Wys tans plasings met die etiket ongehoorsames. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ongehoorsames. Wys alle plasings

Dinsdag 04 April 2017

Aan wie word die gees van dwaling gestuur?

Iets wat kenmerkend is van die laaste dae (soos wat vir ons in 2 Thess. 2:11 beskryf word) is dat baie mense op 'n dwaalspoor sal gaan,  en   DIE   LEUEN   SAL   GLO  .  Dit beteken dat baie wat glo hulle "sien reg", sien eintlik verkeerd!  Kan dit moontlik wees?  Ja. Hierdie feit word in verskeie skrifte bevestig. Die manier hoe "dwaling" beskryf word in die Skrif, het te doen met mense wat BEDRIEG word om 'n verdraaide waarheid of onwaarheid te glo. Dwaling kom deur die valse leraars of valse profete, valse herders..., en diesulkes word voorgestel as "slu" en "listig" (Ef. 4:14),  Maar dit is 'n sekere soort mens wat vir hulle leuens val, en hierdie mens (of "gelowige") word vir ons baie goed beskryf in die Bybel. Wanneer ons praat oor die onderwerp van "dwaal", dan is dit ook interessant om te sien hoe hierdie onderwerp inskakel by die kwessie van "WIE DIT IS VIR WIE ONS RAADPLEEG" (wanneer ons bv. antwoorde soek). Ware gelowiges SOEK die Here en raadpleeg Hom, maar die afvalliges sal onder oordeel val omdat hulle Hom nie soek nie, en Hom nie raadpleeg nie... (Sef. 1:6; Hebr. 10:38).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Volgens 1 Joh. 4:6 is dit die wat nie regtig die Here KEN nie wat vir so 'n dwaling val...
(1Jn 4:6 - "Ons (m.a.w., dienaars vd Here) is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling").  Dit is deur DIE WAARHEID wat ons kan onderskei tussen of 'n lering uit die Gees van God is, en of dit 'n dwaallering is. Verder is dit ook juis op hierdie manier wat ons sien wie regtig die Here ken!, want die wat kies om nie ag te gee op die waarheid nie, of nie ag te gee op Jesus Christus se leringe nie, of nie ag gee op Sy koninkryk leringe nie..., wys dat hulle Hom nie werklik ken nie - en dit is hulle wat val vir dwaalleringe.

Jesus Christus het ook hierdie feit bevestig in Joh 15:14 - "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel".  Vir die wat werklik die Here KEN is dit dus glad nie moeilik om te onderskei watter prediker (leermeester, profeet, herder...) die Gees van die waarheid het, en wie onder die gees van dwaling is nie.  Ons moet kennis neem dat "dwaling" spesifiek gestuur word aan die wat wel die waarheid hoor, maar dit verwerp!  So, dit verwys geensins na die wat onkundig is nie..., maar verwys na die wat KIES om NIE GEHOORSAAM te wees nie.  Daar is heelwat voorbeelde in die Skrif van "gelowiges" wat ongehoorsaam was aan die Here.  Koning Agab was so 'n vb. en is juis (deur die Here) blootgestel aan 'n leuengees omdat hy gekies het om nie ag te gee op die woorde van ware dienaars van die Here (soos Miga) nie, maar hy was heel tevrede met sy 400 sieners ("profete") wat net goeie dinge met hom gespreek het! - dinge wat hy graag wou hoor.  In die N.T. word ook verwys na mense soos koning Agab, en word beskryf as die wat nie ag gee op die gesonde leer nie, maar vir hulle leermeesters vergader om hulle in die gehoor te streel...(2 Tim. 4:3) Op dieselfde wyse het koning Agab nie van die profeet (siener) Miga gehou nie (en hom terloops gehaat) omdat Miga vir hom woorde van die Here gegee het WAT HY NIE WOU HOOR NIE (1Kon. 22:8). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Daar is verskillende maniere waarop die Here mense antwoord wanneer hulle Hom raadpleeg - in die O.T. was dit bv. veral deur drome, of deur die Urim, of deur die profeet (1 Sam. 28:6; 1 Kon. 22:5,6; 2 Kon. 8:8; Jer. 21:2; 37:4,7...).  Profete was oorspronklik sieners genoem deur die mense van Israel en baiemaal, as iemand die Here wou raadpleeg, het hy na die siener (profeet) gegaan (1 Sam. 9:9)(of na die priester gegaan). Die siener se antwoord was onderwerp aan die Here se antwoord, en as die Here niks antwoord nie, dan het die siener ook nie 'n antwoord nie! Sommige van die wat sieners was in die O.T., was egter nie opreg nie en het geprofeteer volgens dit wat mense wil hoor (soos vb. hierbo-1 Kon. 22:8-13)(hulle het m.a.w. uit hulleself geprofeteer)- soos die "valse profeet" - hy gee voor dat sy woorde van die Here kom, maar dit is nie.   

Maar ook nie almal wat "sieners" is in hierdie wêreld, is natuurlik sieners van die Here nie - m.a.w. nie alle sieners raadpleeg die Here nie.  Daar is bv. "sieners" wat die dooies raadpleeg, en daar is die wat afgode raadpleeg (2 Kon. 1:2), en die wat geeste wat waarsê, raadpleeg (Jes. 8:19).  Gelowiges word beveel om niks met sulke sieners te doen te he nie (Deut. 18:11; 2 Kon. 1:16; Hos 4:12; Jes. 8:19). WIE dit is vir wie ons raadpleeg wys in wie ons ons hoop plaas. Waar kinders van die Here bv. hulle hoop plaas in afgode/afgodspraktyke of dooies of ander geeste, word hulle (geestelik) gesien as "mense wat hoereer" (want hulle verbreek hulle verbintenis met die Here, en verbind hulle aan 'n ander...)(Hos. 4:12). Daar is vandag baie vb.e hiervan onder sekere gelowiges wat hulle hoop plaas in afgodspraktyke met die doel "om gesond te word", of vir "geestesgesondheid", of "om balans en behoud in hulle dag te bring"....en allerhande redes - dit is m.a.w. die plek waar hulle gaan RAADPLEEG vir antwoorde. Baie is onkundig en moet tot insig gebring word maar ongelukkig, baie (gelowiges) wat wel kundig word en weet dat hulle moet wegbly van hierdie soort praktyke steur hulle nie daaraan nie maar stap voort in hulle hardkoppigheid. Sulke gelowiges word beskryf as "opstandige kinders" in Jes. 30:1.  Sommige dink selfs dat hulle altwee kante kan raadpleeg, maar diesulkes sal gou uitvind dat die Here Hom nie altyd laat raapleeg deur die wat geestelike hoereer nie (Eseg. 20:1-4,31). En omdat die Here hulle dan nie meer antwoord nie, veroorsaak dit dat hierdie mense nog verder verval (soos met koning Saul gebeur het)(1 Sam. 28:7,16). Daar is vandag massas voorbeelde (en ongelukkig baie getuienisse) van Christene wat hulle hoop in heidense praktyke begin plaas het, en daarvandaan net meer en meer afvallig geword het van die geloof.  Die ongeluk is dat hierdie gelowiges, as hulle hul nie bekeer van hierdie werke nie, die gees van dwaling gestuur kan word omdat hulle nie die Here soek en Hom nie raadpleeg nie (maar elders raadpleeg en vir hulle leermeesters vergader het wat hulle in die gehoor streel). En as hulle hierdie gees van dwaling gestuur word, is dit amper soos 'n vloek!, want dan sal hulle glo hulle is reg terwyl hulle eintlik verkeerd is. 
_________________________________________________________________________________


GEDAGTE:


Verskeie skrifte verwys na 'n "gees van dwaling" sootgelyk aan die wat ons sien in 1 Kon. 22 (vd leuengees wat deur God gestuur is aan die 400 sieners).  Daar is heelwat valse profete in hierdie wêreld wat hierdie dwaling teweeg bring. Dit is die ongehoorsame gelowiges (m.a.w. die wat nie ag gee op die waarheid nie, en vir wie dit gaan oor eie wil en nie oor die wil vd Here nie) wat die gevaar staan om blootgestel te word aan hierdie gees van dwaling, want sonder waarheid is daar geen vastigheid nie. Gelowiges wat ongehoorsaam is aan die waarheid staan die gevaar dat hulle oorgegee word aan die verhardheid van hulle harte sodat hulle in hulle eie planne kan wandel (want dit is wat hulle eintlik wil doen) - dus dan "dwaal in hulle EIE OORLEGGINGE"... (Ps. 81:11,12; Jes. 29:9,14; Rom. 1:21) - dis amper soos 'n vloek!.  Dit verwys na diesulkes wat, alhoewel hulle die waarheid ken, nie daaraan gehoorsaam is nie (Rom. 1:18,20,21,32) en/of die wat afgode RAADPLEEG (m.a.w. raadpleeg en hoereer agter afgode en afgodspraktyke aan)(Hos. 4:12; Rom. 1:23) - en dan stuur God vir hulle die gees van dwaling sodat hulle die leuen GLOHierdie word ongelukkig vandag selfs gesien in sommige Christelike kerke - mense wat NIE DIE GESONDE LEER KAN VERDRA NIE maar inval by hoe die wêreld SIEN en HOOR. Sommige kerke is selfs besig om genadegawes en tyd met die Here te VERVANG met heidense praktyke soos joga en ander vorme van heidense meditasie, genesingspraktyke soos reiki, heidens-herhaling gebedspraktyke soos kontemplatiewe gebed, ens. Sommige is wel onkundig (wat terloops tot insig gebring moet word!), maar baie wat kundig is gee nie ag op die waarheid nie en is ongehoorsaam en stap dus in sonde tot die dood... Hulle is m.a.w. nie besig om die Here te raadpleeg vir antwoorde nie, maar besig om dit elders te soek, en dus besig om geestelik te "hoereer" (2Pe 2:1 - Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring).  In die N.T. is daar 2 skirfgedeeltes wat veral hierdie kwessie besonders aanraak nl. Rom. 1:21-25,28 en 2 Thess. 2:10,11 - sulke gelowiges gee voor dat hulle wys is, maar hulle het dwaas geword in hulle eie oorlegginge (Rom. 1:22), en wat dan gebeur is dat hulle later nie meer SIEN en HOOR nie (Joh. 12:39-43), of later deur die Here oorgegee word aan die begeerlikhede van hulle harte (oorgegee word aan hulle onreinheid)(Rom. 1:24) - dat hulle later dink hulle is reg, al is hulle verkeerd!  Vir so iemand om terug te kom op die pad is baie moeilik, want as hy glo hy is reg, AL IS HY VERKEERD (2 Thess. 2:11), gaan hy hom nie bekeer nie (dit is juis hierdie soort houding wat veroorsaak dat mense vir dwaalleringe val).  Dit veroorsaak dat hierdie gelowiges net meer en meer verval in afvalligheid en op die ou end "doen wat nie betaam nie" (Rom. 1:29-31)... 

- Rom 1:32 - "mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen"     

- 2Pe 3:17 - "Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie".
______________________________________________________________________________

Donderdag 16 Februarie 2017

Waarna verwys "slegte vrugte" werklik?

Matt. 7:17  "So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte"

In konteks het Jesus bg. stelling gemaak in verband met VALSE PROFETE (Matt. 7:15).  
"Slegte vrugte" verwys hier na die vrug van valse profete, of die vrug van slegte "bome" - Matt. 7:17)(m.a.w. verwysend na die vrug van die wat VOORGEE dat hulle die Here ken maar Hom nie werklik KEN nie (Matt. 7:23)), of die wat VOORGEE dat hulle die Here gehoorsaam en na Sy woorde luister, maar nie regtig Sy wil doen nie (Luk. 6:46; Matt. 7:22).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ELKEEN VAN ONS WORD SOOS SAAD IN DIE WERELD GESAAI OM VRUG TE DRA.
http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html . Wanneer Jesus Christus terugkom, sal Hy o.a. kom om hierdie vrug te oes.  Die soort vrug wat elkeen dra sal op die ou end bepaal of hy die ewige lewe ontvang of nie, maar nie alle soorte vrug is "vrug tot heiligmaking" wat vir iemand die ewige lewe gee nie!  Alhoewel hierdie "vrug" ook dinge behels soos goeie dade, optrede, manier van praat ens., moet "vrug" nie gesien word soos werke nie, maar eerder soos "loon", en is dus ook 'n bewys van of iemand 'n goeie of 'n slegte boom is.  Vrug wys hoe iemand se hart lyk.  So verdien die "goeie boom" bv. (goeie) vrug vir die ewige lewe wanneer hy die evangelie verkondig, m.a.w. dit is "loon" vir sy "werk" maar nie die soort werke wat in eie naam geskied nie, maar werke uit gehoorsaamheid aan die Here - werke wat bewys wat in sy hart aangaan en wys dat hy 'n goeie boom is.  Maar 'n slegte boom wat probeer om goeie vrug te dra; m.a.w. die wat dink dat vrug gaan oor "werke" en hulleself voordoen as goed terwyl hulle eintlik sleg is , sal nie daardie soort vrug dra wat vir hulle die ewige lewe besorg nie, want hulle dade en woorde sal gou bewys wat in hulle hart aangaan.  Doen hulle bv. die dade vir eie eer?, of doen hulle dit uit gehoorsaamheid aan die Here? Baie dade wat gesien word as goed, is nie noodwendig vrug tot heiligmaking nie!  En hier moet ons verstaan dat ons nou spesifiek praat van die wat bely dat hulle gelowig is, want baie wat "gelowig" is, gee dit slegs voor.  Ongehoorsaamheid is bv. 'n bewys dat iemand nie gelowig is nie.  Die wat nie die waarheid liefhet nie, bewys dat hulle nie regtig daarin glo nie. Die wat nie die Here raadpleeg nie, bewys dat hulle nie hul hoop in Hom plaas nie.......  BAIE BELY DAT HULLE GLO, MAAR VERSTAAN HULLE WAT "GELOOF" REGTIG BETEKEN?  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dit is nie altyd maklik om die wat VOORGEE dat hulle gelowig is te onderskei van die wat wel gelowig is nie, maar met die tyd word hulle vrug wel sigbaar.  Net soos die geval van onkruid tussen die koring (in die natuur), is dit moeilik om te onderskei tussen wat is onkruid en wat is koring wanneer altwee nog jonk is, maar wanneer in vrug is dit maklik! Slegte bome word deur die duiwel "onder die koring gesaai" (vgl. dit met die gelykenis v/d koring en die onkruid). Ons kan ook die tema van "onkruid" en "die wat slegte vrugte dra" vgl. met die tema van "geveinsdes".  Jesus het bv. sommige van die Skrifgeleerdes en Fariseers "geveinsdes" genoem (wat beteken "akteurs").  Hulle het VOORGEGEE dat hulle gelowig is, maar het nie regtig die Vader GEKEN nie! Hulle het voorgegee dat hulle in die Vader se wil optree en Sy waarheid verkondig en deur Hom gestuur word, maar het nie eens behoorlik die wette verstaan nie en het eintlik maar net hulle eie wil gedoen - hulle vrug het dit bewys toe hulle die Een wat deur die Vader gestuur is, nl. Sy Seun (nl. die Here Jesus Christus), verwerp. En ook het hulle Sy waarheid verwerp! Hoe kan 'n gelowige wat bely dat hy die Vader KEN, nie Sy Seun ontvang nie???, want as hy die Vader geken het, dan sal hy Sy seun ook (er)ken! (Joh. 8:19).  Alhoewel ons beveel word om nie nou al die onkruid uit te trek nie (sodat ons nie perongeluk koring saam uittrek nie), word ons wel beveel om versigtig te wees vir die suurdeeg van die slegte bome. Ons moet kan onderskei sodat die hele deeg nie suur word nie.  Met die Here Jesus Christus se wederkoms sal die "onkruid' bymekaargemaak en met vuur verbrand word. ("Onkruid" verwys na die wat "slegte vrugte" dra - hulle dra nie die vrug tot heiligmaking nie - hulle dra nie vrug vir die ewige lewe nie...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Gelowiges" wat bely dat hulle die Here KEN en van Hom hoor, maar Sy Woord en waarheid verwerp, is vals! - hulle is "voorgee-gelowiges".  Heelwat Skrifgeleerdes en Fariseers het gedink dat hulle slim is en "iets weet", maar hulle wysheid was gegrond in hulle eie oorlegginge, net soos daar vandag ook baie "gelowiges" is wat voorgee dat hulle glo, maar hulle vrug teen hulle getuig wanneer hulle wereldse wysheid bo die Here Jesus Christus se woorde kies - mense wat in opstand kom teen die waarheid wat Christus verkondig het, dit verdraai of nie gehoorsaam is daaraan nie, of Sy leringe afmaak as outyds...  Hulle gee voor dat hulle Christene is, maar Sy woorde dra geen krag vir hulle nie?? 
(Luk 6:46 - "En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE: 


Dus verwys "slegte vrugte" na die vrug van die wat nie die wil van die Vader doen nie - dus "die wat nie na die Here Jesus se woorde luister nie en nie doen wat Hy hulle sê om te doen nie" (Luk. 6:46).  Baie tree op in die Here se Naam asof Hy hulle gestuur het, bv. profeteer, dryf duiwels uit en doen kragte in die Here se Naam, maar is nie deur Hom gestuur nie - Matt. 7:22. In werklikheid is hulle soos akteurs (hulle is "voorgee-gelowiges") wat nie die wil van die Vader doen nie, maar hulle eie wil (Matt. 7:21). Daar was bv. ook heelwat valse profete in die O.T. wat nie na die wil van die Here gesoek het nie, maar geprofeteer het uit eie wil.  Hulle het slegs VOORGEGEE dat hulle die Here KEN.  Die doel v/d slegte boom wat voorgee, is OM MENSE TE VERLEI EN TE MISLEI ! (Matt. 24:11,24). Sommige doen selfs tekens en wonders met die doel om te mislei (sodat mense liewer in hulle glo as in die waarheid) - dit is m.a.w. "opsetlike misleiding".  En soos ons goed weet, is hierdie ook 'n kenmerk van die duiwel self - daarom word hy vgl. met 'n slang.  Daar is heelwat "slange" in die Christelike kerk wat in plaas van die waarheid, hulle eie verdraaide leringe verkondig - hulle kom in opstand teen die waarheid en is eintlik besig met afgodsdiens (want eiesinnigheid is afgodsdiens). Hulle bedoelinge is om ander mense se oe op hierdie "afgode" te plaas in plaas van op die Here;  kyk bv. hoeveel Christene is eerder besig om 'n getuienis te wees vir heidense praktyke en wereldse wysheid in plaas van om ander te vertel van die Here en Sy leringe...  WAT IS JOU GETUIENIS?  Wat se soort vrug dra jy? 

Is jy besig om heidense praktyke te verkondig, of is jy besig om die Here te verkondig?  Is jy besig om wereldse wysheid te verkondig, of die Here Jesus Christus se leringe?  Die valse profeet is bv. ook 'n valse leraar (2 Pet. 2:1,2).  Die gelowige wat optree asof hy deur die Here gestuur word, maar hom nie steur aan "wat is WAARHEID" nie, is duidelik nie deur die Here gestuur nie! Iemand se vrug bewys of hy gehoorsaam is aan die Here of nie.  Die wat nie ag gee op die Here Jesus Christus se leringe nie, maar eerder wereldse geloofswysheid verkondig of valse en verdraaide leerstellings, se vrug getuig daarvan dat hulle nie onderdanig is aan Hom nie en nie die Vader se wil doen nie. In beide Matt. 7 en Luk. 6 word die opregte boom, wat anders as die slegte boom wys en verstandig is, geskets as die wat NA DIE HERE JESUS SE WOORDE LUISTER en DIT DOEN. Voorgee-gelowiges aan die ander kant, is die wat NIE na die Here Jesus se woorde luister nie en NIE gehoorsaam is aan Hom nie. Hulle volg hulle eie wysheid en doen wat hulle wil.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 13:30)  Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

GELOOF: