Wys tans plasings met die etiket wette. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wette. Wys alle plasings

Donderdag 19 Julie 2018

Onderskei tussen wat is HEILIG en wat nie

Die woord "HEILIG" word veral gebruik in geval waar iets/iemand afgesonder word (soos vir 'n spesifieke doel) https://warechristene.blogspot.com/2016/06/heilig-1.html Alhoewel "om skoon te wees" in meeste opsigte 'n voorwaarde is voordat iemand of iets geHEILIG kan word, of in sekere gevalle in wese wel daarna kan verwys, is dit nie altyd die geval nie. Daar is bv. gevalle waar mense "geheilig" word maar nie skoon/rein is nie!, bv. die ongelowige wat met 'n gelowige getroud is... Ons moet dus gaan kyk na die betekenis van die woord "heilig" in verskillende kontekste. 
In hierdie dagstukkie kyk ons veral na die konteks van "heilig" as "afgesonder". 
-Christene is bv. afgesonder (geheilig) om 'n volk en priesters te wees vir God - en sal deel hê aan die eerste opstanding, en die wat deel in hierdie opstanding is "geheilig" (afgesonder) vir die ewige lewe! (Openb. 20:6)(1 Thess. 5:23; Ef. 1:4)
- Jesus Christus is "geheilig" (afgesonder) as ewige hoëpriester, en het Homself afgesonder (is geheilig) vir Sy kinders, sodat hulle ook in die waarheid GEHEILIG kan wees (m.a.w., "ons is afgesonder vir die WAARHEID")(Joh. 17:17-19). In hierdie vb.e sien ons dus dat die woord "heilig" veral verwys na hoe Jesus en Sy kinders AFGESONDER is, en "waarvoor" afgesonder. Ons hoef bv. nie 'n aardse priester meer op te soek om vir ons in te tree en 'n offer vir ons sonde te bring nie, want die Vader het Sy Seun afgesonder (Hy is geheilig) vir hierdie taak (het Homself vir ons geoffer en tree heeltyd vir ons in). Jesus Christus het Sy volk deur Sy eie bloed GEHEILIG (hulle skoongewas en afgesonder...)(Hebr. 13:11,12; Kol. 1:22; Ef. 5:26,27).  Net soos Hyself afgesonder (geheilig) is in spesifieke dinge, het hy ons ook afgesonder ("heilig soos Hy heilig is")(Hebr. 2:11; Rom. 11:16; Jud 1:1; Joh. 10:36; 17; Luk. 10:3; 20:13)...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Naam van Jesus Christus is vir elke Christen HEILIG want Sy Naam is afgesonder ("geheilig") as die enigste Naam deur wie iemand die ewige lewe kan verkry;  en Sy Naam is afgesonder as die Naam (die Een) op wie ons hoop en vertrou, en na wie ons luister... Wanneer iemand Jesus Christus se naam "heilig", dan beteken dit dat so 'n persoon kies om Jesus se Naam af te sonder (as die Naam op wie hy hoop en vertrou en na wie hy luister).  Maar as iemand afgode aanbid, dan is Jesus Christus se Naam nie vir hom afgesonder nie. Sou 'n Christen op so 'n manier geestelik hoereer (ook afgode aanbid en nie Jesus se Naam heilig nie), dan is hy besig om die Naam van die Here te ONTHEILIG (m.a.w. die Here se Naam is nie meer vir hom afgesonder as die enigste Naam nie)(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/09/laat-u-naam-geheilig-word.html).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet onderskei tussen wat is heilig en wat nie (Lev. 10:10).  Bv., in die O.T. was die Hebreeuse volk spesifiek GEHEILIG (afgesonder onder die nasies vd aarde) as die "volk van God", maar in die N.T. word enige iemand uit enige volk, taal of nasie wat GLO in Jesus Christus, GEHEILIG (afgesonder) as deel van God se volk. Iemand kan bv. nie "glo wat hy wil" en steeds verwag om deel te wees van die heiliges nie. In die O.T. was die heiliges die kinders van Abraham, Isak, Jakob...  In die N.T. is die heiliges "die Christene" (die wat GLO IN JESUS CHRISTUS - nie "glo wat hulle wil nie"!)(en hulle word "geestelik kinders van Abraham"). Spesieke voorwaardes of reëls geld vir wanneer iemand "geheilig" word, en in hierdie geval is geloof  in Jesus Christus (geloof in die ewige hoëpriester) die voorwaarde! 

In die O.T. was die wet van Moses "geheilig" (afgesonder) vir die volk van God;  in die N.T. het Hy Sy Gees (die HEILIGE Gees) afgesonder vir Sy volk (en die Gees skryf Sy wette op hulle harte)(Rom. 8:2; 7:2-4).  Alle dinge word nie gesien as "heilig" nie.  Wanneer die Skrif verwys na wat is "heilig", gaan dit veral oor wat die Here sien as heilig of "as heilig" verklaar.  Hy besluit wat is HEILIG (wat wil Hy afsonder) en wat nie (dit is nie ons wat daaroor besluit nie). In die N.T. is die tempelgebou bv. nie geheilig (afgesonder) as die plek waar God teenwoordig is en met die mens ontmoet (soos in die O.T.) nie, maar die Christen se liggaam word hiervoor "geheilig" (liggaam is die tempel vd Heilige Gees). Dit beteken natuurlik nie dat die Here nie 'n gebou meer kan gebruik om daar met mense te ontmoet nie; en inteendeel word 'n kerkgebou deur Christene "geheilig" (afgesonder) vir die doel van byeenkomste, en Christene word ook in geheel gesien as 'n "liggaam" (wat bymekaarkom), en dus die Gees in hulle (die gebou se) midde...  Maar die Here is nie teenwoordig in enige "kerk"gebou nie! 'n Afgodstempel is bv. afgesonder (in daardie opsig deur daardie mense "geheilig") vir afgodsaanbidding, maar dit is nie vir die Christen heilig nie, en God is nie daar teenwoordig nie omdat die wat daar aanbid nie die Gees van God het nie! Dit wat vir mense "heilig" is, is nie noodwendig HEILIG nie - bv., somtyds word daar na hierdie afgodstempels verwys as "heilig", maar dan omdat die mens dit sien as "heilig" - nie iets wat deur God as heilig verklaar is nie! Dit is dus slegs 'n gebou waar Christene bymekaarkom (in wie die Heilige Gees is) wat gesien kan word as "heilig" (omdat hulle daar bymekaarkom)(https://warechristene.blogspot.com/2012/12/die-tempel-van-god.html). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Ons verstaan nie altyd hoe Christene "heiliges" genoem kan word nie want Christene is nie altyd rein nie, maar die woord "heilig" verwys nie noodwendig na die of dit wat rein is nie, maar verwys ook na "wat is afgesonder", en "waarvoor" iets of iemand afgesonder is. Ons het reeds bo gekyk na waarin Christene geheilig is (m.a.w. waarvoor hulle afgesonder is, bv. vir die waarheid, vir Christus, ens.) en verstaan dus hoe hulle "heiliges" genoem kan word in sekere skrifte (Kol. 3:12; 1:26; Fil. 1:1; 4:21,22; Ef. 3:8,18; 4:12 ens.). Wat ook belangrik is om in gedagte te hou wanneer ons praat oor heiligheid, is watter invloed die feit dat ons geheilig is, op ons lewens het!
- As iemand afgesonder is vir die waarheid, kan hy bv. nie glo wat hy wil nie, maar moet glo in die Here se woord en die waarheid wat Jesus Christus gebring het. Vir 'n Christen is 'n "ander evangelie" of "valse leerstellings" onrein, en die wat daarop ag gee kan daardeur besoedel word.
- As iemand afgesonder is vir die Here Jesus, kan hy nie doen wat hy wil nie, maar moet dan gehoorsaam wees aan die Here Jesus Christus.  Dit word m.a.w. van Christene (as afgesonderdes) verwag om hulle eie lewenswandel te "heilig" (om dit vir die Here af te sonder), want hulle lewens behoort nie aan hulleself nie!  Christene is nie veronderstel om hulle lewens in te rig volgens die begeerlikhede wat tevore in hulle onwetendheid bestaan het nie (1 Pet. 1:14), maar moet hulle "HEILIG gedra" WANT HULLE IS die "HEILIGES" (1 Thess. 2:10; 1 Pet. 1:15,16; 2 Tim. 2:19,21).
- As iemand afgesonder is om die Heilige Gees te ontvang (kom m.a.w. dan "onder die genade"), mag hy nie in eiewysheid meer optree nie, maar moet die Here raadpleeg, en gehoorsaam wees aan die Gees van waarheid, want as "afgesonderde" is hy nou "onder die Gees, nie onder die wet nie". Christene moet verstaan dat om "onder die Here se genade te wees" juis daaroor gaan dat hulle AFGESONDER IS vir Hom (is GEHEILIG) - hulle het die ou mens afgelê en kan dus nie meer soos die ou mens leef nie, maar leef nou vir die Here (Rom. 6:1-15).

Iets wat onrein is, moet vermy word deur die een wat afgesonder is, want as hy dit nie doen nie kan hy daardeur onrein word... Hierdie feit is nie net 'n O.T. feit nie maar is steeds van toepassing in die N.T. (2Kor. 6:17,18...) - as afgesonderdes moet ons weet wat is vir ons rein, en wat nie! - ons moet weet watter voedsels vir ons heilig is, watter wette, seremonies ens. Hier moet ons onderskei tussen wat is heilig (rein) en wat is onheilig (onrein), want iets wat in die O.T. onrein was is nie noodwendig in die nuwe ook onrein nie; alhoewel dit nooit gesê kan word van "sondes" nie.  Baie kerke val in hierdie strik vandag, waar hulle nie onderskei tussen WETTE en SONDE nie. Wette kan anders vervul word in verskillende bedelings, maar nie "sonde" nie!  Sonde bly altyd verkeerd en kan nie in die O.T. verkeerd gewees het en in die nuwe ewe skielik reg nie. Geen Christelike kerk het die mag om "sonde" rein te verklaar nie.  Om te lieg is bv. 'n sonde en sal en mag nooit rein verklaar word in enige bedeling nie; maar wette soos watter diere gesien is as onrein diere in die O.T. is iets anders... Natuurlik moet daar ook onderskei word tussen MENSGEMAAKTE WETTE en GOD SE WETTE, maar wat ons moet verstaan van God se wette is dat Hy die Een is wat besluit watter wette GEHEILIG (afgesonder) word in watter bedeling of testament. Hierdie wette word nie altyd dieselfde hanteer in verskillende bedelings nie, want dit gaan oor wat God rein maak. Die eerste mense op aarde mag bv. nie vleis geëet het nie (dit was nie vir hulle geheilig nie)(Gen. 1:29), maar vanaf Gen. 9 is hulle toegelaat om vleis te eet (geheilig, alhoewel net sekere diere).  Hier kan ons sien dat "wat God rein maak", mag ons nie onheilig ag nie (Hand. 10:15; 11:9). Dit is m.a.w. verkeerd om Christene onder 'n wet te plaas waarin hulle verbied word om vleis te eet (want God het dit rein gemaak en ons mag dit dan nie onheilig ag nie);  alhoewel elkeen die reg het om te besluit of hy vleis wil eet of nie, en natuurlik moet ons mekaar hierin respekteer (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html)...

Baiemaal oordeel ons verkeerd omdat ons nie weet wat is rein en wat is onrein nie.  In die O.T. is ook heelwat dinge gesien as onrein vir die volk van God, maar wat presies in die N.T. is vir die Christen onrein? Ons moet weet watter dinge dit is wat nie toelaatbaar is nie, want die Christen is GEHEILIG (afgesonder) vir die Here en kan nie doen wat hy wil nie.  In 2 Kor. 6:14 word Christene bv. verbied om in dieselfde juk te trek met ongelowiges (in die sin van "ongeregtigheid", "die eet van afgodsoffers" ens.)(2 Tim. 2:18,19). Sekere maniere van "bou" is ook ONREIN vir die Christen (1 Kor. 3), bv. "sonde teen liggaam"; "vleeslike wysheid"; "valse leerstellings of leerstellings wat iemand in die gehoor streel-bv. begeerte na fabels en leuens  i.p.v. begeerte na die waarheid, ens.)(2 Tim. 4:3,4; 2 Pet. 2:18; 2 Pet. 3:3; Jud 1:16,18). Alle sondes is vir die Christen onrein en moet bely word (en moet hom daarvan bekeer), bv.egbreuk, hoerery, moord, diewery, boosheid, bedrog, losbandigheid,  lastering, hoogmoed, dwaasheid,  haat broeder, kwaadspreek ens.  Vele "begeertes" en "gedagtes" wat in die Skrif genoem word is ook "onrein" vir die Christen, bv. slegte gedagtes, hebsug, afguns en jaloesie, naywerig, begeerte na onwettige vleeslike gemeenskap, naaste se goed begeer, begeerte na geld, slegte dinge begeer, begeerlikhede vd jonkheid, ens. (Mar 7:20-23; Jak. 1:14,15; Jak. 4; 2 Tim. 2:16-23; Ps. 119:19).

MAAR ander begeertes is wel vir die Christen REIN ! - soos 'n "verlange na die Here se woord, Sy koninkryk, Sy dinge";  "hoop op toekomstige opstanding"; begeerte na 'n "amp met die doel om ander gelowiges te dien"; begeerte na "vleeslike gemeenskap spesifiek in die huwelik"; begeerte na "alledaagse behoeftes" en so aan...(https://warechristene.blogspot.com/2017/10/begeer.html).  Die Here maak die reëls, nie ons nie, en as geheiligdes moet ons WEET wat is vir ons rein en wat nie. In meeste gevalle is voedsel (hetsy gesien as rein of onrein diere in die O.T.) wat met danksegging ontvang word, vir ons REIN wanneer dit "geheilig word deur die gebed"(1 Tim. 4:4,5; Mark. 6:18,19; Hand. 11:9; Rom. 14:14...). Maar daar is ook bepaalde ander rëels rondom voedsel, soos in die eet van afgodsoffers; ons mag nie bloed eet nie, ens...
_________________________________________________________________________________
https://warechristene.blogspot.com/2017/01/heilig-onheilig-ontheilig-opsomming.html
https://warechristene.blogspot.com/2017/10/begeer.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/09/laat-u-naam-geheilig-word.html
https://warechristene.blogspot.com/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html
https://warechristene.blogspot.com/2013/12/wat-beteken-uit-genade-gered.html

Maandag 24 Oktober 2016

Onderskei tussen wat is REIN en wat is ONREIN

Die woord REIN verwys na "skoon ( /gewas)".
Die woord ONREIN verwys na "besoedel".
Die woorde onrein en rein word nie altyd gebruik in die konteks van "sondig" of nie sondig nie, maar beskryf somtyds slegs 'n toestand, of andersins is dit gekoppel aan wette.  In die geval van "wette", moet ons ook onderskei tussen wat is wette van die Here (en Sy wette in die N.T.), en wat is mensgemaakte wette.
_________________________________________________________________________________
- (1)  WETTE wat deur die Here gegee word (oor wat is rein en wat is onrein) gaan beslis oor wat Hy as rein of as onrein verklaar. En kan terloops anders vervul word in verskillende tydperke oor "tyd" afhangende van wat die Here wil. Om dit beter te verduidelik, verwys sommige Christelike kerke hierna as "bedelings".  Nie dat die Here se wette ooit tot niet gaan nie!, maar dat dit anders vervul word in verskillende "tydperke", bv.: In die tydperk voor "Noag se ark", wil dit lyk of die mens nie toegelaat was om enige vleis te eet nie (Gen. 1:29), tog in die tydperk nadat die ark gestrand het was hulle toegelaat om vleis te eet (Gen. 9:3)... In elke tydperk is dit belangrik om te onderskei tussen wat is rein en wat nie (Lev. 10:10), en wat Hy rein gemaak het, mag ons nie onheilig ag nie (Hand. 11:9). Die vraag is nou egter oor watter wette rondom rein en onrein vir die Christen gegee is in die N.T.? In die geval van WETTE WAT DEUR DIE HERE GEGEE WORD wat nie gehoorsaam word nie,  asook die geval met SONDES (waarin iemand stap), word elkeen wat ongehoorsaam is aan hierdie wette, of homself verontreinig deur sonde, gesien as onrein.  (En in geval van wette wat deur die Here gegee word moet ons onthou dat ons "dienaars is van 'n Nuwe Testament"!).


- MENSGEMAAKTE WETTE is wereldse wysheid (Jak. 3:15,16; Kol. 2:8,20-23; 1 Kor. 3:18,19). Dit moet nie gesien word soos "wette van die Here" nie. - Waar die onderwerpe van rein/onrein gaan oor mensgemaakte wette, is dit NIE dinge waardeur die Christen homself kan VERONTREINIG NIE.  Bv., die Jode het geglo dat iemand onrein word wanneer hy met ongewaste hande eet, tog het Jesus iets anders geleer en gese dat om met ongewaste hande te eet, jou nie ONREIN maak nie (Matt. 15:20).  Hy het wette soos hierdie "gebooie van mense" genoem (Matt. 15:9). Paulus verwys ook na hierdie soort leringe as " 'n skyn van wysheid" wat in "eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie" (Kol. 2:20-23). Tog, sou iemand afdwaal v/d waarheid en sy hoop plaas in hierdie dooie werke (Hebr. 9:14), dan sal dit tot gevolg he dat sy GEWETE BESOEDEL (onrein) word! (Hebr. 9:14; Tit. 1:14,15).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) In die geval van waar rein/onrein 'N TOESTAND BESKRYF:
Somtyds beskryf die woorde rein en onrein slegs 'n toestand, soos bv. in die O.T. was 'n vrou wat 'n kind baar vir 'n sekere tydperk "onrein".  Om "onrein" te wees kan ook verwys na iemand met 'n siekte (Mark. 1:40...), of verwys na iemand se maagdelike toestand (Openb. 14:4; 1 Kor. 7:28-32)....  Wanneer iemand BESOEDEL is met een of ander "gees" (Mark. 1:23...) beskryf dit ook 'n toestand.  In die geval van 'n man wat  trou, en homself dus "besoedel" met sy vrou (en dus maagdelik nie rein nie), word hy nie gesien as onrein omdat hy sondig nie!, maar die onreinheid hier beskryf slegs sy maagdelike toestand;   m.a.w. dit beskryf sy behae in sy vrou en die huwelik waarin hulle geheilig (afgesonder is) vir mekaar - hulle huwelik kan m.a.w. gesien word as REIN (maar hulle is maagdelik besoedel).  Maar as dit sonde is wat behaag word, soos in die geval van buite-egtelike gemeenskap of hoerery, dan beskryf die woord ONREIN nie slegs 'n toestand nie, maar die "gevolg van sonde".  Die persoon wat onrein is a.g.v. sonde, het REINIGING nodig, maar die persoon wat maagdelik nie rein is nie a.g.v. die feit dat hy in 'n heilige huwelik is, het nie reiniging nodig vir sy "onreinheid" nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (3) SONDE:
-  SONDE waardeur 'n mens onrein word kan nooit anders vervul word in verskillende tydperke nie - sonde bly altyd sonde.  Dit kan nie gister verkeerd wees en vandag reg wees nie (en kon nie gister jou onrein maak maar vandag nie dieselfde effek he nie!)  -  SONDE het altyd die gevolg dat iemand verontreinig word daardeur (Rom. 6:6).
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE: 



"Rein" en "onrein" verwys nie net na dit wat rein of onrein verklaar is nie, maar ook na dit wat onrein "word" soos in die geval van waar iets of iemand VERONTREINIG word.  Bv., as iets onrein aangeraak of geeet is in die O.T. kon dit veroorsaak dat die persoon wat dit aanraak of eet, ook onrein word...(Lev. 5,7...).  Om dieselfde rede het die Joodse volk, as afgesonderde (heilige) volk vir die Here, geglo dat dit hulle nie geoorloof is om saam met heidene te eet en in hulle huise in te gaan nie (Hand. 10:28), want die heidene (en hulle huise) was ONREIN en dit sou veroorsaak dat hulle hulself verontreinig.  In die visioen aan Petrus het die Here egter aan hom verduidelik (Hand. 10) dat (in die N.T.) GEEN MENS onheilig of onrein genoem mag word nie;  - MAAR NIE in die sin van dat almal rein is van sonde en heilig is vir die Here nie!, maar spesifiek in die konteks van dat dit nie slegs een volk is wat geroep word nie, maar die Here roep mense uit enige nasie om vir Hom kinders te wees (dan Hy "heilig" hulle en maak hulle rein) - natuurlik spesifiek die wat Hom vrees en geregtigheid doen... (Hand. 10:35). Dit beteken dus dat, net soos in die geval van kos, alles vir die Christen rein is! m.a.w., hy kan homself nie verontreinig deur in die heiden se huis te kom of saam met hom te eet nie, want in daardie sin is die heiden "rein";  behalwe in die geval van waar daar in hulle afgodsoffers gedeel word, of die eet van bloed of dit wat verwurg is...-Hand. 15:20;  of waar daar gedeel word in hulle sonde! - 2 Kor. 6:17  -  in sulke gevalle sal die Christen definitief daardeur verontreinig word
_________________________________________________________________________________

http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/uit-genade-gered-3.html