Wys tans plasings gerangskik volgens datum vir navraag saligheid voltrek in opstanding. Rangskik volgens relevansie Wys alle plasings
Wys tans plasings gerangskik volgens datum vir navraag saligheid voltrek in opstanding. Rangskik volgens relevansie Wys alle plasings

Dinsdag 10 Junie 2025

Is die Christen onder 'n wet? (3)

 Vir die eerste twee dagstukkies oor hierdie onderwerp, gaan na: 

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/05/werke.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2023/06/is-die-christen-onder-n-wet-2.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die onderhouding van wette word logies gesien as "werke".  Baie Christene glo dat hulle onder geen wet is in die koninkryk van God nie want daar word somtyds verkeerdelik geleer dat werke geen invloed het op saligheid nie;  tog leer Jakobus dat geloof sonder werke dood is... (Jak. 2:20,26), en leer verder dat ons OOK  geregverdig word uit werke, nie alleen uit die geloof nie! (Jak. 2:24 - "Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?"). Niemand kan deur werke alleen gered word nie en die Christen is nie onder die wet van Moses nie, ja, maar die vraag is nou of daar enige werke vd Christen verwag word?;  en of werke saligheid kan beïnvloed?  En die antwoord is, JA!, want alhoewel ons deur geloof gered word (en nie deur werke nie), beteken dit nie dat die Christen onder geen wet is nie... - werke is immers 'n bewys dat iemand glo! As ons verstaan wat geloof beteken, sal ons verstaan hoe belangrik werke is (Jak. 2:18-20 - "Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?"). -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons word deur geloof (in Jesus Christus) gered (dit is deur geloof wat ons redding ontvang) en ja, beslis nie deur die wet van Moses nie, maar dit beteken nie dat daar geen werke van die Christen verwag word nie (Gal. 2:16-21). Niemand kan saligheid ontvang deur werke nie; maar let ook daarop dat niemand kan saligheid ontvang deur "geloof alleen" nie!, want geloof is dood sonder werke... (geloof is nie slegs 'n belydenis soos baie vandag glo nie). Ons moet dus verstaan wat geloof beteken, want jou werke (en dus jou vrug) sal bewys of jy GLO of nie.  Weergeborenes het wel die belofte van saligheid en hulle innerlike mens is alreeds vernuwe (wat beteken dat hulle instaat is om "vrug tot lewe" te dra), maar let wel dat saligheid eers volkome voltrek word in die opstanding (wanneer die uiterlike ook vernuwe word). Jesus het verklaar dat die wat goed gedoen het sal opstaan tot lewe, maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling... (Joh 5:29). Ja, jy het reg gehoor, sommige kinders vd Koninkryk sal eendag veroordeel word (en hierdie was terloops nie die enigste geval waar Jesus oor hierdie onderwerp gepraat het nie). Nie alle kinders van Koninkryk is goeie visse nie, en nie alle kinders vd Koninkryk sal ingaan in die Koninkryk nie... (Matt. 13:50; 25:30; 8:12; 24:51; 2 Thess. 1:8,9; Luk. 13:27,28)(Joh. 15:6/vgl. met tweede en derde groep in die gelykenis vd saaier). Wanneer Jesus Christus terugkom sal die goeie visse van die slegtes geskei word... (Matt. 13:47-50) - hierdie is nie iets wat deur 'n kerk uitgedink is nie, maar iets wat Jesus self gesê het. ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Werke is dus belangrik!, want werke (bv. "om te bly in Christus" , "om jou te bekeer tot die manier hoe die Here sien", "om eerste die koninkryk te soek", "om te bekeer van sonde", "om gehoorsaam te wees aan die Gees", .....ens.) bewys wie glo en wie nie, en beïnvloed terloops vrug (wat wys wie is goeie visse en wie is slegte visse). Hierdie is baie in die eerste gemeentes geleer rondom geloof, maar in die dae waarin ons lewe is baie van hierdie waarhede verander. Werke is belangrik;  of anders gestel, in die koninkryk van God is gehoorsaamheid aan die Wetgewer belangrik! (gehoorsaamheid aan die Een deur wie jy losgekoop is en aan wie jy nou behoort).  Christene is slawe van die Een deur wie hulle losgekoop is - as ons dit nie verstaan nie verstaan ons maar min van wat GELOOF beteken. Ons moet seker maak ons verstaan wat dit beteken "om te glo" in Jesus Christus" (wat basies beteken dat jy Hom vertrou, Hom raadpleeg, Hom gehoorsaam, Hom dien...).  Bv., verstaan jy dat dit beteken jy glo in Sy woorde?, glo in wie Hy is?, Hom vrees en eer en dus gehoorsaam is aan Hom? Verstaan jy dat as jy losgekoop is deur Hom en dus nou aan Hom behoort  (is soos 'n slaaf van Hom?, want dit gaan oor aan wie jy gehoorsaam is/1 Kor. 7:22). Verstaan jy dat as Hy jou Sy Gees gee, jy dan onder die "wet van die Gees" is? (ook genoem "wet van vryheid" - vry van slaafskap onder sonde, en vry daarvan om die wet van Moses te dien, maar is nou onder die Gees... - 'n wet waaronder weergeborenes is en beteken dat hulle onderdanig is aan die Gees/Rom. 8:2; 7:6). Maklik om te bely jy glo in Jesus Christus, maar weet jy wat presies dit beteken om in Hom te GLO?, want geloof is nie net 'n belydenis nie----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- As geloof sonder werke dood is, dan moet ons vra na waarna "werke" hier verwys, want duidelik verwys hierdie werke wat van die Christen verwag word, nie na die werke van die wet van Moses nie (Gal. 5:18; Rom. 6:15). Wanneer dit kom by die tema van "werke" kan ons onderskei tussen verskillende "werke" in die Skrif;  bv., onderskei tussen 

-"werke vd wet" ("onder die wet van Moses"), 
-"werke wat bewys dat iemand glo" (bv. "die wet van vryheid" - Christene is slawe van Christus want hulle is deur Hom losgekoop en is dus aan Hom en aan Sy Gees gehoorsaam) (gaan oor gehoorsaamheid aan Christus), en 
-"werke wat deur die Here aan Sy kinders uitgedeel word om te doen" (bv. bedieninge en ander werke in die koninkryk van God). 

Christene is onder Jesus / maw, onder Sy Gees... (onder die wet vd Gees - moet die Gees gehoorsaam). Die Skrif leer bv. dat weergeborenes onder die "wet van vryheid" is (wat terloops 'n wet is!)(Matt. 5:17-20)(Jak. 1:25  - "Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen")(Jak.2:12  - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word").Ons is in 'n nuwe bedeling, maar wet is nie tot niet nie - die Here se wette geld natuurlik steeds (al word dit anders vervul, soos gewoonlik gebeur in verskillende bedelings) . 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

'n Boom word aan sy vrugte geken... Vrug is 'n bewys van wat se soort "boom" iemand is (bv. "vrug" getuig of iemand die Here gehoorsaam of nie), en verwys tipies na dinge soos hoe iemand praat of optree, doen hy die wil van die Here, ens. VRUG is dus ook 'n getuienis van of iemand die Heilige Gees het en gehoorsaam... - in die Skrif word hierna verwys as "vrugte vd Gees". M.a.w., sekere dinge kan as teken dien dat iemand die Heilige Gees het..., bv. vrugte wat bestaan in alle goedheid, geregtigheid en waarheid -  liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing, ens. (Gal. 5:22; Ef. 5:9). Daar is altyd 'n duidelike verandering in iemand se lewe wanneer hy/sy die Heilige Gees ontvang.  Dit is ongelukkig so dat sommige van hierdie begrippe se betekenis baie verander het in die tyd waarin ons lewe;  bv. die manier hoe liefde beskryf word, net soos "geloof" 'n ander betekenis gekry het oor die jare (slegte vrug van die wat vals is lyk soos die ware jakob, maar is nie!);  daarom het sommige slegs 'n gedaante van godsaligheid, en as iemand se begrip verkeerd is kan dit voorkom soos vrug vd Gees terwyl dit dan nie is nie). Kom ons kyk na 'n paar WERKE onder die wet van vyheid (m.a.w., werke van die wat gehoorsaam is aan Christus en aan die Heilige Gees):

-  HULLE GEE AG OP JESUS CHRISTUS SE WOORDE

(Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.).  Die wat nie werklik glo nie sal Jesus se woorde bevraagteken en liewer glo wat hulle wil of leermeesters vergader wat hulle in die gehoor streel. As iemand bely dat hy glo in Jesus, moet hy tog in Sy woorde ook glo! As iemand nie in Jesus Christus se leringe glo nie, dan glo hy nie werklik nie. 

- HULLE GETUIG VAN HOM, of IS VRYMOEDIG OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG

( Hand. 1:8)  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.   (Hand. 4:31)  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek). Hierdie is gewoonlik baie sigbaar by die wat die Heilige Gees ontvang! Almal het nie altyd dieselfde vrymoedigheid nie (want die hoeveelheid krag wat iemand vd Gees ontvang speel natuurlik ook 'n rol), maar mense wat die Heilige Gees het praat graag oor Jesus Christus of wat Hy vir hulle gedoen het of vir hulle leer, en wil he dat ander Hom ook ken.

- HULLE WEET DAT HULLE DIE GEES HET - HULLE KEN DIE GEES

(Joh 14:17)  die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees). Mense wat die Heilige Gees (die Gees van waarheid) het, weet wat die waarheid is! - hulle is lief vir die waarheid, stem saam met die waarheid, en staan nie in die pad van die wat die waarheid verkondig nie.

- HULLE BEGIN STAP IN DIE GAWES en BEDIENINGE VD GEES

(Hand. 2:17)  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.   (Act 2:4)  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek)(1 Kor. 12; Rom. 12; Ef. 4). Mense wat die Heilige Gees ontvang, ontvang gawes en bedieninge vd Gees om te gebruik in die koninkryk van God (bv. tot stigting en uitbreiding, op dit wat nuttig is).  Die wat die Gees ontvang word ingedoop in die "Liggaam van Christus", en begin tree op soos 'n deel vd liggaam..., bv. oog of hand of voet ens.  - voete van bereidheid om die evangelie te verkondig (bv. evangelis), hand (bv. helpers, uitdeel, gawe van gesondmaking), mond (bv. profeet, gawe van profesie, gawe van tale), kop (bv. herders, regeringe, voorgangers), neus (bv. gawe van onderskeiding van geeste), oog (bv. leraar, gawe van wysheid), oor (bv, gawe van kennis).......ens. Weldra kry elke geredde iets wat die Gees hom gee om te doen. Dit mag miskien nie soos werke voel nie! (want in werklikheid, vir die weergeborene, word die wil van die Here ook sy eie begeerte omdat hy nie meer onder slaafskap van sonde is nie), maar dit beteken nie dat dit nie "werke" is nie!
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 07 Februarie 2021

Wat is saligheid (2)

Waarna verwys die begrip "saligheid"?
Die woord "saligheid" is die Gr. woord "so-tay-ree'-ah", wat beteken: -"om te red, gesondheid, red, redding...".  Die AOV gebruik veral die woord "heil" in die O.T. vir saligheid - die Hebreeuse woord " yesh-oo'-aw ", wat beteken "redding, gesondheid, hulp, red, gered, welsyn (e.a.: veiligheid, oorwinning)". In die vorige pos oor wat is saligheid, waarin ons gekyk het na hoekom iemand saligheid nodig het, het ons o.a gesien dat dit verwys na "REDDING van",  bv.:
-(a) die mens het redding nodig van sy vyand, die dood (die mens gaan dood omdat hy sondig en is dus besoedel en het redding nodig van die dood -  redding vd "tweede dood", en as hy doodgaan, opstanding vd uiterlike mens)(m.a.w., liggaam en siel moet gered word vd dood),
-(b) die mens het redding nodig van sy slaafskap onder sonde (almal word as "natuurlike mense" gebore wie se uiteinde is om in die ewige oordeel te gaan - het dus redding nodig van hierdie slaafskap sodat hulle nie in die ewige oordeel gaan nie - m.a.w., het nodig om "weer gebore" te word maar hierdie keer uit God se saad, dus dan gebore as vrymense, nie as slawe van sonde nie (m.a.w., liggaam en siel moet gered word van die oordeel).

As ons 'n studie maak om 'n OORSIG te kry vd woord saligheid, sal ons sien dat dit verwys na:
- (1) REDDING van die liggaam ("liggaam" hier verwysend na die uiterlike mens)(reininging van vlees)(Hebr. 9:13; 10:22)(- die wat redding vd liggaam ontvang, sal eendag deel he aan "die opstanding" wanneer Jesus terugkom - in daardie opsig oorwin hulle die dood)
- (2)  REDDING vd siel (1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 9:14; 10:22)("siel" hier verwysend na die innerlike mens)(reiniging vd gewete-Hebr. 9:14)(- die wat redding vd siel ontvang, sal nie onder die ewige oordeel val nie - sal dus nie deur die tweede dood gaan nie), en
- (3) alledaagse REDDING (bv. red van vyande)(verwys na die volk van God / "kinders vd koninkryk")(Luk. 1:71; Dan. 2:44; Hag. 2:7; Sag. 6:12; Ps. 98:3; Jes. 49:6,8; 1 Kron. 16:35)(- wanneer Jesus terugkom sal Hy Sy volk uit die hand van hulle vyande red, ens.).

Die mens is nie net uiterlik nie, maar het ook 'n innerlike.  Dit is dus nie net die uiterlike mens wat redding nodig het (nl. "redding vd liggaam") nie, maar ook die innerlike..(nl. "redding vd siel"). 
Hierdie word in die volgende paragraaf beter verduidelik.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Toe Jesus die eerste keer gekom het, het Hy veral "redding vd siel" bewerk. Wanneer Hy terugkom gaan Hy (1) "redding vd liggaam" bewerk  ("liggaam" hier verwys na die "uiterlike mens")("redding vd liggaam" verwys hier na "die opstanding")(m.a.w., die wat in Hom glo sal deur Hom opgewek word in nuwe liggame, nl. 'n nuwe "uiterlike mens" kry - kyk die tema van "verheerlikte liggame" - hulle word GERED deur die "opstanding tot lewe" - liggame waarin hulle vir ewig kan lewe). In 'n sin het kinders vd Here alreeds "redding vd liggaam" ontvang omdat hulle die belofte het van opstanding en hulle sondes afgewas is (en die Christelike doop is o.a. tekens hiervan). In die O.T. "bedeling" het die volk uitgesien na hierdie toekomstige opstanding, alhoewel die offerstelsel van afwassing van sondes toe anders gewerk het en kon nie die mens van alle sondes reinig nie (bv., kon nie vir bloedsondes betaal of die gewete volkome reinig nie)(Hebr. 9:9-28). Jesus se offer is egter volkome en instaat om alle sondes (behalwe natuurlik lastering teen die Heilige Gees) asook gewete af te was! Daarom het die wat in Hom glo die belofte van opstanding en kan volkome gereinig word.

Toe Jesus die eerste keer gekom het, het Hy veral (2) "redding vd siel" bewerk (die woord "siel" hier verwys na die "innerlike mens")("redding van siel" verwys hier na hoe die innerlike mens vernuwe word - m.a.w. "nuwe hart" - die oue dood, en staan op in 'n nuwe... - en die Christelike doop is o.a. 'n teken hiervan). Hierdie word bewerk deur "water en Gees" (m.a.w. afwassing, en die ontvang vd Heilige Gees). As iemand nie in Jesus Christus glo nie, is daar geen ander offer wat hom volkome skoon kan was nie.  En as iemand nie in Jesus glo nie, hoe sal hy die Gees ontvang?  Sonder water en Gees kan niemand weer gebore word nie!  Jesus Christus is die Een wat die Heilige Gees gee (aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam)(m.a.w.die wat in Hom glo se sondes en gewete word afgewas en hulle innerlike word vernuwe - hulle word GERED deur wedergeboorte (en hulle het ook die belofte van redding vd liggaam eendag).  Wedergeborenes is soos mense wat van voor af gebore word, maar hierdie keer uit God se saad - m.a.w. is nou "geestelike mense" - is gebore uit God se saad en dus gered van hulle slaafskap onder sonde.  Oorspronklik was hulle as slawe van sonde gebore, nl. "natuurlike mense", maar nou word hulle "weer gebore" -  hierdie keer gebore as vrymense, en is dus nie meer slawe van sonde ("natuurlike mense") nie, maar nou "geestelike mense" - en omdat hulle gekoop is met die bloed van Christus is hulle in der waarheid "slawe van Christus").

Wanneer Jesus terugkom sal hierdie saligheid (bedoel vir die wat in Hom glo) voltrek word (Hebr. 9:28; Jes. 38:17).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Saligheid is ook iets wat letterlik ervaar word deur gelowiges (bv, "alledaagse redding"), bv. redding van siekte of redding uit die hand van vyande...  Bv., die tyd wanneer Christus terugkom kan ook gesien word soos 'n tyd van wedergeboorte (Matt. 19:28) of  "tyd van HEIL (saligheid)" (Jes. 49:8), wanneer God Sy volk red uit die hand van hulle vyande... (m.a.w. wanneer die tyd wanneer Here Sy koninkryk oprig en op Sy troon gaan sit om oor die hele aarde regeer).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
(hierdie is soos 'n opsomming van bg.)


Alhoewel "saligheid" of die tyd van heil ook gesien word as die tyd wanneer Christus Sy volk kom red uit die hand van hulle vyande (en Hy die land herstel en hulle terugbring in die land en 'n tempel laat bou, ens.), gaan saligheid nie net oor hierdie soort redding nie, maar ook oor die redding van liggaam en siel. Matt. 10:28 - "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel". "Saligheid" RED mense van hulle SLAAFSKAP onder sonde, en van die DOOD ((1) sal dood oorwin deur die opstanding - saligheid vd liggaam), en (2) sal nie deur die tweede dood gaan nie - dus saligheid van beide liggaam en siel).

Die wat eendag REDDING VD LIGGAAM ontvang, sal die dood oorwin.  Die wat in Christus gesterf het, sal opstaan in nuwe liggame (en vd wat in Hom glo wat nog dan in die lewe is, se liggame sal ook verander word). Weergeborenes word alreeds gesien soos mense wat redding van die liggaam ontvang het, nie net omdat hulle sondes afgewas is nie maar hulle innerlike mens ("die siel") is ook alreeds vernuwe (soos mense wat opgestaan het uit die dood! - die Christelike doop is o.a. 'n teken hiervan...). Die innerlike mens vd weergeborene kan dus gesien word soos iemand wat alreeds opgestaan het uit die dood - (Rom 6:2-4 - "....Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel) - hierdie "opstanding" verwys veral na die nuwe lewe waarin die Christen wandel, en na die "redding vd siel". "REDDING VD SIEL" verwys m.a.w. na "weergeboorte". Die wat redding van siel ontvang se uiterlike (belofte) en innerlike word bewaar sodat dit nie in die ewige oordeel of "tweede dood" val nie. Alhoewel die woorde Redding vd siel dus meer verwysend is na die redding vd innerlike mens, het die wat redding vd siel verkry ook die belofte van opstanding in 'n nuwe uiterlike eendag (m.a.w. "redding vd liggaam").

GELOOF in Jesus Christus is belangrik, want as jy nie in Hom glo nie,  hoe sal jy dan eendag deur Hom opgewek word? (hoe sal jy dan eendag redding vd liggaam verkry?). Jesus het die sleuterls vd doderyk (Hy het opgestaan uit die dood en het die mag om te besluit wie lewe en wie nie).
En hoe sal iemand kan ingaan in die Koninkryk van God as sy sondes nie afgewas word nie?  Jesus het die mag om sondes te vergewe - as jy nie in Hom glo nie kan jy nie volkome vergifnis ontvang nie.
En hoe sal iemand die Heilige Gees ontvang as hy hom nie tot die Here bekeer en vir Jesus gehoorsaam nie?, want gehoorsaamheid is 'n voorwaarde om die Gees te ontvang (Hand. 5:32).  Jesus is die Een wat die Gees uitstort in mense se harte;  dus, as iemand nie in Hom GLO NIE, hoe sal hy dan die Heilige Gees ontvang?  Die Vader het alles in Jesus Christus, Sy Seun, se hand gegee (Joh. 3:35) - alle mag is aan Hom gegee in die hemel en op die aarde (Matt. 28:18), en aan Hom 'n Naam gegee wat bo elke naam is... Die Here Jesus Christus is die horing van heil van wie geprofeteer was, wie sou kom om saligheid te bewerk (Hand. 4:12 - "En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie"). (Fil. 2:9-11)   -  hierdie word in meer diepte behandel in die volgende pos oor "wat is saligheid".
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Vir die vorige dagstukkie oor "wat is saligheid?" en waarin spesifiek gekyk word na HOEKOM die mens saligheid nodig het, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/wat-is-saligheid-1.html.

Vir Bybelstudie oor die woord saligheid (oorsig), gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------