Wys tans plasings met die etiket koring en onkruid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket koring en onkruid. Wys alle plasings

Woensdag 25 Maart 2026

Is geestelike groei belangrik?

Wanneer dit kom by die tema van GEESTELIKE GROEI wonder mense baiemaal of dit sommer net 'n onderwerp is wat deur sommige kerke opgemaak is met die doel om jou onder "werke" te plaas, maar die waarheid is dat hierdie tema iets is waaroor Jesus baie gesels het.  Hy het nou nie noodwendig die spesifieke woorde "geestelike groei" gebruik nie, maar Hy het baie oor hierdie onderwerp uitgebrei, o.a. oor hoe belangrik dit is om vrug te dra - ook 'n paar van Sy verhale gaan juis oor hierdie tema... (bv., die gelykenis vd saaier/Matt. 13:1-23). Hy't Homself o.a. voorgestel as die ware wynstok, en ons die lote... (soos lote wat GROEI en vrug dra)(Joh 15:1,2 - "Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra"). In Sy woorde kan ons sien hoe belangrik Hy GEESTELIKE GROEI (nl. in die Here) ag (want as 'n loot/boom nie groei nie, kan hy nie vrug dra nie). In die eerste gemeentes was hierdie beslis ook gepreek, bv. kyk hoe Johannes die gemeente daar aanspreek..., nl. dat hy sommige kinders noem, ander jongmanne, en ander vaders (1 Joh. 2:13,14). Paulus het ook na die lidmate vd gemeente van Korinthe verwys op hierdie manier, en hulle "babas" genoem. Hierdie manier van praat wys hoe ver iemand geestelik gegroei het...  Ook Petrus het hierdie soort woorde gebruik, nl. dat ons verlange na die onvervalste woord moet wees, soos pasgebore kindertjies verlang na melk, en l.w. die woorde daar geskryf "DAT JULLE DAARDEUR KAN OPGROEI" (1Pe 2:1,2). In die boek van Korinthiers beskryf Paulus die kinders vd Koninkryk soos iets wat "geplant" word - hierdie is o.a. die werk vd dienaar vd Here, ook dat hulle hierdie "plante" moet natmaak..., en hy verklaar terloops dat God die een is "wat laat groei" - ook in hierdie gedeelte word die koninkryk van God voorgestel soos 'n "akker van God" (soos 'n plaas)(1Kor. 3:5-9). Vgl. dit gerus met ander soort beeldspraak in die Skrif, soos dat ons vir ons 'n braakland moet braak, en in Jes. 5 word die huis van Israel voorgestel soos die Here se wingerd.  

Die gemeente van Efese was ook aangemoedig om te GROEI in die Here... (Ef. 4:15) - ook in hierdie brief wil Paulus hê dat hulle groei tot "volwasse" mense (natuurlik het hy nie hier verwys na die fisiese, nl. die uiterlike mens, nie)(Ef. 4:13). Hy maak die vgl. dat "kinders" maklik soos golwe heen en weer geslinger word deur die wind van lering, en maklik bedrieg kan word... (vir 'n studie oor geestelik babas/kinders in die Here, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2021/03/die-geestelike-mens-as-baba-en-kind.html). "Kinders" (die wat nog nie veel gegroei het in die Here nie) is nog onervare in die woord van geregtigheid (hulle het nog melk nodig);  aan die ander kant is die leraar iemand wat al verder gegroei het... (en kan vaste spys eet)(Hebr. 5:12,13). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die Christelike kerk word terloops ook voorgestel soos 'n liggaam met afsonderlike lede, wat terloops "groei" (Ef. 4:16)(nie soseer in lidmate nie, maar in "vrug"). In die gelykenis wat Jesus vertel het vd "koring en onkruid", word die volgende stelling gemaak:  (Matt. 13:30 - "Laat altwee saam groei tot die OES toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur") - ook in hierdie gelykenis word die mens vgl. met plante, nl. met "koring" (wat verwys na weergeborenes) en "onkruid" (wat "saamgroei" in die kerk). Onkruid "groei" saam met die koring in die kerk, maar nie almal dra die vrug van koring nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Ons liggame is immers van grond gemaak!, en die innerlike mens word baiemaal op hierdie manier voorgestel, soos saad wat in grond geplant word, en groei en vrug dra... Die einde vd wêreld word o.a. gekenmerk aan 'n paar oeste, o.a. sal weergeborenes se vrug geoes word wanneer Jesus Christus terugkom (Luk. 10:2). VRUG wys gewoonlik wat se soort plant of boom iets is - op ditto wyse is dit vrug wat wys wie onder die kinders van die Koninkryk weergebore (koring) is, en wie nie (onkruid).  Die konteks waarin GEESTELIKE GROEI gewoonlik in die Christelike gebruik word, is natuurlik om te "groei in die Here"/Ef. 4:15, maar ons moet verstaan dat nie alle soorte "geestelike groei" verwys na "groei in die Here" nie.  Vrug getuig bv. nie net van wat se soort boom iemand is, (nl. natuurlike of geestelike mens) nie, maar ook van "hoe" iemand geestelik groei...  Bv., almal dra ongelukkig nie goeie vrug (bv. vrug tot lewe) nie... (maar sommige dra slegte vrug, bv. valse profete). 

Sonder vrug tot lewe kan niemand die (ewige) lewe oes nie!, maar groei is belangrik voor iemand vrug kan dra; dus, "hoe iemand bou" (hoe hy groei - bv., wat se soort geestelike kos en water hy kry, en of hy geestelike oefeninge doen) bepaal wat se soort vrug hy gaan dra. Op dieselfde wyse is dit "vrug" wat wys WIE GROEI, EN WIE NIE - vgl. dit met Johannes se woorde waar hy die kinders vd Koninkryk vgl. met óf kaf óf koring ("koring" verwys na die wat vrug dra, maar "kaf" verwys na die wat nie vrug dra nie, en is dus die wat uitgegooi/verbrand sal word - vgl. dit gerus ook met die tweede groep in die gelykenis vd saaier, nl. die wat nie wortel het nie - hulle groei nie!). DIT IS M.A.W. NET SO GEVAARLIK OM "SONDER VRUG" OP TE EINDIG, AS WAT DIT IS OM SLEGTE VRUG TE DRA. Die wat nie vrug dra nie is soos KAF..., en Jesus het op 'n ander geleentheid ook hieroor gepraat, nl. dat elke loot wat nie vrug dra nie, weggeneem word (Joh. 15:1,2). 

- GEESTELIKE GROEI "IN DIE HERE" IS BELANGRIK!, WANT HOE KAN JY VRUG DRA AS JY NIE GROEI NIE?  
- MAAR HOE JY GROEI IS OOK BELANGRIK!   WAT SE SOORT GEESTELIKE KOS EN WATER NEEM JY?  EN DOEN JY GEESTELIKE OEFENINGE?  - hierdie dinge is belangrik vir geestelike groei in die Here;  bv., as jy gaan eet by ander bronne kan jy nie verwag om "in die Here" te groei nie (dan kan jy nie verwag om soos Hy te "sien" en "dink" nie). Natuurlik is dit belangrik wat se soort geestelike kos en water (wat terloops nodig is vir groei) jy neem, want as jy die verbode "vrugte" eet, sal jy die dood oes. As jy gaan drink by ander bronne (maw, afgode aanbid of raadpleeg), dan kan jy nie verwag om "in die Here" te groei nie (in so 'n geval is jy besig om geestelik te hoereer).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Donderdag 16 Februarie 2017

Waarna verwys "slegte vrugte" werklik?

Matt. 7:17  "So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte"

In konteks het Jesus bg. stelling gemaak in verband met VALSE PROFETE (Matt. 7:15).  
"Slegte vrugte" verwys hier na die vrug van valse profete, of die vrug van slegte "bome" - Matt. 7:17)(m.a.w. verwysend na die vrug van die wat VOORGEE dat hulle die Here ken maar Hom nie werklik KEN nie (Matt. 7:23)), of die wat VOORGEE dat hulle die Here gehoorsaam en na Sy woorde luister, maar nie regtig Sy wil doen nie (Luk. 6:46; Matt. 7:22).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ELKEEN VAN ONS WORD SOOS SAAD IN DIE WERELD GESAAI OM VRUG TE DRA.
http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html . Wanneer Jesus Christus terugkom, sal Hy o.a. kom om hierdie vrug te oes.  Die soort vrug wat elkeen dra sal op die ou end bepaal of hy die ewige lewe ontvang of nie, maar nie alle soorte vrug is "vrug tot heiligmaking" wat vir iemand die ewige lewe gee nie!  Alhoewel hierdie "vrug" ook dinge behels soos goeie dade, optrede, manier van praat ens., moet "vrug" nie gesien word soos werke nie, maar eerder soos "loon", en is dus ook 'n bewys van of iemand 'n goeie of 'n slegte boom is.  Vrug wys hoe iemand se hart lyk.  So verdien die "goeie boom" bv. (goeie) vrug vir die ewige lewe wanneer hy die evangelie verkondig, m.a.w. dit is "loon" vir sy "werk" maar nie die soort werke wat in eie naam geskied nie, maar werke uit gehoorsaamheid aan die Here - werke wat bewys wat in sy hart aangaan en wys dat hy 'n goeie boom is.  Maar 'n slegte boom wat probeer om goeie vrug te dra; m.a.w. die wat dink dat vrug gaan oor "werke" en hulleself voordoen as goed terwyl hulle eintlik sleg is , sal nie daardie soort vrug dra wat vir hulle die ewige lewe besorg nie, want hulle dade en woorde sal gou bewys wat in hulle hart aangaan.  Doen hulle bv. die dade vir eie eer?, of doen hulle dit uit gehoorsaamheid aan die Here? Baie dade wat gesien word as goed, is nie noodwendig vrug tot heiligmaking nie!  En hier moet ons verstaan dat ons nou spesifiek praat van die wat bely dat hulle gelowig is, want baie wat "gelowig" is, gee dit slegs voor.  Ongehoorsaamheid is bv. 'n bewys dat iemand nie gelowig is nie.  Die wat nie die waarheid liefhet nie, bewys dat hulle nie regtig daarin glo nie. Die wat nie die Here raadpleeg nie, bewys dat hulle nie hul hoop in Hom plaas nie.......  BAIE BELY DAT HULLE GLO, MAAR VERSTAAN HULLE WAT "GELOOF" REGTIG BETEKEN?  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dit is nie altyd maklik om die wat VOORGEE dat hulle gelowig is te onderskei van die wat wel gelowig is nie, maar met die tyd word hulle vrug wel sigbaar.  Net soos die geval van onkruid tussen die koring (in die natuur), is dit moeilik om te onderskei tussen wat is onkruid en wat is koring wanneer altwee nog jonk is, maar wanneer in vrug is dit maklik! Slegte bome word deur die duiwel "onder die koring gesaai" (vgl. dit met die gelykenis v/d koring en die onkruid). Ons kan ook die tema van "onkruid" en "die wat slegte vrugte dra" vgl. met die tema van "geveinsdes".  Jesus het bv. sommige van die Skrifgeleerdes en Fariseers "geveinsdes" genoem (wat beteken "akteurs").  Hulle het VOORGEGEE dat hulle gelowig is, maar het nie regtig die Vader GEKEN nie! Hulle het voorgegee dat hulle in die Vader se wil optree en Sy waarheid verkondig en deur Hom gestuur word, maar het nie eens behoorlik die wette verstaan nie en het eintlik maar net hulle eie wil gedoen - hulle vrug het dit bewys toe hulle die Een wat deur die Vader gestuur is, nl. Sy Seun (nl. die Here Jesus Christus), verwerp. En ook het hulle Sy waarheid verwerp! Hoe kan 'n gelowige wat bely dat hy die Vader KEN, nie Sy Seun ontvang nie???, want as hy die Vader geken het, dan sal hy Sy seun ook (er)ken! (Joh. 8:19).  Alhoewel ons beveel word om nie nou al die onkruid uit te trek nie (sodat ons nie perongeluk koring saam uittrek nie), word ons wel beveel om versigtig te wees vir die suurdeeg van die slegte bome. Ons moet kan onderskei sodat die hele deeg nie suur word nie.  Met die Here Jesus Christus se wederkoms sal die "onkruid' bymekaargemaak en met vuur verbrand word. ("Onkruid" verwys na die wat "slegte vrugte" dra - hulle dra nie die vrug tot heiligmaking nie - hulle dra nie vrug vir die ewige lewe nie...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Gelowiges" wat bely dat hulle die Here KEN en van Hom hoor, maar Sy Woord en waarheid verwerp, is vals! - hulle is "voorgee-gelowiges".  Heelwat Skrifgeleerdes en Fariseers het gedink dat hulle slim is en "iets weet", maar hulle wysheid was gegrond in hulle eie oorlegginge, net soos daar vandag ook baie "gelowiges" is wat voorgee dat hulle glo, maar hulle vrug teen hulle getuig wanneer hulle wereldse wysheid bo die Here Jesus Christus se woorde kies - mense wat in opstand kom teen die waarheid wat Christus verkondig het, dit verdraai of nie gehoorsaam is daaraan nie, of Sy leringe afmaak as outyds...  Hulle gee voor dat hulle Christene is, maar Sy woorde dra geen krag vir hulle nie?? 
(Luk 6:46 - "En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE: 


Dus verwys "slegte vrugte" na die vrug van die wat nie die wil van die Vader doen nie - dus "die wat nie na die Here Jesus se woorde luister nie en nie doen wat Hy hulle sê om te doen nie" (Luk. 6:46).  Baie tree op in die Here se Naam asof Hy hulle gestuur het, bv. profeteer, dryf duiwels uit en doen kragte in die Here se Naam, maar is nie deur Hom gestuur nie - Matt. 7:22. In werklikheid is hulle soos akteurs (hulle is "voorgee-gelowiges") wat nie die wil van die Vader doen nie, maar hulle eie wil (Matt. 7:21). Daar was bv. ook heelwat valse profete in die O.T. wat nie na die wil van die Here gesoek het nie, maar geprofeteer het uit eie wil.  Hulle het slegs VOORGEGEE dat hulle die Here KEN.  Die doel v/d slegte boom wat voorgee, is OM MENSE TE VERLEI EN TE MISLEI ! (Matt. 24:11,24). Sommige doen selfs tekens en wonders met die doel om te mislei (sodat mense liewer in hulle glo as in die waarheid) - dit is m.a.w. "opsetlike misleiding".  En soos ons goed weet, is hierdie ook 'n kenmerk van die duiwel self - daarom word hy vgl. met 'n slang.  Daar is heelwat "slange" in die Christelike kerk wat in plaas van die waarheid, hulle eie verdraaide leringe verkondig - hulle kom in opstand teen die waarheid en is eintlik besig met afgodsdiens (want eiesinnigheid is afgodsdiens). Hulle bedoelinge is om ander mense se oe op hierdie "afgode" te plaas in plaas van op die Here;  kyk bv. hoeveel Christene is eerder besig om 'n getuienis te wees vir heidense praktyke en wereldse wysheid in plaas van om ander te vertel van die Here en Sy leringe...  WAT IS JOU GETUIENIS?  Wat se soort vrug dra jy? 

Is jy besig om heidense praktyke te verkondig, of is jy besig om die Here te verkondig?  Is jy besig om wereldse wysheid te verkondig, of die Here Jesus Christus se leringe?  Die valse profeet is bv. ook 'n valse leraar (2 Pet. 2:1,2).  Die gelowige wat optree asof hy deur die Here gestuur word, maar hom nie steur aan "wat is WAARHEID" nie, is duidelik nie deur die Here gestuur nie! Iemand se vrug bewys of hy gehoorsaam is aan die Here of nie.  Die wat nie ag gee op die Here Jesus Christus se leringe nie, maar eerder wereldse geloofswysheid verkondig of valse en verdraaide leerstellings, se vrug getuig daarvan dat hulle nie onderdanig is aan Hom nie en nie die Vader se wil doen nie. In beide Matt. 7 en Luk. 6 word die opregte boom, wat anders as die slegte boom wys en verstandig is, geskets as die wat NA DIE HERE JESUS SE WOORDE LUISTER en DIT DOEN. Voorgee-gelowiges aan die ander kant, is die wat NIE na die Here Jesus se woorde luister nie en NIE gehoorsaam is aan Hom nie. Hulle volg hulle eie wysheid en doen wat hulle wil.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 13:30)  Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

GELOOF:

Donderdag 26 Junie 2014

Wat beteken dit "om vrug te dra"?


Gelowiges word soos koringkorrels gesaai in die wereld  (OM VRUG TE DRA) (dink aan die gelykenis van die "koring en die onkruid") - dit gaan oor die groei-proses en hoe die vrug uiteindelik getuig van wat is koring en wat is onkruid.  Dit is moeilik om te onderskei tussen koring en onkruid wanneer nog jonk, maar die "vrug" getuig op die ou end wat is koring en wat is onkruid.  

In die gelykenis van die saaier verwys die saad egter nie na gelowiges (soos in die geval v/d koring wat gesaai word) nie, maar na die "woord van God".  Maar ook hier (in die  gelykenis van die saaier), gaan dit oor die "VRUG" v/d gelowige. Die vrug is die ding wat op die ou end getuig wat is koring en onkruid, maar die manier hoe iemand die  "SAAD - DIE WOORD VAN GOD" ontvang en aanneem en behou, bepaal of hy gaan vrug dra, of aanhou vrug dra!  Dit gaan oor die manier hoe iemand "HOOR" !  Jesus het baie gepraat oor die belangrikheid van "om te hoor":  ("wie ore het om te hoor, laat hom hoor"... -Matt. 11:15; 13:43; Mark. 7:16; Openb. 2:7 ens.).   DIE MANIER HOE 

IEMAND "HOOR" GAAN BEPAAL OF HY VRUG DRA, EN

 OF HY DIE VRUG GAAN BEHOU!  Soos in die gelykenis van die saaier, gaan dit oor hoe die woord wat gesaai word (DIE WAARHEID) aangeneem moet word en hoe die gelowige daarin moet bly - DIT IS WAT BEPAAL OF HY VRUG DRA OF NIE.  M.a.w., as iemand nie ag gee op die waarheid nie, gaan hy nie vrug dra nie - in so 'n geval "hoor" hy nie! Iemand wat bv. voorgee dat hy gehoorsaam is aan die Here, maar nie ag gee op Sy bevele nie, gee nie ag op die waarheid nie - hy "hoor" nie!  Iemand wat bv. voorgee dat hy die waarheid verkondig, maar 'n verdraaide evangelie verkondig, gee nie ag op die waarheid nie - hy "hoor" nie!  Niemand kan verwag om vrug te dra as hy nie "hoor" nie.  Sommige mense kan lyk of hulle vrug dra, bv. die manier hoe hulle praat, optree, goeie lewenswandel, goeie dade ens., maar as dit nie geskied uit DIENSBAARHEID AAN DIE HERE nie (Rom. 6:21,22), dan dra hy nie regtig hierdie  vrug tot heiligmaking  wat uiteindelik vir hom die ewige lewe kan gee nie. Hierdie vrug wat nodig is om te kan ingaan in die koninkryk van God, het nie te doen met "self probeer om goed te wees" nie, maar te doen met GEHOORSAAMHEID - soos ons leer in Rom. 6, "dit is iemand wat DIENSBAAR GEWORD het AAN GOD"!  Baie gee voor dat hulle diensbaar is aan die Here, maar dien Hom "soos hulle wil" - "diensbaarheid aan God" beteken egter dat ons Hom dien SOOS HY WIL, nie soos ons wil nie!  Ons moet Sy waarheid liefhe - ons kan nie se ons "hoor", maar ons gee nie ag op Sy bevele nie, of gee nie ag op "wat die waarheid" is nie. Iemand wat 'n valse leerstelling navolg, gaan nie vrug dra a.g.daarvan nie!  Hy kan miskien voorkom asof hy "vrug dra", maar is dit "vrug tot heiligmaking"?  Iemand wat nie gehoorsaam is aan die Here nie, gaan nie vrug dra nie - hy kan ook miskien voorkom in die samelewing asof hy vrug dra, 'n goeie mens..., maar is dit "vrug tot heiligmaking"?  Ons kan nie self besluit "wat die waarheid is" nie, die Here besluit wat die waarheid is, en die persoon wat nie "hoor" nie (wat nie Sy waarheid aanneem en daarvolgens lewe nie), kan nie verwag om "vrug tot heiligmaking" te dra (wat uiteindelik vir hom die ewige lewe kan gee) nie!
=============================================================================================

GEDAGTE:


(Mar 4:24)  "En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle

 hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle 

gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor".


DIE PERSOON WAT DIE WAARHEID (DIE WOORD VAN GOD) ONTVANG, SAL NOG MEER ONTVANG, MAAR DIE EEN WAT DIT NIE ONTVANG NIE, OF NIE VASHOU DAARAAN NIE, SAL DIT WAT HY ONTVANG HET, VERLOOR (vgl. dit met die "gelykenis van die saaier").
========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/wat-beinvloed-die-vrug-van-die-gelowige.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die_16.html