"Ware Christene Dagstukkies" gaan oor die daaglikse toepassing van die Waarheid in vandag se lewe.
Maandag 30 Mei 2022
Verstaan ons wat dit beteken dat ons 'n "HEILIGE VOLK" is?
Woensdag 27 April 2022
Lampe aan die brand
Jesus het vir ons baie geleer oor hoe ons onsself GEREED kan kry/hou vir wanneer Hy terugkom, o.a. dat ons ons lampe aan die brand moet hou... (Luk 12:35 - "Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand"). Maar wat beteken dit?------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Om hierdie beter te verstaan kan ons miskien eerste kyk na hoe woorde soos "lamp","lig", "skyn", "sterre" ens. in beeldspraak in die Skrif gebruik word.
Woensdag 19 Januarie 2022
Die waarde van 'n nederige mens
GEDAGTE:
Dinsdag 18 Januarie 2022
Wanneer is dit geoorloof om 'n geheim te openbaar?
Geheime word baiemaal openbaar wanneer iemand besig is om kwaad te spreek van ander (Spr. 11:13 - "Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek ‘n saak"). Dis nie reg om enige geheim te openbaar nie, Bv., betroubare mense loop en vertel nie ander se geheime nie en sal liewer 'n saak bedek... (bv. as dit 'n sonde is wat iemand bely het en hom daarvan bekeer het... - Jak. 5:16; 1 Kor. 13:5,7), maar somtyds het iemand nie 'n keuse nie, bv. wanneer dit gaan oor selfverdediging. Oor of dit geoorloof is om 'n geheim bekend te maak, het te doen met die situasie. In sekere gevalle is dit nodig sodat dit wat verkeerd teen iemand gespreek of gedoen word, aan die lig gebring kan word; maar as dit nie nodig is nie moet geheime liewer nie geopenbaar word nie; veral waar iemand dit uit onkunde doen en hy bloot tot insig gebring moet word. Dit is nie verkeerd om iemand se geheim uit te lap as dit gaan oor bv selfverdediging nie, maar wel verkeerd as dit gedoen word om redes van kwaadspreek of as jy die ander persoon se versoek om dit verborge te hou, nie respekteer nie... (Spr. 15:9 - "Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar ‘n ander se geheim nie").
Sommige glo dat enige iets wat in die geheim gedoen word (of geheime wat gehou word) is verkeerd; en hulle sien dit selfs as 'n manier van lieg (!?) - maar die waarheid is dat dit in heelwat situasies eerder goed is om iets verborge te hou (en dat dit eerder is wat die Skrif leer oor die onderwerp). Bv., 'n profesie wat nog nie geopenbaar moet word nie (omdat die tyd nog nie reg is nie)... Die Here het ook geheime of verborgenhede wat Hy vir die mens verborge hou, somtyds vir baie lang tye, somtyds duisende jare. Jesus het baie verborgenhede vd hemel, wat terloops verborge was in die O.T., met ons kom deel... (Matt. 13:11). Ander gevalle waar dit goed is om iets verborge te hou kan bv. wees waar iemand verborge gehou word omdat sy lewe in gevaar is, of die uitlap vd geheim kan veroorsaak dat sy lewe bemoeilik word; of waar 'n geskenk in die geheim gegee word om toorn tot bedaring te bring..., ens. Dus, duidelik is nie alles wat geheim gehou word of in die geheim gedoen word, verkeerd (soos sommige glo) nie! As iemand 'n geheim hou beteken dit nie outomaties dat hy lieg nie - dit is tog nou belaglik om van 'n vriend of familielid of broer of suster in Chrisuts te verwag om alles vir jou te vertel! Wat die Skrif liewer leer is dat ons sekere geheime wel móet hou... (http://warechristene.blogspot.com/2016/12/geheime-verborge-skatte-verborgenhede.html).
____________________________________________________________________________________
GEDAGTE:
Of dit van ons verwag word om mense se geheime te openbaar, hang af van die situasie. Dit is bv. nie verkeerd om ander te waarsku teen kwaadsprekers of valse leermeesters en valse profete nie, maar is eerder belangrik om dit aan die lig te bring sodat die hoorders kan onderskei. Jesus het self ook Sy dissipels gewaarsku teen kwaadsprekers en valse profete (Matt. 16:6; Mark. 8:15; Matt. 7:15), en die dissipels het dieselfde gedoen in die eerste gemeentes (2 Pet. 2:1...) - in sommige gevalle het hulle selfs mense op die naam genoem wanneer hulle die sonde openbaar gemaak het... (en dit is dan terloops nie as kwaadspreek gesien nie)(2 Tim. 2:16,17). Natuurlik, as iemand nou verkeerd sou oordeel en iemand openbaar as 'n valse leraar terwyl hy nie is nie!, dan is so 'n persoon self 'n kwaadspreker. Kwaadsprekers is tipies mense wat ander se geheime uitlap maar dit wat hulle oorvertel is nie die waarheid nie. Kwaadsprekers sal nie in die koninkryk van God ingaan nie (1 Kor. 6:10). Christene word beveel om hulle af te keer van die wat kwaadspreek (2 Tim. 3:3-5; Ps. 101:5).
In gevalle egter waar sondes bely word, moet dit eerder verborge gehou word (Jak. 5:16; 1 Kor. 13:5,7). Maar sondes wat in die geheim gedoen word en nie bely word nie, of waar die persoon voortstap in die sonde, moet natuurlik anders hanteer word en daar is heelwat reëls in die Skrif rondom hierdie tema. Veral in die geval van kundiges (wat weet dat dit wat hulle doen, is verkeerd)... As jy bv. 'n moordenaar onvoorwaardelik vergewe en sy sonde nie openbaar maak nie, dan plaas jy ander mense se lewens in gevaar, want daardie persoon kan gaan en nog mense doodmaak (hoekom? - omdat jy dit nie openbaar gemaak het sodat hy opgesluit word nie). In so 'n geval is dit dus nodig dat die persoon se sonde openbaar gemaak word.
Nie alles wat in die geheim gedoen word is natuurlik verkeerd nie (soos wanneer iemand se lewe in gevaar en sy ligging geheim gehou moet word), maar baiemaal is dinge in die geheim gedoen verkeerd en heelwat hiervan word spesifiek in die Skrif genoem; bv waar Christene in die geheim afgode het, of hulle besig hou met onvrugbare werke vd duisternis, of die wat konkel in die geheim, of die wat partydig is in die geheim, of die wat moord pleeg in die geheim,.., ens. In geval van waar 'n broeder teen 'n ander sondig, is "teregwysing" 'n manier van die saak aan die lig bring en geskied gewoonlik eers tussen die twee persone, maar as die persoon nie luister nie kan meer ingetrek word... (Matt. 18:15-17). In so geval natuurlik (waar so 'n persoon se sonde geopenbaar word) is dit nie bedoel om kwaad te spreek van hom nie, maar bedoel om hom tot bekering te lei; en is gewoonlik spesifiek met betrekking tot "kundiges" wat nie luister nie (nie onkundiges wat bloot tot insig gebring moet word nie). In alle opsigte moet ons liewer traag wees om iemand se geheim te openbaar!, en versigtig wees want in baie opsigte is dit verkeerd om dit te doen...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Onreines gaan nie erf nie, maar wie word gesien as onrein?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die Ou Testament, onder die wet van Moses, mag niks wat onrein is aangeraak word nie; geen onrein mens, dier of enige verfoeisel nie (Lev. 7:21), want dan sou jyself ook onrein word... (dit is bv. ook agv hierdie rede waarom die Hebreeuse volk geensins met die heidene omgegaan het nie - hulle is gesien as "onrein" en omgang met hulle kon hulle onrein maak...- Hand. 10:28). As iemand homself verontreinig het deur 'n onrein dier, dan het hy homself BESOEDEL. Om sy vlees weer te reinig was verskillende prosedures gevolg in verskillende gevalle, of andersins was iemand onrein vir 'n spesifieke tydperk (Lev. 11:24,25). In sommige gevalle moes daar aan die einde vd onrein typerk spesifieke prosedures gevolg word om weer rein te word (soos in die geval van die vrou wat swanger word en 'n kind baar - Lev. 12). MAAR ons moet verstaan dat "onrein" nie altyd 'n toestand is wat verwys na "onrein a.g.v. sonde" nie. Somtyds beskryf die woorde rein en onrein slegs 'n toestand bv., "onrein" kan ook verwys na iemand met 'n siekte... (Mark. 1:40), maar nie dan noodwendig bedoel siek of onrein a.g.v. sonde nie (Joh. 9:2,3)(alhoewel in sommige gevalle siekte wel die gevolg kan wees van sonde); daarom moet ons verstaan dat in die geval van siektes "onreinheid" ook slegs 'n toestand beskryf en die persoon is weer "rein" wanneer hy genees is. Waar iemand egter siek is a.g.v. sonde kan hy nie "rein" word of genees nie alvorens hy hom van sy sonde bekeer of vergifnis vra nie!
Maar in die geval van ebreuk beskryf die woord ONREIN eerder die toestand van die hart - word onrein deur sonde ("onrein op 'n geestelike manier"). Die persoon wat onrein is a.g.v. sonde, het REINIGING nodig; maar iemand wat maagdelik onrein is a.g.v. die feit dat hy getroud is het bv. nie reininging nodig nie..., want na regte is hy rein (in die huwelik).
Om die tema van onreinheid beter te verstaan, kan ons dus ook onderskei tussen "onrein op 'n geestelike manier" en "onrein op 'n natuurlike manier". 'n Vrou is bv. "onrein" wanneer sy menstrueer, maar bv. nie op dieselfde manier "onrein"/vuil as wanneer iemand onrein is a.g.v. sonde nie. 'n Goeie vb is die van "bevlekte hande" - bevlekte hande verwys nie noodwendig daarna dat die hande vuil is a.g.v. bloed in die sin van "bloed op hande"/'n moordenaar (Jes. 59:3)(is m.a.w. onrein op geestelike manier ) nie, maar hulle kan bevlek of vuil wees op 'n natuurlike manier (bv. bloed, grond, ink, watookal). Die manier hoe reiniging verkry word in elke geval, verskil. Hande wat bevlek is op 'n natuurlike manier moet bloot gewas word, maar hande wat "met bloed bevlek is" op 'n geestelike manier, kan nie op dieselfde manier reiniging verkry nie. 'n Moordenaar se "hande" word nie skoon (hy word nie rein) bloot deur sy hande in water te was nie - reiniging vind nie op enige manier plaas nie, want dit hang af van wat se soort onreinheid ons praat...
GEDAGTE:
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Donderdag 30 Desember 2021
Algemene vrae oor SALIGHEID: Lewe of Dood
Die wedergeborene het die belofte van REDDING, o.a. die volgende beloftes: (1) opstanding in 'n nuwe uiterlike liggaam eendag (sal dus die dood oorwin)("eerste opstanding")(verheerlikte/onverganklike liggaam)(Joh. 6:39-44; Matt. 22:31; Joh. 11:24,25); asook het (2) die belofte dat hy NIE deur die tweede dood sal gaan nie (wanneer die natuurlike mens se liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word)(Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8).
Die geestelike mens het dus die belofte van REDDING VD DOOD (en belofte van ewige lewe), nie net redding vd liggaam (uiterlike mens) deur die "opstanding" nie, maar ook redding vd siel - sal dus nie deur die "tweede dood" gaan nie. MAAR is dit moontlik dat sommige wedergeborenes in die end steeds nie gered sal word nie en dus steeds deur die tweede dood sal gaan?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Jesus het geleer dat die koninkryk vd hemele uit GOEIES en SLEGTES bestaan (Matt. 13:48; 22:10), en geleer dat wanneer Hy terugkom Hy die SKAPE (barmhartiges) van die BOKKE (onbarmhartiges) sal skei... (Matt. 25:31-46). Johannes het ook geleer dat Christus Sy dorsvloer deur en deur sal skoonmaak (Matt. 3:12), en in hierdie konteks spesifiek verwys na die wat nie vrug dra nie (maw, die KAF). Daar is natuurlik ook die onkruid wat afgeskei sal word wanneer Jesus terugkom...(Matt. 13:41), maar "onkruid" verwys nie na wedergeborenes nie maar na mense wat onder die kinders vd koninkryk deur die bose daar gesaai word (die "ingesluiptes" - die valses). Jesus het ook verklaar dat "lote" wat nie in Hom bly nie, uitgewerp sal word en in die vuur gegooi sal word (Joh 15:6). Dit beteken dat slegs die wat VASHOU, kan staatmaak op bg. beloftes! Die briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring is nog 'n vb. van hoe ernstig die Here gehoorsaamheid (aan Hom) ag, en hoe belangrik dit is om seker te maak dat ons "oorwin". In die eerste gemeentes is daar baie gewaarsku teen ongehoorsaamheid, inkluis dat diesulkes kan verwag dat hulle eendag daarvoor geoordeel sal word! (Hebr. 10:27-30, ens.). Alhoewel daar baie Christene is wat vandag glo dat die Here nie sy kinders sal oordeel nie, is die waarheid dat oordeel begin by die huis van God... (1 Pet. 4:17; 2 Kor. 5:10).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Met bg. beloftes is wedergeborenes soos mense wat alreeds die LEWE het (en is immers nuut gemaak en lewe deur die asem vd Gees), maar wat bepaal of hulle in hierdie LEWE bly?
(1) Antwoord: KOS EN WATER.
Geen mens kan sonder kos en water bly lewe nie.
Woensdag 22 September 2021
Die geloofwaardigheid van 'n komende Koninkryk van God op aarde
Alhoewel baie mense vandag glo dat die Bybel sommer net 'n boek is van opgemaakte stories, is die teendeel oor en oor bewys. Vele mense het bv. al oor die eeue probeer bewys dat Bybelse gebeure nie werklik is nie of bloot wetenskaplike verskynsels was, of probeer bewys dat Christus nie opgestaan het uit die dood nie, net om tot die slotsom te kom dat hulle verkeerd was. Die waarheid is die boeke vd Bybel elke moontlike toets alreeds geslaag! Ook deur argeologie en ander geskrifte is keer op keer bewys dat historiese gebeure in die Bybel akkuraat en waar is; inteendeel, geen ander boek vd antieke wêreld beskryf historiese gebeure so deeglik soos die boeke vd Bybel nie, en geen ander is so akkuraat nie. Behalwe dit, is daar baie meer kopieë vd boeke vd Bybel wat oorleef het as wat daar is van enige ander antieke boek, en die vergelyking tussen manuskripte (iets soos meer as 24000 vd boeke vd Bybel) is ook baie akkuraat.