Wys tans plasings met die etiket vleeslike wysheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vleeslike wysheid. Wys alle plasings

Donderdag 04 Junie 2026

"Wysheid van bo" is nodig om die Here se wil uit te voer

Die WYSHEID VAN BO (Jak. 3:15,17) is anders as "wêreldse wysheid" (1 Kor. 3:19) of "vleeslike wysheid" (2 Kor. 1:12). Om te verstaan wat presies met die woorde "wysheid van bo" bedoel word, met ons natuurlik ten eerste verstaan wat WYSHEID is. Wysheid is bv. nie presies dieselfde as "kennis" nie, alhoewel kennis iemand wys maak... (dus, om wysheid te hê, moet jy kennis bekom, en die woorde wat veral hiervoor gebruik word, is "kennis van die Here").  Die kennis van die Here maak iemand wys.  "Wysheid van bo" word dus baiemaal beskryf as "die kennis van die Here". 

Nie alles KENNIS kom van die Here nie; dus, nie alle wysheid kom van bo nie! 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Waarna verwys "WYSHEID"?

Kom ons kyk na spesifieke voorbeelde in die Skrif van mense wat wysheid gehad het, en waarna "wysheid" in daardie skrifte verwys het:
- Die wat kunstige planne moes uitdink (bv. die persone wat die priesters se klere moes maak-Eks. 28:3; kyk ook Besáleël en Ohóliab - hulle het die snywerk in stene en houtsneewerk gedoen, asook die artikels van goud, silwer en koper vir die tabernakel gemaak...-Eks. 31:3-6), 
-Die wat goed was in woorde (bv. Salomo-1 Kon. 4:32/hy was bekend vir sy wysheidspreuke en liedjies), en  
-Die wie die insig gehad het om 'n goeie oordeel uit te spreek (bv. Salomo-Kon. 3:28; 10:9). Wysheid het o.a. tot gevolg dat reg en geregtigheid kon geskied. (1 Kon. 10:9; 3:28; Ps. 37:30).  Hierdie is die groot rede waarom Salomo wysheid (en kennis) vd Here wou verkry!, is sodat hy die volk kon lei... (geestelike leiers het wysheid van bo nodig). Wysheid is soos 'n rigtingaanwyser (Spr. 1:20-23)
- In 2 Sam. 14:20 verwys die woord wysheid na iemand wat uitgeslape en subtiel is, en dit word in daardie skrif o.a. beskryf as "iemand wat alles weet" - "sien" meer as ander mense (is uitgeslape) en weet hoe om 'n situasie te hanteer (is subtiel). Hulle is goed om prosesse te verstaan... en "sien" gewoonlik die volle beeld, terwyl ander mense dalk net 'n deel van dit sien. 
- Die "kenners vd tye" (1 Kron. 12:20)(kundige insig wat die tye betref, en om te weet wat om te doen - bv. profete/sieners-Es. 6:13; Dan. 5:7), of "kenners vd wet en reg" (Est. 1:13)(wyses en geleerdes, maar verwys natuurlik na die Here se wet en reg, nie wereldse wysheid nie).
- Die wyse en ervare: - die wat wys en ervare is word baiemaal gebruik as leiers (Deut. 1:13), en die rede hiervoor is sodat hulle 'n opdrag van die Here kan uitvoer. Hulle word m.a.w. werk gegee... - in Deut. 1:15-18 was hierdie manne bv. as hoofde onder die volk aangestel spesifiek sodat hulle regsake kon hanteer. Hulle was o.a. bevele (kennis) gegee waardeur hulle onderwerp is aan die Here se insettinge. Die Here se insettinge word o.a. beskryf as "WYSHEID EN VERSTAND" (Deut. 4:6), want Sy insettinge maak ons bekwaam en gee ons insig om te weet wat om te doen. Mense wat die Here se insettinge volg word ook gewoonlik gesien as wys en vertandige mense! (Deut. 4:6), want hulle weet wat om te doen en weet wat gese moet word. So iemand het meer insig en is o.a. instaat om te kan regspreek - deur die "wysheid van bo" (wat o.a. verwys na die Here se insettinge) kan reg en geregtigheid geskied (1 Kon. 10:9; 3:28; Ps. 37:30); bv. Salomo wat wysheid (en kennis) vd Here wou verkry sodat hy die volk kon lei... (geestelike leiers het wysheid van bo nodig). Job 11:6 leer vir ons dat die verborgenhede van wysheid, insig verdubbel!  Wysheid is 'n rigtingaanwyser (Spr. 1:20-23) en kan tot baie waarde wees vir 'n mens - as jy dit hoog hou, sal dit jou verhoor;  as jy dit omhels, sal dit jou eer... (Spr. 4:8) - dit moet gesien word as belangriker as goud, silwer en korale (Spr. 3:13-15)(m.a.w., as jy wysheid wat vd Here af kom, hoog hou, sal dit jou verhoor...). Die insettinge vd Here is 'n teregwysing vir ons - dit is ons wysheid en ons moet dit volg (dan is ons wys!)(Spr. 1:7- "Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug")(Spr. 2:1-10). Dus, die wat kies om verkeerd te doen en nie in die Here se insettinge wil stap nie, word gesien as mense wat nie wys is nie (Spr. 28:26; 29:3). Daarom is die teregwysing belangrik..., want dit is self ook soos wysheid (Spr. 29:15)('n kind wat bv. aan homself oorgelaat is. maak foute omdat hy nie die wysheid geleer is nie). Ons wil dus geleer word en wil dus teregwysing he - dan is ons wys! Anders as aardse wysheid is "wysheid van bo" wysheid wat vd Here af kom.  Die wat Hom gehoorsaam word gesien as "wys en verstandige" mense (hulle het bv. 'n goeie lewenswandel)(Jak. 3:13-15);  MAAR aardse wysheid is niks anders as menslike gebooie nie, en het " 'n het skyn van wysheid ", maar is 'n eiesinnige godsdiens wat nie werklik waarde het nie (Kol. 2:20-23).(1 Kor. 3:19 - "want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is")(1 Kor. 2:4-7). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

Wysheid van bo verwys in wese na wysheid wat van die Here ontvang word (kennis wat jy nodig het om bv. goed te wees met woorde, 'n goeie oordeel te kan uitspreek, kunssinnig wees, bekwaam om te weet wat om te doen, ervare en uitgeslape, watookal - nodig om die wil van die Here te voer). Die kennis van waarheid IS NIE gebooie van mense nie! (Tit. 1:4; 1 Tim. 4:7), maar verwys na kennis van die Here se wil en wet (Rom. 2:20)(m.a.w., "hoe Hy sien en dink"). Dit is belangrik om te verstaan dat solank iemand die waarheid teëstaan, hy nooit tot "kennis van die waarheid" sal kom nie... (2 Tim. 3:7). Wysheid van bo kan slegs verkry word solank iemand sy hoop in die Here en in Sy kennis plaas.

- Die WYSHEID VAN BO het te doen met kennis wat jy nodig OM DIE HERE SE WIL UIT TE VOER.  

- Wêreldse wysheid gaan oor "vleeslike wysheid" (nl. om jou eie wil uit te voer, of die wil van die bose)(word somtyds na vewys as die "kennis van die wêreld", nl.  waardeur iemand vleeslike wysheid verkry...). Wereldse wysheid kan dus o.a. beskryf word as kennis om jou eie wil of die wil van die bose uit te voer (https://warechristene.blogspot.com/2026/04/boom-van-kennis-van-goed-en-kwaad.html). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------