die groot Goliat aangevat het nie... 
-  Dit was nie logies dat die volk die land Kanaan kon inneem met reuse en al nie...
-  Dit was nie logies dat Abraham sy familie verlaat om na 'n vreemde land te gaan nie...
-  Dit was nie logies dat Noag 'n ark gebou het terwyl daar geen teken instoor was van 'n vloed nie...
-  Dit was nie logies dat Stefanus die waarheid op mense afgedwing het terwyl hy geweet het hulle gaan hom stenig nie! 
-  Dit was nie logies dat Paulus in 'n stad vol afgodsbeelde gaan staan en preek het nie!
...........en so kan ons aangaan...

Die feit is, as ons net dit gaan doen wat logies is, dan gaan dit oor hoe "ons dit sien", en nie oor hoe "die Here dit sien" nie.  Moses het die Vader VERTROU, ten spyte van logika.  So ook Dawid, Josua, Abraham, Noag, Stefanus, Paulus...... Om eerder die Here se wil te doen as om te doen wat logies is, kos GELOOF!  Deur gehoorsaam te wees aan die Here en na Sy wil te soek, het hierdie ou "manne van God" gewys dat hulle geloof het en die wysheid van die Here verkies bo logika, maak nie saak wat ander mense gese het en hoe ander die situasie "gesien" het nie.  (Spr. 21:3- "Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers").- Dit moet gaan oor GEHOORSAAMHEID, nie oor om te doen soos ons goeddink nie!  Dit maak dus sin dat Jesus die gelykenis van die onverdienstelike DIENSKNEG vertel het toe die dissipels vir Hom vra, "gee ons meer geloof" (Luk. 17:5-10). Die Christen vir wie die Here se wysheid belangrik is, is soos 'n DIENSKNEG - hy soek DIE WIL VAN DIE HERE, en wil dit doen.  "Logika" is nie vir hom so belangrik nie, maar eerder wat die wil van die Here is.   Die Christen van vandag lyk ook maar baie soos die "volk in die woestyn" - dit gaan oor die manier hoe ons verstaan en "sien".  In die brief aan die gemeente van Laodicense (Openb. 3:14-22), praat Jesus van hierdie "blindheid" en beveel hulle aan "om salf van Hom te koop vir hulle oe sodat hulle kan sien". So "sien" baie Christene "soos die wereld sien":  hulle begeer rykdom, en die lewe het begin gaan oor "bymekaarmaak" (dinge waarteen Jesus ons spesifiek gewaarsku het);  dit gaan oor status, eer, voorspoed, seen, wereldse kennis...ens. 

 "Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind". (Matt. 10:39; 16:25)
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
     DIE CHRISTEN MET DIE "DIENSKNEG  MENTALITEIT", STEUR HOM MIN AAN "WAT LOGIES IS"! - wat vir hom belangrik is,  is die "WIL VAN DIE HERE"!
-(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

-(Mat 12:50)  Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.

-(Joh 5:30)  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
=======================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/wies-nou-eintlik-deur-die-gees-gelei.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/tot-die-sonde-vol-is.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-4.html