Daar is sekere werke wat saam met "bekering" gaan (Hand. 26:20), en beslis is nie enige werke 'n teken van bekering nie - VRUG WYS bv. of iemand hom bekeer het of nie (Matt. 3:10)... Dinge soos onreinheid, hoerery en ongebondenheid ens. is alles bewyse daarvan dat iemand nog NIE BEKEER is nie (2 Kor. 12:21), of is 'n bewys daarvan dat iemand teruggeval het in sondes - in so 'n geval moet die persoon hom weer (daarvan) bekeer. Inderdaad moet die persoon wat wederbaar is, verander het! 'n Broeder wat bv. afgedwaal het van die waarheid het nodig om hom daarvan te BEKEER... (Jak. 5:19,20). "Bekering" is dus belangrik in enige geval waar iemand wat reeds tot geloof gekom en wederbaar is, weer teruggeval het in wêreldse wysheid, sonde, werke of afgode. Hier kan ons sien dat alhoewel weeergeboorte 'n eenmalige gebeurtenis is, en bekering nodig voor dit kan gebeur, is bekering nie noodwendig eenmalig nie - net so die verskil tussen die "ontvang vd Gees" en "vervulling van krag vd Gees", want op dieselfde wyse wat "vergifnis van sondes" iets is wat deurgaans gebeur in die geestelike mens se lewe, so is die ontvang vd krag van die Gees ook iets wat deurgaans in die weergeborene se lewe kan gebeur. Die ONTVANG VD GEES is wel eenmalig, maar die KRAG VD GEES is iets waarmee die geestelike mens gedurigdeur vervul kan word (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/08/die-gees-van-god-4.html).
"Ware Christene Dagstukkies" gaan oor die daaglikse toepassing van die Waarheid in vandag se lewe.
Donderdag 29 Augustus 2024
Is daar 'n verskil tussen bekering en wedergeboorte?
Daar is sekere werke wat saam met "bekering" gaan (Hand. 26:20), en beslis is nie enige werke 'n teken van bekering nie - VRUG WYS bv. of iemand hom bekeer het of nie (Matt. 3:10)... Dinge soos onreinheid, hoerery en ongebondenheid ens. is alles bewyse daarvan dat iemand nog NIE BEKEER is nie (2 Kor. 12:21), of is 'n bewys daarvan dat iemand teruggeval het in sondes - in so 'n geval moet die persoon hom weer (daarvan) bekeer. Inderdaad moet die persoon wat wederbaar is, verander het! 'n Broeder wat bv. afgedwaal het van die waarheid het nodig om hom daarvan te BEKEER... (Jak. 5:19,20). "Bekering" is dus belangrik in enige geval waar iemand wat reeds tot geloof gekom en wederbaar is, weer teruggeval het in wêreldse wysheid, sonde, werke of afgode. Hier kan ons sien dat alhoewel weeergeboorte 'n eenmalige gebeurtenis is, en bekering nodig voor dit kan gebeur, is bekering nie noodwendig eenmalig nie - net so die verskil tussen die "ontvang vd Gees" en "vervulling van krag vd Gees", want op dieselfde wyse wat "vergifnis van sondes" iets is wat deurgaans gebeur in die geestelike mens se lewe, so is die ontvang vd krag van die Gees ook iets wat deurgaans in die weergeborene se lewe kan gebeur. Die ONTVANG VD GEES is wel eenmalig, maar die KRAG VD GEES is iets waarmee die geestelike mens gedurigdeur vervul kan word (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/08/die-gees-van-god-4.html).
Woensdag 28 Augustus 2024
Wat is die verskil tussen die BESNYDENIS en die CHRISTELIKE DOOP?
Maandag 26 Augustus 2024
Die oë van die Here is op jou
Wat beteken dit wanneer "die oë van die Here op jou is"?
Die Here se oë is natuurlik op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe... - sy ooglede toets die mensekinders (Job 34:21; Ps. 11:4; Spr. 15:3) - die Here sien alles!, en Hy sal gee "aan elkeen na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge" (Jer. 17:10)...; maar l.w. dat die woorde "die oë vd Here is op jou" baiemaal spesifiek gebruik word in die Skrif om te wys op wie die Here gunstig is! In daardie opsig is dit 'n goeie ding wanneer die Here se oë op jou is..., want o.a. beteken dit dat Hy na jou gebede luister en vir jou sorg.
Wanneer die Here se oë "oop is" en Sy "ore luister", dan is dit woorde wat beskryf hoe Hy weet van ons en na die gebede van Sy kinders luister... (2 Kron. 7:15; Joh. 9:31); dit verwys spesifiek na regverdiges - kyk 1 Pet. 3:12, wat vir ons leer dat die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed (maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners - asof Hy Sy kop wegdraai van hulle af). 2 Kron. 16:9a maak ook die volgende stelling" ("want die HERE—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is;....."). Kyk ook die volgende verse: -Deu 11:12 - "‘n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar"; en -1 Kon. 9:3 - "en die HERE sê vir hom: Ek het jou gebed en jou smeking gehoor wat jy voor my aangesig uitgespreek het; Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig deur my Naam daar te vestig tot in ewigheid; en my oë en my hart sal daar altyd wees".
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
Natuurlik wil ons graag hê dat die Here ons HOOR en SIEN (dat Hy ons gebede hoor, sien waardeur ons gaan)(2 Kron. 6:40; 1 Kon. 8:52), want Hy is ons hulp en redding.
Die Here se oë is op Sy kinders... (om hulle te help en hoor), maar ons moet pasop want in sekere gevalle kan dit gebeur dat die Here Sy aangesig teen Sy kinders draai! (Lev. 16:17; Jer. 21:10; Eseg. 15:7). Spesifieke gevalle word in die Skrif genoem waar die Here Sy aangesig teen Sy kinders draai, en dit het veral te doen met wie ons raadpleeg... Ons is veronderstel om die Here te raadpleeg - die Here moet ons bron wees,. Ongehoorsaamheid, en wanneer ons ander bronne opsoek, kan tot gevolg he dat die Here later Hom nie meer deur ons laat raadpleeg nie (soos met koning Saul gebeur het). Wederstrewiges (ongehoorsames, of die wat hulle verbitter en rebelleer) en eiesinniges (eiewilliges) val gewoonlik in hierdie gat.
Kom ons kyk na hierdie spesifieke voorbeelde in die Skrif waar die Here Sy aangesig teen Sy kinders gedraai het:
Liggaam, siel en gees
Die mens bestaan uit 'n (1) UITERLIKE (mens) en 'n (2) INNERLIKE (mens),
maar dit word beskryf deur (1) LIGGAAM, (2) SIEL en (3) GEES - en dit is hier waar die "paw paw die fan strike"... Is dit nou 2 dele, of 3? Ons is wonderlik kompleks gemaak, geen wonder ons sukkel om onsself te verduidelik.
Kom ons kyk na die skrifte waaruit bg. kennis verkry is:
- LIGGAAM, SIEL en GEES (1 Thess. 5:23)
(liggaam=Gr. woord "so'-mah" -liggaamlik, liggaam, slaaf)(siel=Gr. woord "psoo-khay'"-hart, lewe, siel, gesindheid, ons, jy)(gees=Gr. woord "pnyoo'-mah" -gees, lewe, gesindheid, gees(vdmens))
- "LIGGAAM en SIEL" (Ps. 31:10; Mig. 6:7) (Matt. 10:28)
(liggaam= Gr. woord "so'-mah" -liggaamlik, liggaam, slaaf)(siel=Gr. woord "psoo-khay'"-hart, lewe, siel, gesindheid, ons, jy)
- UITERLIKE MENS en INNERLIKE MENS (2 Kor. 4:16; Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16)
(uiterlike (mens)= Gr. woord "ex'-o" -verwys na die buitekant -weg van, vorentoe, buite, vreemd)(innerlike (mens)=Gr. woord "es'-o-then'"-verwys na die binnekant -binnekant, van binne, sonder)
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dit is somtyds moeilik om te verduidelik waarna die verskillende dele van die mens verwys. Waarna verwys "liggaam" spesifiek? Waarna verwys die woord "siel"? Waarna verwys "gees"? Hierdie hang eerstens af van die konteks, en tweedens kan ons vra of dit verwys na die fisiese, of na die gees?
Vir volledige studies oor elk van hierdie begrippe, gaan na:
"liggaam" : https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html
"siel": https://warechristene.blogspot.com/2020/06/die-siel-vd-mens.html
"gees": https://warechristene.blogspot.com/2020/05/asem-gees-lig-gees-vd-mens.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na 'n kort opsomming wat poog om "liggaam, siel en gees" te beskrywe (vir skrifte, klik asb. op bg. urls):
- "LIGGAAM" beskryf basies alles wat in die graf vergaan wanneer iemand doodgaan... - dit verwys na die uiterlike mens (wat terloops nie kan lewe sonder asem of gees nie). Die begrip "liggaam" word o.a. beskryf deur die woord VLEES ("mens" of "mensdom"- dit wys m.a.w. op soort wese...). Dit beskryf die (1) FISIESE LIGGAAM "van buite" en "binne" (vleis, vel, naaktheid, ens. = fisiese uiterlike); (organe, bloed, sintuie, ens. =fisiese innerlike). In die Hebr. betekenis kan dit na baie dinge verwys, afhangende van die konteks..., bv. die begrip "liggaam" kan o.a. ook wys aan watter familie jy behoort (kyk bv. DNA), die feit dat die liggaam werk en voedsel en bekleding nodig het, en soos bo beskryf wys dit op beurt na "die self" (wie is jy?, wat is jy? - "vlees", meer in die sin van wat se soort wese is jy), en raak dus ook aan die onderwerp van lewende wese of lewende siel omdat asem/gees die liggaam tot lewe bring... Wanneer die mens sterf is dit DIE LIGGAAM wat sterwe, en sal eendag opstaan of herlewe... - die wat gered word sal opstaan tot (ewige) lewe (hulle sal ander soort liggame kry, nl. verheerlikte/geestelike liggame), en die wat nie gered word nie sal deur die "tweede dood" gaan (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word = ewige oordeel). DIE BEGRIP "UITERLIKE MENS" BESKRYF VERAL DIE LIGGAAM... (fisies van buite en binne). Dit is eintlik jou innerlike mens wat sien en hoor en praat en voel ens... - die uiterlike liggaam is soos 'n werktuig waardeur die mens se gees werk; m.a.w., as jou gees jou liggaam verlaat (wanneer jy doodgaan) kan jou liggaam nie meer sien en praat en hoor ens. nie, maar natuurlik kan jou gees! (Luk. 16) - die liggaam is dood sonder gees (Jak. 2:26).
- "GEES" beskryf asem of 'n gees, nl. in hierdie geval "die gees van die mens"(gees in binneste)(kyk begrip "geeste van alle vlees", in hierdie geval is die soort vlees die mens- m.a.w. "gees van die mens") - in die Hebr. betekenis (bv. in Gen. 2:7) verwys die woord "gees" na beide ASEM of 'n GEES, en dit word o.a. na verwys as "siel" omdat dit die "lewende siel" (beskryf die innerlike mens). Asem/gees verander 'n liggaam tot 'n lewende wese/lewende siel (Gen. 2:7; Jak. 2:26). Daarom gaan die liggaam dood wanneer asem/gees die liggaam verlaat... Sonder gees of asem kan niemand 'n lewende wese wees nie. Daar word 'n gees in elke mens geformeer (Sag. 12:1). Die skrif verwys somtyds hierna as die "geeste van alle vlees" - dit is waarom die mens doodgaan wanneer "gees" (asem of die gees vd mens) die liggaam verlaat - want dit is deur "gees" wat hy lewe! Wanneer die mens doodgaan is dit die liggaam/uiterlike mens wat doodgaan en in die graf vergaan, die innerlike mens of gees vd mens of "siel" verlaat dan die liggaam en gaan na 'n ander plek. DIE BEGRIP "INNERLIKE MENS" BESKRYF VERAL "DIE GEES VAN DIE MENS" (die gees vd mens kan beweeg, praat, hoor, ens.-Luk. 16).
- "SIEL" beskryf "lewe - is 'n lewende siel", die JY (word gewoonlik deur hart, bloed, sintuie en organe beskryf, maar meer as dit in die Hebr. fo Gr. betekenis vd woord... - dit kan bv. selfs verwys na "liggaam", in die sin van dat siel 'n wese beskryf "met asem", nl. lewende wese (hartstog kan bv. 'n gebeente verrot-Spr. 14:30; 'n gebeente kan ongesond word weens sonde-Ps. 38:3,4; 'n goeie tyding maak die gebeente vet-Spr. 15:30; stralende oe kan die hart verbly-Spr. 15:30; niere kan versmag van verlange in iemand se binneste-Job. 19:27, en selfs jubel! -Spr. 23:15...ens.). In Gen.1:30 en 2:7 verwys die woord o.a. na "die eie ek, gedagtes, persoon", ens. DIE BEGRIP "SIEL" BESKRYF DUS VIR JOU AS LEWENDE WESE (hetsy fisies of geestelik) - (1) deels na die fisiese (lewe in bloed - siel is aan die bloed verbind), en (2) deels na die gees vd mens in die sin van "is 'n lewende siel" -jy lewe omdat jy 'n gees het). Kyk veral na die terme BLOED en HART wanneer daar oor die siel gepraat word. Die siel is in die bloed... - (kyk bv. hoe die term bloed en wat bloed alles vir jou van jou kan vertel - kyk ook terme soos "vlees en bloed", "liggaam en bloed", ens...). "SIEL" WORD BESKRYF IN BEIDE DIE BEGRIPPE "UITERLIKE MENS" EN "INNERLIKE MENS" - DIE BEGRIP "UITERLIKE MENS" BESKRYF BV. O.A. DIE BINNEKANT VAN DIE FISIESE LIGGAAM... (bv. organe -hart, bloed, ens.)., en DIE BEGRIP "INNERLIKE MENS" BESKRYF O.A. DIE SIEL op 'n GEESTELIKE MANIER (bv. begeertes vd hart, ens.) - soos die fisiese jou "as siel" beskryf (bv. jou hartstoestand en bloed wat wys of jy gesond of ongesond is, ens.), so kan jou innerlike jou beskryf (nie die fisiese hart of bloed nie, maar geestelik..., bv., "wat is die begeertes van jou hart?"," is jou hart gebreek in jou binneste", "is jy geestelik gesond of ongesond?, ens.).
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
Die maklikste manier om die terme "liggaam, siel en gees" te beskryf, is deur Gen. 2:7 - God het die LIGGAAM gemaak van stof/grond, toe ASEM / GEES in die liggaam ingeblaas, en die mens het 'n LEWENDE SIEL geword... (Gen 2:7 - " En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem (Hebr. woord "nesh-aw-maw'" - blaas, asem ingegee, inspirasie, siel, gees) van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel (Hebr. woord "neh'-fesh" - wat verwys na iets wat asemhaal, bv. het daarom begeertes, hart wat klop, 'n aptyt, gesindheid, die self, is 'n persoon, die ek, 'n siel, ens.) geword").
Dit word ook op 'n ander manier in die Skrif verduidelik..., bv.: om Jesus en die dissipels se leringe beter te verstaan kan die liggaam van die weergeborene gesien word soos GROND (is immers van grond gemaak!-moet omgespit word, ploeg en saai, het kos en water en oefening nodig - kyk onderwerp "pad van godsaligheid" en "slaaf van Christus") - waarin 'n PLANT/BOOM groei en vrug dra (die siel binne-in, kyk onderwerp "geestelike groei") - en het LIG nodig (asem/gees nodig om te lewe - het die asem van die Heilige Gees nodig te kan groei en vrug dra tot ewige lewe)... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/die-mens-in-beeldspraak.html).
OP DITTO WYSE IS
- die liggaam VAN DIE MENS SOOS IETS WAARIN IETS KAN GROEI (moet omgespit word soos GROND, werk, het kos en water nodig om in die lewe te bly, oefening, klere, ens., en word baiemaal soos 'n slaaf beskryf);
- die siel IS SOOS IETS WAT GROEI... (saad/plant/boom) - EN GAAN OOR HOE JY AS MENS (binne) GROEI en wat se VRUG jy dra (nie net fisies wat jou bloed/hart van jou vertel bv. is jy gesond of ongesond nie, maar ook wat dit jou gees aanbetref - wat jy glo, hoe jy "sien", wat jy begeer, ens.);
- EN die gees IS SOOS LIG WAT NODIG IS OM TE LEWE (asem is soos lig vir die liggaam, en jy gaan dood sonder dit).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html
Woensdag 31 Julie 2024
Valse elemente in die kerk, en die effek daarvan
GEDAGTE:
Dinsdag 30 Julie 2024
Wat ek mag en nie mag doen nie, en of ek as Christen geoordeel sal word
As kinders van die Koninkryk (van God) is ons onder die reëls van die Here se Koninkryk, maar hoe weet ons wat ons as Christene mag doen en wat nie? Waarop sal ons geoordeel word?
Daar is 3 dinge waartussen ons moet onderskei om duidelikheid hieroor te kry:
(1) Gewete (bewustheid van sonde);
(2) Die Here se wette ("wet van Moses" / "wet van vryheid");
(3) Kultuurwette ("mensgemaakte reëls/wette").
Gewete is iets waarvan ons oortuig word - bv. om 'n wete te hê dat jy verkeerd gedoen het (Joh. 8:9). Almal weet bv. dit is verkeerd om te lieg - niemand hoef dit vir jou te vertel nie, want die oomblik wanneer jy lieg weet jy jy't verkeerd gedoen... (en volgende keer weet jy jy moet dit nie doen nie). Die Gees oortuig die mens van sonde (Joh. 16:8-11), nie net vir die Christen (Joh. 16:10) nie, maar ook die hele wereld (Joh. 16:9; Rom. 1:20,21). Elke mens weet bv. dat hy eendag deur God geoordeel gaan word (Joh. 16:11; Jud. 1:15). Ons gewete ly ons om sleg te voel/bekommerd wees wanneer ons verkeerd doen, en daarom is dit belangrik om ag te gee op die gewete! As jy bv. bewus is daarvan dat kos aan 'n afgod geoffer is en jy steeds daarvan eet, kan dit jou gewete besoedel want jy mag nie afgodsoffers eet nie (Tit. 1:15), maar as jy dit nie weet nie kan dit tog nou nie jou gewete besoedel nie.... (1 Kor. 10:25-29). As ons nie 'n goeie/rein gewete (1 Tim. 1:5,19; 3:9) het nie, dan is dit duidelik dat ons iets verkeerd doen of gedoen het.
Wette wat deur die Here gegee is gee vir ons 'n riglyn van wat die Here van Sy kinders verwag (bv. dat ons die Sabbat moet hou - die sabbat is vir ons gemaak, en elke mens het dit nodig om een dag van die week te rus). Net soos elke koninkryk in die wereld reëls het wat die burgers moet gehoorsaam, net so is kinders van God onderwerp aan die reëls van Sy koninkryk - hierdie reëls is iets wat die Here van Sy kinders verwag om na te kom, en as hulle dit nie doen nie is daar gevolge. Die wet van Moses is 'n goeie voorbeeld hiervan, maar wette word nie altyd dieselfde vervul oor die eeue/bedelings nie, en in die Nuwe Testament is ons bv. onder die "wet van vryheid" (ook genoem die wet van die Gees-Rom. 7:6; 8:2,4), nie onder die wet van Moses nie (die Here se wet verval nooit..., maar word anders vervul in verskillende bedelinge; bv., offers het nie weggeval nie - die offersisteem onder die wet van Moses het wel, maar 'n ander offersisteem was ingelei). Christene is wel onder 'n wet!, nl. die wet van vryheid, en hulle sal eendag deur hierdie wet geoordeel word (die wet van vryheid verwys na hulle is "onder die Gees" en is "onder Jesus" - hulle sal m.a.w. geoordeel word deur die Gees en deur Jesus, bv. die woorde wat Hy gespreek het...)(Christene moet m.a.w. luister na Jesus en na die Heilige Gees)(1 Kor. 9:21; Joh. 8:36; Hebr. 10:16; Rom. 8:1-11; 7:6; Gal. 5:18; Joh. 6:63)(Hebr. 10:28,29).
Kultuurwette is wette wat deur verskillende kultuurgroepe geskep word, en verwys dus na "mensgemaakte reëls" (bv. of vrouens 'n bedekking moet dra of nie, hande was voor ete, reëls rondom hoe 'n huwelik plaasvind, ens. - elke kultuur maak hulle eie reëls). Kultuurwette is iets wat "in kultuur" gehoorsaam word, maar jy sondig bv. nie noodwendig wanneer jy dit nie hou nie want dit is nie 'n wet wat deur die Here gegee is nie (jy kan bv. nie onrein word as jy dit nie onderhou nie..., tensy dit 'n wet van die Here ook breek as jy dit nie gehoorsaam nie). Ons het die reg om kultuur te verander, behalwe as die verandering 'n wet is wat ook teen die Here se wet is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
Sal kinders van die Koninkryk (van God) ook eendag geoordeel word?
Ja, in "die laaste dag"..., wanneer Jesus terugkom. Die oordeel begin by die huis van God (1Pet. 4:5,17). Kinders van die Koninkryk sal deur Jesus Christus self geoordeel word - kyk o.a. die tema "die regterstoel van Christus" (Rom 14:10 - "Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word")(Matt. 25:31,32; Joh. 5:22; Hand. 10:42; 1 Kor. 4:5).(2Kor. 5:9,10 - "Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad"). Kinders van die Koninkryk sal volgens die WET VAN VRYHEID geoordeel word (die wat onder die wet van vryheid is, verwys na die wat onder die Gees is, onder Jesus is - die wat gehoorsaam is aan die Heilige Gees en aan Jesus Christus. Hulle leef volgens die Gees en volgens Jesus se reels); m.a.w., hulle sal deur die Gees en deur Jesus (bv. Sy woorde) geoordeel word (Jak. 2:12; Joh. 12:48; Ef. 4:30; ens.). Kinders van die Koninkryk sal geoordeel word wanneer Jesus terugkom; die res van die mensdom sal eers geoordeel word aan die einde van die 1000-jaar "volgende eeu"-bedeling (dan sal die wit troon oordeel plaasvind-Openb. 20:11-15).
- Die bedeling waarin ons huidiglik is, word o.a. na verwys as "hierdie eeu". Aan die einde van die "hierdie eeu-bedeling" vind die REGTERSTOEL VAN CHRISTUS plaas (dit is wanneer Jesus terugkom - dan word die kinders van die Koninkryk geoordeel), en hulle sal in groepe verdeel word (en die kinders vd koninkryk wat gesterf het = sommige sal "opstaan tot veroordeling" en ander sal opstaan tot lewe-Joh. 5:28,29). Die verskillende groepe wat vir ons genoem word in die Skrif, is "KORING, KAF, en ONKRUID", en "SKAPE en BOKKE". Hierdie tyd word o.a. beskryf as die "oestyd" (Matt. 13:30)(maw, wanneer die Christen se "vrug" geoes word)... - 3 groepe verwys veral hierna:
(1) Koring verwys na die opregtes (die wat gered is en vrug dra)(hulle bly in die Here, en is daarom vrugbaar, is maw bruikbaar - "sal in die skuur saamgebring word"-Matt. 3:12).
(2) Onkruid verwys na die wat vals is (Matt. 13:25-40)(o.a. wolwe/verleiers-die wat dwaal) - onkruid sal verwyder word...(bymekaargemaak word, en sal uiteindelik verbrand word-Matt. 13:40). Dit verwys na mense wat onder die kinders vd koninkryk beweeg het asof hulle gered is maar is nie gered nie (m.a.w., valse broeders en die ingesluiptes) - hulle is eintlik deur die bose daar gesaai...; dit verwys o.a. na valse profete, valse leraars, struikelblokke, die wat die ongeregtigheid doen...-Matt. 13:41.
(3) Kaf verwys na mense wat weg gered is maar nie vrug het nie (Matt. 3:12; Luk. 3:17) - die rede hiervoor is of omdat hulle nooit vrug gedra het nie (kyk tweede groep in die gelykenis vd saaier), of omdat hulle hul vrug verloor het (kyk derde groep in die gelykenis vd saaier)(die wat nie in die Here bly nie kan nie vrug dra nie... - onvrugbares is onbruikbaar, en die uiteinde is die vuur-Joh. 15:4-6)(elke loot wat nie vrug dra nie, word weggeneem...-Joh. 15:2).
Die term "skape en bokke" word gebruik om te onderskei tussen barmhartiges en onbarmhartiges - wanneer Jesus op Sy troon gaan sit (nadat Hy teruggekom het-Matt. 25:31-45), sal Hy die skape van die bokke skei - die skrif verklaar dat al die nasies voor Hom versamel sal word... (Matt. 25:32), wat noodwendig verwys na almal wat dan in die lewe is (die wat nie gesterf het nie en die wat opgestaan het uit die dood - of hierdie slegs verwys na kinders vd koninkryk is 'n punt van bespreking). Die "nasies" sal dan in 2 groepe verdeel word, nl. barmhartiges en onbarmhartiges; die skape sal aan Sy regterhand gesit word, en die bokke aan Sy linkerhand.
(4)(1) Skape verwys na die barmhartiges/regverdiges (hulle sal ingaan in Sy koninkryk-Matt. 25:34) - en dus is o.a. "Koring" (want hulle het die vrug).
(5)(2) Bokke verwys na die onbarmhartiges/onregverdiges (hulle sal nie ingaan in Sy koninkryk nie, maar is vervloektes en hulle uiteinde is die poel van vuur-Matt. 25:41) - en dus is o.a. "Onkruid" (want hulle het nie die vrug nie).
- Die volgende bedeling begin aan die einde van "hierdie eeu" (wat ons ken as "die einde vd wereld") - en sal 'n 1000 jaar lank wees, en aan die einde daarvan vind die WIT TROON OORDEEL plaas (wanneer die res van die mensdom geoordeel sal word - Openb. 20:11-15).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vrydag 12 Julie 2024
Die spreekwoord "glo in jouself"
Die spreekwoord "glo in jouself" is 'n spreekwoord wat somtyds in sommige Christelike kringe gebruik wanneer iemand hoop verloor en opbouiing nodig het... Die mens se hart kan veroorsaak dat hy sonder hoop is, omdat die manier hoe hy in sy hart dink is eintlik wie hy is (Spr; 23:7a - "Want soos hy in sy siel bereken, so is hy...") - dit is bv. baiemaal "die hart" wat iemand terughou om in geloof te stap. Die Here gee miskien vir hom 'n opdrag maar sy hart hou hom terug... (bv., hy glo nie hy kan dit doen nie, so hy doen nie wat die Here wil nie). Die woorde "glo in jouself" word dus baiemaal onder Christene in hierdie konteks gebruik - nie dat jou jouself kan vertrou nie, maar sodat jy glo jy kan enige iets doen deur die Here wat jou die krag gee (Fil 4:13 - "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee").
So, natuurlik verstaan meeste Christene dat die woorde "glo in jouself" somtyds in hierdie konteks gebruik word en verstaan ook wat eintlik bedoel word, maar ons weet dat dit nie noodwendig die beste bewoording is nie... Geloof is vertroue - om in jouself te glo beteken dat jy jouself vertrou (?) - dit klink nie reg nie, doen dit? Waarin plaas jy jou vertroue? (bv., in jou eie wil of in die Here se wil?). As iemand nie verstaan wat hiermee bedoel word nie, kan dit 'n verkeerde invloed he, want in sommige gevalle veroorsaak die gesegde dat mense opeindig in wensdenkery... Dit is m.a.w. nie noodwendig die beste spreekwoord in die betrokke bg. konteks nie, want in hierdie konteks is dit nie regtig geloof "in jouself" nie maar eerder geloof in die Here wat deur jou werk. 'n Beter gesegde sou miskien eerder lui "glo in die Here wat in jou is" (nie "glo in jouself" nie)... -meer presies, glo in die Here se leiding deur Sy Heilige Gees wat in jou is).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons gaan natuurlik nou nie Christene wat die gesegde gebruik loop en stilmaak nie, want ons weet wat hulle eintlik bedoel... (en die gesegde word terloops in die beste kringe op 'n mooi manier gebruik), maar as dit nie uitgeklaar word dat dit gaan oor hoop in die Here plaas nie, kan dit deur sommige baie verkeerd verstaan word en selfs vals hoop gee in sekere gevalle. Dit kan tot gevolg hê dat sommige mense "hulleself mislei/hulleself bedrieg" (Jak. 1:22,26; 1 Joh. 1:8; Gal. 6:3; 1 Kor. 3:18) - "dwaal" (m.a.w. soos iemand wat dwaal op 'n pad...-Spr. 12:26; Jer. 50:6). Mense wat afgode aanbid is bv. besig om te dwaal deurdat hulle IN HULLE HARTE GLO dat daardie afgod vir hulle iets kan doen... (Jes. 44:17,20); dit is soos wensdenkery - op dieselfde wyse mislei sommige Christene hulleself op hierdie manier deur "in hulleself te glo" en staat te maak (te vertrou) op hulle eie sieninge, wil en begeertes - dit word gewoonlik gesien onder Christene wat beskryf word as die wat "slaap" of "dronk" is. Die wat slaap "sien en hoor nie" - hulle dink verkeerd en hoor nie van die Here nie, wat tot gevolg het dat hulle hul eie sieninge volg en doen wat hulleself goeddink (m.a.w., hulle vertrou hulleself, nie die Here nie). Die wat dronk is doen wat hulle wil en soos die wereld wil... (hulle is oorgegee aan hulle eie begeertes en gedagtes); m.a.w., hulle doen nie die Here se wil nie maar glo in hulleself, en besluit self wat die regte ding is om te doen (hulle laat na om die Here te raadpleeg). In hierdie sin is die woorde "glo in jouself" beslis nie goed nie!
Hierdie twee punte is baie belangrik wanneer dit kom by GELOOF, en dit is dat die wat in die Here glo:
- (1) DIE HERE RAADPLEEG (watter bron gebruik jy?)(die Here moet jou bron wees, nie jy self nie )(glo in die Here, nie in jouself nie); en
- (2) DOEN DIE HERE SE WIL (dit is immers deels waaroor geloof gaan, is die feit dat jy vertroue het in die Here dat Hy die beste weet, nie jy nie... - dit gaan oor die Here se wil, nie jou eie wil nie)(glo/vertroue in die Here, nie in jouself nie). As jy ongehoorsaam is en doen wat jy wil, maar dink dat jy deur wensdenkery die Here se arm kan draai om steeds te kry wat jy wil he, sal om te "glo in jouself" beslis nie vir jou vrugte oplewer nie - hierdie is juis een van die redes waarom die Here nie altyd vir Sy kinders gee wat hulle vra nie, is wanneer hulle ongehoorsaam is (Hos. 4:6). Natuurlik is daar gevolge wanneer 'n geestelike mens die Gees bedroef...! Ongehoorsaamheid kan selfs veroorsaak dat die Here Hom later ook glad nie deur so iemand meer laat raadpleeg nie! (Eseg. 14:3; 20:3; 1 Sam. 28:16,17). En dan gaan "glo in jouself" beslis niks vir jou beteken nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
Die waarheid is dat sommige Christene verloor hulle vrug juis omdat hulle "in hulleself glo", bv. om liewer te glo in die manier hoe jy self sien en dink, nie die manier hoe die Here sien en dink nie (bv., glo in jou eie begeertes/wil, of glo in wereldse wysheid). Of om te doen wat jy dink gedoen moet word, nie wat die Here sê gedoen moet word nie (soos koning Saul gedoen het). Wanneer Christene nalaat om die Here te raadpleeg of NIE Sy wil doen nie, is hulle presies besig om eerder in hulleself te glo as in die Here! Dit is hoe vinnig die woord "glo in jouself" fataal kan wees. Baie Christene sien geloof deesdae eerder soos wensdenkery (hulle vertrou nie die Here se wil en leiding nie, maar vertrou hulleself in wat hulle dink is reg en hoe hulle sien, en mislei hulleself deur onvoorwaardelik hulle hoop in hulle eie sieninge en besluite te plaas en te dink dat die Here steeds vir hulle sal help - m.a.w., hulle versoek die Here)(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/02/wanneer-iemand-die-here-versoek-wys-dit.html). Sommige gebruik dus die spreekwoord "glo in jouself" om liewer hulle eie wil en begeertes tot stand te bring (hulle mislei hulleself), in plaas van die Here te vertrou, nl. Sy wil en leiding.
As jy bely dat jy GLO, is dit belangrik om uit te klaar waarin jy glo..., want om in jouself te glo sal selfs in die regte konteks nie noodwendig suksesvol wees nie, want dit hang af of dit onderwerp is aan die Here se leiding en wil. As dit bv. eerder oor jou eie wil gaan i.p.v. die Here se wil sal dit nie noodwendig realiseer nie, maak nie saak hoeveel jy "glo in jouself/in jou hart" nie. Dit is bv. dieselfde met gebed... - hierdie is een van die redes waarom gebed nie altyd beantwoord word nie, en dit is wanneer iemand bid volgens eie begeertes... (Jak. 4:2-4 - "Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God"). Die derde groep in die gelykenis vd saaier stel daardie groep Christene voor wat hulle hoop weer begin plaas in die wêreld - dit is mense wat die woord ontvang het (glo in die Here) en begin vrug dra het (hulle bly in die Here), maar dan hou hulle op om die Here te vertrou en begin hulle eie begeertes navolg en laat na om die Here te raadpleeg. Die tweede groep in die gelykenis vd saaier is nog 'n vb. van mense wat die woord ontvang, maar dan ophou glo (en die rede hiervoor is omdat hulle nie in die Here bly nie - hulle "skiet nie wortel nie" en kan dus nie groei en vrug dra nie) - wat met hierdie groep Chritene gebeur is dat hulle afval in tyd van versoeking en vervolging. Dit "WAARIN JY GLO", is belangrik, en sal uiteindelik bepaal of iemand eendag gered word of nie.
Dit is dus nie noodwendig goed om vir iemand voor te skryf om in hom/haarself te glo nie. alhoewel dit onder Christene in 'n konteks gebruik word waar dit gewoonlik bedoel dat die weergeborene moet glo dat hy enige iets kan doen deur die Here (glo/vertrou in die Here se woorde en leiding/leiding deur Sy Gees). Die waarheid is dus dat die gesegde ("glo in jouself") nie skriftuurlik is nie en die woorde "glo in die Here wat in jou is" miskien liewer gebruik kan word om so 'n konteks te verduidelik. Die geestelike mens laat hom deur die Gees lei en raadpleeg die Here - en kan dus enige iets doen wat die Gees deur hom/haar wil doen, en kry altyd 'n antwoord. Die wat in die Here bly, kan enige iets vir Hom vra (Joh 15:7 - "As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry")(natuurlik is die voorwaarde om "in Hom te bly"). As die geestelike mens dit in sy hart glo en die hoop van sy hart op die Here plaas, het hy altyd hoop! M.a.w., "glo in die Here wat in jou is". Die Here moet jou bron wees (nie jou eie wil of manier van "sien" nie). Ons kan nie enige iets doen nie, maar die Here kan enige iets deur ons doen. Ons sien nie altyd reg nie, maar die Here sien altyd reg en leer vir ons wat die waarheid is. Ons weet nie altyd wat om te doen nie, maar die Here weet altyd wat gedoen moet word en wys vir ons die pad.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------