Wys tans plasings gerangskik volgens relevansie vir die navraag vrede op aarde. Rangskik volgens datum Wys alle plasings
Wys tans plasings gerangskik volgens relevansie vir die navraag vrede op aarde. Rangskik volgens datum Wys alle plasings

Sondag 30 Augustus 2015

Die 7 seels van Openbaring

Wat vir die Christen belangrik is, is nie om te kan voorspel presies wat wanneer gaan gebeur nie, maar om veral seker te maak dat ons "gereed is" voor Jesus terugkom.  Baie gelowiges sal nie gereed wees nie!, soos Jesus verduidelik het in die gelykenis van die 10 maagde (en l.w. dat maagde daar verwys na DIENsmaagde - http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/die-bruilof-van-die-lam-die-maaltyd.html). Die wat nie besef dat dit gaan oor "om die Here te DIEN" nie, sal nie gereed wees nie.  Baie Christene bely dat hulle die Here dien, maar is eerder besig om hulle eie wil te dien en is aan hulleself gehoorsaam, in plaas van aan die Here. Christene sal weet wanneer die tyd van die wederkoms naby is - die Here het vir ons baie tekens gegee. Heelwat skrifte gee die idee dat Christene uit die eerste eeu alreeds geglo het dat hulle in die laaste dae lewe (Hand. 2:17; Jak. 5:8; 1 Joh. 2:18), maar ander skrifte maak dit tog weer duidelik dat hulle ook geweet het dat die tyd nog nie daar was nie (2 Thess. 2:2). Wat belangrik is is dat ons altyd moet lewe asof die tyd naby is (1 Pet. 4:7; 1 Kor. 1:7; Openb. 1;3) sodat ons GEREED kan wees op daardie dag.  Ons moet die dag verwag, maar nie verhaas nie!  Die Here is lankmoedig omdat Hy tyd gee vir mense om tot bekering te kom...(2 Pet. 3:9). ------------------------------------------------------------------------------------------------------------Alhoewel ons 'n goeie idee het van wat elke seel in Openbaring voorstel, en daar alreeds heelwat dinge op die aarde gebeur wat ook onder die seels beskryf word, is niemand seker of ons alreeds onder die tydperk van die 7 seels is nie. Sommige mense is van mening dat die seeltydperke eers begin met die laaste 7 jaar ; ander is weer van mening dat dit al aangaan vir die laaste paar eeue;  en sommige dink selfs dat dit nou al die tyd is van die 7 de seel! (wat natuurlik onmoontlik is). Niemand weet regtig hoe lank elke seeltydperk sal duur nie, alhoewel ons weet dat die 5 de seel tydperk min of meer 3 en 'n half jaar sal wees.  In ag geneem praatjies van vrede jare gelede wat gepaard gegaan het met verskeie valse christusse, oorloe en gerugte van oorloe wat al 'n geruime tyd plaasvind, hongersnood, pessiektes, aardbewings, beroeringe, verskriklike dinge en groot tekens van die hemel, asook die verdrukking wat ons huidiglik sien op sekere dele v/d aarde, is baie mense van mening dat ons ons op die oomblik bevind onder die 4 de seel, maar net tyd sal leer of dit regtig die geval is... 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Iets wat interessant is van die 7 seels van Openbaring, is hoe dit vgl. met die volgorde van ander eindtydskrifte (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/hoe-vergelyk-die-verskillende.html):

* (1) Die eerste seel tydperk word gesien as 'n tyd van vrede (en valse christussse) - dit beteken egter nie dat daar reeds vrede is wanneer hierdie seel begin nie, maar dit kan wees dat die sg. "oorwinnaar" (wat kan dui op 'n valse Christus) iets daarmee te doen het waarom daar vrede op die aarde kom. As die oorwinnaar na die Antichris verwys, dan beteken dit ook nie dat hy noodwendig teen hierdie tyd al geopenbaar is nie. Of hierdie tyd kan bloot verwys na 'n tyd wanneer daar gepraat word oor vrede...

* (2) In die tweede seel tydperk word die vrede v/d aarde weggeneem, en hierdie tydperk word veral voorgestel as 'n tyd van "oorlog" (daar sal egter weer 'n tyd van "vrede en veiligheid" wees later onder die Antichris se bewind...).  Van hierdie tydperk het Jesus gese dat dit "nog nie (dadelik) die einde is nie".  Nasies en koninkryke sal teen mekaar opstaan.  Oorloe, gerugte van oorloe en opstande... 

* (3) Die derde seel tydperk gaan gepaard met hongersnood, pessiektes, aardbewings op verskillende plekke, beroeringe, verskriklike dinge en groot tekens van die hemel.  Jesus het hierdie tydperk opgesom as "die begin van smarte".  

* (4) In die vierde seel tydperk het "hulle" mag om dood te maak oor 'N VIERDE DEEL V/D AARDE.  Doodmaak, hongersnood, pes en wilde diere.  Ons sien dus alreeds verdrukking, maar net oor 'n 4de deel v/d aarde.  Ook volgens Matt. 24 wil dit lyk of hierdie tydperk gepaardgaan met verdrukking, maar ook met valse profete en is 'n "tyd van afval" -  Jesus het bv. gese dat die ongeregtigheid sal vermeerder en die liefde van meeste sal verkoel. In hierdie tyd sal die evangelie v/d koninkryk aan die hele wereld verkondig word... 

* (5) Die 5 de seel  is die tydperk van die Groot verdrukking. Jesus het ook gepraat van die gruwel van verwoesting en hoe die in Judea en in Jerusalem moet vlug na die berge.Verder het Hy gewaarsku teen valse christusse en valse profete.

* (6) Die 6 de seel tydperk word voorgestel as die tydperk net voor Christus se wederkoms. Almal nou bang vir die toorn van die Lam wat aan die kom is.... benoud, radeloos en mense se harte beswyk van vrees en verwagting - konings, grotes, rykes, owerstes, magtiges, slawe, vrymense steek hulleself weg in spelonke/rotse van berge.   Ander gebeure:  die son verduister en swart soos harige sak;  maan sal sy glans nie gee nie en soos bloed; die kragte v/d hemele sal geskud word; sterre val op die aarde soos 'n vyeboom wat geskud word; die hemel wyk weg soos 'n boek wat toerol; berge en eilande word uit hulle plekke versit; see en branders dreun.  AAN DIE EINDE v/d 6 de seel, word die 144 000 (uit stamme van Israel) verseel sodat hulle nie beskadig word onder die wraak nie (en l.w. dat die gelowiges wat dan nog in die lewe, is verseel deur die Heilige Gees tot op die dag van verlossing).

* (7) Onder die 7 de seel tydperk sal Christus Jesus terugkom;  Maar Hy kom ook om te oordeel ("in vuur"). Dit is ook die tyd wanneer die verderwers v/d aarde verderf word. Baie ander dinge sal gebeur onder hierdie seel, nl God se wraak:  
-die 3 Wee;  
-die 7 Basuine;  
-die 7 Donderslae; 
-die 7 Plae of Skale.
Ons sien ook gebeure soos 'n groot aardbewing soos daar nog nie gewees het nie, wat die groot stad in 3 verdeel. Stemme, Donderslae, Bliksemstrale, Groot hael... Ons sien ook die val van Babilon, val v/d nasies en die slag van Armageddon  -  met Christus se wederkoms sal die volk van God gered word en die opstanding (en wegraping) sal plaasvind (1 Kor. 15:52 verklaar dat die opstanding sal plaasvind "by die laaste basuin")  - sommige sal opstaan tot lewe, ander tot veroordeling. Dit is ook die tyd van die OES, die koring en die onkruid; koring en kaf; en skeiding v/d skape en bokke.  Dit is ook die tyd wanneer die Here loon gee aan Sy diensknegte, profete, heiliges en die wat Sy Naam vrees, en die Bruilof v/d Lam...  Dit dan aan die begin van die Here Jesus Christus se 1000 jaar Ryk (en Hy sal regeer vanuit Jerusalem oor die hele aarde).
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


_________________________________________________________________________________


Donderdag 19 Junie 2014

Die Here het nie gekom om vrede op die aarde te bring nie?

(Mat 10:34)  "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard".

========================================================================

IN HIERDIE GEDEELTE HET JESUS GEPRAAT MET SY DISSIPELS, OOR HOE HULLE VERVOLGING SOU LEI TER WILLE VAN HULLE GELOOF EN DIE WOORD (DIE WAARHEID)-(Mat 10:14) " En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af".
HY MAAK OOK DIE VOLGENDE OPMERKING:
(Mat 10:16)  "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe".  

Daar is 'n miskonsepsie onder baie gelowiges dat die waarheid en die evangelie, veronderstel is om vrede te bring tussen alle mense, maar alhoewel dit vrede beteken vir die persoon wat dit aanneem, vrede tussen hom en sy Skepper, en vrede tussen die wat die waarheid liefhet, i s   d i t   s o o s   'n   s w a a r d   i n   d i e   g e v a l   w a a r   i e m a n d   d i t   n i e   a a n n e e m   n i e ! Die Christen word wel beveel om, WAAR MOONTLIK,  in vrede te leef met alle mense:  (Rom 12:18)  "as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense";  tog weet ons dat dit nie altyd moontlik is nie!  Ook die dissipels van Jesus het nie in vrede kon leef met alle mense nie;  ook Jesus self, kon nie in vrede leef met alle mense nie!  Kyk maar die geval van sommige skrifgeleerdes, Fariseers en Sadduseers - DIE WAT NIE DIE WAARHEID WOU AANNEEM NIE.  Jesus het hulle nie gepaai en in liefde liewer stilgebly oor die waarheid nie, nee Hy het des te meer die waarheid gebring!  En in die geval van mense wat voorgegee het asof  hulle die waarheid dien, maar dit nie gedien het nie, het Hy hulle selfs tereg gewys, hulle selfs "akteurs" (geveinsdes) genoem!, en Sy dissipels gewaarsku teen hierdie mense.  Ook Sy dissipels was nie afgeskrik deur "voorgee-gelowiges" wat die waarheid weggewys het nie, maar het hulle eerder tereg gewys en ook die ander gelowiges gewaarsku teen diesulkes. Die liefde van God staan nie los VAN DIE WAARHEID nie!, maar word eerder bewys deur die waarheid. Deesdae dink baie gelowiges dat liefde beteken dat ons stilbly oor die waarheid en sodoende vrede behou.  Die Christen moet goed doen aan ander, selfs vir hulle vyande liefhe, ja, maar nooit beteken dit dat jy die waarheid in die proses opgee nie! (2 Thess. 2:10).  (1Kor. 13:6 - "(die liefde) is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid").
 Jesus en Sy dissipels het vir ons hierdie vb. gestel waar hulle goed was vir ander mense, ook hulle vyande liefgehad het, maar nooit "die waarheid" in die proses opgegee nie.  IN DAARDIE SIN HET JESUS NIE GEKOM OM VREDE OP DIE AARDE TE BRING NIE, WANT DIE WAARHEID IS SOOS 'N SWAARD.

 (2Ti 2:15)  Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
(2Ti 2:16)  Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
(2Ti 2:17)  en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is,
(2Ti 2:18)  wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WANNEER 'N GELOWIGE DIE WAARHEID VERLOEN TER WILLE VAN SG. "LIEFDE", DAN WYS DIT EINTLIK DAAROP DAT HY EERDER DIE AANNEMING VAN MENSE SOEK, AS DIE AANNEMING VAN GOD.  
(Gal 1:8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:9)  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:10)  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
(Gal 1:11)  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.

IN SO 'N GEVAL, LYK DIT OOK OF DIE GELOWIGE SKAAM IS VIR DIE HERE (EN VIR DIE WAARHEID) - kyk na die opmerking wat Jesus gemaak het in dieselfde konteks waar Hy genoem het dat Hy nie gekom het om vrede op die aarde te bring nie:

(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.    VGL. DIT OOK MET (Mar 8:38 - "Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele").

========================================================================
GEDAGTE:

(Rom 1:16)  "Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek".

========================================================================

Maandag 09 Januarie 2023

Wat dit beteken om deel te wees/word van die Koninkryk van God

'n Man van hoë geboorte, wat regstaan om Sy koningskap op te neem (Luk. 19:11-27), is Jesus Christus die Seun van God, die vors van vrede (Jes. 9:5). Hy sal ware vrede bring op aarde...  Huidiglik is Hy "soos 'n man op reis" - 'n man wat na 'n ver land gereis het, sy huis agtergelaat het, en sy diensknegte volmag gegee het (vir elkeen sy werk en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak...)(Mark. 13:34). En na 'n tyd kom Hy terug! en sal Sy ewige koninkryk op aarde oprig, 'n koninkryk waarna die volk van God lank uitgesien het... (Matt. 15:43; Luk. 23:51). Die Skrif leer dat Jesus vd hemel af sal terugkom (waarnatoe Hy opgevaar het na Sy opstanding), en elke oog sal Hom sien, en Hy sal Koning wees oor die hele aarde... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/07/die-christen-die-politikus.html). Toe Jesus die eerste keer gekom het het baie mense gedink dat Hy hierdie "aardse" koninkryk in daardie dae sou oprig (Luk 19:11; 17:20; Hand. 1:6), maar dit sal eers gebeur wanneer Hy terugkom. Die Skrif leer verder dat Hy vanuit Jerusalem sal regeer oor die hele aarde (Ps. 2:6-9; Jes. 24:23). Hy sal die ander koninkryke verbrysel en 'n ewige koninkryk oprig (Dan. 2:44)(wat sal begin met 'n 1000-jaar tydperk wat 'n nuwe "eeu"/bedeling inlei...). Christene wag op hierdie "wederkoms" (Hand. 1:11; Openb. 1:7), wat terloops gepaard gaan met 'n opstanding van heiliges (geroepenes) wat sal bepaal wie ingaan in Sy koninkryk en wie nie... In die opstanding sal sommige opstaan tot lewe, en ander sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:29). 

Na regte het die koninkryk al gekom op 'n geestelike manier - m.a.w., Christene behoort eintlik alreeds aan Sy koninkryk (Hy is teenwoordig deur Sy Gees, Hy is hulle Koning, hulle dien Hom...), maar die aanneming tot kinders word eers regtig voltrek in "die opstanding". Bv., nie almal wat huidiglik gesien word as deel vd koninkryk van God (die geroepenes), sal inderdaad eendag ingaan in die koninkryk nie. Sommige sal nie ingaan nie om sekere redes, bv. omdat hulle nie vrug dra nie of vrug verloor het, of omdat hulle afgeval het, ens. Die term "koninkryk van God" is dus beide 'n term wat gebruik word vir die huidige Christelike kerk, asook vir die toekomstige fisiese koninkryk van God op aarde. Die term "koninkryk van God" verwys dus nie net na die wat huidiglik aan die Christelike kerk behoort nie, maar kan ook verwys na die eendag fisiese koninkryk van God op aarde; maar nie almal wat huidiglik aan die Christelike kerk (koninkryk van God) behoort sal eendag ingaan in die fisiese koninkryk wat Jesus sal oprig (wanneer Hy terugkom) nie. In die huidige kerkbedeling (koninkryk van God/koninkryk vd hemele) is daar bv. nie net "KORING" (die wat vrug dra) nie, maar ook "KAF" (die wat nie vrug dra nie-hulle sal uitgegooi word)(Matt. 3:12; Luk. 3:17; Matt. 21:43). Sommige neem die woord aan en word deel vd koninkryk, maar val af die oomblik as versoeking kom omdat hulle nie wortel het nie (hulle kan dus nie groei en vrug dra nie)(2de groep in die gelykenis vd saaier). Daar is die wat wel vrug dra maar hulle vrug verloor (3de groep in die gelykenis vd saaier). En nie almal is "SKAPE" (barmhartiges) nie, maar sommige is "BOKKE" (onbarmhartiges)(Matt. 25:31-46)(hulle sal ook nie kan ingaan nie). En nie almal "hou vas" nie - die waarheid is dat wanneer Jesus terugkom sal baie wat huidiglik gesien word as kinders vd koninkryk, "nie gereed wees nie" (en die deur sal vir hulle toegemaak word)(Matt. 25:1-13).  Daar is ongehoorsames in die kerk (die wat nie die wil vd Here doen nie - hulle ken nie die Here nie en sal weggestuur word)(Matt. 7:21).  En daar is selfs mense wat insluip onder die kinders vd koninkryk, bv., die "ONKRUID" (valses, wat voorgee hulle dien die Here, maar doen nie)(die struikelblokke)(Matt. 13:24-10), wat baiemaal soos verleiers optree (alhoewel hulle tussen die kinders vd koninkryk beweeg, asof geroepenes, is hulle eintlik deur die vyand daar gesaai - hulle sal ook nie kan ingaan nie). En sommige word selfs BOOS en VERHARD hulle HARTE, al ken hulle die waarheid! (Rom. 1)........ Dus, alhoewel die wat nou deel word vd koninkryk van God die belofte het van ewige lewe, is daar sommige wat dit ongelukkig gaan verloor agv afvalligheid, vrugteloosheid, ongehoorsaamheid, ens. Hulle word wel nou gesien as "deel vd koninkryk van God", maar sal nie almal eendag ingaan in die fisiese koninkryk van God en opstaan tot lewe nie. Jesus Christus sal besluit wie ingaan en wie opstaan tot lewe, en wie nie.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

HOE WORD IEMAND DEEL VD KONINKRYK VAN GOD?
(m.aw., hoe word ons burgers word van Sy "land"?). 

Wanneer iemand emigreer is dit nie so maklik om deel te word van 'n ander land nie.  Immigrante moet deur baie dinge gaan voor hulle burgerskap in die nuwe land kan ontvang.  O.a. kan dit beteken dat hulle eers moet bewys dat hulle tot voordeel is vir die land en dus vir 'n tyd lank werk in die land voor hulle burgerskap kan ontvang, en is dus soos vreemdelinge in daardie hele tyd (geniet bv. nie onmiddellik ditto voordele as die burgers nie);  of hulle moet 'n groot som geld betaal om burgerskap te koop...  Daar is bepaalde stappe wat geneem word om burgerskap te kan verkry - in ander woorde, immigrante moet dit eers verdien of hulle moet dit koop, en wanneer hulle burgerskap in die nuwe land ontvang moet hulle "trou sweer" aan die nuwe land/regering.  Wat die koninkryk van God aanbetref kan dit egter nie gekoop of verdien word nie, maar daar is ook bepaalde stappe nodig voor iemand burgerskap kan ontvang, bv. gesindheid is belangrik!;   nl. vrees vir die Here en om Sy geregtigheid te soek;  en wat is iemand bereid om op te gee terwille vd koninkryk? 
-  (Hand. 10:35 - "maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is");
-  (Matt. 13:44 - "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand")(Matt. 6:19-21,33; Luk. 12:16-21).  
Vrees vir die Here en om Sy geregtigheid te doen, en bereidheid om wil ens. "op te gee" is die maniere hoe iemand wys dat hy 'n burger kan word...  

DIE MANIER HOE JY 'N BURGER WORD IS NATUURLIK DEUR "TROU TE SWEER" AAN JESUS CHRISTUS! (m.a.w., jy moet in Hom glo...)(Joh. 5:24; 6:35,40,47; Joh. 11:25,26; ens.). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Identiteit speel ook 'n groot rol wanneer dit kom by burgerskap. Jy kry bv. outomaties burgerskap op 'n sekere ouderdom wanneer jy gebore is in 'n land (is "'n kind vd volk"), en jy geniet die voordele van 'n burger alreeds vanaf geboorte. Op dieselfde wyse is daar 'n volk op hierdie aarde aan wie burgerskap in die koninkryk van God belowe is, wat hulle bloot ontvang deur geboorte... (nl. die Hebreeuse volk deur 'n spefisieke geslagslyn, nl. Abraham, Isak, 12 stamme van Israel...);  hierdie groep mense staan bekend as die GEROEPENES, en aan hulle is burgerskap belowe - alhoewel die uiteindelike "aanneming tot kinders" gekoppel is aan voorwaardes!, en word eers voltrek in "die opstanding"... (bv., die wat eendag opstaan tot veroordeling sal nie in die koninkryk ingaan nie - baie is geroep, maar min uitverkies).  Enige iemand kan deel word van hierdie geslag (aan wie die erfenis belowe is - hulle kan onder die "kinders van Abraham" ingedoop word), nl. deur GELOOF IN JESUS CHRISTUS.  Die wat in Jesus Christus ("kind van Dawid"/Seun van God) glo, ontvang dus hulle kindskap deur die geloof in Hom (nie deur fisiese geboorte nie, maar geestelike geboorte) - hulle is "kinders van Hom" (asof uit Hom gebore - daar word o.a. na weergeborenes verwys as "gebore uit God")(Ef. 2:11-13). Weergeborenes word onder die kinders van Abraham ingedoop en het die belofte van erfenis (soos mense wat uit daardie geslag gebore is).   
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Lewensmaat en kinders het dit ook makliker wanneer 'n gesin emigreer. 'n Man se vrou en sy kinders kan bv. maklik papiere kry in 'n nuwe land.  Hulle hoef nie deur presies dieselfde stappe te gaan om burgerskap te ontvang as die man nie (hoef bv. nie te bewys dat hulle tot voordeel is vir die land nie), maar verkry dit bloot omdat hulle aan die man/pa behoort. Op ditto wyse sal almal wat aan Jesus Christus behoort, "papiere kry" wanneer Hy terugkom;  maar die wat nie in Hom glo en Hom nie dien nie kan nie verwag om te erf nie. Hy is immers die "Man" - alles behoort aan Hom... (Rom. 14:8; Gal. 4:21-31; Ef. 1:10; 5:23; Kol. 1:18; ens.). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


(1) Vir iemand om deel te word vd koninkryk van God is gesindheid dus eerstens belangrik, m.a.w. VREES VIR DIE HERE en OM SY GEREGTIGHEID TE DOEN - dus bekering waar nodig! Die koninkryk van God is soos 'n skat... - wat is jy bereid om op te gee ter wille van hierdie koninkryk (om dit te verkry)?  Bv., is jy bereid om jou wil op te gee? Is jy bereid om die Here alleen te dien, ens.. Hierdie gesindheid is belangrik voor iemand 'n burger kan word vd koninkryk van God/hemele. 

(2) Die manier hoe iemand burgerskap ontvang in die koninkryk van God, is deur geloof in Jesus Christus;  m.a.w., om "trou te sweer" aan Hom (Ef. 2:11-13; Fil. 3:20). 


(3) Verder is dit belangrik om vas te hou aan die Here..., want as jy nie vashou aan die Here nie gaan jy dalk nie ingaan in die ewige koninkryk nie (gaan dan nie kan opstaan tot lewe nie, bv. die sonder vrug, bokke, ens.).   Die wat burgerskap ontvang het (die wat huidiglik deel is vd koninkryk van God/Christelike kerk) is onderwerp aan die geloof, maar l.w. dat geloof sonder werke dood is (Jak. 2:20,26). Die "aanneming tot kinders" word eers volkome voltrek in die opstanding. Dus:  Hou vas aan die geloof! (Openb. 2:13; 2:25; 3:11). Bly in Jesus Christus, want sonder Hom kan ons nie (groei en) vrug dra nie (Joh. 15:4-7).  En glo in Sy woorde/die waarheid wat Hy verkondig het (Hand. 3:23; Hebr. 12:25; Joh. 12:47.48; 14:10), want om in Jesus te glo, beteken ook dat jy in Sy woorde glo (glo dat dit wat Hy verkondig het die waarheid is). Moenie ander "bronne" gebruik nie - gaan voort om die Here te dien (moet Hom nie verloen/verwerp nie). Moenie jou hart verhard teen Hom en Sy waarheid nie, Christene is wel vrygekoop (van hulle slaafskap onder sonde), maar behoort nou aan Jesus Christus (deur wie hulle vrygekoop is - is dus nou slawe van Hom), en moet Hom gehoorsaam/dien... (1 Kor. 7:22). Christene kan nie doen "wat hulle wil" nie, maar moet doen wat die Here wil.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 11 September 2021

As jy nie in Jesus se woorde glo nie, dan glo jy nie regtig in Hom nie

As iemand bely hy GLO in Jesus, dan moet hy natuurlik ook glo in Sy woorde... 

Somtyds bely iemand dat hy in Jesus Christus glo, maar dan wanneer jy met daardie persoon begin gesels kom jy gou agter dat h(s)y eintlik iets anders glo as wat Jesus geleer het. Baie leringe deur Jesus gegee, bv. leringe oor die koninkryk ("evangelie vd koninkryk"), is vandag verdraaid of word verskillend gepreek van wat Jesus geleer het. Ons moet ag gee op Jesus se woorde, want ons kan nie bely ons glo in Jesus maar glo nie in Sy woorde nie. 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE EVANGELIE gaan oor:
- die evangelie van Jesus Christus, en deels oor
- die evangelie vd koninkryk (Matt. 24:14; Mark. 1:14,15), en deels oor
- die evangelie van vrede.    Die woord "evangelie" is die Griekse woord "yoo-ang-ghel'-ee-on", wat beteken "goeie boodskap". Natuurlik is die "boodskap vd koninkryk" ook deel van die boodskap/evangelie van Jesus Christus, want Jesus se leringe het baie gegaan oor die KONINKRYK VAN DIE HEMELE/GOD - dit is immers een van die redes waarom Hy gestuur was! (Luk. 4:43; 8:1). Ons merk dat Jesus die "evangelie vd koninkryk" verkondig het oral waar Hy rondgegaan het... (Matt. 4:23; 9:35; Mark. 1:14; Luk. 4:34; Luk. 8:1; Luk. 16:16...)(Mar 1:14,15 - "En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en GLO DIE EVANGELIE"). Na watter evangelie het Jesus hier verwys wanneer Hy hulle vra om die evangelie te GLO?  Natuurlik die evangelie wat Hy verkondig het...- nl. die "evangelie vd koninkryk"(Mark. 1:15). Wanneer sommige nou kom en iets anders preek oor die Koninkryk as wat Jesus gepreek het oor die Koninkryk, hoe kan hulle dan bely dat hulle glo in die evangelie wat Jesus gebring het?  As ons bely dat ons glo in Jesus Christus, dan moet ons glo in dit wat Hy verkondig het oor die koninkryk, want die "evangelie van Jesus" gaan ook oor die evangelie wat Hy gebring het oor die koninkryk. 
 
L.w. dat leringe oor die koninkryk van God (m.a.w. die "evangelie vd koninkryk") het hulle oorsprong veral in leringe wat Jesus gebring het... (en sommige gedeeltelik uit O.T.iese profesieë)(Matt. 13:35 - "sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af").
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In Luk. 16:16 wil dit lyk of die "evangelie vd koninkryk" gestel word teenoor "die wet en die profete" (Luk 16:16 - "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin"), asof "die evangelie vd koninkryk" die wet en profete vervang, maar daarmee word egter nie bedoel dat die wet tot niet is of dat die Here se reels nie belangrik is nie, maar waarna dit verwys is dat die Here se wet en voorskrifte nou vervul word in "die evangelie vd koninkryk" (en terloops, in die evangelie vd koninkryk het wette 'n sterker betekenis gekry!). Ons sien dus hoe belangrik hierdie EVANGELIE is wat Jesus oor die koninkryk gebring het, want as ons nie weet wat presies Hy hieroor geleer het nie, hoe sal ons weet wat die Here van ons verwag, Sy reëls, hoe ons gewas word?, hoedanig Sy koninkryk is?, hoe ons salig word, ens.? As ons bely dat ons in Jesus Christus glo, dan moet ons natuurlik die evangelie glo wat Hy gebring het (Mark. 1:15).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Behalwe spesifieke dinge wat oor die koninkryk geprofeteer was, het Jesus self vir ons baie meer kom leer oor die koninkryk (in "die evangelie vd koninkryk"), bv. dat dit klein begin maar baie groot sal word en terloops groter as enige ander koninkryk op aarde!  Hierdie is goeie nuus vir elke gelowige, wat soos 'n spreekbuis in hierdie wêreld staan vir die Here se "party". 'n Koninkryk verteenwoordig natuurlik 'n plek en 'n volk met 'n koning... Somtyds word die term "koninkryk vd hemele" gebruik, en somtyds "koninkryk van God". Die Here se koninkryk is in die hemele, ja (en Hy is huidiglik daar teenwoordig), maar daar is ook geprofeteer dat Hy van die hemel af sal (terug)kom en 'n koninkryk op aarde kom oprig (Dan. 2:44)(Openb. 19:11-21; 16:12-21). Maar hierdie koninkryk verwys natuurlik nie net na 'n fisiese koninkryk wat eendag op aarde sal wees nie, maar is ook "geestelik" van aard in die sin van dat die Here alreeds hier teenwoordig is d.m.v. Sy Heilige Gees (in daardie opsig het die koninkryk al gekom - maw nie met sigbare tekens gekom nie...). Geestelike mense is die kinders van hierdie koninkryk, en sien uit na die fisiese koninkryk op aarde wanneer Jesus terugkom. 

Jesus het ook geleer dat die koninkryk gesien moet word soos 'n verborge skat in 'n saailand, of is soos 'n kosbare pêrel (Matt. 13:44-46) - uit die vgl. wat Hy hier maak kan ons leer dat dit die moeite werd is om alles te "verkoop" ter wille van die Koninkryk. (Mat 13:44-46 - "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand. Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit"). So belangrik is dit om (eers) die koninkryk te soek en Sy geregtigheid (en alle ander dinge, bv. wat jy nodig het, sal vir jou bygevoeg word...)(Matt. 6:33). Natuurlik is dit belangrik om te werk en te sorg ens., maar die koninkryk moet voor al hierdie dinge gesoek word!  Dit is bv. belangriker om die Here eers te raadpleeg voor jy iemand anders raadpleeg. Dit is belangrik om eerste te bid wanneer jy siek is, voor jy dokter toe gaan. Dit is belangriker om eerste te bid vir voorsiening, voor jy gaan werk daarvoor... Die Here moet ons bron wees -  kinders vd koninkryk moet besluite neem volgens Sy wil en Sy reëls, moet leer wat Hy geleer het, ens..  Daarom moet ons ag gee op Jesus se leringe, dit wat Hy geleer het oor die koninkryk van God, en verstaan dat hierdie leringe belangriker is as wereldse wysheid of ons eie slotsomme, en belangriker as wat enige iemand anders leer of getuig. Selfs as jy dink die Here praat met jou (bv. deur "woord", 'n engel, droom, visioen ens.), moet daardie woorde klop met wat Jesus geleer het!  As dit nie klop nie, kom dit nie van die Here af nie. Wat Jesus geleer het oor 'n onderwerp is m.a.w. belangriker as wat enige iemand anders daaroor te sê het of daaroor leer.  Ons moet eerste by die Here leer voor ons na ander leermeesters luister. 

Leringe oor die koninkryk (die evangelie vd koninkryk) verander ons uitkyk op die lewe en die manier hoe ons sien en dink. Ons moet seker maak dat ons ons bekeer het tot die manier hoe die Here sien en dink...(Mar 1:15 - "en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie").
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Woensdag 01 Julie 2015

Die geklank van die BASUIN !

Die blaas van die BASUIN het besonderse betekenis en was iets wat deur God self ingestel was vir die volk (Num. 2:10).  Die doel was veral om die volk byeen te roep en om die laers (in die woestyn) te laat opbreek;  en ook gebruik in feesfieringe, om die begin van elke fees en die begin van maande aan te kondig, en was ook geblaas op Versoendag (bedoel om die volk in gedagtenis te bring voor die Here).  Daar was onderskeid getref tussen 'n "blaas" en 'n "alarm blaas".  Die alarm basuin was gebruik om as waarskuwing te dien, soos wanneer die land ingeval word, en ook geblaas om te vra dat die Here hulle help in oorlog. Dit is ook interessant om te sien dat, waar God aan die volk verskyn het op die berg (in die woestyn)(Eks. 19:16,19; 20:18), dit ook gepaard gegaan het met 'n basuin (maar l.w., daar nie beskryf as 'n basuin wat deur mense geblaas is nie). Om skrifte hieroor te sien, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/02/basuine.html

DIT WIL VOORKOM ASOF DIE HERE BAIE WAARDE HEG AAN DIE GEBRUIK VAN BASUINE, EN DAT HY DIT OOK GEBRUIK OM GEBEURTENISSE AAN TE KONDIG. Paulus beskryf dat die opstanding (en "wegraping") sal gebeur met "die laaste basuin" (1 Kor. 15), en dit verwys moontlik na die 7de basuin onder die 7de seel in die boek van Openbaring (wat die laaste van die 7 basuine is).  Ook in Sag. 9:14 word die wederkoms van die Here beskryf saam met 'n basuin (wat beskryf word asof dit deur Hom self geblaas word) - sien ook 1 Thess. 4:16,17.
========================================================================
Ook die 7 BASUINE in Openb. 8 is basuine wat GEBEURE of WAARSKUWINGS aankondig (en word beskryf as basuine wat deur engele geblaas word).  Die tydperk van die 7 Basuine onder die 7de Seel, beskryf 'n tydperk van God se wraak op die mensdom. Terwyl dit 'n verskriklike tyd gaan wees vir die ongelowiges en die ongehoorsames, die met die merk van die dier, sal die gelowiges en gehoorsames opgewonde uitsien op hulle verlossing en selfs beskerming geniet gedurende daardie tyd!  Dit dan ook waarom die 144 000 uit die stamme van Israel VERSEEL word voor hierdie 7 de seel tydperk (Openb. 7 en 14)(Openb. 7:3), en hulle uitgeken kan word as die wat onder die beskerming val.  Maar die "met die merk van die dier" sal nie onder die beskerming val nie.  Elke gelowige wat die Gees van God het, is gemerk (met die merk van God).  Die tema van verseeling is 'n interessante onderwerp in die Skrif, en in die geval van die gelowige wat verseel is, het dit dieselfde betekenis as die van 'n seelring - 'n MERK of sekuriteit - VERSEEL tot die dag van verlossing (Ef. 4:30; 2 Kor. 1:21,22). Net soos wat die 144 000 verseel sal word en gekoop word as EERSTELINGE vir God en die Lam, net so word Christene (wat wederbaar is en die Gees van God het - m.a.w. verseel is), gesien as EERSTELINGE (as 'n priesterdom) vir die Here (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html). Daarom moet Christene versigtig wees dat hulle nie die Heilige Gees bedroef nie!

Maar die feit dat die gelowige verseel is deur die Gees van God, en nie onder God se wraak gaan val nie, beteken nie dat hy nie deur verdrukking sal gaan nie!  Baie mense verwar die "verdrukking onder die 4 de seel en Groot verdrukking onder die 5 de seel", met hierdie "wraak onder die 7 seel tydperk". Ons moet verstaan dat, alhoewel die Groot verdrukking ook gesien kan word as 'n "oordeel", "verdrukking" nie gesien moet word as iets waardeur slegs die gaan wat nie gereed is (soos baie leer) nie!  Elke Christen moet bereid wees om verdrukking te verduur en te ly ter wille van die Here. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/volledige-uiteensetting-eindtyd-gebeure_6276.html)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html). Alhoewel die Groot Verdrukking meer verwysend is na die in Judea, is "verdrukking" nie beperk tot die 5 de seel tydperk nie, maar ook veral kenmerkend onder die 4 seel tydperk, en vanaf Christus op aarde was!  Hy het vir ons die waarheid gebring, en die waarheid is soos 'n swaard (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/wat-is-die-waarheid-3.html).  Baie Christene dink vandag dat die Here van ons verwag om waarheid op te gee ter wille van eenheid en sg. vrede, maar wat die Here eerder van ons verwag, is om die waarheid te bring en die verdrukking wat daaruit voortspruit, te verduur. Alhoewel ons beveel word om in vrede te leef met alle mense waar moontlik (Rom. 12:18), is dit ook waar dat die waarheid (en die evangelie), alhoewel dit vrede beteken vir die persoon wat dit aanneem,  NIE vrede bring tussen alle mense nie, maar eerder soos 'n swaard is in die geval waar iemand dit nie aanneem nie (Matt. 10:16; Gal. 1:10,11).  Die liefde van God staan nie los VAN DIE WAARHEID nie, maar word eerder bewys deur die waarheid...
========================================================================


GEDAGTE:

Wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, en Hy ons gaan opwek tot lewe, is die dood finaal verslind - finaal oorwin!  (1 Kor. 15:51-55).  Hierdie wonderlike gebeurtenis waarop die Christen wag, sal ook gepaardgaan met die geklank van die basuin van God.  Die Christen het hierdie hoop op die opstanding tot lewe, maar terwyl die tyd nog nie daar is nie, moet ons vashou en ag gee daarop om die wedloop met volharding te hardloop.  Baie het opgegee omdat hulle oe so gevestig is op die beloning, dat hulle vergeet om te hardloop. 



(1Thess. 4:16 - "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan").

_________________________________________________________________________________

Dinsdag 23 Mei 2017

Die koninkryk vd hemele "is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het" (1)

In hierdie dagstukkie wil ons kyk na hoe Christus die koninkryk van die hemele beskryf het deur
DIE GELYKENIS:  "Die koninkryk vd hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het".

LEES  Matt. 22:1-14
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die term "koninkryk van God" verwys natuurlik na die koninkryk waar Hy "TEENWOORDIG" is en "IN BEHEER" (Hy is die Koning!)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html). M.a.w., in die hemel is Hy "teenwoordig en in beheer", maar Sy koninkryk is nie net 'n HEMELSE koninkryk nie, maar ook GEESTELIK van aard, (en het dus al gekom) in die sin van dat die gelowige die Here Koning maak van sy lewe, en Hom in beheer plaas, en die Heilige Gees ontvang (m.a.w., in hierdie "geestelike" koninkryk is Hy teenwoordig deur Sy Gees). Die koninkryk van God is verder FISIES van aard omdat die Here Jesus, wanneer Hy terugkom, Sy aardse fisiese koninkryk gaan verwek hier op aarde. Hierdie gebeurtenis is iets waarna die volk van Israel uitgesien het vir baie eeue, en hulle het daarna verwys as die "koninkryk van Israel" (Hand. 1:6) omdat daar geprofeteer was van hoe Christus die land en volk sal herstel en Sy ewige troon daar vestig. (Dan 2:44 - "Maar in die dae van dié konings ("voete op beeld wat  Nebukadnésar in droom gesien het) sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—"). Alhoewel die koninkryk van Israel meer verwysend is/was na die volk Israel in die beloofde land (en l.w. dat God by hulle was/teenwoordig was d.m.v. die tabernakel/tempel), moet ons verstaan dat Sy aardse koninkryk wat Hy sal verwek wanneer Hy terugkom, ook vanuit die beloofde land sal wees, en Hy sal Koning wees oor die hele aarde (in beheer), en FISIES SELF TEENWOORDIG! (Ps. 47:2)(Sag. 14:9 - "En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een").  Die profeet Jeremia het ook geprofeteer dat wanneer Christus terugkom, Hy vanuit JERUSALEM sal regeer oor die hele aarde (Jer. 33:16; 3:17)(1 Kon. 11:36)http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html. Tog, al het die profete geweet van hierdie koninkryk en die volk hierna uitgesien, was die evangelie van die koninkryk eers begin preek met Johannes die Doper! (Luk. 16:16). Deur hierdie evangelie vd koninkryk het Christus vir ons baie geleer oor die koninkryk van die hemele (koninkryk van God). As ons nie ag gee op die EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK nie, dan sal ons sukkel om bg. te verstaan.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------   Iets wat Jesus geleer het oor die koninkryk van die hemele/God, is dat die KONINKRYK VD HEMELE vgl. kan word met 'N KONING WAT 'N BRUILOF VIR SY SEUN BEREI... Hierdie is huidiglik besig om te gebeur, want die Vader is besig om 'n bruilof vir Sy Seun Christus Jesus te berei...  Ook volgens O.T. profesiee sal die Here 'n maaltyd berei wanneer Hy die land herstel (Jes. 25:6). Dit is ook interessant hoe hierdie "beeldspraak" in die N.T. gebruik word...  -kyk bv. hoe die "diensknegte wag op die bruidegom" in Matt. 25.  In Matt. 9:15 het Jesus die dissipels "bruilofsgaste" genoem. Johannes het homself 'n "vriend vd bruidegom" genoem in Joh. 3:29.  (en hier in Matt. 22:11 word die bruilofsgas ook "vriend" genoem..).  Daar is ook die gelykenis vd 10 (diens)maagde (Matt. 25)..., en vgl. dit ook met Luk. 14:24 - ("Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie").... Hetsy beeldspraak of letterlik, dit is slegs die wat gesien word as "gereed" wanneer Christus terugkom (die wat nie naak bevind gaan word nie), wat sal deel he aan hierdie maaltyd: -("Luk 12:40)  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie".). Baie sal na die bruilof gaan, maar uitgegooi word (soos die gelykenis hier in Matt. 22 vir ons leer), en dus nie deelneem aan die maaltyd nie!  Ons moet dus seker maak dat ons verstaan wat bedoel word met die begrippe "om gereed te wees" en "om nie naak bevind te word nie". Rol asb. af "OM DIE GELYKENIS VAN NADERBY TE BESTUDEER (vir uitleg) - waar slegs een interpretasie bespreek word, maar maak nie saak watter interpretasie gebruik word nie, dit EINDIG altyd by die feit DAT DIE WAT SONDER BRUILOFSKLEED NA DIE BRUILOFSMAAL GAAN, UITGEGOOI SAL WORD UIT DIE BRUILOFSAAL...  Wat ons verder leer uit hierdie gelykenis, is dat ons huidiglik leef in die tyd waar die diensknegte uitgestuur word en mense uitgenooi word (mense van alle stamme, volke, tale en nasies) na DIE BRUILOFSMAAL, en l.w. "slegtes" sowel "goeies" ! (Matt. 22:10).  Sommige (wat uitgenooi is, en gaan om die bruilofsmaal te geniet), sal uitgegooi word omdat hulle nie 'n bruilofskleed aan het nie... (m.a.w., hulle was nie "gereed" nie - Openb. 3:18).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Om te verstaan wat bedoel word met die "bruilofskleed", moet ons gaan kyk na die besonderse betekenis van kleed in die Skrif, bv. "iemand wat NAAK is kan toegedek word met 'n KLEED" (Eseg. 18:16). Soos ons weet maak die N.T. veral bemoeienis met die geestelike, want die vleeslike onder die ou verbond was slegs 'n skaduwee van dit wat sou kom...  Die geestelike betekenis van naaktheid in die Skrif gaan oor "skaamwees" en "vernedering" weens ontbloting (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...) - en daarom het ons elkeen 'n kleed nodig!  Net soos die bewustheid van om fisies naak te wees (en skaam ontbloot), iets is wat na die sondeval gekom het (Gen. 2:25; 3:7,11),  OP DIESELFDE WYSE SAL DIE SONDER (BRUILOFS)KLEED SKAAM WEES EN VERNEDER VOEL (omdat hy/sy ONTBLOOT is). Die een wat kaal is, staan heeltemal bloot vir almal om te sien.  Deur GELOOF ontvang ons 'n bedekking (Rom. 4), amper asof ons 'n kleed ontvang.  Ons koop vir ons WIT KLERE dat ons ons kan aantrek en die skande van ons naaktheid nie geopenbaar word nie! (Openb. 3:18)(http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html)
(Rom 4:7 - "Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is").  

Maar DIE WAT NIE HULLE KLERE BEWAAR NIE, SAL HULLSELF steeds IN HIERDIE SKAAM NAAKTE POSISIE BEVIND - hulle sonde nie bedek nie en dus sal hulle onder oordeel kom daarvoor (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Wat help dit iemand kom tot geloof en sy sonde word bedek (hy kry dus klere of 'n kleed), maar hy bewaar nie sy klere nie?  Die gevaar van so 'n Christen wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, is dat hy "naak" bevind sal word op die dag van die bruilof!  Baie Christene loop rond soos mense SONDER KLERE - hierdie beeldspraak word in Openb. 3 gebruik waar die gemeente van Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7). (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels van die wereld, en volgens Paulus "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13). Op dieselfde wyse sal die wat "geestelik" NAAK is a.g.v. ONGEHOORSAAMHEID en ONGELOOF, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal. Mag elkeen wat GEROEP word tog seker maak dat hy hom/haarself nie in hierdie vreeslike posisie bevind wanneer hy voor Christus Jesus verskyn nie... Kom, en koop van Hom, WIT KLERE! (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html). (Mat 22:14)  "Want baie is geroep, maar min uitverkies").
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html (en rol af in pos om die geestelike betekenis van "naak" te verstaan)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
_________________________________________________________________________________



UITEENSETTING VAN SKRIFGEDEELTE:
(Mat 22:1)  En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:
(Mat 22:2)  Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het
(Mat 22:3)  en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.  - die Koning (die Vader) berei 'n bruilof voor vir Sy Seun (Christus Jesus), en Hy (Vader/Seun) stuur diensknegte (profete, Johannes die Doper, dissipels...) uit om die genooides te roep (Matt. 10:6,7; Mark. 6:7-11)("genooides = geroepenes" - in hierdie geval, die volk van Israel)("diensknegte = vriende = ook bruilofsgaste", m.a.w. self ook geroep" /  diensknegte verwys na die wat afgesonder word vir diens;  hulle stel hulleself ondergeskik aan hulle Koning).
(Mat 22:4)  Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.  - die genooides het nie geluister nie, so die Koning het weer ander diensknegte na hulle gestuur
(Mat 22:5)  Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak. - sekeres vd volk van Israel het vir Christus Jesus verwerp - hulle het nie regtig die Vader geKEN nie, anders sou hulle vir Christus Jesus ontvang het
(Mat 22:6)  En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak. - vervolging op Christene; (Mat 23:34 - "Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg")
(Mat 22:7)  Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. - verwoesting van Jerusalem, volk versprei oor aarde - 70 n.C. plaasgevind
(Mat 22:8)  Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. (Hand. 13:46) 
(Mat 22:9)  Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. - diensknegte wend hulle na die heidene, en nooi almal uit (alle stamme, nasies, volke, tale)("evangelie van vrede")(Hand. 10; Rom. 11)
(Mat 22:10)  En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies (Matt. 13:38 en 47; 1 Kor. 6:9-11; Openb. 2; 1 Joh. 2:19), en die bruilofsaal het vol gaste geword.
(Mat 22:11)  En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. - (WAS NIE GEREED NIE - HET NIE DIE VOORWAARDES NAGEKOM NIE)(onkruid-akteurs,die voorgee-gelowiges)(kaf-die wat geen vrug dra, of nie die nodige vrug dra nie)(bokke-die wat onbarmhartig is)
(Mat 22:12)  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
(Mat 22:13)  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 22:14)  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Woensdag 10 Augustus 2016

'n Volk uit die nasies versamel, 'n volk wat veilig woon

Daar is reeds lank terug geprofeteer dat God Sy volk sal terugbring in die land Israel en hulle laat veilig woon, maar ons moenie dink dat waar die skrif praat van "versamel uit die nasies" dit altyd verwys na slegs een geval van versameling nie.  ONS MOET DUS ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE "VERSAMELINGS" (in die verskillende skrifgedeeltes)(bv. Eseg. 37 en 38), ASOOK VERSKILLENDE TYE VAN VREDE. 

Dus, ons verstaan dat daar 'n "versameling" is VOOR Hy terugkom, maar verstaan ons dat daar ook 'n versameling sal plaasvind wanneer Hy terugkom? En ja, ook die volk wat in die land is net VOOR Hy terugkom (Eseg. 38:8-12), word beskryf as " 'n volk wat uit die nasies versamel is".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------Geleerdes onderskei wel tussen hierdie verskillende "tye van versameling", maar verskil natuurlik op interpretasie van die "tyd" van die verskillende versamelings. Meeste is bv. eens dat daar 'n versameling sal wees VOOR Jesus Christus terugkom,  VOOR die Groot Verdrukking asook nadat Hy teruggekom het, maar min identifiseer 'n versameling in die land wat lyk of dit moontlik tydens die Groot verdrukking sal plaasvind (Eseg. 38:8-12) - 'n versameling wat nog nie plaasgevind het nie en verwys na 'n tydperk wanneer die land Israel "van die swaard weer reggekom het, versamel is uit baie volke, en almal woon  in veiligheid". Baie sien bv. " v a n d a g " as die tydperk wat beskryf word in Eseg. 38, tog woon die volk in die land nog nie in veiligheid nie, en woon hulle ook nie almal "sonder muur en geen grendel of poorte" soos Eseg. 38:11 verklaar nie! Dit is dus duidelik dat Eseg. 38 :8-12 eerder verwys na 'n tydperk IN DIE TOEKOMS - moontlik na die tydperk wat in Openb. 11:1-14 beskryf word, 'n tyd waarin daar sogenaamde vrede sal wees (en die voorhof buitekant die tempel aan die heidene gegee is).  Omdat baie Jode nie glo dat Jesus Christus die Messias is nie, wag hulle nog op die Messias.  Die ongeluk is dat hulle 'n "ander een" (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html) sal ontvang as messias en natuurlik 'n VERSAMELING verwag wanneer hy kom.  So 'n  "versameling" kan voorkom asof dit in vrede geskied (en sal ook met oordeel geskied, ja). Maar moet ons onthou dat sogenaamde "vrede" in die verlede ook al geskied het terwyl baie van die volk van God in ballingskap was (Sag. 1:11-15), m.a.w. terwyl hulle verdruk was! 

 Behalwe vir verskillende "tye van versamelings", is daar ook verskillende TYE VAN VREDE.  Die tydperk van die eerste seel word bv. gesien as 'n tydperk van "vrede" (omdat onder die tweede seel die vrede weggeneem word van die aarde);  tog verwys dit nie noodwendig na dieselfde tydperk as die tydperk van "vrede en veiligheid" van 1 Thess. 5:3 (net voor Christus terugkom) nie.  Ons sien dus verskillende tye waarin versamelings in die land sal plaasvind, asook verskillende tye van "vrede".   Dit wil lyk of die tipe vrede en veiligheid wat geskep sal word onder die bewind van die Antichris so 'n tipe valse vrede sal wees, want ons weet dat hy sal oorlog voer teen die heiliges en die volk van die heiliges sal vernietig...  Hier sien ons dus 'n versameling wat gekoppel kan wees met die tyd van die Antichris se bewind (tog verkeerdelik verwar kan word met die wederkoms van Christus!).
_________________________________________________________________________________


GEDAGTE:


ONS MOET DUS ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE "VERSAMELINGS" EN VERSKILLENDE TYE VAN VREDE.  Die wat nie hierdie onderskeiding maak nie, staan die gevaar om 'n valse messias te aanvaar omdat hulle sy koms verwar met die wederkoms. Natuurlik sien ons uit na die Here Jesus Christus se wederkoms en ons weet dat dit naby is, MAAR DIT IS NOG NIE TYD NIE.  Die volk wat huidiglik in die land Israel versamel is, is bv. nie die "versameling" waarna verwys word in Eseg. 38 nie (en dus nie die versameling net voor Jesus Christus terugkom nie!).  Die huidige "versameling" verwys eerder na die tydperk VOOR die Groot Verdrukking en dit wil voorkom of die "versameling" in Eseg. 38 verwys na 'n typerk TYDENS of NA die Groot Verdrukking.  

Die wat egter dink dat die huidige versameling in die land die "versameling" is wat beskryf word in Eseg. 38, kan ook verkeerdelik dink dat die koms van die Here enige dag kan wees.  Ons weet nie die dag en uur nie, ja, maar ons weet beslis wat die tekens van die tye is en weet dat daar nog heelwat moet gebeur voor ons Here Jesus Christus terugkom.  Laat ons nie opgesweep word deur die leringe van die wat geen onderskeid maak tussen verskillende tye van versamelings en vrede nie, want sonder dat hulle besef is hulle besig om mense gereed te maak om "die een wat in sy eie naam kom" (Joh. 5:43) te ontvang.

Maandag 11 Augustus 2014

Ons gedagtes kan ons onderkry

Somtyds laat ons toe dat ons gedagtes ons onderkry, en baiemaal is die "issue" so groot in die kop, dat iemand nie wil ophou dink daaraan nie.  Jesus het verstaan hoe die koestering van sekere gedagtes iemand kan onderkry, daarom het Hy ons gewaarsku teen sulke gedagtes.  Hy het nie net verwys na "verkeerde" gedagtes (soos in die geval van Matt. 5:27,28) nie, maar ook gedagtes wat iemand vermoeid en belas maak, soos om bekommerd te wees oor die sorge van die lewe (Matt. 11:28).  Om ons gedagtes te plaas op die dinge daarbo, is iets wat elke Christen daagliks moet doen.  Maar dit beteken nie dat jy net bewus moet raak van waaraan jy dink nie soos baie glo nie.  Somtyds het ons nodig om met iemand te gesels (soos 'n sielkundige of 'n vriend), ja, maar om oor dit wat in jou gemoed aangaan te praat, of bewus te wees van waaraan jy dink, is nie die manier "hoe" jy jou gedagtes op die dinge daarbo plaas nie! Dit is elke Christen se eie plig om sy eie gedagtes GEVANGE TE NEEM TOT GEHOORSAAMHEID AAN CHRISTUS (niemand anders kan dit vir jou doen nie - iemand kan jou vertel om dit te doen, maar jy moet dit steeds self doen)(2 Kor. 10:5). Baie Christene glo deesdae dat hulle nie beheer het oor hulle eie gedagtes nie en vra die Here om hulle gedagtes vir hulle te verander (soos dit deur sommige kerke geleer word), maar wat die Skrif ons eintlik leer, is dat ons SELF ons eie gedagtes moet gevange neem! Jy hoef nie vasgevang te wees deur jou gedagtes nie. Jy is in beheer van jou gedagtes - net soos God vir Kain gewaarsku het dat hy moet heers oor sy begeerte (gedagte) (Gen. 4:7), maar Kain het dit nie gedoen nie - Kain het toegegee aan sy gedagtes en geweier om dit gevange te neem tot gehoorsaamheid aan die Here.  Op dieselfde wyse het baie van die volk in die woestyn gekla en gemurmereer oor hulle lot, in plaas van om hulle gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan die Here, en Hom te vertrou. Die rede waarom iemand somtyds sukkel om sy gedagtes te gevange te neem, het baiemaal te doen met die feit dat hy nie die Here vertrou nie, of vol selfbejammering is, of nie wil vergewe nie..... ens. EN AS EK NIE MY EIE GEDAGTES WIL VERANDER NIE, MAAR DIT LIEWER WIL KOESTER, DAN KAN EK NIE VERWAG DAT EK "GEESTELIK" GAAN DINK NIE!  Net so wil ons ook somtyds gedagtes koester wat gepaardgaan met verbittering en selfbejammering, en vaskyk in ons omstandighede.  Ons moet versigtig wees vir sulke gedagtes en daaroor heers! 
(Mat 6:31)  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?

(Mat 6:32)  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

(Mat 6:33)  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

(Mat 6:34)  Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
 WANNEER ONS BALANS VERKEERD IS, EN ONS GEDAGTES MEER IS OP DIE VLEESLIKE AS OP DIE GEESTELIKE, DAN GAAN ONS GEDAGTES ONS ONDERKRY.
(Kol 3:2)  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

AS ONS ONS GEDAGTES PLAAS OP DIE DINGE DAARBO, DAN NEEM ONS DIT SELF GEVANGE TOT GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE.  HOE MEER TYD JY MET DIE HERE SPANDEER, HOE MEER GAAN JY DINK OOR DIE GEESTELIKE, EN NIE OOR DIE VLEESLIKE NIE.  EN KOM ONS WEES EERLIK, OM VLEESLIKE DINGE TE BEDINK, MAAK ONS NEERSLAGTIG EN VEROORSAAK DAT ONS BEKOMMERD IS EN BELAS VOEL!  

(Rom 8:5)  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
(Rom 8:6)  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede

Ons moet ook seker maak dat ons genoeg persoonlike tyd inruim met die Here (soos Jesus vir ons geleer het), sodat ons perspektief kan verander en ons begin "sien soos Hy sien". As ons gedagtes heeltyd op die wereldse is, dan gaan ons natuurlik vermoeid en belas voel (soos die res van die wereld).
=================================================================================

GEDAGTE:


(Rom 12:2)  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

(Mat 11:28)  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 11 Oktober 2016

ONLANGSE POSTE EN OPSOMMINGS ("Ware Christene" en "Dagstukkies" BLOGS)

ONDERWERPE OP DIE   Ware Christene   BLOG:


- Rein/Onrein/Verontoreinig/Reinig: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html
- Verontreinig/Ontheilig: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html- Rein (skrifgedeeltes en betekenis): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/rein-skrifgedeeltes-en-betekenis.html
- In Sy rus ingaan: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html
- Die Gees van God (4): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/die-gees-van-god-4.html
- Jesaja 19: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/jesaja-19.html
- Esegiel 36: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/die-boek-van-esegiel-hfst-36.html
- Sagaria 12 en 13: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/sagaria-12-en-13.html
- Sagaria 14: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/sagaria-14.html
- Heilig (2): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/heilig-2.html
- Heilig (1): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/06/heilig-1.html
- Esegiel 37 - 39: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/die-boek-van-esegiel-hfste-37-39.html - Beeldspraak "hake in kakebene: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/beeldspraak-hake-in-kakebene.html
- Verdere aantekeninge oor die Nuwe Jerusalem: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/verdere-aantekeninge-oor-die-nuwe.html
- Die Skepping (7): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-7.html
- Die Skepping (6): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-6.html
- Die Skepping (5): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-5.html
- Die Skepping (4): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-4.html
- Die Skepping (3): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-3.html
- Die Skepping (2): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-2.html

- Die Skepping (1): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-1.html

- Hoe lyk, of hoe groei 'n Christen tot volwassenheid in Christus: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/hoe-lyk-of-hoe-groei-n-christen-tot-n.html

- Nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/nuwe-wyn-moet-in-nuwe-sakke-gegooi-word.html

- Om te vas: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/om-te-vas.html

-DIE EDOMIETE: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/die-edomiete.html

-NUWE JERUSALEM: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/nuwe-jerusalem.html

-PROFETE / VALSE PROFEET: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html

-JERUSALEM: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html

-HIERDIE EEU/VOLGENDE EEU: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/hierdie-eeu-volgende-eeu.html

-EERSGEBORENES/EERSTELINGE: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html

-KONINKLIKE GESLAG: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/die-koninklike-geslag-uit-die-stam-van.html

-OPSOMMING: ANTICHRIS: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/opsomming-antichris.html

-BASUINE: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/02/basuine.html

-WILDE-ALS (WORMWOOD), ALSEM: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/02/wilde-als-wormwood-alsem.html

-OPSOMMING, DIE BOEK "Sefanja": http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/opsomming-die-boek-sefanja.html

-OPSOMMING, DIE BOEK "Joël": http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/opsomming-die-boek-joel.html

-DIE GEES VAN GOD (3): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-3.html

-DIE GEES VAN GOD (2): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-2.html

-TROU, SKEI EN HERTROU (4): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html

-TROU, SKEI EN HERTROU (3): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html

-TROU, SKEI EN HERTROU (2): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-2.html

-TROU, SKEI EN HERTROU (1): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou.html

-BYBELSTUDIE GIDSE: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/10/bybelstudie-gidse.html

-SOOS ONS OOK ANDER VERGEWE (3):  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/soos-ons-ook-ander-vergewe-3.html

-DIE GEES VAN GOD (1): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html

-WAT IS DIE WAARHEID (3): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/wat-is-die-waarheid-3.html

-WEES NIEMAND IETS VERSKULDIG NIE:http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/wees-niemand-iets-verskuldig-nie.html

-SLANG/E: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/slange.html

-SOOS ONS OOK ANDER VERGEWE 2: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/soos-ons-ook-ander-vergewe-2.html

-SOOS ONS OOK ANDER VERGEWE 1: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/soos-ons-ook-ander-vergewe-1.html

-DIE OORDEEL/EWIGE OORDEEL 3: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-3.html

-DIE OORDEEL/EWIGE OORDEEL 2: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html

-DIE OORDEEL/EWIGE OORDEEL:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-1.html

-WAT IS DIE WAARHEID (2): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/06/wat-is-die-waarheid-2.html

-WAT IS DIE WAARHEID? http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/06/wat-is-die-waarheid.html

-DIE ONVERGEEFLIKE SONDE:http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-is-die-onvergeeflike-sonde.html

-ONWETENDE SONDE:http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html

-WAT JULLE OP DIE AARDE BIND: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html

-LEEN/UITLEEN: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/leenuitleen.html

-REGVERDIGMAKING, GEREGVERDIG, REGVERDIG: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/regverdigmaking-geregverdig-regverdig.html

-EK WIL BARMHARTIGHEID HE, NIE OFFERANDE NIE: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html

-BARMHARTIGHEID: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/barmhartigheid.html

-SWEER HOEGENAAMD NIE: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/sweer-hoegenaamd-nie.html

-BLOEDSKULD (1): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html

-BLOEDSKULD (2): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-2.html

-BLOEDSKULD (3): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-3.html

-BLOEDSKULD (4): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-4.html

-BLOEDSKULD (5): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-5.html

-DOEN REG AAN MY TEENOOR MY TEEPARTY: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/doen-reg-aan-my-teenoor-my-teeparty.html

-WEER GEBORE/WEDERGEBOORTE: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html

-WAT IS "SONDE TOT DIE DOOD"? http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html

-WET EN PROFETE/EVANGELIE VAN KONINKRYK: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-evangelie-vd.html

-DIE WET EN DIE PROFETE (2): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-2.html

-WAT BETEKEN, "UIT GENADE GERED":http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/wat-beteken-uit-genade-gered.html

-UIT GENADE GERED (2): http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/uit-genade-gered-2.html

-UIT GENADE GERED (3): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/uit-genade-gered-3.html

-UIT GENADE GERED-OPSOMMING:http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/uit-genade-gered-opsomming.html

-OPSOMMING TYD VAN EINDTYDGEBEURE: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/opsomming-tyd-van-sleutelgebeure.html

-VLOEKE (kort opsomming): http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/vloeke.html

-MAG DIE CHRISTEN DEELNEEM AAN OOSTERSE MEDITASIE OF JOGA DOEN?:http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/mag-die-christen-mediteer-oosterse.html
-VERSOEKING 3 (JY MAG DIE HERE JOU GOD NIE VERSOEK NIE): http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/versoeking-3-jy-mag-die-here-jou-god.html
-WAT BETEKEN DIT DAT DAAR KRAG IS IN DIE NAAM VAN DIE HERE? http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-beteken-dit-dat-daar-krag-is-in-die.html
-HOEKOMS SKEI DIE HERE NIE NOU AL DIE ONKRUID EN DIE KORING NIE? http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html
-MAAK VIR JULLE VRIENDE DEUR DIE ONREGVERDIGE MAMMON? http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/maak-vir-julle-vriende-deur-die.html
-HET DIE JODE VERSTAAN DAT DIE MESSIAS OOK HERE SOU WEES? http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/het-die-jode-verstaan-dat-die-messias.html
-OM DIE WIL VD HERE TE DOEN, BETEKEN NIE DAT DIE PAD GELYK GAAN WEES NIE: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/n-wonderwerk-in-wording.html
-HOE VGL. DIE VERSKILLENDE EINDTYDSKRIFTE MET MEKAAR? http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/hoe-vergelyk-die-verskillende.html
-DIE HERE WEET OM DIE GODSALIGES UIT VERSOEKING TE VERLOS - WATTER VERSOEKING? http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-here-weet-om-die-godsaliges-uit.html
-WAT HET DIE EERSTE GEMEENTES GEGLO OOR WANNEER CHRISTUS GAAN TERUGKOM? http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/het-die-eerste-gemeentes-geglo-dat.html
-HOE DIE CHRISTEN "MEDITEER" EN WAT DIE WOORD BETEKEN IN DIE SKRIF: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/meditasie.html


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONDERWERPE OP DIE   
"Ware Christene Dagstukkies"  BLOG:

-DIE SALGHEIDSBOODSKAP EN DIE BELANGRIKHEID VAN DIE OPSTANDING: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/10/die-saligheids-boodskap-en-die.html
-DIE VERSKIL TUSSEN CHRISTELIKE MEDITASIE EN HEIDENSE MEDITASIE: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/09/die-verskil-tussen-christelike.html
-IN DIE LAASTE DAE SAL SOMMIGE GELOWIGES VAN DIE GELOOF AFVALLIG RAAK: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/03/in-die-laaste-dae-sal-sommige-gelowiges.html
-ONS MOET MEER BARMHARTIG WEES WANNEER IEMAND ONWETEND TEEN ONS SONDIG: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/02/ons-moet-meer-barmhartig-wees-wanneer.html
-WIE OP ONWAARDIGE WYSE EET OF DRINK, SAL SKULDIG WEES AAN DIE HERE SE BLOED: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/wie-op-onwaardige-wyse-eet-of-drink-sal.html
-DIE OORDEEL SAL ONBARMHARTIG WEES TEENOOR DIE WAT GEEN BARMHARTIGHEID BEWYS HET NIE: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/die-oordeel-sal-onbarmhartig-wees.html
-AS JULLE NIE VERGEWE NIE, SAL DIE HERE JULLE OOK NIE VERGEWE NIE: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/as-julle-nie-vergewe-sal-die-here-julle.html
-WANNEER IEMAND DIE HERE VERSOEK, WYS HY DAT HY NIE REGTIG DIE HERE LIEFHET NIE: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waar-n-gelowige-die-here-versoek-wys-hy.html
-WANNEER JY DIE HERE SE WIL DOEN, BETEKEN DIT NIE DAT DIE PAD NOODWENDIG GLAD GAAN WEES NIE: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/wanneer-jy-die-here-se-wil-doen-beteken.html

---------------------------------------------------------------------------------