Die "Ware Christene Dagstukkies"-Opsommings gaan oor die daaglikse toepassing van die waarheid in vandag se lewe - 'n aanlyn hulpmiddel bedoel vir gebruik in Sondagskool.
Sondag 30 Augustus 2015
Die 7 seels van Openbaring
Donderdag 19 Junie 2014
Die Here het nie gekom om vrede op die aarde te bring nie?
IN HIERDIE GEDEELTE HET JESUS GEPRAAT MET SY DISSIPELS, OOR HOE HULLE VERVOLGING SOU LEI TER WILLE VAN HULLE GELOOF EN DIE WOORD (DIE WAARHEID)-(Mat 10:14) " En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af".
HY MAAK OOK DIE VOLGENDE OPMERKING:
Jesus en Sy dissipels het vir ons hierdie vb. gestel waar hulle goed was vir ander mense, ook hulle vyande liefgehad het, maar nooit "die waarheid" in die proses opgegee nie. IN DAARDIE SIN HET JESUS NIE GEKOM OM VREDE OP DIE AARDE TE BRING NIE, WANT DIE WAARHEID IS SOOS 'N SWAARD.
Saterdag 12 September 2026
Is die Christelike Evangelie belangrik?
DIE HERE OPENBAAR NIE ALLES AAN ALMAL NIE (slegs die wat Hom regtig soek), maar daar is DINGE WAT HY WEL AAN ALMAL OPENBAAR!; bv., ten spyte daarvan dat Hyself onsigbaar is, maak Hy homself sigbaar/bekend deur Sy werke (bv. die skepping/Rom. 1:20,22). Almal weet van Hom/weet hulle het 'n Skepper! (Joh 16:8). En almal weet hulle het 'n saligmaker nodig (nl. dat Hy deur Sy Gees die wêreld oortuig van sonde omdat hulle nie in Hom glo nie); en alhoewel almal ook nie die volle waarheid ken nie, word hulle tog oortuig van geregtigheid (hulle weet goed wat is reg en verkeerd, al wil hulle dit nie altyd erken nie en probeer om hulle eie reels op te maak), en almal weet goed dat elkeen wat verkeerd doen, geoordeel word daarvoor... - hierdie is no-brainers!, want die Here openbaar hierdie dinge AAN ALLE MENSE deur Sy Gees (Joh. 16:8-11). Dit beteken nie dat die Heilige Gees DEUR almal werk nie, maar Hy werk IN almal. Bv., almal ontvang nie die Heilige Gees nie (net die wat weergebore word ontvang die Gees en leer die Here KEN), maar deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees oor die hele aarde openbaar die Here sekere dinge aan elke mens op aarde (nl. hierdie 3 bg. dinge). Terwyl ongelowiges graag wil voorgee dat die Here homself glad nie aan hulle openbaar nie (en dit gebruik as rede om te sê dat Hy nie werklik is nie), is die teendeel waar:
- (1) die Here wys vir hulle dat daar 'n Skepper is agter alles,
- (2) dat hulle sonde het en vergifnis nodig het, en
- (3) dat daar 'n Wysgewer en Regter is oor die hele mensdom wat die reëls maak en die mensdom sal oordeel (Joh. 16:8-11). Des te meer moet ons verstaan hoe belangrik die EVANGELIE is..., want die Christelike evangelie praat bv, nie net van hoe die mensdom kan vry word van sy slaafskap onder sonde nie, maar ook hoe hy die dood (die vrug van sonde) kan oorwin (en dus nie onder oordeel kom nie)! Ons Skepper het vir ons 'n uitweg gegee, en die evangelie is dit wat hierdie uitweg verduidelik...------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ Kom ons kyk na 'n paar belangrike punte rondom die evangelie...; bv., alhoewel die mens aangestel is om oor die hele aarde, en alle visse, voëls, vee en diere op die aarde, te heers (Gen 1:26 - "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip"), is die mens onder 'n GEESTELIKE MAG - daar is 'n geestelike mag hoër as die mens wat oor die mens heers!..., nl. sy Skepper. Die mens is maw eintlik deel van die Here se Koninkryk!, maar nie alle mense sal "die koninkryk beërwe" (nl. vir ewig op die aarde leef en saam met Hom heers) nie, want die manier hoe die mens "heers op aarde" moet onderwerp word aan die wil van die Here (maar die wat hulle eie wil dien, of die wil vd bose doen, kan nie verwag om die koninkryk te beerwe nie). Wat God met "heers oor die aarde" bedoel was nooit dat die mens self besluit wat is reg en verkeerd nie (soos dat hy doen soos die vlees dink en sien nie), maar hierdie "regering" was veronderstel om onder leiding van die Here te geskied. Die probleem het begin met die sondeval, want die mens was basies "gevang" om die wil van die bose te doen en op sy eie insigte te begin staatmaak. Hierdie is baie duidelik sigbaar in die wêreld! - ons hoef nie te wonder of dit die waarheid is nie..., want ons kan dit sien (die Skrif verwys hierna as, "die natuurlike mens het 'n wêreldse gees" = dink en sien soos die "wêreld"). Die mens is oppad na sy dood omdat hy die WYSHEID VAN BO eenkant toe geskuif het en VERBODE KENNIS bekom het (verbode kennis verwys na eie wil en die wil van die bose) (https://warechristene.blogspot.com/2026/04/boom-van-kennis-van-goed-en-kwaad.html).
Om die Here se wil te doen word voorgestel soos 'n pad wat uitloop op ewige lewe..., maar as iemand self wil heers of 'n ander geestelike mag toelaat om oor hom te heers, dan is hy op 'n pad van nietigheid (sal doodgaan) - dit is die prys van wêreldse wysheid (dra vrugte vir die DOOD). Hierdie is wat verkeerd geloop het in die tuin van Eden..., is nl. dat die mens die pad wat tot nietigheid lei, gekies het in plaas van die pad van lig/ewige lewe. En dit is nie God se skuld nie! Hy het die mens hierteen gewaarsku... (Gen. 3:3). Om oor die aarde te kan heers het die mens nodig om op die pad te wees wat na ewige lewe lei..., want hoe kan die wat doodgaan vir ewig op 'n EWIGE aarde lewe? God is genadig en het vir ons 'n weg geskep deur Jesus Christus, en dit is o.a. waaroor die Christelike evangelie gaan - sien die "evangelie van die Koninkryk".
Die Christelike evangelie (goeie boodskap) bestaan eintlik uit 3 dele, nl.:
-die "Evangelie van Jesus Christus",
-die "Evangelie van die Koninkryk" en
-die "Evangelie van Vrede".
Hierdie 3 dele vorm saam DIE EVANGELIE, maar word noodwendig nie altyd alles op dieselfde tyd gepreek nie... (want dit hang grootliks af van wie die gehoor is, bv. hoeveel kennis hulle het van die Here, ens.). Kom ons staan bietjie stil by die "DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK"... Christene glo in 'n komende koninkryk wat vir ewig gaan bestaan!, want dit is wat die Here vir die mens belowe, nl. vir die wat GLO. As jy belangstel in politiek dan sal hierdie begrip vir jou meer sin maak. In die Christelike geloof glo Christene dat Jesus Christus gaan terugkom aan die einde van dae (ook na verwys as "die einde vd wereld", of "aan die einde van hierdie eeu/bedeling") en 'n koninkryk oprig wat vir ewig sal wees (dit sal begin met 'n tydperk van 'n 1000 jaar, en baie dinge sal nuut gemaak word; en wanneer die 1000 jaar verby is sal die hemel en aarde in geheel nuut gemaak word). Dit is logies dat Christene uitsien na Jesus se wederkoms!, want Hy kom nie net om te oordeel nie maar ook om hierdie ewige koninkryk op te neem, en die wat aan Hom behoort het terloops die belofte dat hulle saam met Hom sal regeer! Natuurlik sal nie enige iemand toegelaat word om saam met JESUS CHRISTUS te regeer nie (geloof in Hom is bv. die eerste voorwaarde..., en Hy verwag sekere dinge van die wat afgesonder/geheilig is vir hierdie doel - hulle word duur gekoop en behoort aan Hom, nie aan hulleself nie). Christene behoort eintlik alreeds aan hierdie koninkryk (van God) en is huidiglik besig om mense uit te nooi om deel te word van hierdie koninkryk. Die Christen is in hierdie sin soos 'n politikus - 'n spreekbuis vir die Here se party, vir Sy Koninkryk. Ons sien dus hoe belangrik die Christelike evangelie is.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die EVANGELIE VAN VREDE (wat deel is van die Christelike evangelie) leer dat enige iemand uit enige nasie, volk, of taal, gered kan word deur Jesus Christus! Oor die aarde is die Here besig om vir Hom 'n groep mense te versamel wat vir ewig op die aarde sal woon (https://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html), en hierdie belofte is gemaak aan 'n spesifieke volk op aarde, nl. die onder die geroepenes wat GLO. Om REDDING te kry, moet jy basies deel wees van hierdie betrokke volk (aan wie die beloftes gemaak was)..., en in Jesus Christus is dit moontlik om onder hierdie volk "ingedoop" te word (weergeborenes word basies gesien as "kinders van Abraham")(en natuurlik, wat presies bedoel word met kinders van Abraham, verwys nie bloot na die kinders van die vlees nie, maar eitnlik kinders van geloof). Ons sien dus hoe belangrik die Christelike evangelie is!, want Jesus Christus maak dit moontlik vir enige iemand in die hele wêreld om deel te word van hierdie volk deur Sy kind te word (alhoewel hulle dit deur geloof ontvang, nie gebore uit Sy fisiese vlees nie - kyk die tema "met Christus beklee").
Vertroue in die lewende Brood, Jesus Christus en in Sy woorde/waarheid, is belangrik vir REDDING, want wanneer die mens kies om nie die wil van die Here te doen nie maar eerder sy hoop plaas in ander bronne (hetsy homself of die bose), sal hy die dood oes.. (dit is die pad waarop die natuurlike mens homself bevind - natuurlike mense dra vrugte vir die dood/Rom. 7:5). Natuurlike mense het 'n wêreldse gees en dink en sien anders as die Here. Jy het die Heilige Gees nodig... (wie terloops deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam). Die Heilige Gees maak iemand nuut en instaat om "vrug tot lewe" te dra. Geestelike mense (weergeborenes/nl. die wat die Heilige Gees het) is soos "bome van lewe" (wat vrug tot lewe dra)(hulle "oorwin die wêreld"). Watter "vrug" jy "eet", bepaal dus op watter pad jy is... Jy het die regte soort geestelike kos en water nodig (bv., soek jy die kennis van die Here?, of soek jy wereldse wysheid?). Die wat nie hulle hoop plaas in die Here en dus in die waarheid wat Jesus Christus gebring het nie, is op 'n pad wat tot nietigheid lei. Sien hoe belangrik die evangelie van Jesus Christus is!, want die mens het vrymaking nodig van sy slaafskap onder sonde.
Die "pad van nietigheid" kan o.a. beskryf word as: (1) die vlees dien (bv. self besluit wat is reg en verkeerd, kies NIE die manier hoe die Here "dink en sien" nie) (op die vlees vertrou)(Fil. 3:3; Rom. 8:6-8; Mark. 19:23; Luk. 18:17,24); EN (2) eie wil doen (die Here versoek/toets, bv. doen wat jy wil en toets of die Here steeds vir jou omgee, sondig opsetlik, en toets die Here of Hy jou steeds sal vergewe, ens.); EN (3) hoop plaas in ander geestelike bronne (ander geestelike bronne soek, aanbid, dien). Sommige wat tot geloof kom val terug op hierdie pad, wat terloops beskryf word as "hulle terg die Here" - hulle glo nie regtig nie, so hulle versoek Hom... (bv., kla, is ontevrede, plaas hoop in ander geestelike bronne) (bestudeer die temas van "verharde hart", "wederstrewigheid" en "dooie werke" om hierdie beter te verstaan)(Hebr. 3:7-13). Die wat op 'n PAD VAN NIETIGHEID is, doen maw nie die wil van die Here nie, maar hulle eie wil of die wil van ander geestelike magte, en die uiteinde daarvan is die DOOD. Ons kan kortom vra, KEN jy die Here?, of KEN jy die wêreld? Die vraag is dus nou, onder watter geestelike mag is jy? Die mens is veronderstel om sy vertroue in sy Skepper te plaas - alle mense word "in sonde gebore" (dien die sonde/is 'n slaaf van sonde), maar "wie jy DIEN", is belangrik!, want dit wys wie se "kind" jy is - dit wys uit watter saad jy gebore is... (maw, na wie luister jy?, want dit bepaal "van watter saad jy is"); dit is hoekom weergeboorte so belangrik is. In ander woorde, wie is jou "pa"? (geestelik bedoel..., want dit is die een vir wie jy vertrou en na wie jy luister / glo). Die mens is soos saad wat in die wêreld geplant word, groei en vrug dra - die vraag is nou, van watter saad is jy? (of uit watter saad is jy gebore?), want dit bepaal watter soort vrug jy gaan dra ("vrug" wys wat se soort boom jy is). Dit is hoekom elke mens nodig het om WEER GEBORE te word..., want as jy 'n saad/boom wil wees wat "vrug tot lewe" dra, moet jy uit die regte saad gebore wees (natuurlike mense is uit Adam gebore = bome wat "vrugte vir die dood" dra) (geestelike mense word voorgestel soos mense wat "uit God gebore is", en kan daarom "vrug tot lewe" dra - hulle word dus o.a. gesien soos "bome van lewe") - sien hoe belangrik die Christelike evangelie is. Jesus Christus gee vir ons die weg om WEERGEBORE te word...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GEDAGTE:
Nie almal wat wil hê dat die Here Homself aan hulle openbaar, leer KEN die Here nie... (Joh. 14:21-23; Luk. 10:22; Matt. 11:27; Mark. 16:17) - die begrip "openbaarmaak" verwys bv. na om "tot kennis te kom" (2 Kor. 11:6; 1 Kor. 4:5; Mark. 4:22; Matt. 11:25). Dit is anders wanneer jy iemand leer ken as om net van hom te weet... (jy kan net iemand werklik leer ken deur gemeenskap). Al manier hoe iemand volkome oortuiging kan kry van wie die Here is en Hom begin KEN, is as die Here jou daardie openbaring gee! (Mark. 16:17). Jesus het geleer, "soek, en julle sal vind"... (Luk 11:10 - "Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word"). Mense wat die Here bevraagteken, vra bv. ook somtyds die Here moet Homself aan hulle openbaar, maar baiemaal is hierdie eerder 'n manier om die Here te toets; in ander woorde, hulle versoek die Here (bv., dat as Hy homself openbaar, sal hulle glo, en as Hy nie sal hulle nie glo nie). Dit is soos wanneer iemand vir jou sê hy't vir jou 'n kar gekoop en jy moet dit vind, maar as jy nie glo dat hy dit gekoop het nie (bv. dat dit nie logies is nie omdat die persoon nie geld het nie, of wat ookal), sal jy nie eens begin om vir die kar te soek nie. Wat mense somtyds in so 'n geval doen is om liewer te begin gekskeer (bv. om die kar in 'n kas te soek, onder 'n mat of waarookal... - dit wys eintlik dat hulle nie glo nie!). Mense doen dieselfde wanneer hulle nie in die Here Jesus Christus wil glo nie..., nl. dat hulle Hom begin soek op ander plekke, ander gelowe en gode waar hulle Hom beslis nie sal vind nie! Nee, om die kar wat vir jou gekoop is te vind, moet jy dit in die straat of jou "driveway" gaan soek.., nie in 'n kas of onder 'n mat nie. Die Here Jesus moet op die regte plek gesoek word - moenie 'n verspotting van Hom maak deur Hom in ander geestelike bronne te gaan soek nie.
As jy as mens dan nou vergifnis van sonde nodig het en vrymaking van jou slaafskap onder sonde, en oorwinning wil kry oor die dood, dan moet jy die Here Jesus Christus begin soek, want Hy is die weg wat ons Skepper gemaak het om hierdie dinge te verkry, nl. dat die Here mens geword het om ons te red! Heidene soek hulle gode hulle lewe lank en vind hulle nie, al spandeer hulle daaglikse gebede en ondersoek hulle skrifte gereeld; MAAR DIT IS ANDERS MET CHRISTENSKAP... - JESUS HET BV. BELOWE DAT AS JY HOM SOEK, SAL JY HOM VIND. Die vraag is, is jy bereid? Gaan jy Hom op die regte plek soek? Hoe lank dink jy kan jy Hom soek?, of gaan jy opgee na die eerste paar dae of weke? Mense wat VERTROU, hou nie op om te soek nie... (liewer, die wat ophou om te soek, wys eintlik dat hulle nie glo nie, want as jy geglo het sal jy nie ophou soek nie).
Sommige heidene se vertroue is so groot in hulle geloof dat hulle hulle lewe lank soek, maar wanneer dit kom by Christenskap dan dink mense die Here moet hulle onmiddellik antwoord, Homself onmiddellik openbaar... (hulle is eintlik net besig om Hom te versoek). Meeste weergeborenes wat sekerheid het en die Here ken en die Heilige Gees ontvang het, het jare na die Here gesoek voor Hy homself heeltemal aan hulle openbaar het - hoekom?, want hulle het VERTROUE gehad.... Hulle het aanhou soek omdat hulle hulle vertroue in die Here geplaas het. Daarom moet jy eers 'n BESLUIT MAAK om die Here te vertrou, want as jy dit nooit doen nie sal jy die Here nooit leer KEN nie.
As jy die Here KEN, is jy op 'n pad van lewe.
As jy op ander plekke soek (om dit liewer te KEN, nl. jou eie wil of die wil van die bose), is jy op die pad van dood (daardie pad kom tot niet...).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Maandag 09 Januarie 2023
Wat dit beteken om deel te wees/word van die Koninkryk van God
'n Man van hoë geboorte, wat regstaan om Sy koningskap op te neem (Luk. 19:11-27), is Jesus Christus die Seun van God, die vors van vrede (Jes. 9:5). Hy sal ware vrede bring op aarde... Huidiglik is Hy "soos 'n man op reis" - 'n man wat na 'n ver land gereis het, sy huis agtergelaat het, en sy diensknegte volmag gegee het (vir elkeen sy werk en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak...)(Mark. 13:34). En na 'n tyd kom Hy terug! en sal Sy ewige koninkryk op aarde oprig, 'n koninkryk waarna die volk van God lank uitgesien het... (Matt. 15:43; Luk. 23:51). Die Skrif leer dat Jesus vd hemel af sal terugkom (waarnatoe Hy opgevaar het na Sy opstanding), en elke oog sal Hom sien, en Hy sal Koning wees oor die hele aarde... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/07/die-christen-die-politikus.html). Toe Jesus die eerste keer gekom het het baie mense gedink dat Hy hierdie "aardse" koninkryk in daardie dae sou oprig (Luk 19:11; 17:20; Hand. 1:6), maar dit sal eers gebeur wanneer Hy terugkom. Die Skrif leer verder dat Hy vanuit Jerusalem sal regeer oor die hele aarde (Ps. 2:6-9; Jes. 24:23). Hy sal die ander koninkryke verbrysel en 'n ewige koninkryk oprig (Dan. 2:44)(wat sal begin met 'n 1000-jaar tydperk wat 'n nuwe "eeu"/bedeling inlei...). Christene wag op hierdie "wederkoms" (Hand. 1:11; Openb. 1:7), wat terloops gepaard gaan met 'n opstanding van heiliges (geroepenes) wat sal bepaal wie ingaan in Sy koninkryk en wie nie... In die opstanding sal sommige opstaan tot lewe, en ander sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:29).
Na regte het die koninkryk al gekom op 'n geestelike manier - m.a.w., Christene behoort eintlik alreeds aan Sy koninkryk (Hy is teenwoordig deur Sy Gees, Hy is hulle Koning, hulle dien Hom...), maar die aanneming tot kinders word eers regtig voltrek in "die opstanding". Bv., nie almal wat huidiglik gesien word as deel vd koninkryk van God (die geroepenes), sal inderdaad eendag ingaan in die koninkryk nie. Sommige sal nie ingaan nie om sekere redes, bv. omdat hulle nie vrug dra nie of vrug verloor het, of omdat hulle afgeval het, ens. Die term "koninkryk van God" is dus beide 'n term wat gebruik word vir die huidige Christelike kerk, asook vir die toekomstige fisiese koninkryk van God op aarde. Die term "koninkryk van God" verwys dus nie net na die wat huidiglik aan die Christelike kerk behoort nie, maar kan ook verwys na die eendag fisiese koninkryk van God op aarde; maar nie almal wat huidiglik aan die Christelike kerk (koninkryk van God) behoort sal eendag ingaan in die fisiese koninkryk wat Jesus sal oprig (wanneer Hy terugkom) nie. In die huidige kerkbedeling (koninkryk van God/koninkryk vd hemele) is daar bv. nie net "KORING" (die wat vrug dra) nie, maar ook "KAF" (die wat nie vrug dra nie-hulle sal uitgegooi word)(Matt. 3:12; Luk. 3:17; Matt. 21:43). Sommige neem die woord aan en word deel vd koninkryk, maar val af die oomblik as versoeking kom omdat hulle nie wortel het nie (hulle kan dus nie groei en vrug dra nie)(2de groep in die gelykenis vd saaier). Daar is die wat wel vrug dra maar hulle vrug verloor (3de groep in die gelykenis vd saaier). En nie almal is "SKAPE" (barmhartiges) nie, maar sommige is "BOKKE" (onbarmhartiges)(Matt. 25:31-46)(hulle sal ook nie kan ingaan nie). En nie almal "hou vas" nie - die waarheid is dat wanneer Jesus terugkom sal baie wat huidiglik gesien word as kinders vd koninkryk, "nie gereed wees nie" (en die deur sal vir hulle toegemaak word)(Matt. 25:1-13). Daar is ongehoorsames in die kerk (die wat nie die wil vd Here doen nie - hulle ken nie die Here nie en sal weggestuur word)(Matt. 7:21). En daar is selfs mense wat insluip onder die kinders vd koninkryk, bv., die "ONKRUID" (valses, wat voorgee hulle dien die Here, maar doen nie)(die struikelblokke)(Matt. 13:24-10), wat baiemaal soos verleiers optree (alhoewel hulle tussen die kinders vd koninkryk beweeg, asof geroepenes, is hulle eintlik deur die vyand daar gesaai - hulle sal ook nie kan ingaan nie). En sommige word selfs BOOS en VERHARD hulle HARTE, al ken hulle die waarheid! (Rom. 1)........ Dus, alhoewel die wat nou deel word vd koninkryk van God die belofte het van ewige lewe, is daar sommige wat dit ongelukkig gaan verloor agv afvalligheid, vrugteloosheid, ongehoorsaamheid, ens. Hulle word wel nou gesien as "deel vd koninkryk van God", maar sal nie almal eendag ingaan in die fisiese koninkryk van God en opstaan tot lewe nie. Jesus Christus sal besluit wie ingaan en wie opstaan tot lewe, en wie nie.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Saterdag 11 September 2021
As jy nie in Jesus se woorde glo nie, dan glo jy nie regtig in Hom nie
Woensdag 01 Julie 2015
Die geklank van die BASUIN !
DIT WIL VOORKOM ASOF DIE HERE BAIE WAARDE HEG AAN DIE GEBRUIK VAN BASUINE, EN DAT HY DIT OOK GEBRUIK OM GEBEURTENISSE AAN TE KONDIG. Paulus beskryf dat die opstanding (en "wegraping") sal gebeur met "die laaste basuin" (1 Kor. 15), en dit verwys moontlik na die 7de basuin onder die 7de seel in die boek van Openbaring (wat die laaste van die 7 basuine is). Ook in Sag. 9:14 word die wederkoms van die Here beskryf saam met 'n basuin (wat beskryf word asof dit deur Hom self geblaas word) - sien ook 1 Thess. 4:16,17.
========================================================================
Ook die 7 BASUINE in Openb. 8 is basuine wat GEBEURE of WAARSKUWINGS aankondig (en word beskryf as basuine wat deur engele geblaas word). Die tydperk van die 7 Basuine onder die 7de Seel, beskryf 'n tydperk van God se wraak op die mensdom. Terwyl dit 'n verskriklike tyd gaan wees vir die ongelowiges en die ongehoorsames, die met die merk van die dier, sal die gelowiges en gehoorsames opgewonde uitsien op hulle verlossing en selfs beskerming geniet gedurende daardie tyd! Dit dan ook waarom die 144 000 uit die stamme van Israel VERSEEL word voor hierdie 7 de seel tydperk (Openb. 7 en 14)(Openb. 7:3), en hulle uitgeken kan word as die wat onder die beskerming val. Maar die "met die merk van die dier" sal nie onder die beskerming val nie. Elke gelowige wat die Gees van God het, is gemerk (met die merk van God). Die tema van verseeling is 'n interessante onderwerp in die Skrif, en in die geval van die gelowige wat verseel is, het dit dieselfde betekenis as die van 'n seelring - 'n MERK of sekuriteit - VERSEEL tot die dag van verlossing (Ef. 4:30; 2 Kor. 1:21,22). Net soos wat die 144 000 verseel sal word en gekoop word as EERSTELINGE vir God en die Lam, net so word Christene (wat wederbaar is en die Gees van God het - m.a.w. verseel is), gesien as EERSTELINGE (as 'n priesterdom) vir die Here (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html). Daarom moet Christene versigtig wees dat hulle nie die Heilige Gees bedroef nie!
Maar die feit dat die gelowige verseel is deur die Gees van God, en nie onder God se wraak gaan val nie, beteken nie dat hy nie deur verdrukking sal gaan nie! Baie mense verwar die "verdrukking onder die 4 de seel en Groot verdrukking onder die 5 de seel", met hierdie "wraak onder die 7 seel tydperk". Ons moet verstaan dat, alhoewel die Groot verdrukking ook gesien kan word as 'n "oordeel", "verdrukking" nie gesien moet word as iets waardeur slegs die gaan wat nie gereed is (soos baie leer) nie! Elke Christen moet bereid wees om verdrukking te verduur en te ly ter wille van die Here. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/volledige-uiteensetting-eindtyd-gebeure_6276.html)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html). Alhoewel die Groot Verdrukking meer verwysend is na die in Judea, is "verdrukking" nie beperk tot die 5 de seel tydperk nie, maar ook veral kenmerkend onder die 4 seel tydperk, en vanaf Christus op aarde was! Hy het vir ons die waarheid gebring, en die waarheid is soos 'n swaard (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/wat-is-die-waarheid-3.html). Baie Christene dink vandag dat die Here van ons verwag om waarheid op te gee ter wille van eenheid en sg. vrede, maar wat die Here eerder van ons verwag, is om die waarheid te bring en die verdrukking wat daaruit voortspruit, te verduur. Alhoewel ons beveel word om in vrede te leef met alle mense waar moontlik (Rom. 12:18), is dit ook waar dat die waarheid (en die evangelie), alhoewel dit vrede beteken vir die persoon wat dit aanneem, NIE vrede bring tussen alle mense nie, maar eerder soos 'n swaard is in die geval waar iemand dit nie aanneem nie (Matt. 10:16; Gal. 1:10,11). Die liefde van God staan nie los VAN DIE WAARHEID nie, maar word eerder bewys deur die waarheid...
========================================================================
GEDAGTE:
Wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, en Hy ons gaan opwek tot lewe, is die dood finaal verslind - finaal oorwin! (1 Kor. 15:51-55). Hierdie wonderlike gebeurtenis waarop die Christen wag, sal ook gepaardgaan met die geklank van die basuin van God. Die Christen het hierdie hoop op die opstanding tot lewe, maar terwyl die tyd nog nie daar is nie, moet ons vashou en ag gee daarop om die wedloop met volharding te hardloop. Baie het opgegee omdat hulle oe so gevestig is op die beloning, dat hulle vergeet om te hardloop.
(1Thess. 4:16 - "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan").
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/en-bedroef-nie-die-heilige-gees-van-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/opsomming-die-opstanding-wegraping.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/die-doel-van-die-wegraping.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/02/wilde-als-wormwood-alsem.html
Woensdag 10 Augustus 2016
'n Volk uit die nasies versamel, 'n volk wat veilig woon
Dus, ons verstaan dat daar 'n "versameling" is VOOR Hy terugkom, maar verstaan ons dat daar ook 'n versameling sal plaasvind wanneer Hy terugkom? En ja, ook die volk wat in die land is net VOOR Hy terugkom (Eseg. 38:8-12), word beskryf as " 'n volk wat uit die nasies versamel is".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------Geleerdes onderskei wel tussen hierdie verskillende "tye van versameling", maar verskil natuurlik op interpretasie van die "tyd" van die verskillende versamelings. Meeste is bv. eens dat daar 'n versameling sal wees VOOR Jesus Christus terugkom, VOOR die Groot Verdrukking asook nadat Hy teruggekom het, maar min identifiseer 'n versameling in die land wat lyk of dit moontlik tydens die Groot verdrukking sal plaasvind (Eseg. 38:8-12) - 'n versameling wat nog nie plaasgevind het nie en verwys na 'n tydperk wanneer die land Israel "van die swaard weer reggekom het, versamel is uit baie volke, en almal woon in veiligheid". Baie sien bv. " v a n d a g " as die tydperk wat beskryf word in Eseg. 38, tog woon die volk in die land nog nie in veiligheid nie, en woon hulle ook nie almal "sonder muur en geen grendel of poorte" soos Eseg. 38:11 verklaar nie! Dit is dus duidelik dat Eseg. 38 :8-12 eerder verwys na 'n tydperk IN DIE TOEKOMS - moontlik na die tydperk wat in Openb. 11:1-14 beskryf word, 'n tyd waarin daar sogenaamde vrede sal wees (en die voorhof buitekant die tempel aan die heidene gegee is). Omdat baie Jode nie glo dat Jesus Christus die Messias is nie, wag hulle nog op die Messias. Die ongeluk is dat hulle 'n "ander een" (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html) sal ontvang as messias en natuurlik 'n VERSAMELING verwag wanneer hy kom. So 'n "versameling" kan voorkom asof dit in vrede geskied (en sal ook met oordeel geskied, ja). Maar moet ons onthou dat sogenaamde "vrede" in die verlede ook al geskied het terwyl baie van die volk van God in ballingskap was (Sag. 1:11-15), m.a.w. terwyl hulle verdruk was!
Behalwe vir verskillende "tye van versamelings", is daar ook verskillende TYE VAN VREDE. Die tydperk van die eerste seel word bv. gesien as 'n tydperk van "vrede" (omdat onder die tweede seel die vrede weggeneem word van die aarde); tog verwys dit nie noodwendig na dieselfde tydperk as die tydperk van "vrede en veiligheid" van 1 Thess. 5:3 (net voor Christus terugkom) nie. Ons sien dus verskillende tye waarin versamelings in die land sal plaasvind, asook verskillende tye van "vrede". Dit wil lyk of die tipe vrede en veiligheid wat geskep sal word onder die bewind van die Antichris so 'n tipe valse vrede sal wees, want ons weet dat hy sal oorlog voer teen die heiliges en die volk van die heiliges sal vernietig... Hier sien ons dus 'n versameling wat gekoppel kan wees met die tyd van die Antichris se bewind (tog verkeerdelik verwar kan word met die wederkoms van Christus!).
_________________________________________________________________________________
GEDAGTE:
ONS MOET DUS ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE "VERSAMELINGS" EN VERSKILLENDE TYE VAN VREDE. Die wat nie hierdie onderskeiding maak nie, staan die gevaar om 'n valse messias te aanvaar omdat hulle sy koms verwar met die wederkoms. Natuurlik sien ons uit na die Here Jesus Christus se wederkoms en ons weet dat dit naby is, MAAR DIT IS NOG NIE TYD NIE. Die volk wat huidiglik in die land Israel versamel is, is bv. nie die "versameling" waarna verwys word in Eseg. 38 nie (en dus nie die versameling net voor Jesus Christus terugkom nie!). Die huidige "versameling" verwys eerder na die tydperk VOOR die Groot Verdrukking en dit wil voorkom of die "versameling" in Eseg. 38 verwys na 'n typerk TYDENS of NA die Groot Verdrukking.
Die wat egter dink dat die huidige versameling in die land die "versameling" is wat beskryf word in Eseg. 38, kan ook verkeerdelik dink dat die koms van die Here enige dag kan wees. Ons weet nie die dag en uur nie, ja, maar ons weet beslis wat die tekens van die tye is en weet dat daar nog heelwat moet gebeur voor ons Here Jesus Christus terugkom. Laat ons nie opgesweep word deur die leringe van die wat geen onderskeid maak tussen verskillende tye van versamelings en vrede nie, want sonder dat hulle besef is hulle besig om mense gereed te maak om "die een wat in sy eie naam kom" (Joh. 5:43) te ontvang.
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/volledige-uiteensetting-eindtydskrifte.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/volledige-uiteensetting-eindtyd-gebeure_9635.html
Dinsdag 23 Mei 2017
Die koninkryk vd hemele "is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het" (1)
DIE GELYKENIS: "Die koninkryk vd hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het".
LEES Matt. 22:1-14
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die term "koninkryk van God" verwys natuurlik na die koninkryk waar Hy "TEENWOORDIG" is en "IN BEHEER" (Hy is die Koning!)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html). M.a.w., in die hemel is Hy "teenwoordig en in beheer", maar Sy koninkryk is nie net 'n HEMELSE koninkryk nie, maar ook GEESTELIK van aard, (en het dus al gekom) in die sin van dat die gelowige die Here Koning maak van sy lewe, en Hom in beheer plaas, en die Heilige Gees ontvang (m.a.w., in hierdie "geestelike" koninkryk is Hy teenwoordig deur Sy Gees). Die koninkryk van God is verder FISIES van aard omdat die Here Jesus, wanneer Hy terugkom, Sy aardse fisiese koninkryk gaan verwek hier op aarde. Hierdie gebeurtenis is iets waarna die volk van Israel uitgesien het vir baie eeue, en hulle het daarna verwys as die "koninkryk van Israel" (Hand. 1:6) omdat daar geprofeteer was van hoe Christus die land en volk sal herstel en Sy ewige troon daar vestig. (Dan 2:44 - "Maar in die dae van dié konings ("voete op beeld wat Nebukadnésar in droom gesien het) sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—"). Alhoewel die koninkryk van Israel meer verwysend is/was na die volk Israel in die beloofde land (en l.w. dat God by hulle was/teenwoordig was d.m.v. die tabernakel/tempel), moet ons verstaan dat Sy aardse koninkryk wat Hy sal verwek wanneer Hy terugkom, ook vanuit die beloofde land sal wees, en Hy sal Koning wees oor die hele aarde (in beheer), en FISIES SELF TEENWOORDIG! (Ps. 47:2)(Sag. 14:9 - "En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een"). Die profeet Jeremia het ook geprofeteer dat wanneer Christus terugkom, Hy vanuit JERUSALEM sal regeer oor die hele aarde (Jer. 33:16; 3:17)(1 Kon. 11:36)http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html. Tog, al het die profete geweet van hierdie koninkryk en die volk hierna uitgesien, was die evangelie van die koninkryk eers begin preek met Johannes die Doper! (Luk. 16:16). Deur hierdie evangelie vd koninkryk het Christus vir ons baie geleer oor die koninkryk van die hemele (koninkryk van God). As ons nie ag gee op die EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK nie, dan sal ons sukkel om bg. te verstaan.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------- Iets wat Jesus geleer het oor die koninkryk van die hemele/God, is dat die KONINKRYK VD HEMELE vgl. kan word met 'N KONING WAT 'N BRUILOF VIR SY SEUN BEREI... Hierdie is huidiglik besig om te gebeur, want die Vader is besig om 'n bruilof vir Sy Seun Christus Jesus te berei... Ook volgens O.T. profesiee sal die Here 'n maaltyd berei wanneer Hy die land herstel (Jes. 25:6). Dit is ook interessant hoe hierdie "beeldspraak" in die N.T. gebruik word... -kyk bv. hoe die "diensknegte wag op die bruidegom" in Matt. 25. In Matt. 9:15 het Jesus die dissipels "bruilofsgaste" genoem. Johannes het homself 'n "vriend vd bruidegom" genoem in Joh. 3:29. (en hier in Matt. 22:11 word die bruilofsgas ook "vriend" genoem..). Daar is ook die gelykenis vd 10 (diens)maagde (Matt. 25)..., en vgl. dit ook met Luk. 14:24 - ("Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie").... Hetsy beeldspraak of letterlik, dit is slegs die wat gesien word as "gereed" wanneer Christus terugkom (die wat nie naak bevind gaan word nie), wat sal deel he aan hierdie maaltyd: -("Luk 12:40) Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie".). Baie sal na die bruilof gaan, maar uitgegooi word (soos die gelykenis hier in Matt. 22 vir ons leer), en dus nie deelneem aan die maaltyd nie! Ons moet dus seker maak dat ons verstaan wat bedoel word met die begrippe "om gereed te wees" en "om nie naak bevind te word nie". Rol asb. af "OM DIE GELYKENIS VAN NADERBY TE BESTUDEER (vir uitleg) - waar slegs een interpretasie bespreek word, maar maak nie saak watter interpretasie gebruik word nie, dit EINDIG altyd by die feit DAT DIE WAT SONDER BRUILOFSKLEED NA DIE BRUILOFSMAAL GAAN, UITGEGOOI SAL WORD UIT DIE BRUILOFSAAL... Wat ons verder leer uit hierdie gelykenis, is dat ons huidiglik leef in die tyd waar die diensknegte uitgestuur word en mense uitgenooi word (mense van alle stamme, volke, tale en nasies) na DIE BRUILOFSMAAL, en l.w. "slegtes" sowel "goeies" ! (Matt. 22:10). Sommige (wat uitgenooi is, en gaan om die bruilofsmaal te geniet), sal uitgegooi word omdat hulle nie 'n bruilofskleed aan het nie... (m.a.w., hulle was nie "gereed" nie - Openb. 3:18).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
Om te verstaan wat bedoel word met die "bruilofskleed", moet ons gaan kyk na die besonderse betekenis van kleed in die Skrif, bv. "iemand wat NAAK is kan toegedek word met 'n KLEED" (Eseg. 18:16). Soos ons weet maak die N.T. veral bemoeienis met die geestelike, want die vleeslike onder die ou verbond was slegs 'n skaduwee van dit wat sou kom... Die geestelike betekenis van naaktheid in die Skrif gaan oor "skaamwees" en "vernedering" weens ontbloting (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...) - en daarom het ons elkeen 'n kleed nodig! Net soos die bewustheid van om fisies naak te wees (en skaam ontbloot), iets is wat na die sondeval gekom het (Gen. 2:25; 3:7,11), OP DIESELFDE WYSE SAL DIE SONDER (BRUILOFS)KLEED SKAAM WEES EN VERNEDER VOEL (omdat hy/sy ONTBLOOT is). Die een wat kaal is, staan heeltemal bloot vir almal om te sien. Deur GELOOF ontvang ons 'n bedekking (Rom. 4), amper asof ons 'n kleed ontvang. Ons koop vir ons WIT KLERE dat ons ons kan aantrek en die skande van ons naaktheid nie geopenbaar word nie! (Openb. 3:18)(http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html).
(Rom 4:7 - "Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is").
Maar DIE WAT NIE HULLE KLERE BEWAAR NIE, SAL HULLSELF steeds IN HIERDIE SKAAM NAAKTE POSISIE BEVIND - hulle sonde nie bedek nie en dus sal hulle onder oordeel kom daarvoor (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Wat help dit iemand kom tot geloof en sy sonde word bedek (hy kry dus klere of 'n kleed), maar hy bewaar nie sy klere nie? Die gevaar van so 'n Christen wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, is dat hy "naak" bevind sal word op die dag van die bruilof! Baie Christene loop rond soos mense SONDER KLERE - hierdie beeldspraak word in Openb. 3 gebruik waar die gemeente van Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is. Hulle dink dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7). (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels van die wereld, en volgens Paulus "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13). Op dieselfde wyse sal die wat "geestelik" NAAK is a.g.v. ONGEHOORSAAMHEID en ONGELOOF, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal. Mag elkeen wat GEROEP word tog seker maak dat hy hom/haarself nie in hierdie vreeslike posisie bevind wanneer hy voor Christus Jesus verskyn nie... Kom, en koop van Hom, WIT KLERE! (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html). (Mat 22:14) "Want baie is geroep, maar min uitverkies").
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html (en rol af in pos om die geestelike betekenis van "naak" te verstaan)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
_________________________________________________________________________________
UITEENSETTING VAN SKRIFGEDEELTE:
(Mat 22:1) En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:
(Mat 22:2) Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het
(Mat 22:3) en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. - die Koning (die Vader) berei 'n bruilof voor vir Sy Seun (Christus Jesus), en Hy (Vader/Seun) stuur diensknegte (profete, Johannes die Doper, dissipels...) uit om die genooides te roep (Matt. 10:6,7; Mark. 6:7-11)("genooides = geroepenes" - in hierdie geval, die volk van Israel)("diensknegte = vriende = ook bruilofsgaste", m.a.w. self ook geroep" / diensknegte verwys na die wat afgesonder word vir diens; hulle stel hulleself ondergeskik aan hulle Koning).
(Mat 22:4) Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. - die genooides het nie geluister nie, so die Koning het weer ander diensknegte na hulle gestuur
(Mat 22:5) Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak. - sekeres vd volk van Israel het vir Christus Jesus verwerp - hulle het nie regtig die Vader geKEN nie, anders sou hulle vir Christus Jesus ontvang het
(Mat 22:6) En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak. - vervolging op Christene; (Mat 23:34 - "Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg")
(Mat 22:7) Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. - verwoesting van Jerusalem, volk versprei oor aarde - 70 n.C. plaasgevind
(Mat 22:8) Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. (Hand. 13:46)
(Mat 22:9) Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. - diensknegte wend hulle na die heidene, en nooi almal uit (alle stamme, nasies, volke, tale)("evangelie van vrede")(Hand. 10; Rom. 11)
(Mat 22:10) En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies (Matt. 13:38 en 47; 1 Kor. 6:9-11; Openb. 2; 1 Joh. 2:19), en die bruilofsaal het vol gaste geword.
(Mat 22:11) En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. - (WAS NIE GEREED NIE - HET NIE DIE VOORWAARDES NAGEKOM NIE)(onkruid-akteurs,die voorgee-gelowiges)(kaf-die wat geen vrug dra, of nie die nodige vrug dra nie)(bokke-die wat onbarmhartig is)
(Mat 22:12) En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
(Mat 22:13) Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 22:14) Want baie is geroep, maar min uitverkies.

