Wys tans plasings gerangskik volgens datum vir navraag vrede op aarde. Rangskik volgens relevansie Wys alle plasings
Wys tans plasings gerangskik volgens datum vir navraag vrede op aarde. Rangskik volgens relevansie Wys alle plasings

Saterdag 12 September 2026

Is die Christelike Evangelie belangrik?

DIE HERE OPENBAAR NIE ALLES AAN ALMAL NIE (slegs die wat Hom regtig soek), maar daar is DINGE WAT HY WEL AAN ALMAL OPENBAAR!;  bv., ten spyte daarvan dat Hyself onsigbaar is, maak Hy homself sigbaar/bekend deur Sy werke (bv. die skepping/Rom. 1:20,22).  Almal weet van Hom/weet hulle het 'n Skepper! (Joh 16:8).  En almal weet hulle het 'n saligmaker nodig (nl. dat Hy deur Sy Gees die wêreld oortuig van sonde omdat hulle nie in Hom glo nie);  en alhoewel almal ook nie die volle waarheid ken nie, word hulle tog oortuig van geregtigheid (hulle weet goed wat is reg en verkeerd, al wil hulle dit nie altyd erken nie en probeer om hulle eie reels op te maak), en almal weet goed dat elkeen wat verkeerd doen, geoordeel word daarvoor... - hierdie is no-brainers!, want die Here openbaar hierdie dinge AAN ALLE MENSE deur Sy Gees (Joh. 16:8-11).  Dit beteken nie dat die Heilige Gees DEUR almal werk nie, maar Hy werk IN almal.  Bv., almal ontvang nie die Heilige Gees nie (net die wat weergebore word ontvang die Gees en leer die Here KEN), maar deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees oor die hele aarde openbaar die Here sekere dinge aan elke mens op aarde (nl. hierdie 3 bg. dinge). Terwyl ongelowiges graag wil voorgee dat die Here homself glad nie aan hulle openbaar nie (en dit gebruik as rede om te sê dat Hy nie werklik is nie), is die teendeel waar:

- (1)  die Here wys vir hulle dat daar 'n Skepper is agter alles, 

- (2) dat hulle sonde het en vergifnis nodig het, en 

- (3) dat daar 'n Wysgewer en Regter is oor die hele mensdom wat die reëls maak en die mensdom sal oordeel (Joh. 16:8-11). Des te meer moet ons verstaan hoe belangrik die EVANGELIE is..., want die Christelike evangelie praat bv, nie net van hoe die mensdom kan vry word van sy slaafskap onder sonde nie, maar ook hoe hy die dood (die vrug van sonde) kan oorwin (en dus nie onder oordeel kom nie)! Ons Skepper het vir ons 'n uitweg gegee, en die evangelie is dit wat hierdie uitweg verduidelik...------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ Kom ons kyk na 'n paar belangrike punte rondom die evangelie...;  bv., alhoewel die mens aangestel is om oor die hele aarde, en alle visse, voëls, vee en diere op die aarde, te heers (Gen 1:26 - "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip"), is die mens onder 'n GEESTELIKE MAG - daar is 'n geestelike mag hoër as die mens wat oor die mens heers!..., nl. sy Skepper.  Die mens is maw eintlik deel van die Here se Koninkryk!, maar nie alle mense sal "die koninkryk beërwe" (nl. vir ewig op die aarde leef en saam met Hom heers) nie, want die manier hoe die mens "heers op aarde" moet onderwerp word aan die wil van die Here (maar die wat hulle eie wil dien, of die wil vd bose doen, kan nie verwag om die koninkryk te beerwe nie).  Wat God met "heers oor die aarde" bedoel was nooit dat die mens self besluit wat is reg en verkeerd nie (soos dat hy doen soos die vlees dink en sien nie), maar hierdie "regering" was veronderstel om onder leiding van die Here te geskied. Die probleem het begin met die sondeval, want die mens was basies "gevang" om die wil van die bose te doen en op sy eie insigte te begin staatmaak. Hierdie is baie duidelik sigbaar in die wêreld! - ons hoef nie te wonder of dit die waarheid is nie..., want ons kan dit sien (die Skrif verwys hierna as, "die natuurlike mens het 'n wêreldse gees" = dink en sien soos die "wêreld"). Die mens is oppad na sy dood omdat hy die WYSHEID VAN BO eenkant toe geskuif het en VERBODE KENNIS bekom het (verbode kennis verwys na eie wil en die wil van die bose)  (https://warechristene.blogspot.com/2026/04/boom-van-kennis-van-goed-en-kwaad.html). 

Om die Here se wil te doen word voorgestel soos 'n pad wat uitloop op ewige lewe..., maar as iemand self wil heers of 'n ander geestelike mag toelaat om oor hom te heers, dan is hy op 'n pad van nietigheid (sal doodgaan) - dit is die prys van wêreldse wysheid (dra vrugte vir die DOOD). Hierdie is wat verkeerd geloop het in die tuin van Eden..., is nl. dat die mens die pad wat tot nietigheid lei, gekies het in plaas van die pad van lig/ewige lewe. En dit is nie God se skuld nie! Hy het die mens hierteen gewaarsku... (Gen. 3:3). Om oor die aarde te kan heers het die mens nodig om op die pad te wees wat na ewige lewe lei..., want hoe kan die wat doodgaan vir ewig op 'n EWIGE aarde lewe? God is genadig en het vir ons 'n weg geskep deur Jesus Christus, en dit is o.a. waaroor die Christelike evangelie gaan - sien die "evangelie van die Koninkryk".

Die Christelike evangelie (goeie boodskap) bestaan eintlik uit 3 dele, nl.: 

-die "Evangelie van Jesus Christus", 

-die "Evangelie van die Koninkryk" en 

-die "Evangelie van Vrede".

Hierdie 3 dele vorm saam DIE EVANGELIE, maar word noodwendig nie altyd alles op dieselfde tyd gepreek nie... (want dit hang grootliks af van wie die gehoor is, bv. hoeveel kennis hulle het van die Here, ens.). Kom ons staan bietjie stil by die "DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK"... Christene glo in 'n komende koninkryk wat vir ewig gaan bestaan!, want dit is wat die Here vir die mens belowe, nl. vir die wat GLO. As jy belangstel in politiek dan sal hierdie begrip vir jou meer sin maak. In die Christelike geloof glo Christene dat Jesus Christus gaan terugkom aan die einde van dae (ook na verwys as "die einde vd wereld", of "aan die einde van hierdie eeu/bedeling") en 'n koninkryk oprig wat vir ewig sal wees (dit sal begin met 'n tydperk van 'n 1000 jaar, en baie dinge sal nuut gemaak word; en wanneer die 1000 jaar verby is sal die hemel en aarde in geheel nuut gemaak word). Dit is logies dat Christene uitsien na Jesus se wederkoms!, want Hy kom nie net om te oordeel nie maar ook om hierdie ewige koninkryk op te neem, en die wat aan Hom behoort het terloops die belofte dat hulle saam met Hom sal regeer! Natuurlik sal nie enige iemand toegelaat word om saam met JESUS CHRISTUS te regeer nie (geloof in Hom is bv. die eerste voorwaarde..., en Hy verwag sekere dinge van die wat afgesonder/geheilig is vir hierdie doel - hulle word duur gekoop en behoort aan Hom, nie aan hulleself nie).  Christene behoort eintlik alreeds aan hierdie koninkryk (van God) en is huidiglik besig om mense uit te nooi om deel te word van hierdie koninkryk. Die Christen is in hierdie sin soos 'n politikus - 'n spreekbuis vir die Here se party, vir Sy Koninkryk. Ons sien dus hoe belangrik die Christelike evangelie is.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die EVANGELIE VAN VREDE (wat deel is van die Christelike evangelie) leer dat enige iemand uit enige nasie, volk, of taal, gered kan word deur Jesus Christus! Oor die aarde is die Here besig om vir Hom 'n groep mense te versamel wat vir ewig op die aarde sal woon (https://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html), en hierdie belofte is gemaak aan 'n spesifieke volk op aarde, nl. die onder die geroepenes wat GLO.  Om REDDING te kry, moet jy basies deel wees van hierdie betrokke volk (aan wie die beloftes gemaak was)..., en in Jesus Christus is dit moontlik om onder hierdie volk "ingedoop" te word (weergeborenes word basies gesien as "kinders van Abraham")(en natuurlik, wat presies bedoel word met kinders van Abraham, verwys nie bloot na die kinders van die vlees nie, maar eitnlik kinders van geloof). Ons sien dus hoe belangrik die Christelike evangelie is!, want Jesus Christus maak dit moontlik vir enige iemand in die hele wêreld om deel te word van hierdie volk deur Sy kind te word (alhoewel hulle dit deur geloof ontvang, nie gebore uit Sy fisiese vlees nie - kyk die tema "met Christus beklee").

Vertroue in die lewende Brood, Jesus Christus en in Sy woorde/waarheid, is belangrik vir REDDING, want wanneer die mens kies om nie die wil van die Here te doen nie maar eerder sy hoop plaas in ander bronne (hetsy homself of die bose), sal hy die dood oes.. (dit is die pad waarop die natuurlike mens homself bevind - natuurlike mense dra vrugte vir die dood/Rom. 7:5). Natuurlike mense het 'n wêreldse gees en dink en sien anders as die Here.  Jy het die Heilige Gees nodig... (wie terloops deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam). Die Heilige Gees maak iemand nuut en instaat om "vrug tot lewe" te dra.  Geestelike mense (weergeborenes/nl. die wat die Heilige Gees het) is soos "bome van lewe" (wat vrug tot lewe dra)(hulle "oorwin die wêreld"). Watter "vrug" jy "eet", bepaal dus op watter pad jy is...  Jy het die regte soort geestelike kos en water nodig  (bv., soek jy die kennis van die Here?, of soek jy wereldse wysheid?).  Die wat nie hulle hoop plaas in die Here en dus in die waarheid wat Jesus Christus gebring het nie, is op 'n pad wat tot nietigheid lei. Sien hoe belangrik die evangelie van Jesus Christus is!, want die mens het vrymaking nodig van sy slaafskap onder sonde.

Die "pad van nietigheid" kan o.a. beskryf word as: (1) die vlees dien (bv. self besluit wat is reg en verkeerd, kies NIE die manier hoe die Here "dink en sien" nie) (op die vlees vertrou)(Fil. 3:3; Rom. 8:6-8; Mark. 19:23; Luk. 18:17,24);  EN (2) eie wil doen (die Here versoek/toets, bv. doen wat jy wil en toets of die Here steeds vir jou omgee, sondig opsetlik, en toets die Here of Hy jou steeds sal vergewe, ens.); EN (3) hoop plaas in ander geestelike bronne (ander geestelike bronne soek, aanbid, dien). Sommige wat tot geloof kom val terug op hierdie pad, wat terloops beskryf word as "hulle terg die Here" - hulle glo nie regtig nie, so hulle versoek Hom... (bv., kla, is ontevrede, plaas hoop in ander geestelike bronne) (bestudeer die temas van "verharde hart", "wederstrewigheid" en "dooie werke" om hierdie beter te verstaan)(Hebr. 3:7-13). Die wat op 'n PAD VAN NIETIGHEID is, doen maw nie die wil van die Here nie, maar hulle eie wil of die wil van ander geestelike magte, en die uiteinde daarvan is die DOOD. Ons kan kortom vra, KEN jy die Here?, of KEN jy die wêreld? Die vraag is dus nou, onder watter geestelike mag is jy? Die mens is veronderstel om sy vertroue in sy Skepper te plaas - alle mense word "in sonde gebore" (dien die sonde/is 'n slaaf van sonde), maar "wie jy DIEN", is belangrik!, want dit wys wie se "kind" jy is - dit wys uit watter saad jy gebore is... (maw, na wie luister jy?, want dit bepaal "van watter saad jy is");  dit is hoekom weergeboorte so belangrik is. In ander woorde, wie is jou "pa"? (geestelik bedoel..., want dit is die een vir wie jy vertrou en na wie jy luister / glo). Die mens is soos saad wat in die wêreld geplant word, groei en vrug dra - die vraag is nou, van watter saad is jy? (of uit watter saad is jy gebore?), want dit bepaal watter soort vrug jy gaan dra ("vrug" wys wat se soort boom jy is).  Dit is hoekom elke mens nodig het om WEER GEBORE te word..., want as jy 'n saad/boom wil wees wat "vrug tot lewe" dra, moet jy uit die regte saad gebore wees (natuurlike mense is uit Adam gebore = bome wat "vrugte vir die dood" dra)  (geestelike mense word voorgestel soos mense wat "uit God gebore is", en kan daarom "vrug tot lewe" dra - hulle word dus o.a. gesien soos "bome van lewe") - sien hoe belangrik die Christelike evangelie is. Jesus Christus gee vir ons die weg om WEERGEBORE te word...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GEDAGTE:

Nie almal wat wil hê dat die Here Homself aan hulle openbaar, leer KEN die Here nie... (Joh. 14:21-23; Luk. 10:22; Matt. 11:27; Mark. 16:17) - die begrip "openbaarmaak" verwys bv. na om "tot kennis te kom" (2 Kor. 11:6; 1 Kor. 4:5; Mark. 4:22; Matt. 11:25). Dit is anders wanneer jy iemand leer ken as om net van hom te weet... (jy kan net iemand werklik leer ken deur gemeenskap). Al manier hoe iemand volkome oortuiging kan kry van wie die Here is en Hom begin KEN, is as die Here jou daardie openbaring gee! (Mark. 16:17). Jesus het geleer, "soek, en julle sal vind"... (Luk 11:10 - "Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word"). Mense wat die Here bevraagteken, vra bv. ook somtyds die Here moet Homself aan hulle openbaar, maar baiemaal is hierdie eerder 'n manier om die Here te toets;  in ander woorde, hulle versoek die Here (bv., dat as Hy homself openbaar, sal hulle glo, en as Hy nie sal hulle nie glo nie). Dit is soos wanneer iemand vir jou sê hy't vir jou 'n kar gekoop en jy moet dit vind, maar as jy nie glo dat hy dit gekoop het nie (bv. dat dit nie logies is nie omdat die persoon nie geld het nie, of wat ookal), sal jy nie eens begin om vir die kar te soek nie. Wat mense somtyds in so 'n geval doen is om liewer te begin gekskeer (bv. om die kar in 'n kas te soek, onder 'n mat of waarookal... - dit wys eintlik dat hulle nie glo nie!). Mense doen dieselfde wanneer hulle nie in die Here Jesus Christus wil glo nie..., nl. dat hulle Hom begin soek op ander plekke, ander gelowe en gode waar hulle Hom beslis nie sal vind nie! Nee, om die kar wat vir jou gekoop is te vind, moet jy dit in die straat of jou "driveway" gaan soek.., nie in 'n kas of onder 'n mat nie. Die Here Jesus moet op die regte plek gesoek word - moenie 'n verspotting van Hom maak deur Hom in ander geestelike bronne te gaan soek nie. 

As jy as mens dan nou vergifnis van sonde nodig het en vrymaking van jou slaafskap onder sonde, en oorwinning wil kry oor die dood, dan moet jy die Here Jesus Christus begin soek, want Hy is die weg wat ons Skepper gemaak het om hierdie dinge te verkry, nl. dat die Here mens geword het om ons te red!  Heidene soek hulle gode hulle lewe lank en vind hulle nie, al spandeer hulle daaglikse gebede en ondersoek hulle skrifte gereeld;  MAAR DIT IS ANDERS MET CHRISTENSKAP... - JESUS HET BV. BELOWE DAT AS JY HOM SOEK, SAL JY HOM VIND.  Die vraag is, is jy bereid? Gaan jy Hom op die regte plek soek?  Hoe lank dink jy kan jy Hom soek?, of gaan jy opgee na die eerste paar dae of weke? Mense wat VERTROU, hou nie op om te soek nie... (liewer, die wat ophou om te soek, wys eintlik dat hulle nie glo nie, want as jy geglo het sal jy nie ophou soek nie). 

Sommige heidene se vertroue is so groot in hulle geloof dat hulle hulle lewe lank soek, maar wanneer dit kom by Christenskap dan dink mense die Here moet hulle onmiddellik antwoord, Homself onmiddellik openbaar... (hulle is eintlik net besig om Hom te versoek).  Meeste weergeborenes wat sekerheid het en die Here ken en die Heilige Gees ontvang het, het jare na die Here gesoek voor Hy homself heeltemal aan hulle openbaar het - hoekom?, want hulle het VERTROUE gehad.... Hulle het aanhou soek omdat hulle hulle vertroue in die Here geplaas het. Daarom moet jy eers 'n BESLUIT MAAK om die Here te vertrou, want as jy dit nooit doen nie sal jy die Here nooit leer KEN nie.

As jy die Here KEN, is jy op 'n pad van lewe.

As jy op ander plekke soek (om dit liewer te KEN, nl. jou eie wil of die wil van die bose), is jy op die pad van dood (daardie pad kom tot niet...).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Dinsdag 10 Junie 2025

Is die Christen onder 'n wet? (3)

 Vir die eerste twee dagstukkies oor hierdie onderwerp, gaan na: 

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/05/werke.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2023/06/is-die-christen-onder-n-wet-2.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die onderhouding van wette word logies gesien as "werke".  Baie Christene glo dat hulle onder geen wet is in die koninkryk van God nie want daar word somtyds verkeerdelik geleer dat werke geen invloed het op saligheid nie;  tog leer Jakobus dat geloof sonder werke dood is... (Jak. 2:20,26), en leer verder dat ons OOK  geregverdig word uit werke, nie alleen uit die geloof nie! (Jak. 2:24 - "Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?"). Niemand kan deur werke alleen gered word nie en die Christen is nie onder die wet van Moses nie, ja, maar die vraag is nou of daar enige werke vd Christen verwag word?;  en of werke saligheid kan beïnvloed?  En die antwoord is, JA!, want alhoewel ons deur geloof gered word (en nie deur werke nie), beteken dit nie dat die Christen onder geen wet is nie... - werke is immers 'n bewys dat iemand glo! As ons verstaan wat geloof beteken, sal ons verstaan hoe belangrik werke is (Jak. 2:18-20 - "Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?"). -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons word deur geloof (in Jesus Christus) gered (dit is deur geloof wat ons redding ontvang) en ja, beslis nie deur die wet van Moses nie, maar dit beteken nie dat daar geen werke van die Christen verwag word nie (Gal. 2:16-21). Niemand kan saligheid ontvang deur werke nie; maar let ook daarop dat niemand kan saligheid ontvang deur "geloof alleen" nie!, want geloof is dood sonder werke... (geloof is nie slegs 'n belydenis soos baie vandag glo nie). Ons moet dus verstaan wat geloof beteken, want jou werke (en dus jou vrug) sal bewys of jy GLO of nie.  Weergeborenes het wel die belofte van saligheid en hulle innerlike mens is alreeds vernuwe (wat beteken dat hulle instaat is om "vrug tot lewe" te dra), maar let wel dat saligheid eers volkome voltrek word in die opstanding (wanneer die uiterlike ook vernuwe word). Jesus het verklaar dat die wat goed gedoen het sal opstaan tot lewe, maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling... (Joh 5:29). Ja, jy het reg gehoor, sommige kinders vd Koninkryk sal eendag veroordeel word (en hierdie was terloops nie die enigste geval waar Jesus oor hierdie onderwerp gepraat het nie). Nie alle kinders van Koninkryk is goeie visse nie, en nie alle kinders vd Koninkryk sal ingaan in die Koninkryk nie... (Matt. 13:50; 25:30; 8:12; 24:51; 2 Thess. 1:8,9; Luk. 13:27,28)(Joh. 15:6/vgl. met tweede en derde groep in die gelykenis vd saaier). Wanneer Jesus Christus terugkom sal die goeie visse van die slegtes geskei word... (Matt. 13:47-50) - hierdie is nie iets wat deur 'n kerk uitgedink is nie, maar iets wat Jesus self gesê het. ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Werke is dus belangrik!, want werke (bv. "om te bly in Christus" , "om jou te bekeer tot die manier hoe die Here sien", "om eerste die koninkryk te soek", "om te bekeer van sonde", "om gehoorsaam te wees aan die Gees", .....ens.) bewys wie glo en wie nie, en beïnvloed terloops vrug (wat wys wie is goeie visse en wie is slegte visse). Hierdie is baie in die eerste gemeentes geleer rondom geloof, maar in die dae waarin ons lewe is baie van hierdie waarhede verander. Werke is belangrik;  of anders gestel, in die koninkryk van God is gehoorsaamheid aan die Wetgewer belangrik! (gehoorsaamheid aan die Een deur wie jy losgekoop is en aan wie jy nou behoort).  Christene is slawe van die Een deur wie hulle losgekoop is - as ons dit nie verstaan nie verstaan ons maar min van wat GELOOF beteken. Ons moet seker maak ons verstaan wat dit beteken "om te glo" in Jesus Christus" (wat basies beteken dat jy Hom vertrou, Hom raadpleeg, Hom gehoorsaam, Hom dien...).  Bv., verstaan jy dat dit beteken jy glo in Sy woorde?, glo in wie Hy is?, Hom vrees en eer en dus gehoorsaam is aan Hom? Verstaan jy dat as jy losgekoop is deur Hom en dus nou aan Hom behoort  (is soos 'n slaaf van Hom?, want dit gaan oor aan wie jy gehoorsaam is/1 Kor. 7:22). Verstaan jy dat as Hy jou Sy Gees gee, jy dan onder die "wet van die Gees" is? (ook genoem "wet van vryheid" - vry van slaafskap onder sonde, en vry daarvan om die wet van Moses te dien, maar is nou onder die Gees... - 'n wet waaronder weergeborenes is en beteken dat hulle onderdanig is aan die Gees/Rom. 8:2; 7:6). Maklik om te bely jy glo in Jesus Christus, maar weet jy wat presies dit beteken om in Hom te GLO?, want geloof is nie net 'n belydenis nie----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- As geloof sonder werke dood is, dan moet ons vra na waarna "werke" hier verwys, want duidelik verwys hierdie werke wat van die Christen verwag word, nie na die werke van die wet van Moses nie (Gal. 5:18; Rom. 6:15). Wanneer dit kom by die tema van "werke" kan ons onderskei tussen verskillende "werke" in die Skrif;  bv., onderskei tussen 

-"werke vd wet" ("onder die wet van Moses"), 
-"werke wat bewys dat iemand glo" (bv. "die wet van vryheid" - Christene is slawe van Christus want hulle is deur Hom losgekoop en is dus aan Hom en aan Sy Gees gehoorsaam) (gaan oor gehoorsaamheid aan Christus), en 
-"werke wat deur die Here aan Sy kinders uitgedeel word om te doen" (bv. bedieninge en ander werke in die koninkryk van God). 

Christene is onder Jesus / maw, onder Sy Gees... (onder die wet vd Gees - moet die Gees gehoorsaam). Die Skrif leer bv. dat weergeborenes onder die "wet van vryheid" is (wat terloops 'n wet is!)(Matt. 5:17-20)(Jak. 1:25  - "Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen")(Jak.2:12  - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word").Ons is in 'n nuwe bedeling, maar wet is nie tot niet nie - die Here se wette geld natuurlik steeds (al word dit anders vervul, soos gewoonlik gebeur in verskillende bedelings) . 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

'n Boom word aan sy vrugte geken... Vrug is 'n bewys van wat se soort "boom" iemand is (bv. "vrug" getuig of iemand die Here gehoorsaam of nie), en verwys tipies na dinge soos hoe iemand praat of optree, doen hy die wil van die Here, ens. VRUG is dus ook 'n getuienis van of iemand die Heilige Gees het en gehoorsaam... - in die Skrif word hierna verwys as "vrugte vd Gees". M.a.w., sekere dinge kan as teken dien dat iemand die Heilige Gees het..., bv. vrugte wat bestaan in alle goedheid, geregtigheid en waarheid -  liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing, ens. (Gal. 5:22; Ef. 5:9). Daar is altyd 'n duidelike verandering in iemand se lewe wanneer hy/sy die Heilige Gees ontvang.  Dit is ongelukkig so dat sommige van hierdie begrippe se betekenis baie verander het in die tyd waarin ons lewe;  bv. die manier hoe liefde beskryf word, net soos "geloof" 'n ander betekenis gekry het oor die jare (slegte vrug van die wat vals is lyk soos die ware jakob, maar is nie!);  daarom het sommige slegs 'n gedaante van godsaligheid, en as iemand se begrip verkeerd is kan dit voorkom soos vrug vd Gees terwyl dit dan nie is nie). Kom ons kyk na 'n paar WERKE onder die wet van vyheid (m.a.w., werke van die wat gehoorsaam is aan Christus en aan die Heilige Gees):

-  HULLE GEE AG OP JESUS CHRISTUS SE WOORDE

(Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.).  Die wat nie werklik glo nie sal Jesus se woorde bevraagteken en liewer glo wat hulle wil of leermeesters vergader wat hulle in die gehoor streel. As iemand bely dat hy glo in Jesus, moet hy tog in Sy woorde ook glo! As iemand nie in Jesus Christus se leringe glo nie, dan glo hy nie werklik nie. 

- HULLE GETUIG VAN HOM, of IS VRYMOEDIG OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG

( Hand. 1:8)  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.   (Hand. 4:31)  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek). Hierdie is gewoonlik baie sigbaar by die wat die Heilige Gees ontvang! Almal het nie altyd dieselfde vrymoedigheid nie (want die hoeveelheid krag wat iemand vd Gees ontvang speel natuurlik ook 'n rol), maar mense wat die Heilige Gees het praat graag oor Jesus Christus of wat Hy vir hulle gedoen het of vir hulle leer, en wil he dat ander Hom ook ken.

- HULLE WEET DAT HULLE DIE GEES HET - HULLE KEN DIE GEES

(Joh 14:17)  die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees). Mense wat die Heilige Gees (die Gees van waarheid) het, weet wat die waarheid is! - hulle is lief vir die waarheid, stem saam met die waarheid, en staan nie in die pad van die wat die waarheid verkondig nie.

- HULLE BEGIN STAP IN DIE GAWES en BEDIENINGE VD GEES

(Hand. 2:17)  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.   (Act 2:4)  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek)(1 Kor. 12; Rom. 12; Ef. 4). Mense wat die Heilige Gees ontvang, ontvang gawes en bedieninge vd Gees om te gebruik in die koninkryk van God (bv. tot stigting en uitbreiding, op dit wat nuttig is).  Die wat die Gees ontvang word ingedoop in die "Liggaam van Christus", en begin tree op soos 'n deel vd liggaam..., bv. oog of hand of voet ens.  - voete van bereidheid om die evangelie te verkondig (bv. evangelis), hand (bv. helpers, uitdeel, gawe van gesondmaking), mond (bv. profeet, gawe van profesie, gawe van tale), kop (bv. herders, regeringe, voorgangers), neus (bv. gawe van onderskeiding van geeste), oog (bv. leraar, gawe van wysheid), oor (bv, gawe van kennis).......ens. Weldra kry elke geredde iets wat die Gees hom gee om te doen. Dit mag miskien nie soos werke voel nie! (want in werklikheid, vir die weergeborene, word die wil van die Here ook sy eie begeerte omdat hy nie meer onder slaafskap van sonde is nie), maar dit beteken nie dat dit nie "werke" is nie!
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 09 Januarie 2023

Wat dit beteken om deel te wees/word van die Koninkryk van God

'n Man van hoë geboorte, wat regstaan om Sy koningskap op te neem (Luk. 19:11-27), is Jesus Christus die Seun van God, die vors van vrede (Jes. 9:5). Hy sal ware vrede bring op aarde...  Huidiglik is Hy "soos 'n man op reis" - 'n man wat na 'n ver land gereis het, sy huis agtergelaat het, en sy diensknegte volmag gegee het (vir elkeen sy werk en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak...)(Mark. 13:34). En na 'n tyd kom Hy terug! en sal Sy ewige koninkryk op aarde oprig, 'n koninkryk waarna die volk van God lank uitgesien het... (Matt. 15:43; Luk. 23:51). Die Skrif leer dat Jesus vd hemel af sal terugkom (waarnatoe Hy opgevaar het na Sy opstanding), en elke oog sal Hom sien, en Hy sal Koning wees oor die hele aarde... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/07/die-christen-die-politikus.html). Toe Jesus die eerste keer gekom het het baie mense gedink dat Hy hierdie "aardse" koninkryk in daardie dae sou oprig (Luk 19:11; 17:20; Hand. 1:6), maar dit sal eers gebeur wanneer Hy terugkom. Die Skrif leer verder dat Hy vanuit Jerusalem sal regeer oor die hele aarde (Ps. 2:6-9; Jes. 24:23). Hy sal die ander koninkryke verbrysel en 'n ewige koninkryk oprig (Dan. 2:44)(wat sal begin met 'n 1000-jaar tydperk wat 'n nuwe "eeu"/bedeling inlei...). Christene wag op hierdie "wederkoms" (Hand. 1:11; Openb. 1:7), wat terloops gepaard gaan met 'n opstanding van heiliges (geroepenes) wat sal bepaal wie ingaan in Sy koninkryk en wie nie... In die opstanding sal sommige opstaan tot lewe, en ander sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:29). 

Na regte het die koninkryk al gekom op 'n geestelike manier - m.a.w., Christene behoort eintlik alreeds aan Sy koninkryk (Hy is teenwoordig deur Sy Gees, Hy is hulle Koning, hulle dien Hom...), maar die aanneming tot kinders word eers regtig voltrek in "die opstanding". Bv., nie almal wat huidiglik gesien word as deel vd koninkryk van God (die geroepenes), sal inderdaad eendag ingaan in die koninkryk nie. Sommige sal nie ingaan nie om sekere redes, bv. omdat hulle nie vrug dra nie of vrug verloor het, of omdat hulle afgeval het, ens. Die term "koninkryk van God" is dus beide 'n term wat gebruik word vir die huidige Christelike kerk, asook vir die toekomstige fisiese koninkryk van God op aarde. Die term "koninkryk van God" verwys dus nie net na die wat huidiglik aan die Christelike kerk behoort nie, maar kan ook verwys na die eendag fisiese koninkryk van God op aarde; maar nie almal wat huidiglik aan die Christelike kerk (koninkryk van God) behoort sal eendag ingaan in die fisiese koninkryk wat Jesus sal oprig (wanneer Hy terugkom) nie. In die huidige kerkbedeling (koninkryk van God/koninkryk vd hemele) is daar bv. nie net "KORING" (die wat vrug dra) nie, maar ook "KAF" (die wat nie vrug dra nie-hulle sal uitgegooi word)(Matt. 3:12; Luk. 3:17; Matt. 21:43). Sommige neem die woord aan en word deel vd koninkryk, maar val af die oomblik as versoeking kom omdat hulle nie wortel het nie (hulle kan dus nie groei en vrug dra nie)(2de groep in die gelykenis vd saaier). Daar is die wat wel vrug dra maar hulle vrug verloor (3de groep in die gelykenis vd saaier). En nie almal is "SKAPE" (barmhartiges) nie, maar sommige is "BOKKE" (onbarmhartiges)(Matt. 25:31-46)(hulle sal ook nie kan ingaan nie). En nie almal "hou vas" nie - die waarheid is dat wanneer Jesus terugkom sal baie wat huidiglik gesien word as kinders vd koninkryk, "nie gereed wees nie" (en die deur sal vir hulle toegemaak word)(Matt. 25:1-13).  Daar is ongehoorsames in die kerk (die wat nie die wil vd Here doen nie - hulle ken nie die Here nie en sal weggestuur word)(Matt. 7:21).  En daar is selfs mense wat insluip onder die kinders vd koninkryk, bv., die "ONKRUID" (valses, wat voorgee hulle dien die Here, maar doen nie)(die struikelblokke)(Matt. 13:24-10), wat baiemaal soos verleiers optree (alhoewel hulle tussen die kinders vd koninkryk beweeg, asof geroepenes, is hulle eintlik deur die vyand daar gesaai - hulle sal ook nie kan ingaan nie). En sommige word selfs BOOS en VERHARD hulle HARTE, al ken hulle die waarheid! (Rom. 1)........ Dus, alhoewel die wat nou deel word vd koninkryk van God die belofte het van ewige lewe, is daar sommige wat dit ongelukkig gaan verloor agv afvalligheid, vrugteloosheid, ongehoorsaamheid, ens. Hulle word wel nou gesien as "deel vd koninkryk van God", maar sal nie almal eendag ingaan in die fisiese koninkryk van God en opstaan tot lewe nie. Jesus Christus sal besluit wie ingaan en wie opstaan tot lewe, en wie nie.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

HOE WORD IEMAND DEEL VD KONINKRYK VAN GOD?
(m.aw., hoe word ons burgers word van Sy "land"?). 

Wanneer iemand emigreer is dit nie so maklik om deel te word van 'n ander land nie.  Immigrante moet deur baie dinge gaan voor hulle burgerskap in die nuwe land kan ontvang.  O.a. kan dit beteken dat hulle eers moet bewys dat hulle tot voordeel is vir die land en dus vir 'n tyd lank werk in die land voor hulle burgerskap kan ontvang, en is dus soos vreemdelinge in daardie hele tyd (geniet bv. nie onmiddellik ditto voordele as die burgers nie);  of hulle moet 'n groot som geld betaal om burgerskap te koop...  Daar is bepaalde stappe wat geneem word om burgerskap te kan verkry - in ander woorde, immigrante moet dit eers verdien of hulle moet dit koop, en wanneer hulle burgerskap in die nuwe land ontvang moet hulle "trou sweer" aan die nuwe land/regering.  Wat die koninkryk van God aanbetref kan dit egter nie gekoop of verdien word nie, maar daar is ook bepaalde stappe nodig voor iemand burgerskap kan ontvang, bv. gesindheid is belangrik!;   nl. vrees vir die Here en om Sy geregtigheid te soek;  en wat is iemand bereid om op te gee terwille vd koninkryk? 
-  (Hand. 10:35 - "maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is");
-  (Matt. 13:44 - "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand")(Matt. 6:19-21,33; Luk. 12:16-21).  
Vrees vir die Here en om Sy geregtigheid te doen, en bereidheid om wil ens. "op te gee" is die maniere hoe iemand wys dat hy 'n burger kan word...  

DIE MANIER HOE JY 'N BURGER WORD IS NATUURLIK DEUR "TROU TE SWEER" AAN JESUS CHRISTUS! (m.a.w., jy moet in Hom glo...)(Joh. 5:24; 6:35,40,47; Joh. 11:25,26; ens.). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Identiteit speel ook 'n groot rol wanneer dit kom by burgerskap. Jy kry bv. outomaties burgerskap op 'n sekere ouderdom wanneer jy gebore is in 'n land (is "'n kind vd volk"), en jy geniet die voordele van 'n burger alreeds vanaf geboorte. Op dieselfde wyse is daar 'n volk op hierdie aarde aan wie burgerskap in die koninkryk van God belowe is, wat hulle bloot ontvang deur geboorte... (nl. die Hebreeuse volk deur 'n spefisieke geslagslyn, nl. Abraham, Isak, 12 stamme van Israel...);  hierdie groep mense staan bekend as die GEROEPENES, en aan hulle is burgerskap belowe - alhoewel die uiteindelike "aanneming tot kinders" gekoppel is aan voorwaardes!, en word eers voltrek in "die opstanding"... (bv., die wat eendag opstaan tot veroordeling sal nie in die koninkryk ingaan nie - baie is geroep, maar min uitverkies).  Enige iemand kan deel word van hierdie geslag (aan wie die erfenis belowe is - hulle kan onder die "kinders van Abraham" ingedoop word), nl. deur GELOOF IN JESUS CHRISTUS.  Die wat in Jesus Christus ("kind van Dawid"/Seun van God) glo, ontvang dus hulle kindskap deur die geloof in Hom (nie deur fisiese geboorte nie, maar geestelike geboorte) - hulle is "kinders van Hom" (asof uit Hom gebore - daar word o.a. na weergeborenes verwys as "gebore uit God")(Ef. 2:11-13). Weergeborenes word onder die kinders van Abraham ingedoop en het die belofte van erfenis (soos mense wat uit daardie geslag gebore is).   
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Lewensmaat en kinders het dit ook makliker wanneer 'n gesin emigreer. 'n Man se vrou en sy kinders kan bv. maklik papiere kry in 'n nuwe land.  Hulle hoef nie deur presies dieselfde stappe te gaan om burgerskap te ontvang as die man nie (hoef bv. nie te bewys dat hulle tot voordeel is vir die land nie), maar verkry dit bloot omdat hulle aan die man/pa behoort. Op ditto wyse sal almal wat aan Jesus Christus behoort, "papiere kry" wanneer Hy terugkom;  maar die wat nie in Hom glo en Hom nie dien nie kan nie verwag om te erf nie. Hy is immers die "Man" - alles behoort aan Hom... (Rom. 14:8; Gal. 4:21-31; Ef. 1:10; 5:23; Kol. 1:18; ens.). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


(1) Vir iemand om deel te word vd koninkryk van God is gesindheid dus eerstens belangrik, m.a.w. VREES VIR DIE HERE en OM SY GEREGTIGHEID TE DOEN - dus bekering waar nodig! Die koninkryk van God is soos 'n skat... - wat is jy bereid om op te gee ter wille van hierdie koninkryk (om dit te verkry)?  Bv., is jy bereid om jou wil op te gee? Is jy bereid om die Here alleen te dien, ens.. Hierdie gesindheid is belangrik voor iemand 'n burger kan word vd koninkryk van God/hemele. 

(2) Die manier hoe iemand burgerskap ontvang in die koninkryk van God, is deur geloof in Jesus Christus;  m.a.w., om "trou te sweer" aan Hom (Ef. 2:11-13; Fil. 3:20). 


(3) Verder is dit belangrik om vas te hou aan die Here..., want as jy nie vashou aan die Here nie gaan jy dalk nie ingaan in die ewige koninkryk nie (gaan dan nie kan opstaan tot lewe nie, bv. die sonder vrug, bokke, ens.).   Die wat burgerskap ontvang het (die wat huidiglik deel is vd koninkryk van God/Christelike kerk) is onderwerp aan die geloof, maar l.w. dat geloof sonder werke dood is (Jak. 2:20,26). Die "aanneming tot kinders" word eers volkome voltrek in die opstanding. Dus:  Hou vas aan die geloof! (Openb. 2:13; 2:25; 3:11). Bly in Jesus Christus, want sonder Hom kan ons nie (groei en) vrug dra nie (Joh. 15:4-7).  En glo in Sy woorde/die waarheid wat Hy verkondig het (Hand. 3:23; Hebr. 12:25; Joh. 12:47.48; 14:10), want om in Jesus te glo, beteken ook dat jy in Sy woorde glo (glo dat dit wat Hy verkondig het die waarheid is). Moenie ander "bronne" gebruik nie - gaan voort om die Here te dien (moet Hom nie verloen/verwerp nie). Moenie jou hart verhard teen Hom en Sy waarheid nie, Christene is wel vrygekoop (van hulle slaafskap onder sonde), maar behoort nou aan Jesus Christus (deur wie hulle vrygekoop is - is dus nou slawe van Hom), en moet Hom gehoorsaam/dien... (1 Kor. 7:22). Christene kan nie doen "wat hulle wil" nie, maar moet doen wat die Here wil.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Donderdag 30 Desember 2021

Algemene vrae oor SALIGHEID: Lewe of Dood

Die wedergeborene het die belofte van REDDING, o.a. die volgende beloftes: (1) opstanding in 'n nuwe uiterlike liggaam eendag (sal dus die dood oorwin)("eerste opstanding")(verheerlikte/onverganklike liggaam)(Joh. 6:39-44; Matt. 22:31; Joh. 11:24,25);  asook het (2) die belofte dat hy NIE deur die tweede dood sal gaan nie (wanneer die natuurlike mens se liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word)(Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8). 

Die geestelike mens het dus die belofte van REDDING VD DOOD (en belofte van ewige lewe), nie net redding vd liggaam (uiterlike mens) deur die "opstanding" nie, maar ook redding vd siel - sal dus nie deur die "tweede dood" gaan nie. MAAR is dit moontlik dat sommige wedergeborenes in die end steeds nie gered sal word nie en dus steeds deur die tweede dood sal gaan? 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Jesus het geleer dat die koninkryk vd hemele uit GOEIES en SLEGTES bestaan (Matt. 13:48; 22:10), en geleer dat wanneer Hy terugkom Hy die SKAPE (barmhartiges) van die BOKKE (onbarmhartiges) sal skei... (Matt. 25:31-46). Johannes het ook geleer dat Christus Sy dorsvloer deur en deur sal skoonmaak (Matt. 3:12), en in hierdie konteks spesifiek verwys na die wat nie vrug dra nie (maw, die KAF). Daar is natuurlik ook die onkruid wat afgeskei sal word wanneer Jesus terugkom...(Matt. 13:41), maar "onkruid" verwys nie na wedergeborenes nie maar na mense wat onder die kinders vd koninkryk deur die bose daar gesaai word (die "ingesluiptes" - die valses). Jesus het ook verklaar dat "lote" wat nie in Hom bly nie, uitgewerp sal word en in die vuur gegooi sal word (Joh 15:6). Dit beteken dat slegs die wat VASHOU, kan staatmaak op bg. beloftes! Die briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring is nog 'n vb. van hoe ernstig die Here gehoorsaamheid (aan Hom) ag, en hoe belangrik dit is om seker te maak dat ons "oorwin".  In die eerste gemeentes is daar baie gewaarsku teen ongehoorsaamheid, inkluis dat diesulkes kan verwag dat hulle eendag daarvoor geoordeel sal word! (Hebr. 10:27-30, ens.). Alhoewel daar baie Christene is wat vandag glo dat die Here nie sy kinders sal oordeel nie, is die waarheid dat oordeel begin by die huis van God... (1 Pet. 4:17; 2 Kor. 5:10).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Met bg. beloftes is wedergeborenes soos mense wat alreeds die LEWE het (en is immers nuut gemaak en lewe deur die asem vd Gees), maar wat bepaal of hulle in hierdie LEWE bly?

(1) Antwoord:  KOS EN WATER.  

Geen mens kan sonder kos en water bly lewe nie.  

Net soos die uiterlike mens doodgaan as hy nie KOS EN WATER kry nie, net so kan die innerlike mens ook nie aan die lewe bly daarsonder nie. Jesus het geleer dat die mens nie net van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God. Die mens het geestelike VOEDSEL nodig. Die Here se wil en woorde is soos KOS vir ons! (Luk. 4:4; Joh. 4:34). Ja, die wedergeborene LEWE wel deur die asem vd Heilige Gees, maar het die regte soort geestelike KOS EN WATER nodig om aan die lewe te bly. 'n Wedergeborene wat nie kos en water kry nie, staan die gevaar om uiteindelik dood te gaan... (net soos die uiterlike sal doodgaan as dit nie kos en water kry nie). Gelowiges word soos bome voorgestel omdat hulle (deur die Here) soos saad in die wêreld geplant word om te groei en vrug te dra - maar om dit te kan doen het hulle (die regte soort) KOS EN WATER nodig.  Maw., as 'n boom ('n gelowige) geen kos en water kry nie, kan hy nie groei of vrug dra nie... Hierdie vrug (wat die gelowige nodig het om die ewige lewe te kan beerwe - genoem "vrug tot ewige lewe") is nodig vir iemand om "opstanding tot lewe" te verkry. Jesus het geleer dat die wat nie in Hom bly nie (en dus nie vrug kan dra nie), eendag uitgewerp en in die vuur gegooi sal word - daarom is (die regte soort) geestelike "kos en water" belangrik!  In ander woorde, as 'n wedergeborene nie in die Here BLY (in Sy woorde, in Sy wil, Hom ken ens.) nie, kry hy nie die kos en water wat hy nodig het om aan die lewe te bly nie..., - en in so 'n geval stuit dit groei en veroorsaak dat so iemand nie vrug (tot ewige lewe) kan dra nie (en sonder hierdie "vrug vir die ewige lewe"/"vrug tot heiligmaking", sal hy doodgaan...). 

(vir studies oor hierdie onderwerpe, rol asb na heel onder)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Antwoord:  KLERE.

Die mens het klere nodig om sy naaktheid te bedek.

Net soos die uiterlike mens klere nodig het om sy NAAKTHEID te bedek, net so het die innerlike mens "klere" nodig. Bv., die geestelike betekenis van naaktheid in die Skrif gaan oor skaamwees en vernedering... Hierdie bewustheid (van om naak te wees/skaam) is iets wat gekom het met die sondeval en het dus te doen met "is sondig" -  wanneer iemand geestelik "naak" is verwys dit na 'n sondaar. Wedergeborenes is wel soos mense wat "klere aangetrek het" (bv. klere van heil/is met Christus beklee)(hulle skaamte is bedek)(hulle sondes afgewas), maar as hulle hul klere nie bewaar nie of hulle kleed "bevlek", sal hulle hulself in 'n "SKAAM  en/of NAAKTE" posisie eendag bevind wanneer Jesus Christus terugkom... Die wat nie hulle klere bewaar nie, sal soos mense wees wat NIE GEREED is wanneer Jesus terugkom nie (en Hy sal op hulle afkom soos 'n dief in die nag...). 'n Kleed wat met sonde bevlek is, is nie skoon nie - is besoedel/onrein. Die begrippe "verontreinig" en "ontheilig" gaan baiemaal hand in hand;  dus, 'n wedergeborene wat as heilig (afgesonder) gesien word, kan ontheilig word as hy homself verontreinig... 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Antwoord:  ASEM.

Geen mens kan lewe sonder asem nie.

Daarom gaan iemand dood wanneer hy sy laaste asem uitblaas... Net soos die uiterlike mens lewe deur asem, net so kan die innerlike mens nie lewe sonder die ASEM vd Heilige Gees nie.  Die Heilige Gees is soos asem vir die geestelike mens, en dit die rede waarom die geestelike mens LEWE. Net soos 'n baba deur water gebore word en lig/asem nodig het om te kan lewe, net so vind die wedergeboorte plaas deur water en Gees.  Soos die asem wat God gee soos LIG is vir die liggaam, so is die Heilige Gees soos LIG vir die siel. In Biologie leer ons bv. dat lig plante se enigste bron van krag is, en die rede hiervoor is omdat dit lig nodig het om kos te kan produseer. Dit dan die rede waarom dit vir die geestelike mens moontlik is om geestelike kos en water te verwerk en te groei as geestelike mens en vrug te dra. Dus, sonder die asem vd Heilige Gees kan iemand nie geestelike voedsel verwerk nie, en het dus dan geen bron van energie nie. Die asem vd Heilige Gees (die ontvang vd Heilige Gees) is dus die bewegende rede waarom die geestelike mens in die lewe is, en ook waarom hy kan "funksioneer". Daarom, as iemand nie die Gees het nie, is hy nie 'n kind van God nie! Net soos plante het die mens dus LIG (asem/gees) nodig om te kan lewe, en sonder hierdie "asem" (vd Heilige Gees) kan die siel nie groei en vrug dra nie. Maar wat gebeur as 'n wedergeborene (dus, in wie die Heilige Gees is) die Heilige Gees bedroef ? - hy bv. ongehoorsaam is aan die Gees - maw ophou om die Here van wie hy 'n slaaf geword het, te dien;  of bv. verkeerde voedsel en water neem?  Of wat gebeur as die Heilige Gees van hom weggeneem word?  Die geestelike mens kan nie in die lewe bly as die Heilige Gees van hom weggeneem word nie, want die Gees is soos asem vir hom. Net soos die uiterlike mens doodgaan wanneer hy sy laaste asem uitblaas, net so sal die innerlike mens vd geestelike mens doodgaan as die Gees hom verlaat.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) Antwoord:  GROEI.

As saad nie groei nie, kan dit doodgaan.

Gelowiges word somtyds voorgestel soos bome wat GROEI en VRUG DRA (of voorgestel soos saad, lote, takke ens.). As "takke" is ons deel vd groot boom (die koninrkyk vd hemele/God), en as "lote" kan ons nie vrug dra as ons nie in die wynstok (Jesus Christus) bly nie. Net soos 'n boom of stok se vrug geoes word, so sal die gelowige se vrug geoes word wanneer Jesus terugkom;  en die met geen vrug, sal uitgekap en in die vuur gegooi word... GROEI is dus belangrik, want hoe kan 'n boom vrug dra as hy nie groei nie. Selfs jong bome kan vrug dra, ja, maar hy moet steeds die nodige kos en water en lig kry.... Dit is ditto met wedergeborenes. Sonder GEESTELIKE GROEI (wat plaasvind deur geestelike kos en water en lig) kan die wedergeborene nie vrug dra nie. Net soos die mens groei van baba tot volwassene, so groei die geestelike mens (as nuutgeborene) ook van baba en kind tot jongmens, tot volwassene. Die begin vd geestelike mens se lewe word gekenmerk deur die wedergeboorte (water en Gees) - asof iemand van voor af gebore word, en moet nou groei van baba tot volwassene... As hierdie groei nie plaasvind nie dan bly so 'n wedergeborene soos 'n klein kind wat nog nie alles verstaan nie, kennis ontbreek en as gevolg daarvan somtyds verkeerd oordeel, weet nie altyd wat is reg en verkeerd of wat presies van hulle verwag word nie, sukkel om die bose te oorwin, tree baiemaal vleeslik op, ens. "Kinders in die geloof" word maklik bedrieg en besit nog nie die geestesvermoens om altyd goed van kwaad te onderskei nie. As 'n jong Christen nie in die Here bly en Hom leer KEN, maw geestelike kos en water neem nie, dan staan hy die gevaar dat hy geen wortel skiet nie, en kan afval in tyd van versoeking... (kyk gelykenis vd saaier, 2 de groep).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5) Antwoord:  VRUG.

As 'n boom nie vrug dra nie, is tot geen nut.

'n Boom word verder aan sy vrugte geken. Vrug is dus 'n bewys van wat se soort "boom" iemand is (bv. "vrug" getuig of iemand die Here dien of nie)(of gehoorsaamheid aan Jesus se woorde getuig dat iemand in Jesus Christus glo, ens.). Anders gestel, vrug is 'n bewys van wat in iemand se hart (siel) aangaan. "Vrug" verwys tipies na dinge soos hoe iemand praat of optree, hoe hy die Here dien, Hom gehoorsaam ens. Die wedergeborene het die Heilige Gees - sekere vrugte kan bv. as teken dien dat iemand die Heilige Gees het (genoem "vrugte vd Gees"), vrugte wat bestaan in alle goedheid, geregtigheid en waarheid... (bv. liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing...). Vrug is nie net 'n bewys van wat se soort boom iemand is (bv. "geestelike mens") nie, maar is ook nodig om die ewige lewe te beerwe. Hierdie "vrug tot heiligmaking" verwys spesifiek na vrug wat verdien word uit diensbaarheid aan God (bv, dien nie meer die sonde nie, maar dien die Here - Hebr. 6; is 'n slaaf van Christus), en moet nie gesien word as "werke" nie maar eerder soos LOON (loon ontvang vir diensbaarheid aan die Here, bv. het die evangelie verkondig, het barmhartigheid bewys ens...). Hierdie VRUG verwys bv. nie na die wat 'n gedaante van godsaligheid het (die "valses" wat eintlik hulleself dien) nie, maar spesiek na die wat DIE WIL VD HERE DOEN. Slegs die wat die Here se wil doen (die wat in Hom bly) kan hierdie soort vrug dra, maar die wat sonder hierdie vrug sal wees wanneer Jesus terugkom (maw, die "kaf"/die wat geen of nie die nodige vrug dra nie), sal nie kan ingaan in die Koninkryk nie (Luk. 3:17; Joh. 15:6), want "kaf" word met onuitbluslike vuur verbrand... Slegs die wat die wil vd Here doen sal eendag ingaan in die Koninkryk ingaan(Matt. 7:21). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6) Antwoord:  GESONDHEID.

Siekte lei somtyds tot die dood. 

Daar word baiemaal spesifieke terme in die Skrif gebruik om mense se geestestoestand te beskryf;  bv., 'n broeder wat in sonde of ongeregtigheid stap word "SIEK" genoem. So iemand kan maklik genesing ontvang wanneer hy die waarheid hoor (en aanneem). "GEWONDES" is weer meer verwysend na mense wat hulle nie bekeer van sonde en ongeregtigheid nie, al weet hulle wat is die waarheid - diesulkes word dan "gewond" met die doel om hulle terug te roep (want hulle "hoor" nie) - hulle verwys tipies na die opstandiges - die wie se harte verhard is. 'n Voorbeeld hiervan is waar 'n broeder stap in "sonde tot die dood" (sonde kan slegs tot die dood lei as iemand hom nie daarvan bekeer nie - dit word dus "sonde tot die dood" genoem omdat die persoon hom nie daarvan wil bekeer nie). Daar is heelwat sulke sondes (veral verwysend na sondes wat bloedskuld veroorsaak) wat in die Skrif genoem word wat kan veroorsaak dat wedergeborenes uiteindelik nie in die Koninkryk ingaan nie agv hierdie "sondes tot die dood" (1 Kor. 6:10).  SIEKTE kan ook vrug affekteer... - bv., plante kan vrug verloor wanneer hulle siek is. Dit kan ook veroorsaak dat die vrug nie alles bruikbaar is nie of dat dele vd vrug weggesny moet word (bv. as 'n vrug gewond is). 'n Siek plant kan wel steeds vrug dra, ja, maar siekte het beslis 'n invloed op vrug, en kan veroorsaak dat baie vrug verlore gaan. In uiterste gevalle kan siekte selfs die dood van 'n plant veroorsaak!, of veroorsaak dat die wortel vrot (wat somtyds gered kan word, en somtyds nie). Wanneer 'n wedergeborene "siek" is (maw van sonde) beteken dit nie dat hy nie meer kan vrug dra nie, maar hy mag in die proses baie van sy vrug verloor (kyk "gelykenis vd saaier" - 3de groep), en in uiterste gevalle kan sy siekte veroorsaak dat die wortel begin vrot, of hy kan moontlik doodgaan...  Siende elke wedergeborene se vrug geoes word wanneer Jesus terugkom, is dit dus belangrik om vrug te behou! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7) Antwoord:  GROND.

As iemand nie ploeg en saai nie, sal daar niks wees in die oestyd nie.

Die Here is soos water vir die mens, en wanneer grond water kry, bring dit nuttige plante voort... (die "liggaam" kan soos GROND voorgestel word - ons is immers uit grond gemaak). Met die nodige geestelike kos en water (en lig) kan die wedergeborene se grond nuttige plante voortbring, maar wat gebeur as daardie grond nie omgespit word nie en/of die saad onder dorings gesaai word? Wat gebeur as 'n wedergeborene se grond dorings en distels oplewer in plaas van vrug? Met die sondeval het Adam en Eva se ongehoorsaamheid tot gevolg gehad dat die aarde DORINGS EN DISTELS VOORTGEBRING het. Dit het Adam se werk swaarder gemaak, want waar saad saam met dorings opkom sal die dorings veroorsaak dat die saad verstik. Die gevolg van sulke GROND is dat dit ONVRUGBAAR WORD en GEEN RYP VRUG VRA NIE. Net soos die sondeval die oorsaak was van dorings en distels op die aarde, net so veroorsaak sonde "dorings" in die wedergeborene se "grond" (en dit maak beslis lewe moeiliker!).  Dit is nie goed wanneer grond dorings en distels oplewer nie, want dit bring dit naby vervloeking en die uiteinde daarvan is verbranding... (Hebr. 6:8).  Hierdie dorings (in die gelowige se grond) kan veroorsaak dat sy vrug verstik en daar geen vrug later is om te oes nie (kyk "gelykenis vd saaier" - 3de groep), en verwys na dinge soos die sorge vd wereld, verleiding vd rykdom, begeerlikhede i.v.m. ander dinge en genietinge vd lewe... Gelowiges word beveel om hulle grond om te spit en mis te gooi ("braakland te braak"-Jer. 4:3; Hos. 10:12), want as hulle dit nie doen nie sal dorings en distels opskiet (en hulle vrug verstik). Hulle moet "ploeg en saai" en seker maak dat hulle nie onder die dorings saai nie.  Wedergeborenes is deel van die "Here se wingerd" - Hy spit die wingerd om en haal die klippe uit en plant hulle in Sy wingerd - om vrug te dra! (en hierdie vrug sal geoes word wanneer Jesus Christus terugkom). En elke loot wat vrug dra maak Hy skoon om meer vrug te dra. Gelowiges wat nie vrug dra nie maak die grond waarop hulle staan onvrugbaar, en as hulle na "spit en mis" steeds nie vrug dra nie!, sal hulle uiteindelik uitgekap/weggeneem word... (Luk. 13:9; Joh. 15:2). 
____________________________________________________________________________________

GEDAGTE:

SALIGHEID verwys nie net na redding vd "LIGGAAM" (uiterlike mens)(liggaam het redding nodig - Hebr. 9:13; 10:22) nie, maar ook na redding vd "SIEL" (innerlike mens)(siel het redding nodig - 1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22). 

Maar waarvan het die mens redding nodig (bv. vyand, slaafskap)? 
(1) Die dood word gesien soos 'n VYAND (1 Kor. 15:26; Ps. 143:3), want die mens word gebore as 'n "natuurlike mens" en dra "vrugte tot die dood" - 'n mag waaronder hy is waarvan hy moet vry/losgekoop word.  Maar dit verwys nie net na wanneer die uiterlike mens doodgaan nie, maar verwys ook na die "tweede dood" (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word - Openb. 20:14; 21:8; Matt. 10:28). Die wedergeborene kry redding vd dood (deur die komende opstanding wanneer Jesus terugkom). Wedergeborenes word deur Hom uit die mag vd doderyk losgekoop (Hos. 13:14)(die wat goed gedoen het sal dan opstaan tot lewe, en sal nie deur die tweede dood gaan nie;  maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling... - Joh. 5:29; Dan. 12:2)(Openb. 2:11; Openb. 20:6).
(2) Die mens is verder onder SLAAFSKAP gebore (word in sonde gebore) - is 'n slaaf van sonde (dien die sonde). Om 'n vrye te wees het hy nodig om vry te kom van hierdie slaafskap, en nodig om deur iemand anders vry"gekoop" te word. Wedergeborenes word deur Jesus Christus  losgekoop van hierdie slaafskap onder sonde (2 Pet. 2:19; Rom. 7:14,23; Gal. 5:1,13).  In hierdie opsig is wedergeborenes wel VRY (vrygemaak deur die Here)("vrymense"), maar is ook 'n slaaf van die Een wat hulle vrygemaak (gekoop) het! (is m.a.w. slawe van Christus - hulle dien Hom nou... - dien nie die sonde nie, maar dien die Here)(1 Kor. 7:22,23; 1 Pet. 2:16).

Die wat so vrygekoop/vrygemaak is, het hierdie redding (saligheid) verkry deur die wedergeboorte - deur water en Gees;  is (deur Jesus se offer) skoongewas en het die Heilige Gees ontvang (wat deur Jesus uitgestuur word en ook soos vir ons is water is), en nuut gemaak  - is nou 'n nuwe mens - nie meer 'n "natuurlike mens" (gebore uit die saad van Adam) nie, maar is nou 'n "geestelike mens" gebore uit God se saad. Wedergeborenes dra dus nie meer vrugte vir die dood (soos in die geval van natuurlike mense) nie, maar is nou "geestelike mens" wat gebore is uit God en dus vrugte kan dra tot ewige lewe. Maar wat gebeur as 'n wedergeborene weer die sonde begin dien (maw weer 'n slaaf word van sonde)?  Wat gebeur as 'n wedergeborene in wie die Gees is, die Gees bedroef?  Wat gebeur as die Gees (deur wie hy LEWE) van hom weggeneem word? Wat gebeur as hy nie geestelike kos en water neem nie, en dus nie geestelik kan groei nie, en dus geen vrug (tot ewige lewe) kan dra nie?  Wat gebeur as hy die vrug wat hy begin dra (wat vir hom die ewige lewe kan verdien), verloor?  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir skrifte oor bg. onderwerpe kan die volgende url's behandel word: 

KOS EN WATER:
KLERE:

ASEM:

GROEI EN VRUG:

GESONDHEID:

GROND:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 11 September 2021

As jy nie in Jesus se woorde glo nie, dan glo jy nie regtig in Hom nie

As iemand bely hy GLO in Jesus, dan moet hy natuurlik ook glo in Sy woorde... 

Somtyds bely iemand dat hy in Jesus Christus glo, maar dan wanneer jy met daardie persoon begin gesels kom jy gou agter dat h(s)y eintlik iets anders glo as wat Jesus geleer het. Baie leringe deur Jesus gegee, bv. leringe oor die koninkryk ("evangelie vd koninkryk"), is vandag verdraaid of word verskillend gepreek van wat Jesus geleer het. Ons moet ag gee op Jesus se woorde, want ons kan nie bely ons glo in Jesus maar glo nie in Sy woorde nie. 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE EVANGELIE gaan oor:
- die evangelie van Jesus Christus, en deels oor
- die evangelie vd koninkryk (Matt. 24:14; Mark. 1:14,15), en deels oor
- die evangelie van vrede.    Die woord "evangelie" is die Griekse woord "yoo-ang-ghel'-ee-on", wat beteken "goeie boodskap". Natuurlik is die "boodskap vd koninkryk" ook deel van die boodskap/evangelie van Jesus Christus, want Jesus se leringe het baie gegaan oor die KONINKRYK VAN DIE HEMELE/GOD - dit is immers een van die redes waarom Hy gestuur was! (Luk. 4:43; 8:1). Ons merk dat Jesus die "evangelie vd koninkryk" verkondig het oral waar Hy rondgegaan het... (Matt. 4:23; 9:35; Mark. 1:14; Luk. 4:34; Luk. 8:1; Luk. 16:16...)(Mar 1:14,15 - "En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en GLO DIE EVANGELIE"). Na watter evangelie het Jesus hier verwys wanneer Hy hulle vra om die evangelie te GLO?  Natuurlik die evangelie wat Hy verkondig het...- nl. die "evangelie vd koninkryk"(Mark. 1:15). Wanneer sommige nou kom en iets anders preek oor die Koninkryk as wat Jesus gepreek het oor die Koninkryk, hoe kan hulle dan bely dat hulle glo in die evangelie wat Jesus gebring het?  As ons bely dat ons glo in Jesus Christus, dan moet ons glo in dit wat Hy verkondig het oor die koninkryk, want die "evangelie van Jesus" gaan ook oor die evangelie wat Hy gebring het oor die koninkryk. 
 
L.w. dat leringe oor die koninkryk van God (m.a.w. die "evangelie vd koninkryk") het hulle oorsprong veral in leringe wat Jesus gebring het... (en sommige gedeeltelik uit O.T.iese profesieë)(Matt. 13:35 - "sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af").
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In Luk. 16:16 wil dit lyk of die "evangelie vd koninkryk" gestel word teenoor "die wet en die profete" (Luk 16:16 - "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin"), asof "die evangelie vd koninkryk" die wet en profete vervang, maar daarmee word egter nie bedoel dat die wet tot niet is of dat die Here se reels nie belangrik is nie, maar waarna dit verwys is dat die Here se wet en voorskrifte nou vervul word in "die evangelie vd koninkryk" (en terloops, in die evangelie vd koninkryk het wette 'n sterker betekenis gekry!). Ons sien dus hoe belangrik hierdie EVANGELIE is wat Jesus oor die koninkryk gebring het, want as ons nie weet wat presies Hy hieroor geleer het nie, hoe sal ons weet wat die Here van ons verwag, Sy reëls, hoe ons gewas word?, hoedanig Sy koninkryk is?, hoe ons salig word, ens.? As ons bely dat ons in Jesus Christus glo, dan moet ons natuurlik die evangelie glo wat Hy gebring het (Mark. 1:15).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Behalwe spesifieke dinge wat oor die koninkryk geprofeteer was, het Jesus self vir ons baie meer kom leer oor die koninkryk (in "die evangelie vd koninkryk"), bv. dat dit klein begin maar baie groot sal word en terloops groter as enige ander koninkryk op aarde!  Hierdie is goeie nuus vir elke gelowige, wat soos 'n spreekbuis in hierdie wêreld staan vir die Here se "party". 'n Koninkryk verteenwoordig natuurlik 'n plek en 'n volk met 'n koning... Somtyds word die term "koninkryk vd hemele" gebruik, en somtyds "koninkryk van God". Die Here se koninkryk is in die hemele, ja (en Hy is huidiglik daar teenwoordig), maar daar is ook geprofeteer dat Hy van die hemel af sal (terug)kom en 'n koninkryk op aarde kom oprig (Dan. 2:44)(Openb. 19:11-21; 16:12-21). Maar hierdie koninkryk verwys natuurlik nie net na 'n fisiese koninkryk wat eendag op aarde sal wees nie, maar is ook "geestelik" van aard in die sin van dat die Here alreeds hier teenwoordig is d.m.v. Sy Heilige Gees (in daardie opsig het die koninkryk al gekom - maw nie met sigbare tekens gekom nie...). Geestelike mense is die kinders van hierdie koninkryk, en sien uit na die fisiese koninkryk op aarde wanneer Jesus terugkom. 

Jesus het ook geleer dat die koninkryk gesien moet word soos 'n verborge skat in 'n saailand, of is soos 'n kosbare pêrel (Matt. 13:44-46) - uit die vgl. wat Hy hier maak kan ons leer dat dit die moeite werd is om alles te "verkoop" ter wille van die Koninkryk. (Mat 13:44-46 - "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand. Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit"). So belangrik is dit om (eers) die koninkryk te soek en Sy geregtigheid (en alle ander dinge, bv. wat jy nodig het, sal vir jou bygevoeg word...)(Matt. 6:33). Natuurlik is dit belangrik om te werk en te sorg ens., maar die koninkryk moet voor al hierdie dinge gesoek word!  Dit is bv. belangriker om die Here eers te raadpleeg voor jy iemand anders raadpleeg. Dit is belangrik om eerste te bid wanneer jy siek is, voor jy dokter toe gaan. Dit is belangriker om eerste te bid vir voorsiening, voor jy gaan werk daarvoor... Die Here moet ons bron wees -  kinders vd koninkryk moet besluite neem volgens Sy wil en Sy reëls, moet leer wat Hy geleer het, ens..  Daarom moet ons ag gee op Jesus se leringe, dit wat Hy geleer het oor die koninkryk van God, en verstaan dat hierdie leringe belangriker is as wereldse wysheid of ons eie slotsomme, en belangriker as wat enige iemand anders leer of getuig. Selfs as jy dink die Here praat met jou (bv. deur "woord", 'n engel, droom, visioen ens.), moet daardie woorde klop met wat Jesus geleer het!  As dit nie klop nie, kom dit nie van die Here af nie. Wat Jesus geleer het oor 'n onderwerp is m.a.w. belangriker as wat enige iemand anders daaroor te sê het of daaroor leer.  Ons moet eerste by die Here leer voor ons na ander leermeesters luister. 

Leringe oor die koninkryk (die evangelie vd koninkryk) verander ons uitkyk op die lewe en die manier hoe ons sien en dink. Ons moet seker maak dat ons ons bekeer het tot die manier hoe die Here sien en dink...(Mar 1:15 - "en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie").
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Sondag 29 April 2018

Geduldig in verdrukking

Uit 'n opsomming van tekste wat oor verdrukking gaan kan ons leer dat "om verdruk te word" o.a. daarna verwys dat iemand bo sy kragte swaar het (2 Kro. 1:8; Jak. 1:27; 2 Kor. 1:8,9); in gebrek verkeer (2 Kor. 8:13; Jak. 1:27); van besittings beroof of besteel word; besittings verwoes en/of uit hulle besittings verdring word (Eseg. 22:12; 45:9; Hand. 11:19); met die dood gedreig word (2 Kor. 1:8,9); verstrooi van woonplek af na ander dele vd aarde (Hand. 11:19)... Die wees, weduwees en armes word ook gesien as verdruktes. Ons kan ook meer leer oor waarna presies die woord "verdrukking" verwys deur te kyk na spesifieke voorbeelde van "verdrukking", bv. Miga wat in die gevangenis verdruk is (1 Kon. 22:27; 2 Kron. 18:26) of die volk, verdruk deur Hasael die koning van Aram (2 Kon. 13:4)... 'n Goeie vb. hiervan is die van toe die volk van God verdruk was deur die Egiptenaars (Eks. 3:9; Deut. 26:7), en ons leer dat die Egiptenaars die kinders van Israel "met hardheid laat dien" het (Eks. 1:12-14), hulle lewens verbitter het deur swaar werk en hulle soos slawe behandel het (Eks. 1:14; 2:23).  Num. 20:15 leer vir ons dat die Egiptenaars wreed was teenoor hulle en hulle sleg behandel het...   
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In sommige gevalle is verdrukking iets wat die Here toelaat op iemand se pad met die doel om sy ore te open! (Job 36:15). Ons sien 'n vb. hiervan in 2 Kon. 13:4 hoe "verdrukking" Jóahas, ongehoorsame koning van Israel, beweeg het om die aangesig van die Here te soek. Openb. 2:22 is nog 'n vb. van hoe die Here ongehoorsame gelowiges onder verdrukking plaas met die doel om hulle tot bekering te roep...

Somtyds ervaar iemand verdrukking as beproewing van sy geloof! (Openb, 2:10).  Sal hy vahou aan Christus en vashou aan die geloof en die waarheid ten spyte van verdrukking? (Openb. 2:10,13,25; 3:11; Hebr. 6:18; 2 Thess. 2:15; 1 Kor. 4:2...). Sal hy vashou tot die dood? (Openb. 12:11; 2:10). Die gelowige wat VASHOU kan nie deur VERDRUKKING of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard gekei word van die liefde van Christus nie...(2Ti 2:3 - "Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus")

Christene kan verwag om verdrukking te ly ter wille van Christus, Sy woord en die waarheid (Matt. 13:21; 2 Tim. 2:3). Baie eerste Christene, apostels en O.T. diensknegte vd Here was ook bereid om verdrukking te verdra ter wille van die Here, selfs opgesluit ter wille vd waarheid en die evangelie, en/of het hulle lewens verloor (1 Kon. 22:27; 2 Kron. 18:26)(2 Kor. 4:7; 7:4; 8:2; Fil. 4:14; Kol. 1:24; 1 Thess. 1:6; Openb. 1:9; 2:9,10...) Christus het ook deur allerhande verdrukkinge gegaan en het o.a. gely onder die hande van "ouderlinge", "owerpriesters" en "skrifgeleerdes" (Luk 9:22; Matt. 16:21) wat Hom oorgelewer het aan die heidene.  Daar is op Hom gespuug, Hy's bespot, mishandel, gegésel ... en hulle het Hom doodgemaak. 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

 
Ons word beveel om
GEDULDIG te wees in die verdrukking (Rom. 12:12) en
om mekaar te troos tydens verdrukking (2 Kor. 1:4).  
Maar wat beteken dit om "geduldig te wees in verdrukking"? In konteks Rom. 12 kan ons leer dat dit verwys na hoe ons moet "seën" (nie vervloek nie!) die wat (vir) ons vervolg (v.14); niemand kwaad vir kwaad moet vergeld nie (v.17)(maar bedink wat goed is); probeer om in vrede te lewe met almal (v.18); ons NIE MOET WREEK NIE!, maar liewer barmhartig wees soos om vir honger en dors vyande kos en water te gee (v.19). Ons word dus geleer om barmhartig te wees ten spyte daarvan dat iemand anders onbarmhartig is teenoor ons - op hierdie manier gaan ons ons nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar die kwaad OORWIN DEUR DIE GOEIE! (Rom 12:21). Jesus het ook geleer dat ons ons vyande moet liefhê!, en "seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg" (Matt. 5:44). Baiemaal neem ons die teenoorgestelde houding in wanneer ons verdruk word, in plaas van om vir die persoon wat jou verdruk te bid en goed te wees. Die Christen word bemoedig om "te roem in die verdrukking" (moet hul daarin verbly)(Rom. 5:3; 2 Kor. 7:4). Mat 5:11,12 -  "Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het". Wanneer ons verdruk word, voel ons nie altyd bly en verheug nie, maar wat ons hier kan leer uit Christus se woorde is dat dit gewoonlik geseëndes is wat deur verdrukking gaan!  Tensy verdruk a.g.v. ongehoorsaamheid, behoort niemand skaam te wees vir verdrukking nie - maar selfs ook in die geval van ongehoorsaamheid moet die persoon bly wees vir die verdrukking omdat hy daardeur 'n kans gegun word om hom te bekeer - in daardie opsig is hy ook geseënd! Die prentjie van "geseënde" in die N.T. is 'n prentjie van "verdruktes, hongeres, gelowiges, gehoorsames, armes, beledigdes, sagmoedges, treuriges, getoetstes...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseënde.html).  Rom. 5 leer vir ons dat verdrukking lydsaamheid werk (en die lydsaamheid, beproefdheid; en die beproefdheid, hoop).  "Hoop" word nie verkry deur om ontevrede en bitter te wees nie, en/of kwaad te spreek of kwaad te vergeld nie, maar deur jou te verbly in jou verdrukking, en deur liefde en barmhartigheid te bewys aan die wat jou verdruk en vir hulle te bid. Maar die persoon wat bitter is en slegte gedagtes koester, en die slegte toewens vir die een deur wie hy verdruk word, voel hopeloos...! 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/08/die-groot-verdrukking.html