"Ware Christene Dagstukkies" gaan oor die daaglikse toepassing van die Waarheid in vandag se lewe.
Dinsdag 21 Oktober 2014
Wie is die "Kinders van die Koninkryk"?
Saterdag 30 Januarie 2016
Wie is almal "kinders van die Koninkryk"?
- die wat KINDERS VAN ABRAHAM is in die vlees, is die wat gebore is uit die geslag van Abraham, Isak, Jakob...);
- die wat KINDERS VAN ABRAHAM is in die gees, is die Christene - uit enige nasie en taal (Gal. 3:26-29).
"KINDERS VAN ABRAHAM" is immers "kinders van die geloof" (Gal. 3:7)(EN GOD IS HULLE VADER), maar as 'n kind van Abraham nie glo nie, dan word hy geestelik nie regtig gesien as 'n "kind van Abraham" nie! (Joh. 8:39-41)(en so iemand het dan eerder die duiwel as vader - Joh. 8:44). Kyk wat het Jesus vir die ongelowige "kinders van Abraham" gese: -Joh 8:47 ("Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie"). Dit is dus duidelik dat alhoewel 'n kind van Abraham (hetsy vleeslik of geestelik), dit slegs die KINDERS VAN GELOOF is wat sal ingaan in die konikryk! Beide die Joodse volk en alle Christene (Jood en heiden tesame), word gesien as "kinders van die koninkryk", maar GELOOF sal bewys of iemand regtig deel is van die nageslag van Abraham...
NA WIE VERWYS "DIE JOODSE VOLK"? Alhoewel die woord "Jode" algemeen verwys na al die kinders van Abraham in die vlees (in die geslag Abraham, Isak, Jakob of Israel, 12 stamme...), was dit nie altyd verwysend na die hele volk nie, maar meerendeels na die "uit die stam van Juda" (Hebreeus: 'yeh-hoo-dee'). En al is dit tegnies verkeerd, is die term "Jode" wel later gebruik vir die hele volk, en ook vandag; en lyk dit of dit ook in die eerste gemeentes algemeen gebruik was vir al die kinders van Abraham in die vlees. Die oospronklike woord wat gebruik is vir "Jode", was Hebreërs - dit is ook nog 'n manier hoe Paulus na homself verwys in Fil. 3:5. Die eerste keer wat die woord "Hebreër" gebruik is, was in Gen. 14:13 van Abraham - "Eberite".
So daar word na die volk verwys op verskillende maniere:
- as "Hebreërs" (omdat kinders van Abraham)
- as "Israeliete" (omdat kinders van Jakob)
- of as "Jode". Na die dood van koning Salomo het die nasie in twee koninkryke verdeel, nl. "die koninkryk van Juda" (die suidelike 2 stamme), en "die koninkryk van Israel" (die noordelike 10 stamme)(1 Kon. 12; 2 Kron. 10). Op daardie stadium kon die term "Jode" dus verwys het na enige iemand uit die stamme van die "koninkryk van Juda" (m.a.w. stam van Benjamin of stam van Juda)(en natuurlik ook uit die stam van Levi, asook dele van ander stamme wat oor koninkryk versprei was). Ook in Esra 2:5,6 en 4:1-12 is 'n voorbeeld van waar die term Jode verwys na "die uit die stam van Juda", asook die "uit die stam van Benjamin".
In omtrent 722 v.C. was die "10 koninkryke" (koninkryk van Israel) weggevoer deur die Assiriers, en hulle is versprei oor die aarde. Die "koninkryk van Juda" het dus oorgebly in die land, en daar was oor die algemeen na hulle verwys as Jode. In skrifte soos 2 Kon. 16:1 verwys die term "Jode" dus slegs na die stam van Juda, maar dit is duidelik dat alhoewel die term "Jode" oorspronklik gebruik was vir die gebore uit die stam van Juda, die term wel later gebruik was as verwysend na die 12 stamme van Israel. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/waarna-verwys-die-term-jode.html).
GEDAGTE:
Alhoewel die gesegde "eenmaal 'n kind van God, altyd 'n kind van God" geensins skriftuurlik is nie, is dit tog nie heeltemal verkeerd nie; maar dit geld slegs in geval waar iemand ook die voorwaardes van geloof nakom! Hierdie gesegde word baiemaal verkeerd gebruik deur Christene wat terugval in sonde en sonder vrees nalaat om hulle te bekeer omdat hulle glo dat maak nie saak wat hulle doen nie, hulle nooit hulle saligheid kan verloor nie; tog is dit in teenstelling met wat die Skrif leer en wat Jesus geleer het! Kyk ons bv. na die wat kinders van Abraham is in die vlees (en dan spesifiek in die geslaglyn van Abraham, Isak, Jakob...)(die wat gesien is as die kinders van die koninkryk), dan moet ons ook kennis neem van Jesus se woorde dat baie van hulle uitgedryf sal word! (Matt. 8:12). Baie natuurlike takke is afgebreek as gevolg van ongeloof, maar ons wat nou ingeeent word, moet nie hoogmoedig wees nie, want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, dan sal Hy beslis ook nie vir ons spaar as ons ongelowig is nie... (Rom 11:21). Ons moet verstaan dat gehoorsaamheid en "om die wil van die Vader te doen" juis bewys dat ons glo. As 'n Christen weer homself of die sonde begin dien, dan is hy nie besig om die Here te dien nie! M.a.w., dan glo hy nie. Die persoon wat tot geloof kom en deur die Christelike doop gaan, is wel nou DEEL VAN GOD SE VOLK en word gesien as "kinders van die koninkryk", maar die wat geen of nie die nodige vrug dra nie, sal ook uitgekap word - net soos gebeur met baie van die natuurlike takke weens ongeloof...; alhoewel, net soos ons 'n kans gekry het, sal ook hulle, as hulle nie in die ongeloof bly nie, weer ingeënt word... - Rom. 11:23).
_________________________________________________________________________________
http://kortbybelopsommings.blogspot.co.nz/2014/10/wie-is-die-kinders-van-die-koninkryk.html
Woensdag 05 April 2017
Wie sal uiteindelik ingaan in die Koninkryk van God?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die belofte van die Messias en Sy ewige troon sou ook kom deur die geslag van Abraham, maar nie deur enige geslagslyn nie ! Die "ewige troon" is spesifiek bevestig deur die geslag van Abraham, Isak (nie Ismael nie - Gen. 15:4), Jakob (nie Esau nie - Gen. 17:19), en Dawid (gebore uit die geslag van Peres - NIE Serag nie - en uit die geslag van Juda... Gen. 38; Matt. 1:3). Die Messias sou NIE gebore word uit die geslag van Ismael of Esau of Serag nie, maar uit die geslag van Dawid - en Jesus Christus is inderdaad gebore uit die geslag (van Dawid)(Matt. 1). Dit is slegs die wat deel is van hierdie geslagslyn en die gehoorsaamheid / geloof het (m.a.w. "besnede na hart"), wat sal erf! ...-die wat gebore is uit die geslag van Abraham, meer spesifiek, Abraham, Isak, Jakob, Dawid - Jesus Christus (dus gebore uit die geslag van Jesus Christus - geestelik gebore)(die wat die gehoorsaamheid en geloof het) hulle sal ingaan in die koninkryk. As Hy, wat nie net mens is nie maar ook die Seun van God (deur die saad v/d Heilige Gees-Matt. 1:18) self kinders het, dan sou dit beteken dat Sy kinders deel is van daardie geslagslyn wat gaan erf, maar natuurlik ontvang hulle hierdie kindskap nie deur die vlees nie, maar deur die geloof (deur Sy Gees)! Hulle is dus "kinders vd geloof" - KINDERS van Jesus Christus (en die Christelike Doop is 'n TEKEN hiervan). Christene is dus geestelik deel van hierdie "geslagslyn" omdat hulle "gebore word uit God" (wedergeboorte - saad van God - water en Gees) - hulle word kinders deur hulle geloof in Jesus Christus - en is dus KINDERS VAN ABRAHAM! (Gal 3:29 - "En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename"). En omdat hulle ook nou kinders is van Abraham (deur Jesus Christus se saad-Gal. 3:16), beteken dit dat hulle op dieselfde wyse geroep word as die res van die Hebreeuse volk, waaruit 'n geslag gekies sal word vir die koninkryk van God... - aan hulle kom die beloftes toe, maar met voorwaardes! (die voorwaardes van geloof en gehoorsaamheid).
Christus Jesus doop Sy kinders met Sy Gees, doop hulle in Sy liggaam in, sodat hulle gebore is uit Hom (gebore uit Sy saad)(dus nie net gebore uit water nie, maar ook gebore uit die Gees, en die wat gebore is uit die Gees, is gees...)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html).(Rom 8:29 - "Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders").
Maar moet ons onthou dat dit altyd iemand se werke is wat bewys of hy regtig 'n kind van Abraham is of nie! (Joh 8:39), want geloof sonder werke is dood... Jak. 2:26.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
Nie net sou die Here vir Hom 'n volk versamel uit die kinders van Abraham nie, maar die belofte was ook dat die heidene die kans sou kry om deel te wees van hierdie volk (Hand. 15:14)(Hand. 3:25). Die Christelike kerk bestaan nie net uit Christelike Jode nie, maar ook uit "Christene uit die heidene". (Gal 3:16 - "Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus"). Dit beteken dus dat DIE BELOFTES nie toegesê was aan die kinders van die vlees nie, maar meer spesifiek aan die kinders gebore uit die Gees, die wat in Christus Jesus GLO (dus uit Sy Saad) -dus, die wat deur Hom gevul word met Sy Gees. Hierdie belofte van die Gees wat uitgestort sou word op die "GELOWIGE kinders van die vlees" was spesifiek bedoel vir die wat in die koninkryk van God ingaan, en dit was direk gekoppel aan die koms van die Messias. Hy sou die Een wees wat hulle vul met Sy Gees. Moses het ook geprofeteer van hierdie Profeet wat deur die Vader verwek sou word uit die midde van hulle, en hoe die Vader Sy woorde in Sy mond sal lê en hulle sal leer alles wat die Vader Hom beveel... (Deut. 18:18) - en dan sê Moses die volgende in v.19: "En die man wat nie luister na my (die Vader se) woorde wat Hy (die Profeet) in my (Sy) Naam spreek nie, van hom sal Ek (die Vader) self rekenskap afeis". Hier sien ons die belangrikheid van hoe gehoorsaamheid geloof beskryf. Niemand kan ingaan in die koninkryk van God as hulle hul nie BEKEER en GLO in die Here Jesus Christus (as die Saad) en gevul word met Sy Gees nie. Jesus Christus, as EERSGEBORENE vd skepping (Kol. 1:15,18; Hebr. 1:6), sal alles erf, en die wat hulle tot Hom BEKEER en in Hom GLO, sal as kinders saam met Hom erf (Dan. 7:27). Hy is ook die eersgeborene uit die dode (Openb. 1:5; Kol. 1:18) en het mag om ons op te wek tot lewe sodat ons kan ingaan in Sy koninkryk (Hebr. 2:14), want geen vlees en bloed sal die koninkryk van God beërwe nie - 1 Kor. 15:50).
Die belofte van wie dit is wat sal ingaan in die Koninkryk van God, is dus wel gemaak aan DIE KINDERS VAN ABRAHAM met geloof en gehoorsaamheid as voorwaardes, maar meer spesifiek die kinders gebore uit die Gees (geestelike deel vd geslagslyn van Christus Jesus) - m.a.w., die wat GLO in Christus Jesus en GEHOORSAAM is aan Sy woorde (waardeur ons geestelik Sy kinders word, Sy Saad verkry en gesien word as kinders van Abraham), siende Hy die Eersgeborene is van die hele skepping (Kol. 1:15), en dus die Een wat alles gaan erf...(en as ons Sy kinders is, sal ons saam met Hom erf)(Gal. 4; Joh. 3:16; Openb. 21:7; 1 Kor. 15:50; Matt. 5:5...) - (Openb. 21:7 - "Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees").
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/die-gees-van-god-4.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/die-koninklike-geslag-uit-die-stam-van.html
Maandag 27 Mei 2019
Kinders vd koninkryk se identiteit (2)
Mense is soos saad wat in die wereld geplant word..., maar nie almal is "goeie saad" nie.
In Matt. 13:38 het Jesus vir ons geleer dat die "kinders vd Koninkryk" verwys na GOEIE SAAD (Matt. 13:38; Hand. 3:25 ens.), en hierdie "saad" word deur Hom self gesaai (Matt. 13:37,38). Die wat in Jesus Christus glo word deur Hom in die wêreld gesaai om te groei en vrug te dra, en iemand se "vrug" sal uiteindelik wys of hy goeie saad is of nie - in daardie opsig is iemand se vrug 'n bewys van wat se soort saad hy werklik is. "Onkruid" word nie deur Jesus gesaai nie maar deur die vyand, en l.w. dat Jesus in die gelykenis in Matt. 13 geleer het dat die vyand (somtyds) onkruid "onder die koring" saai. Daar is dus mense tussen die "kinders vd koninkryk" wat lyk soos koring maar is nie koring nie - hulle noem hulleself dus Christene, maar hulle is nie werklik Christene nie. ("Onkruid" moet natuurlik nie vgl. word met "kaf" nie. Onkruid verwys na die wat lyk soos koring maar is nie koring nie, terwyl kaf verwys na die wat wel koring is maar nie vrug dra nie). Dit is eers wanneer saad begin groei en die soort vrug sigbaar word, wat dit duidelik word wat presies is koring en wat is onkruid. Daarom is dit nie altyd onmiddellik moontlik om te sien wie is koring en wie is onkruid nie, maar elkeen se vrug sal met die tyd wys wat hulle regtig is. Almal wat hulleself gelowiges noem sal eendag voor die regterstoel van Christus verskyn (Rom. 14:10). Die tyd van Sy wederkoms word ook immers voorgestel soos 'n OES; m.a.w. die tyd wanneer elkeen se vrug geoes word.
_________________________________________________________________________________
GEDAGTE:
Alhoewel "kinders vd koninkryk" verwys na die gebore uit die geslag van Abraham, is dit beter om die term "kinders van die belofte" te gebruik waar daar verwys word na die wat eendag sal erf, siende nie almal gebore uit daardie geslag wel sal erf nie! Slegs die "kinders van die belofte" (Rom. 9:7,8) sal erf en is dus die ware nageslag. Die wat nie kinders vd belofte is nie word dus wel "kinders" genoem omdat hulle uit daardie geslag gebore is, maar is nie noodwendig "kinders" nie - doen dus nie noodwendig die werke van Abraham (as sy kinders) nie (Joh. 8:39; Luk. 3:8). Dit is bv. nie almal gebore uit die geslag van Abraham wat die beloftes het nie, maar slegs die gebore uit die geslag Abraham - Isak - Jakob (Israel) - en die beloftes is verder slegs vir die wat die GELOOF het! (Matt. 8:10-12; Gal. 3:7). Hulle is m.a.w. nie almal Israel wat uit Israel is nie... (Rom 9:6). (Rom 9:8 - "Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag").
Op dieselfde wyse is die wat geestelik kinders van Abraham word (deur die geloof in Jesus Christus, en waarvan die Christelike doop o.a. 'n teken is) nie almal "kinders" nie, maar slegs (1) die wat gebore is uit die geslag van Jesus Christus ("geestelike geboorte" - m.a.w. deur die geloof in Jesus Christus, "gebore uit God" deur Sy Gees), en (2) slegs die wat in die GELOOF (in Jesus Christus) bly! As iemand deel word van die kinders van die koninkryk en hom/haarself sien as 'n kind van Abraham maar nie die werke doen van Abraham nie (of dus sien as 'n kind van Jesus Christus maar nie Sy werke doen nie/Hom nie gehoorsaam nie), is hy nie 'n kind van die belofte nie (Matt. 7:21,26; Joh. 8:41-43; 6:47-49). Die waarheid is dus dat nie almal wat deel is vd kinders vd Koninkryk eendag wel sal ingaan in die koninkryk nie. Jesus het o.a. geleer dat as iemand (l.w., verwysend na die wat in Hom GLO) nie in Hom bly nie, hy uitgewerp sal word soos die loot en verdroog en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die VUUR en dit verbrand (Joh 15:6). Vgl. dit gerus ook met die gelykenis vd saaier. Jesus m.a.w. in soveel woorde geleer dat wanneer gelowiges nie in Hom bly nie, hulle in die vuur kan beland. Hierdie verwys egter nie na "onkruid" nie maar na "koring" (m.a.w. mense wat werklik Christene is maar nie in Hom bly nie). Tog is daar vele Christene wat vandag die teendeel van Jesus se woorde glo, en glo dat geen Christen saligheid kan verloor of in die vuur kan beland nie. Hulle bely m.a.w. dat hulle "in Hom glo" maar glo nie in Sy woorde nie? Die waarheid is dus dat as 'n Christen nie vashou nie, dan staan hy die gevaar om sy saligheid te verloor. Wat help dit iemand word 'n kind van Abraham deur die geloof, maar hy het nie die werke wat saam met die geloof gaan nie? Geloof sonder werke is dood (Jak. 2:20).
Dit is nie altyd maklik om hierdie te verstaan nie want immers is elkeen wat die Gees van God het verseël tot die dag van verlossing! Christene word alreeds gesien as deel van God se koninkryk (deel vd kinders vd koninkryk), maar soos ons gesien het is nie almal wat kinders is, wel kinders nie! Daar kan dus onderskei word tussen "kinders vd koninkryk" en "kinders vd belofte", want nie almal wat kinders vd koninkryk is is inderdaad ook kinders vd belofte (is die wat gaan erf) nie. Anders as die wat "van die wêreld is" is kinders vd Koninkryk veronderstel om hulle DEUR DIE HEILIGE GEES te laat LEI (Rom. 8:14). Dus, as iemand nie die Gees van God (die "asem" wat hom laat lewe) het nie, is hy nie 'n kind van God nie (Rom. 8:14-16,23; Gal. 4:6; 2 Kor. 1:22; Ef. 1:13; 4:30). Die inwoning vd Heilige Gees is 'n belangrike kenmerk van wie is wel kinders van God (dus kinders vd Koninkryk). Kinders vd Koninkryk (m.a.w., die wat die Heilige Gees het) dink anders, "sien" anders,en doen anders... Hulle dra vrugte wat bewys wat hulle identiteit is, en leef nie vir hulleself nie (want hulle is duur gekoop) maar leef vir die Here; maar as hierdie selfde kinders nie in die Here BLY nie, staan hulle die gevaar dat hulle uitgewerp kan word (Joh. 15:6). Soos die liggaam nie kan lewe sonder gees / asem nie, so kan die geloof ook nie lewe sonder werke nie! (Jak. 2:26)(en die innerlike nie lewe sonder die asem vd Heilige Gees nie; dus, wat sal gebeur met die een wat die Heilige Gees bedroef?). Sonder "kos en water" kan die innerlike (wat terloops alreeds lewe) nie aan die lewe bly nie! As die een wat glo, nie in die Here bly nie, kry hy nie die kos en water wat hy nodig het om aan die lewe te bly nie. "Koring" (ware Christene) se identiteit word dus nie net beskryf deur die saad waaruit hulle gebore is nie, maar hulle VRUG is self ook 'n getuienis van hulle kindskap/geloof ("vrug"/gehoorsaamheid is 'n bewys van wie se kind iemand werklik is, en wie dit is vir wie hy vertrou/glo...)."Vrug" is dus nie net 'n bewys van wie is gebore uit die geslag wat deel is vd kinders vd koninkryk nie, maar is ook 'n bewys van wie is kinders van die geloof / "kinders vd belofte". Daar moet dus nie net onderskei word tussen koring en onkruid nie, maar ook onderskei word tussen koring en kaf. In die geval van "koring en onkruid" verwys onkruid na die wat hulleself gelowiges noem maar nie werklik Christene is nie (en dus nooit gewederbaar nie); maar in die geval van "koring en kaf" verwys kaf wel na Christene (wat gewederbaar is), maar na daardie Christene wat geen vrug dra nie, of wat onvrugbaar word... (Matt. 3:12; Luk. 8:5-15).
Dinsdag 21 Oktober 2014
Wie sal ingaan in die Koninkryk van God?
Die liefde is bly oor die waarheid - om hierdie waarheid van mense weg te hou, is nie liefde nie. As ons die waarheid weghou van mense, tree ons sonder liefde op en gee nie om dat hulle verlore gaan nie. Toe Jesus die eerste keer gekom het, het Hy nie gekom om te oordeel nie, maar wanneer Hy terugkom, gaan hy KOM OM TE OORDEEL. Die waarheid is dat baie wat "kinders van die koninkryk" genoem word, uiteindelik nie sal ingaan in die koninkryk nie! Baie van die Joodse volk is in hierdie selfde posisie, want alhoewel hulle as "kinders van die koninkryk" gesien word omdat hulle kinders van Abraham is, gaan nie almal van hulle ingaan in die Here se ewige koninkryk nie.
Jesus se dissipels het ook so geleer.
Ja, iemand kan 'n "kind van die koninkryk" wees, maar uiteindelik nie ingaan nie!;
en ja, iemand kan sy/haar "saligheid" verloor sou hulle nie die voorwaardes nakom of nie vashou aan die geloof nie!
- Die waarheid is dat baie se dat hulle GLO, maar glo hulle werklik?
- En die waarheid is dat baie kom tot geloof, maar hou nie vas aan die geloof nie!
- Baie begin om die Here te dien en om Hom te KEN en Hom eerste te stel, maar verloor hulle eerste Liefde en raak later weer meer besig met die lewe as met die Here. Ons kan nie vir sulke mense lieg deur vir hulle te se dat "eenmaal 'n kind van God, altyd 'n kind van God" nie - nee, sulke gelowiges moet gewaarsku word dat hulle afgesny kan word, soos Jesus die gemeentes gewaarsku het (in Openbaring)! As ons hierdie belangrike waarheid van mense weerhou, is dit nie liefde nie.
Dinsdag 30 Julie 2024
Wat ek mag en nie mag doen nie, en of ek as Christen geoordeel sal word
As kinders van die Koninkryk (van God) is ons onder die reëls van die Here se Koninkryk, maar hoe weet ons wat ons as Christene mag doen en wat nie? Waarop sal ons geoordeel word?
Daar is 3 dinge waartussen ons moet onderskei om duidelikheid hieroor te kry:
(1) Gewete (bewustheid van sonde);
(2) Die Here se wette ("wet van Moses" / "wet van vryheid");
(3) Kultuurwette ("mensgemaakte reëls/wette").
Gewete is iets waarvan ons oortuig word - bv. om 'n wete te hê dat jy verkeerd gedoen het (Joh. 8:9). Almal weet bv. dit is verkeerd om te lieg - niemand hoef dit vir jou te vertel nie, want die oomblik wanneer jy lieg weet jy jy't verkeerd gedoen... (en volgende keer weet jy jy moet dit nie doen nie). Die Gees oortuig die mens van sonde (Joh. 16:8-11), nie net vir die Christen (Joh. 16:10) nie, maar ook die hele wereld (Joh. 16:9; Rom. 1:20,21). Elke mens weet bv. dat hy eendag deur God geoordeel gaan word (Joh. 16:11; Jud. 1:15). Ons gewete ly ons om sleg te voel/bekommerd wees wanneer ons verkeerd doen, en daarom is dit belangrik om ag te gee op die gewete! As jy bv. bewus is daarvan dat kos aan 'n afgod geoffer is en jy steeds daarvan eet, kan dit jou gewete besoedel want jy mag nie afgodsoffers eet nie (Tit. 1:15), maar as jy dit nie weet nie kan dit tog nou nie jou gewete besoedel nie.... (1 Kor. 10:25-29). As ons nie 'n goeie/rein gewete (1 Tim. 1:5,19; 3:9) het nie, dan is dit duidelik dat ons iets verkeerd doen of gedoen het.
Wette wat deur die Here gegee is gee vir ons 'n riglyn van wat die Here van Sy kinders verwag (bv. dat ons die Sabbat moet hou - die sabbat is vir ons gemaak, en elke mens het dit nodig om een dag van die week te rus). Net soos elke koninkryk in die wereld reëls het wat die burgers moet gehoorsaam, net so is kinders van God onderwerp aan die reëls van Sy koninkryk - hierdie reëls is iets wat die Here van Sy kinders verwag om na te kom, en as hulle dit nie doen nie is daar gevolge. Die wet van Moses is 'n goeie voorbeeld hiervan, maar wette word nie altyd dieselfde vervul oor die eeue/bedelings nie, en in die Nuwe Testament is ons bv. onder die "wet van vryheid" (ook genoem die wet van die Gees-Rom. 7:6; 8:2,4), nie onder die wet van Moses nie (die Here se wet verval nooit..., maar word anders vervul in verskillende bedelinge; bv., offers het nie weggeval nie - die offersisteem onder die wet van Moses het wel, maar 'n ander offersisteem was ingelei). Christene is wel onder 'n wet!, nl. die wet van vryheid, en hulle sal eendag deur hierdie wet geoordeel word (die wet van vryheid verwys na hulle is "onder die Gees" en is "onder Jesus" - hulle sal m.a.w. geoordeel word deur die Gees en deur Jesus, bv. die woorde wat Hy gespreek het...)(Christene moet m.a.w. luister na Jesus en na die Heilige Gees)(1 Kor. 9:21; Joh. 8:36; Hebr. 10:16; Rom. 8:1-11; 7:6; Gal. 5:18; Joh. 6:63)(Hebr. 10:28,29).
Kultuurwette is wette wat deur verskillende kultuurgroepe geskep word, en verwys dus na "mensgemaakte reëls" (bv. of vrouens 'n bedekking moet dra of nie, hande was voor ete, reëls rondom hoe 'n huwelik plaasvind, ens. - elke kultuur maak hulle eie reëls). Kultuurwette is iets wat "in kultuur" gehoorsaam word, maar jy sondig bv. nie noodwendig wanneer jy dit nie hou nie want dit is nie 'n wet wat deur die Here gegee is nie (jy kan bv. nie onrein word as jy dit nie onderhou nie..., tensy dit 'n wet van die Here ook breek as jy dit nie gehoorsaam nie). Ons het die reg om kultuur te verander, behalwe as die verandering 'n wet is wat ook teen die Here se wet is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
Sal kinders van die Koninkryk (van God) ook eendag geoordeel word?
Ja, in "die laaste dag"..., wanneer Jesus terugkom. Die oordeel begin by die huis van God (1Pet. 4:5,17). Kinders van die Koninkryk sal deur Jesus Christus self geoordeel word - kyk o.a. die tema "die regterstoel van Christus" (Rom 14:10 - "Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word")(Matt. 25:31,32; Joh. 5:22; Hand. 10:42; 1 Kor. 4:5).(2Kor. 5:9,10 - "Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad"). Kinders van die Koninkryk sal volgens die WET VAN VRYHEID geoordeel word (die wat onder die wet van vryheid is, verwys na die wat onder die Gees is, onder Jesus is - die wat gehoorsaam is aan die Heilige Gees en aan Jesus Christus. Hulle leef volgens die Gees en volgens Jesus se reels); m.a.w., hulle sal deur die Gees en deur Jesus (bv. Sy woorde) geoordeel word (Jak. 2:12; Joh. 12:48; Ef. 4:30; ens.). Kinders van die Koninkryk sal geoordeel word wanneer Jesus terugkom; die res van die mensdom sal eers geoordeel word aan die einde van die 1000-jaar "volgende eeu"-bedeling (dan sal die wit troon oordeel plaasvind-Openb. 20:11-15).
- Die bedeling waarin ons huidiglik is, word o.a. na verwys as "hierdie eeu". Aan die einde van die "hierdie eeu-bedeling" vind die REGTERSTOEL VAN CHRISTUS plaas (dit is wanneer Jesus terugkom - dan word die kinders van die Koninkryk geoordeel), en hulle sal in groepe verdeel word (en die kinders vd koninkryk wat gesterf het = sommige sal "opstaan tot veroordeling" en ander sal opstaan tot lewe-Joh. 5:28,29). Die verskillende groepe wat vir ons genoem word in die Skrif, is "KORING, KAF, en ONKRUID", en "SKAPE en BOKKE". Hierdie tyd word o.a. beskryf as die "oestyd" (Matt. 13:30)(maw, wanneer die Christen se "vrug" geoes word)... - 3 groepe verwys veral hierna:
(1) Koring verwys na die opregtes (die wat gered is en vrug dra)(hulle bly in die Here, en is daarom vrugbaar, is maw bruikbaar - "sal in die skuur saamgebring word"-Matt. 3:12).
(2) Onkruid verwys na die wat vals is (Matt. 13:25-40)(o.a. wolwe/verleiers-die wat dwaal) - onkruid sal verwyder word...(bymekaargemaak word, en sal uiteindelik verbrand word-Matt. 13:40). Dit verwys na mense wat onder die kinders vd koninkryk beweeg het asof hulle gered is maar is nie gered nie (m.a.w., valse broeders en die ingesluiptes) - hulle is eintlik deur die bose daar gesaai...; dit verwys o.a. na valse profete, valse leraars, struikelblokke, die wat die ongeregtigheid doen...-Matt. 13:41.
(3) Kaf verwys na mense wat weg gered is maar nie vrug het nie (Matt. 3:12; Luk. 3:17) - die rede hiervoor is of omdat hulle nooit vrug gedra het nie (kyk tweede groep in die gelykenis vd saaier), of omdat hulle hul vrug verloor het (kyk derde groep in die gelykenis vd saaier)(die wat nie in die Here bly nie kan nie vrug dra nie... - onvrugbares is onbruikbaar, en die uiteinde is die vuur-Joh. 15:4-6)(elke loot wat nie vrug dra nie, word weggeneem...-Joh. 15:2).
Die term "skape en bokke" word gebruik om te onderskei tussen barmhartiges en onbarmhartiges - wanneer Jesus op Sy troon gaan sit (nadat Hy teruggekom het-Matt. 25:31-45), sal Hy die skape van die bokke skei - die skrif verklaar dat al die nasies voor Hom versamel sal word... (Matt. 25:32), wat noodwendig verwys na almal wat dan in die lewe is (die wat nie gesterf het nie en die wat opgestaan het uit die dood - of hierdie slegs verwys na kinders vd koninkryk is 'n punt van bespreking). Die "nasies" sal dan in 2 groepe verdeel word, nl. barmhartiges en onbarmhartiges; die skape sal aan Sy regterhand gesit word, en die bokke aan Sy linkerhand.
(4)(1) Skape verwys na die barmhartiges/regverdiges (hulle sal ingaan in Sy koninkryk-Matt. 25:34) - en dus is o.a. "Koring" (want hulle het die vrug).
(5)(2) Bokke verwys na die onbarmhartiges/onregverdiges (hulle sal nie ingaan in Sy koninkryk nie, maar is vervloektes en hulle uiteinde is die poel van vuur-Matt. 25:41) - en dus is o.a. "Onkruid" (want hulle het nie die vrug nie).
- Die volgende bedeling begin aan die einde van "hierdie eeu" (wat ons ken as "die einde vd wereld") - en sal 'n 1000 jaar lank wees, en aan die einde daarvan vind die WIT TROON OORDEEL plaas (wanneer die res van die mensdom geoordeel sal word - Openb. 20:11-15).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Maandag 09 Januarie 2023
Wat dit beteken om deel te wees/word van die Koninkryk van God
'n Man van hoë geboorte, wat regstaan om Sy koningskap op te neem (Luk. 19:11-27), is Jesus Christus die Seun van God, die vors van vrede (Jes. 9:5). Hy sal ware vrede bring op aarde... Huidiglik is Hy "soos 'n man op reis" - 'n man wat na 'n ver land gereis het, sy huis agtergelaat het, en sy diensknegte volmag gegee het (vir elkeen sy werk en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak...)(Mark. 13:34). En na 'n tyd kom Hy terug! en sal Sy ewige koninkryk op aarde oprig, 'n koninkryk waarna die volk van God lank uitgesien het... (Matt. 15:43; Luk. 23:51). Die Skrif leer dat Jesus vd hemel af sal terugkom (waarnatoe Hy opgevaar het na Sy opstanding), en elke oog sal Hom sien, en Hy sal Koning wees oor die hele aarde... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/07/die-christen-die-politikus.html). Toe Jesus die eerste keer gekom het het baie mense gedink dat Hy hierdie "aardse" koninkryk in daardie dae sou oprig (Luk 19:11; 17:20; Hand. 1:6), maar dit sal eers gebeur wanneer Hy terugkom. Die Skrif leer verder dat Hy vanuit Jerusalem sal regeer oor die hele aarde (Ps. 2:6-9; Jes. 24:23). Hy sal die ander koninkryke verbrysel en 'n ewige koninkryk oprig (Dan. 2:44)(wat sal begin met 'n 1000-jaar tydperk wat 'n nuwe "eeu"/bedeling inlei...). Christene wag op hierdie "wederkoms" (Hand. 1:11; Openb. 1:7), wat terloops gepaard gaan met 'n opstanding van heiliges (geroepenes) wat sal bepaal wie ingaan in Sy koninkryk en wie nie... In die opstanding sal sommige opstaan tot lewe, en ander sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:29).
Na regte het die koninkryk al gekom op 'n geestelike manier - m.a.w., Christene behoort eintlik alreeds aan Sy koninkryk (Hy is teenwoordig deur Sy Gees, Hy is hulle Koning, hulle dien Hom...), maar die aanneming tot kinders word eers regtig voltrek in "die opstanding". Bv., nie almal wat huidiglik gesien word as deel vd koninkryk van God (die geroepenes), sal inderdaad eendag ingaan in die koninkryk nie. Sommige sal nie ingaan nie om sekere redes, bv. omdat hulle nie vrug dra nie of vrug verloor het, of omdat hulle afgeval het, ens. Die term "koninkryk van God" is dus beide 'n term wat gebruik word vir die huidige Christelike kerk, asook vir die toekomstige fisiese koninkryk van God op aarde. Die term "koninkryk van God" verwys dus nie net na die wat huidiglik aan die Christelike kerk behoort nie, maar kan ook verwys na die eendag fisiese koninkryk van God op aarde; maar nie almal wat huidiglik aan die Christelike kerk (koninkryk van God) behoort sal eendag ingaan in die fisiese koninkryk wat Jesus sal oprig (wanneer Hy terugkom) nie. In die huidige kerkbedeling (koninkryk van God/koninkryk vd hemele) is daar bv. nie net "KORING" (die wat vrug dra) nie, maar ook "KAF" (die wat nie vrug dra nie-hulle sal uitgegooi word)(Matt. 3:12; Luk. 3:17; Matt. 21:43). Sommige neem die woord aan en word deel vd koninkryk, maar val af die oomblik as versoeking kom omdat hulle nie wortel het nie (hulle kan dus nie groei en vrug dra nie)(2de groep in die gelykenis vd saaier). Daar is die wat wel vrug dra maar hulle vrug verloor (3de groep in die gelykenis vd saaier). En nie almal is "SKAPE" (barmhartiges) nie, maar sommige is "BOKKE" (onbarmhartiges)(Matt. 25:31-46)(hulle sal ook nie kan ingaan nie). En nie almal "hou vas" nie - die waarheid is dat wanneer Jesus terugkom sal baie wat huidiglik gesien word as kinders vd koninkryk, "nie gereed wees nie" (en die deur sal vir hulle toegemaak word)(Matt. 25:1-13). Daar is ongehoorsames in die kerk (die wat nie die wil vd Here doen nie - hulle ken nie die Here nie en sal weggestuur word)(Matt. 7:21). En daar is selfs mense wat insluip onder die kinders vd koninkryk, bv., die "ONKRUID" (valses, wat voorgee hulle dien die Here, maar doen nie)(die struikelblokke)(Matt. 13:24-10), wat baiemaal soos verleiers optree (alhoewel hulle tussen die kinders vd koninkryk beweeg, asof geroepenes, is hulle eintlik deur die vyand daar gesaai - hulle sal ook nie kan ingaan nie). En sommige word selfs BOOS en VERHARD hulle HARTE, al ken hulle die waarheid! (Rom. 1)........ Dus, alhoewel die wat nou deel word vd koninkryk van God die belofte het van ewige lewe, is daar sommige wat dit ongelukkig gaan verloor agv afvalligheid, vrugteloosheid, ongehoorsaamheid, ens. Hulle word wel nou gesien as "deel vd koninkryk van God", maar sal nie almal eendag ingaan in die fisiese koninkryk van God en opstaan tot lewe nie. Jesus Christus sal besluit wie ingaan en wie opstaan tot lewe, en wie nie.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Donderdag 27 Julie 2017
Die Here se wingerd
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die begrip "huis van Israel" verwys na "die volk van God, die stamme van Israel" (Eks. 16:31; 40:38; Hebr. 8:10; Hand. 2:36; Jes. 5:13; Matt. 10:16; 15:24), maar dit verwys ook na die land waarin die volk woon, en na Jerusalem (Jes. 5:3,5,6). Ons kan miskien ook hierdie WINGERD (die heilige land en Jerusalem, met sy landbouers) sien as beeldspraak vir "koninkryk van God" (Eks. 19:6), en die landbouers, die "kinders vd koninkryk" (Matt. 8:12). Die WINGERD word deur die Vader geplant - (vgl. Mark. 12:1 met Jes. 5:1,2 - "'n heining daarom gesit, 'n parskuip gegrawe en 'n wagtoring gebou"....-vgl. met Jes. 5:2). Die Man gaan dan op reis en verhuur die wingerd (huis van Israel / "koninkryk van God") aan landbouers (kinders van Israel / "kinders van die koninkryk")... Die landbouers geniet die vrug van die aarde, maar skuld natuurlik vir die Man wat die wingerd geplant het uit die vrug vd wingerd!, want na regte is dit wat hulle het nie hulle eie nie, maar hulle is eintlik besig om na die Man se goed om te sien. Om hierdie "vrug te oes", stuur die Man (die Vader) diensknegte uit. Ons moet dus verstaan wat dit beteken as die diensknegte uitgestuur word en hoe iemand se vrug geoes word... Daar is verskillende "oeste" in die Skrif, maar in hierdie geval van oes word diensknegte uitgestuur om die Here se wil bekend te maak, die waarheid te bring en die evangelie te verkondig en terwyl hulle dit doen, word DIE VRUG GEOES, want die manier hoe elkeen HOOR, sal wys hoedaning hulle vrug is en wat hulle het om te gee (m.a.w. "wat het hulle gedoen met dit wat aan hulle toevertrou is?"). Vgl. hierdie gerus met die gelykenis in Luk. 19:11-27, van hoe Christus Jesus weggaan om Sy koninskap te ontvang en daarna sal terugkom - maar terwyl Hy weg is, gee Hy vir Sy diensknegte elk ponde waarmee hulle moet handel dryf, en wanneer Hy terugkom sal Hy kyk wat elkeen met daardie ponde gedoen het! Op dieselfde wyse wat die Vader " 'n wingerd geplant het" (en weggegaan het en landbouers aangestel het), "saai Christus landbouers in die wingerd", nl. dat Hy ons soos "goeie saad" in die land saai (Mat 13:24) - en l.w. dat die saailand hier vgl. word met die wêreld, en die goeie saad die "kinders van die koninkryk" (Matt. 13:38).
Ons leer uit Jes. 5 wat die dinge is wat die toestand van hulle vrug veroorsaak het:
- hulle was bv. selfsugtig, en die "grotes en mooies" het verkeerd gewerk met dit wat die Here aan hulle toevertrou het, en het in plaas van om barmhartigheid te betoon en die armes te help en aan hulle grond te gee, liewer gekyk hoeveel grond hulle vir hulleself kan bymekaarmaak! (Jes. 5:8). Hulle was dus ONBARMHARTIG. Hulle was RYK in die verkeerde dinge! In plaas van om ryk te wees in die Here, was hulle verstik deur die rykdom en die sorge en die genietinge van die lewe (Jes. 5:11,12) - vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier (Luk. 8:14), waarin die uiteinde van so iemand is dat hy GEEN RYP VRUG DRA NIE, of hy word ONVRUGBAAR (Matt. 13:22). 'n Volk wat hulle so gedra word genoem " 'n volk sonder kennis!" (Jes. 5:13); hoogmoedig (v.15), eiewys (v.21), laat nie geregtigheid geskied nie, maar onderdruk die regverdige (v.23), noem sleg goed, en goed sleg (v.20).... Met die oes was gekyk wat hulle gedoen het met die besittings, geld, werke, krag ens. wat die Here aan hulle toevertrou het, en dit is gevind dat meeste van die landbouers selfsugtig daarmee gewerk het, staatgemaak het op hulle eie insig, hulleself hoër geag het en armes en geregtiges onderdruk het - in so 'n mate dat hulle selfs die waarheid verdraai het deur goed sleg te noem en sleg goed!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons kan 'n paar interessante dinge leer oor die begrip "wingerd" aangaande die heilige land en heilige volk (wat ook sekerlik soos beeldspraak gebruik kan word vir DIE KONINKRYK VAN GOD"):
- Net soos die volk nie toegelaat was om twee soorte saad in een WINGERD te saai nie (Deut. 22:9), net so sal die saad wat nie deur die Vader in Sy koninkryk gesaai is nie (m.a.w., die wat nie deur die Vader geplant is nie, maar deur die duiwel gesaai is)(Matt. 15:30; Mark. 13:27,28,38,39), eendag ontwortel word (vgl. dit met die tema van die koring en die onkruid).
- Die volk was ook beveel dat hulle die land 6 jaar mag saai en WINGERD snoei en opbrings daarvan versamel, maar in die 7de jaar moes dit vir die land volkome rus wees! ('n SABBAT vir die Here)(Lev. 25:3-5). Dan mag hulle nie gesaai het nie en ook nie snoei nie, en dit wat opgaan, nie afoes nie - en die opbrings vd sabbat vd land sou almal se voedsel wees... Dit is om hierdie rede waarom geleerdes die koms van Christus Jesus verwag wanneer die aarde 6000 jaar oud is (wat wel nou die geval is). Daar is 'n SABBATSRUS belowe vir die volk van God! (...m.a.w., die 1000 jaar wat volg op die 6000 jaar?)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/06/die-sabbat.html) maar nie almal sal ingaan in hierdie "sabbatsrus" nie! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html).
- Die volk was ook verder beveel dat hulle nie hulle WINGERDE skoon moet afoes nie en ook nie die trossies wat van die wingerd val moes versamel nie, maar dit moes laat oorbly vir die arme en die vreemdeling (Lev. 19:10). Op dieselfde wyse voorsien die Here vir Sy kinders besittings, geld, krag, werke, gawes en bedieninge in hierdie (geestelike) koninkryk van God, en verwag natuurlik dat hulle nie alles vir hulleself hou nie, maar barmhartig wees en deel wat hulle ontvang (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/07/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_1.html). As ons nie hierin getrou is nie, m.a.w. getrou is in "Sy goed" wat Hy aan ons toevertrou (soos die Vader Sy wingerd aan die landbouers toevertrou) nie, dan sal ons nie ons eie kan erf nie! (Luk. 16:12). Wat doen ons met die besittings, geld, krag ,werk... wat Hy aan ons toevertrou? Gee ons om vir die wingerd? (Matt. 10:32,33).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
Met hierdie tipe van Ou Testamentiese beeldspraak, het die dissipels ("diensknegte") goed verstaan wat Jesus bedoel het toe Hy hulle uitgestuur het met die woorde: (Luk 10:2 - "............ Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur"). Toe Christus die eerste keer gekom het, het Hy o.a. gekom om van die vrug vd wingerd te ontvang - so dus, uiteindelik, soos in die gelykenis, het die Vader Sy ERFGENAAM, nl. Sy SEUN gestuur (en hulle het Hom doodgemaak...Mark. 12:7,8). Die manier hoe hulle ge"HOOR" het (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/die-waarheid.html), het gewys hoe hulle VRUG lyk! Die een wat die waarheid en evangelie hoor maar nie daarop ag gee nie of homself daarteen verhard, wys dat hy nie goeie vrug dra nie (vgl. hierdie met die gelykenis van die saaier, waarin die klem lê op hoe elkeen HOOR). Christus het verskeie male dieselfde soort beeldspraak gebruik soos in Mark. 12:1-12 en deur gelykenisse geleer dat ons soos saad in die wêreld gesaai word OM VRUG TE DRA (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html). Dit is slegs die wat vrug dra wat sal ingaan in die (fisiese) koninkryk van God (die "sabbatsrus" wat vir die volk van God belowe is); maar die wat nie vrug dra nie, sal uitgekap word... (Joh. 15:2; Matt. 3:10; 13:7-9; Hebr. 6:7,8).
Die Vader saai die saad in hierdie wingerd, nl. in die (geestelike) koninkryk van God (m.a.w., dit verwys na die wat geroep word) - en dit is veral wat van belang is in bg. gelykenis, want die landbouers (die "geroepenes") wat geen of nie die nodige vrug dra nie, maar hulle eie wette maak en alles wat hulle uit die wingerd ontvang vir hulleself hou, verwys na die ONGEHOORSAME en ONGELOWIGE landbouers (die selfsugtiges, onbarmhartiges, eiewyses ens.). In die gelykenis word hulle (sommige landbouers uit die huis van Israel) OMGEBRING EN DIE WINGERD AAN ANDER GEGEE !, omdat hulle nie goeie vrug gedra het nie (Luk. 3:7-9; Rom. 11; Matt. 21:41). Dit beteken nie dat die kinders van Israel nie meer uitverkies is nie, maar eerder dat die ongehoorsames en ongelowiges ontwortel is/word (Matt. 5:13) om plek te maak vir gehoorsames en gelowiges uit ander volke wat wel vrug sal dra (Joh. 15:2)(en hulle word dus deel van die "kinders van Abraham"-Gal. 3:7). Toe Christus die eerste keer gekom het is die opdrag tot bekering, en die boodskap van waarheid en evangelie eerste aan die "huis van Israel" gedeel (Matt. 10:6), en deur hierdie "oes" is hulle "vrug" beoordeel. Die ongehoorsame en ongelowige takke (die wat nie gehoorsaam is aan Christus Jesus nie, en die wat nie ag gee op die waarheid nie) is afgebreek (Rom. 11), en die Here is huidiglik besig om vir Hom 'n volk te versamel uit alle stamme, nasies, volke, tale van die aarde, mense wat eendag saam met die erfgenaam (Christus Jesus), die WINGERD (die "fisiese" koninkryk van God) op aarde gaan beerwe. In hierdie sin verwys die wingerd nie meer net na 'n spesifieke land en volk nie, maar na die wêreld en na "die kinders van die (geestelike) koninkryk". Maar as die landbouers/geroepenes geen vrug dra nie, of nie die nodige vrug dra nie, dus slegte vrug dra, sal hulle ontwortel word... Die uiteinde van landbouers (kinders vd koninkryk) wat wetend in opstand kom teen die waarheid en evangelie (wat deur die diensknegte gebring word), en deur hulle dade bewys dat hulle nie regtig die Here dien nie maar eerder hulleself, sal ontwortel word; en dit is inderdaad wat gebeur het met die ongelowige en ongehoorsame kinders van Israel (Matt. 21:40-41). Paulus waarsku die Christene in die gemeente van Romeine dat as God nie eens die natuurlike takke wat ONGELOWIG was gespaar het nie, hulle nie hoogmoedig moet wees en dink dat Hy nie dieselfde ook met hulle sal doen as hulle ongelowig is nie! (Rom 11:21).
Daarom sal met die wederkoms skeiding gemaak word tussen die koring (ware Christene) en die onkruid (voorgee-Christene), maar ook tussen die koring (ware Christene) en die kaf (die wat lyk soos Christene, maar geen of nie die nodige vrug dra nie). Die VRUG wat elkeen dra sal wel bepaal wat uiteindelik met hulle gebeur!, en sal bepaal of hulle saam met die Erfgeneem gaan erf! Nie almal wat geroep word sal ingaan in die koninkryk van God nie. Die manier hoe iemand 'HOOR" (Luk. 6:46-49) is dus 'n bewys van watter soort vrug elkeen dra, en is ook 'n bewys van of iemand opreg is, of vals (Matt. 7:15-29).
(Mar 13:33) Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
(Mar 13:34) Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.
(Mar 13:35) Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;
(Mar 13:36) dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.