Wys tans plasings gerangskik volgens datum vir navraag kinders van die koninkryk. Rangskik volgens relevansie Wys alle plasings
Wys tans plasings gerangskik volgens datum vir navraag kinders van die koninkryk. Rangskik volgens relevansie Wys alle plasings

Dinsdag 10 Junie 2025

Is die Christen onder 'n wet? (3)

 Vir die eerste twee dagstukkies oor hierdie onderwerp, gaan na: 

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/05/werke.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2023/06/is-die-christen-onder-n-wet-2.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die onderhouding van wette word logies gesien as "werke".  Baie Christene glo dat hulle onder geen wet is in die koninkryk van God nie want daar word somtyds verkeerdelik geleer dat werke geen invloed het op saligheid nie;  tog leer Jakobus dat geloof sonder werke dood is... (Jak. 2:20,26), en leer verder dat ons OOK  geregverdig word uit werke, nie alleen uit die geloof nie! (Jak. 2:24 - "Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?"). Niemand kan deur werke alleen gered word nie en die Christen is nie onder die wet van Moses nie, ja, maar die vraag is nou of daar enige werke vd Christen verwag word?;  en of werke saligheid kan beïnvloed?  En die antwoord is, JA!, want alhoewel ons deur geloof gered word (en nie deur werke nie), beteken dit nie dat die Christen onder geen wet is nie... - werke is immers 'n bewys dat iemand glo! As ons verstaan wat geloof beteken, sal ons verstaan hoe belangrik werke is (Jak. 2:18-20 - "Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?"). -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons word deur geloof (in Jesus Christus) gered (dit is deur geloof wat ons redding ontvang) en ja, beslis nie deur die wet van Moses nie, maar dit beteken nie dat daar geen werke van die Christen verwag word nie (Gal. 2:16-21). Niemand kan saligheid ontvang deur werke nie; maar let ook daarop dat niemand kan saligheid ontvang deur "geloof alleen" nie!, want geloof is dood sonder werke... (geloof is nie slegs 'n belydenis soos baie vandag glo nie). Ons moet dus verstaan wat geloof beteken, want jou werke (en dus jou vrug) sal bewys of jy GLO of nie.  Weergeborenes het wel die belofte van saligheid en hulle innerlike mens is alreeds vernuwe (wat beteken dat hulle instaat is om "vrug tot lewe" te dra), maar let wel dat saligheid eers volkome voltrek word in die opstanding (wanneer die uiterlike ook vernuwe word). Jesus het verklaar dat die wat goed gedoen het sal opstaan tot lewe, maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling... (Joh 5:29). Ja, jy het reg gehoor, sommige kinders vd Koninkryk sal eendag veroordeel word (en hierdie was terloops nie die enigste geval waar Jesus oor hierdie onderwerp gepraat het nie). Nie alle kinders van Koninkryk is goeie visse nie, en nie alle kinders vd Koninkryk sal ingaan in die Koninkryk nie... (Matt. 13:50; 25:30; 8:12; 24:51; 2 Thess. 1:8,9; Luk. 13:27,28)(Joh. 15:6/vgl. met tweede en derde groep in die gelykenis vd saaier). Wanneer Jesus Christus terugkom sal die goeie visse van die slegtes geskei word... (Matt. 13:47-50) - hierdie is nie iets wat deur 'n kerk uitgedink is nie, maar iets wat Jesus self gesê het. ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Werke is dus belangrik!, want werke (bv. "om te bly in Christus" , "om jou te bekeer tot die manier hoe die Here sien", "om eerste die koninkryk te soek", "om te bekeer van sonde", "om gehoorsaam te wees aan die Gees", .....ens.) bewys wie glo en wie nie, en beïnvloed terloops vrug (wat wys wie is goeie visse en wie is slegte visse). Hierdie is baie in die eerste gemeentes geleer rondom geloof, maar in die dae waarin ons lewe is baie van hierdie waarhede verander. Werke is belangrik;  of anders gestel, in die koninkryk van God is gehoorsaamheid aan die Wetgewer belangrik! (gehoorsaamheid aan die Een deur wie jy losgekoop is en aan wie jy nou behoort).  Christene is slawe van die Een deur wie hulle losgekoop is - as ons dit nie verstaan nie verstaan ons maar min van wat GELOOF beteken. Ons moet seker maak ons verstaan wat dit beteken "om te glo" in Jesus Christus" (wat basies beteken dat jy Hom vertrou, Hom raadpleeg, Hom gehoorsaam, Hom dien...).  Bv., verstaan jy dat dit beteken jy glo in Sy woorde?, glo in wie Hy is?, Hom vrees en eer en dus gehoorsaam is aan Hom? Verstaan jy dat as jy losgekoop is deur Hom en dus nou aan Hom behoort  (is soos 'n slaaf van Hom?, want dit gaan oor aan wie jy gehoorsaam is/1 Kor. 7:22). Verstaan jy dat as Hy jou Sy Gees gee, jy dan onder die "wet van die Gees" is? (ook genoem "wet van vryheid" - vry van slaafskap onder sonde, en vry daarvan om die wet van Moses te dien, maar is nou onder die Gees... - 'n wet waaronder weergeborenes is en beteken dat hulle onderdanig is aan die Gees/Rom. 8:2; 7:6). Maklik om te bely jy glo in Jesus Christus, maar weet jy wat presies dit beteken om in Hom te GLO?, want geloof is nie net 'n belydenis nie----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- As geloof sonder werke dood is, dan moet ons vra na waarna "werke" hier verwys, want duidelik verwys hierdie werke wat van die Christen verwag word, nie na die werke van die wet van Moses nie (Gal. 5:18; Rom. 6:15). Wanneer dit kom by die tema van "werke" kan ons onderskei tussen verskillende "werke" in die Skrif;  bv., onderskei tussen 

-"werke vd wet" ("onder die wet van Moses"), 
-"werke wat bewys dat iemand glo" (bv. "die wet van vryheid" - Christene is slawe van Christus want hulle is deur Hom losgekoop en is dus aan Hom en aan Sy Gees gehoorsaam) (gaan oor gehoorsaamheid aan Christus), en 
-"werke wat deur die Here aan Sy kinders uitgedeel word om te doen" (bv. bedieninge en ander werke in die koninkryk van God). 

Christene is onder Jesus / maw, onder Sy Gees... (onder die wet vd Gees - moet die Gees gehoorsaam). Die Skrif leer bv. dat weergeborenes onder die "wet van vryheid" is (wat terloops 'n wet is!)(Matt. 5:17-20)(Jak. 1:25  - "Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen")(Jak.2:12  - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word").Ons is in 'n nuwe bedeling, maar wet is nie tot niet nie - die Here se wette geld natuurlik steeds (al word dit anders vervul, soos gewoonlik gebeur in verskillende bedelings) . 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

'n Boom word aan sy vrugte geken... Vrug is 'n bewys van wat se soort "boom" iemand is (bv. "vrug" getuig of iemand die Here gehoorsaam of nie), en verwys tipies na dinge soos hoe iemand praat of optree, doen hy die wil van die Here, ens. VRUG is dus ook 'n getuienis van of iemand die Heilige Gees het en gehoorsaam... - in die Skrif word hierna verwys as "vrugte vd Gees". M.a.w., sekere dinge kan as teken dien dat iemand die Heilige Gees het..., bv. vrugte wat bestaan in alle goedheid, geregtigheid en waarheid -  liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing, ens. (Gal. 5:22; Ef. 5:9). Daar is altyd 'n duidelike verandering in iemand se lewe wanneer hy/sy die Heilige Gees ontvang.  Dit is ongelukkig so dat sommige van hierdie begrippe se betekenis baie verander het in die tyd waarin ons lewe;  bv. die manier hoe liefde beskryf word, net soos "geloof" 'n ander betekenis gekry het oor die jare (slegte vrug van die wat vals is lyk soos die ware jakob, maar is nie!);  daarom het sommige slegs 'n gedaante van godsaligheid, en as iemand se begrip verkeerd is kan dit voorkom soos vrug vd Gees terwyl dit dan nie is nie). Kom ons kyk na 'n paar WERKE onder die wet van vyheid (m.a.w., werke van die wat gehoorsaam is aan Christus en aan die Heilige Gees):

-  HULLE GEE AG OP JESUS CHRISTUS SE WOORDE

(Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.).  Die wat nie werklik glo nie sal Jesus se woorde bevraagteken en liewer glo wat hulle wil of leermeesters vergader wat hulle in die gehoor streel. As iemand bely dat hy glo in Jesus, moet hy tog in Sy woorde ook glo! As iemand nie in Jesus Christus se leringe glo nie, dan glo hy nie werklik nie. 

- HULLE GETUIG VAN HOM, of IS VRYMOEDIG OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG

( Hand. 1:8)  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.   (Hand. 4:31)  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek). Hierdie is gewoonlik baie sigbaar by die wat die Heilige Gees ontvang! Almal het nie altyd dieselfde vrymoedigheid nie (want die hoeveelheid krag wat iemand vd Gees ontvang speel natuurlik ook 'n rol), maar mense wat die Heilige Gees het praat graag oor Jesus Christus of wat Hy vir hulle gedoen het of vir hulle leer, en wil he dat ander Hom ook ken.

- HULLE WEET DAT HULLE DIE GEES HET - HULLE KEN DIE GEES

(Joh 14:17)  die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees). Mense wat die Heilige Gees (die Gees van waarheid) het, weet wat die waarheid is! - hulle is lief vir die waarheid, stem saam met die waarheid, en staan nie in die pad van die wat die waarheid verkondig nie.

- HULLE BEGIN STAP IN DIE GAWES en BEDIENINGE VD GEES

(Hand. 2:17)  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.   (Act 2:4)  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek)(1 Kor. 12; Rom. 12; Ef. 4). Mense wat die Heilige Gees ontvang, ontvang gawes en bedieninge vd Gees om te gebruik in die koninkryk van God (bv. tot stigting en uitbreiding, op dit wat nuttig is).  Die wat die Gees ontvang word ingedoop in die "Liggaam van Christus", en begin tree op soos 'n deel vd liggaam..., bv. oog of hand of voet ens.  - voete van bereidheid om die evangelie te verkondig (bv. evangelis), hand (bv. helpers, uitdeel, gawe van gesondmaking), mond (bv. profeet, gawe van profesie, gawe van tale), kop (bv. herders, regeringe, voorgangers), neus (bv. gawe van onderskeiding van geeste), oog (bv. leraar, gawe van wysheid), oor (bv, gawe van kennis).......ens. Weldra kry elke geredde iets wat die Gees hom gee om te doen. Dit mag miskien nie soos werke voel nie! (want in werklikheid, vir die weergeborene, word die wil van die Here ook sy eie begeerte omdat hy nie meer onder slaafskap van sonde is nie), maar dit beteken nie dat dit nie "werke" is nie!
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 27 Mei 2025

Pasop vir valse profete

Profete is mense deur die Here geroep, wat Sy woord bring op 'n tyd en plek... Die profetiese bediening is inderdaad 'n belangrike bediening in die kerk en 'n manier waarop die Here met Sy volk praat; maar wees gewaarsku, want nie almal wat deurgaan vir "profete" ken die Here en is inderdaad deur Hom gestuur nie... (Matt. 7:15-21; 2 Kron. 18; 1 Kon. 13; ens.). Bv., nie almal in die kerk wat sê "God spreek" of "die Here sê" verkondig inderdaad woorde wat van die Here kom nie. Ons moet veral bedag wees hierop want Jesus het geleer dat in die laaste dae baie valse profete sal opstaan. Die vraag is nou, hoe onderskei ons tussen wie is waar en wie is vals? - hoe onderskei ons tussen die ware en die valse profeet?

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons kan begin deur te kyk wat Jesus vir ons geleer het oor valse profete. Daar is 'n manier hoe valses erken kan word:

-(1)  Hulle is Slegte bome (Matt. 7:17), en hulle VRUG getuig dat hulle "slegte bome" is (Matt. 12:33). In die Skrif word die gelowige baiemaal voorgestel soos 'n boom wat groei en vrug dra - valse profete se vrug is "sleg"! Hulle dra vrug, ja, maar dit is sleg! - hulle vrug lyk dus soos die ware Jakob, maar dit is nie bruikbaar nie... HIERDIE MENSE KAN AAN HULLE WOORDE EN OPTREDE HERKEN WORD, want hulle vrug kom voor soos goeie vrug "maar is nie bruikbaar nie"- kan nie geeet word nie! (hulle word bv. o.a. "waterlose fonteine" genoem in 2 pet. 2:17, of "waterlose wolke" in Jud. 1:12 - hulle kom voor of hulle die geestelike water gee wat ons nodig het, maar hulle doen nie).  In Matt. 12:34 verwys Jesus o.a. na hierdie slegte bome as "addergeslag" (giftige slang-geslag), want dit wat hulle gee is eintlik soos gif... - dit wat hulle praat wys bv. dat hulle sleg is (Matt. 12:34; 15:18)(hulle verdraai die waarheid en verkondig leuens, soos die duiwel/slang doen). 'n Valse profeet sal oor dieselfde dinge praat as die Christen, maar sy vrug is sleg... - sy interpretasie oor daardie onderwerp is m.a.w. nie dieselfde nie maar eerder 'n siening wat uit homself kom of van die wereld (en kan soos gif wees). Vgl. dit met Paulus se woorde in Hand. 20:29 van wat hy sê van die wolwe - is dat hulle "verkeerde dinge praat"! (uit die oorvloed van die hart praat die mond...-Matt. 12:34). Valse profete tree op in die Naam van die Here asof Hy hulle gestuur het (bv. profeteer, dryf duiwels uit, en doen kragte...), maar in werklikheid is hulle besig om voor te gee - hulle is nie deur Hom gestuur nie! (is "geveinsdes"/Matt. 15:7-9).  En die rede waarom hulle dit doen is om mense te verlei en mislei.  Die uiteinde van valses is: -uit hulle WOORDE sal hulle eendag veroordeel word (Matt. 12:36,37).  

-(2)  Hulle het Dorings en distels (Matt. 7:16). Die met dorings en distels verwys na mense wat "onder die dorings saai" - dit verwys nie noodwendig na valses nie, maar wel na skape wat afdwaal - die gevolg is dat hulle vrug verstik word (en dus, hulle kan nie vrug dra nie of verloor hulle vrug...)(Jer. 4:3; Jes. 5:6; Spr. 15:19; 22:5; Matt. 13:7,22). Vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier wat verwys na kinders van die Koninkryk, maar dorings in hulle lewens veroorsaak dat hulle hul vrug kan verloor en sonder vrug opeindig... (Luk. 8:14; Matt. 13:22). Maw, dorings verstik vrug... - in die gelykenis vd saaier word vir ons geleer waarna "dorings" verwys (bv. dit verwys na daardie kinders vd koninkryk wat nie die koninkryk eerste soek nie, maar liewer "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe"). Valse profete toon dieselfde kenmerke, en dit is dat hulle nie die Koninkryk eerste soek nie. Dit wil nie sê dat almal met dorings vals is nie!, maar dit is een vd kenmerke van 'n valse. Bv., as iemand met 'n profetiese bediening wêreldse rykdom eerder begeer in plaas van "om ryk te word in die Here", is dit soos 'n doring in sy lewe... - dit is duidelik wat in die lewe vir diesulkes belangrik is, en hulle word o.a. geklassifiseer onder die groep "liefhebbers van hulleself "(2 Tim. 3:2).  Bv., een vd redes waarom hulle mense mislei (deur sg. vrug te dra wat goed lyk) is om gesien of geëer te word! (Matt. 6:2,5,16). Hulle wil nie dien nie, maar wil gedien word,  en wanneer hulle wel "dien" is dit omdat dit tot voordeel is van hulleself. 

-(3)  Hulle dra Slegte vrugte (Matt. 7:18). Hulle mag dalk op die oog voorkom as goed, maar hulle vrug sal gou getuig dat hulle nie goeie mense is nie... (hulle harte bring slegte dinge voort-Matt. 12:35)(bv. vol allerhande begeerlikhede wat terloops as volg beskryf word in 2 Tim. 3:1-5... - bandeloos, tree roekeloos op, is sonder liefde vir die goeie, sonder natuurlike liefde, is onversoenlik, onheilig, grootpraters, trotsaards, gelgieriges, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God). (1) Hulle het óf (1) nog nooit begin om die Here te dien nie (maw, hulle dien nog die sonde, en daarom praat hulle soos die wereld), óf (2) hulle het teruggeval...  Ons weet waarna goeie vrugte verwys..., so dit is seker nie moeilik om te verstaan waarna "slegte vrug" verwys nie, want wanneer 'n vrug sleg is beteken dit nie dat dit 'n ander soort vrug is nie, maar ditto maar sleg... - dit is m.a.w. ditto vrug... (bv. geloof, barmhartigheid, vrede, liefde, ens.), maar is sleg! (bv., asof hy glo, maar sy vrug wys dat hy nie werklik glo nie...). Valse profete is soos akteurs - hulle speel die rol van profete, maar is nie werklik profete nie, en die manier om hulle uit te ken is aan hulle VRUG (bv.,  as die Here jou regtig gestuur het, sal jy ten minste dieselfde verkondig as die waarheid en as Jesus se woorde, maar die valse profeet verkondig 'n verdraaide waarheid of die leuen). Jesus het ook o.a. na diesulkes verwys as "geveinsdes" (Matt. 23:27,29; 24:51; Mark. 7:6; Luk. 11:44; ens.)(mense wat voorgee) - hulle gee voor hulle het vrede en geloof en is lief vir die Here en het kennis van die Here ens., maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig vrede het of glo nie, bv. glo nie werklik in Jesus se woorde (die waarheid) nie. Hulle wys gou dat hulle kennis eintlik woorde van die wereld is of uit ander bronne verkry is (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8) of uit hulleself kom! (Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). Hulle kom bv. voor dat hulle barmhartig en liefdadig is, maar doen dit eintlik vir hulleself nl. "om geëer  te word"... (Matt. 6:2,5,16; 23:23). Hulle sal voorgee dat hulle die Here ken, bv. om te staan en bid waar alle oë op hulle is, maar doen dit vir hulleself nl. "om gesien te word"... (Matt. 6:5). Hulle gee voor dat hulle in Jesus glo, maar versoek/toets Hom (Matt. 16:1-4; 22:19) en staan in die pad van die wat Jesus se leringe verkondig... (Matt. 15:7; 23:13). Hulle gee voor dat hulle vir die Here werk, maar doen hulle eie wil... (Matt. 23:51; Matt. 16:3). Hulle gee voor dat hulle vir die Here tyd maak, bv. om te vas, maar dit is eintlik net toneelspel... (Matt. 6:16; 15:7,8). Hulle gee voor dat hulle die kennis van die Here het, maar leer gebooie van mense en praat verkeerde dinge... (Matt. 15:9; Hand. 20:30; Matt. 7:15-23).  Kortom, hulle is liefhebbers van hulleself! (2 Tim. 3:2).

-(4)  Hulle is Roofsugtige Wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15). Hierdie mense is nie noodwendig "insgesluiptes" (Hand. 20:29) nie, maar is somtyds deel van die kinders van die Koninkryk (Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:30) - hulle is nie "skape" (regverdiges en barmhartiges) nie, maar is "wolwe" ('n term wat gebruik word om te verwys na die onregverdiges en onbarmhartiges-Matt. 25). L.w., hulle verwys nie na dwalende of verlore skape (wat gesoek en teruggeroep kan word asof hulle hul harte sal versag) nie, maar is "roofsugtig" (is uit om te "verskeur" en hulle pers mense af) en wreed - die waarheid sal hulle nie noodwendig tot insig bring nie... Een van wolwe/valse profete se kenmerke is bv. dat hulle "verkeerde dinge praat" (Hand. 20:29,30) en mense daardeur probeer mislei (maw, hulle is opsetlik vals!, nie omdat hulle "dwaal" nie...). Hulle word ook o.a. "wreed" genoem want hulle is swaar op die kudde en spaar nie die skape nie (Hand. 20:29). In Eseg. 22:27 word "wolwe" beskryf as mense wat die kudde sien soos prooi (wil hulle verskeur- Eseg. 22:27; Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:29)), en ook beskryf as die met bloedskuld en wat onregverdige wins maak (vgl. dit met Judas 1, waar hierdie mense o.a. gekenmerk word as "goddeloses" (die wat nie die wil van die Here doen nie maar hulle eie wil)(Jud. 1:4). 

Kom ons kyk ook wat ons in 'n paar ander skrifte kan leer oor valse profete:

(5) Hulle is "VERLEIERS" want hulle is daarop uit om die skape te MISLEI.  Jesus het o.a. ook geleer dat diesulkes selfs tekens doen om hierdie doel te bereik... (Matt. 24:11,24; Mark. 13:22)(Openb. 19:20). Valse profete en valse leraars voer verderflike ketterye heimlik in die kerk in, met die doel om ander sover te kry om hulle verderflikhede na te volg (2 Pet. 2:1,2), en op dieselfde tyd trek hulleself baie voordeel uit die kudde (2 Pet. 2:3).

(6) Hulle is KWAADSPREKERS - hierdie is 'n tipiese kenmerk van die wat vals is, is dat hulle LASTER..., en hulle isdie rede waarom die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2). Hulle gebruik hierdie metode (nl. kwaadspreek en laster) om mense te verlei (sodat hulle bv. liewer in hulle glo as in die waarheid )(hulle spreek kwaad van die weg en die wat die waarheid verkondig). Valse profete kan maklik aan hierdie gekenmerk word, is die feit dat hulle gewoonlik opstaan teen die wat die waarheid verkondig en 'n ander "waarheid" (wat verdraai of of vals is) bring (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24) - sulke mense is altyd aan die leer maar kom  nooit tot kennis van die waarheid nie"! (2 Tim. 3:5-8), en die rede hiervoor is natuurlik omdat hulle eerder hulle eie of ander sieninge glo. In ander woorde, hulle gee voor dat hulle glo, maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig glo in die waarheid of in Jesus se woorde nie. 

 ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat is die uiteinde van  VALSE PROFETE? (Matt. 7:19; 2 Pet. 2:3)(Heb 6:8 - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Valse profete PROFETEER VALS... (Jes. 5:31; Jer. 29:8,9).  Hulle bedrieg mense deur voor te gee dat hulle die Here ken en deur Hom gestuur is, maar hulle is nie - hulle eintlike doel is om gedien te word, en wil hê mense moet hulle volg...)(Matt. 24:11,14). Ons weet hierdie maar te goed, maar hoekom word hierdie mense somtyds toegelaat in die kerk?  

Volgens. Jes. 5:31 is dit presies wat sommige kinders van die Koninkryk wil hê!, is valse profesie...;  maar hoekom? Die laaste dae word beskryf as 'n tyd waarin die mense "die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:3). Hierdie valse profete word maw baiemaal ontvang omdat hulle preek wat die mense graag eerder wil hoor... (nie wat die waarheid is nie).  Dit wys vir ons die toestand van so 'n kerk. Kyk ook die woorde in v.4: "en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels"... - valse profete word gewoonlik 'n opening gegee waar kinders van die Koninkryk wederstrewig is en nie die wet van die Here wil hoor nie (Jes. 30:10). Hulle sal die wat die waarheid verkondig, stilmaak (Jes. 30:10), maar sal die wat hulle in die gehoor streel en vleitaal spreek en bedrieëry profeteer, hartlik ontvang en goed van hulle praat (Jes. 30:10; Luk. 6:26). Baie tipiese kenmerke staan uit van sulke kerke..., en dit is dat die ongeregtigheid vermeerder en die liefde van meeste verkoel (Matt. 24:12). PASOP VIR 'N KERK WAT VALSE PROFETE TOELAAT, WANT KORT VOOR LANK BEGIN JY DALK SELF IN FABELS GLO! Hierdie valse profete verloën die Here en trek baie voordeel uit die kudde... (bv. deur hulle verdigte woorde)(2 Pet. 2:22). Ons kan sien hoe baie die kerk al mislei is, want vele dinge word bv. vandag alreeds reg genoem wat eintlik verkeerd is, en hierdie is een van die gevolge van sulke misleiding... (Openb. 2:20,21). Kyk maar hoeveel leringe van duiwels word vandag aangehang deur sommige Christene (1 Tim. 4:1).

Matt. 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei". Baie mense is vandag mislei om die leuen te glo..., en dit is duidelik dat ons in so 'n tyd is want die weg van die waarheid word baie gelaster ('n teken daarvan - 2 Pet. 2:3).  Vele verderflike ketterye is ook al heimlik ingevoer in die kerk (2Pe 2:1,2). Ons moet verstaan dat die wat "vals profeteer" en kwaadspreek van die wat die waarheid verkondig, NIE DEUR DIE HERE GESTUUR is NIE: (Jer 29:9 - "Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE").  Hulle doel is om die uitverkorenes te probeer verlei en dus voor te gee dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie. Hulle kry hulle woorde van ander bronne, somtyds deur drome of deur verbode heidense praktyke soos towery (Hand. 13:6) of waarseêry (Jer. 29:8), of uit hulle eie hart! Ons moet dus versigtig wees en seker maak watter bron iemand gebruik (en iemand se woorde wys ook vir ons watter bron hy gebruik - sy vrug getuig of hy waar of vals is). Bly in Jesus Christus en hou vas aan die waarheid (en Sy woorde) - raadpleeg Hom! - moenie ander bronne raadpleeg nie, en moenie op jou eie insigte staatmaak nie - hierdie is die manier hoe ons onsself beskerm en nie sal val vir die leuen nie.(1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan")

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-7-seels-van-openbaring.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html



Sondag 27 Oktober 2024

Sonder "VRUG TOT LEWE" kan jy nie die ewige lewe oes nie

Is daar 'n vrug wat die mens kan eet wat vir hom die ewige lewe kan gee?  As daar is klink dit beslis soos iets uit 'n storie..., maar in die tuin van Eden was daar 'n boom wat hierdie soort vrug gedra het!, genoem "DIE BOOM VAN DIE LEWE". Die "tuin van Eden" verwys na 'n tuin wat op aarde was, aan die oostekant van Eden... . Die boek van Genesis in die Bybel beskryf vir ons waar Eden (en die tuin van Eden eens) was, en in die middel van hierdie tuin was die BOOM VAN DIE LEWE (Gen. 2:9). Gen 3:22 leer vir ons dat die vrugte van hierdie boom ewige lewe kan gee! Ja, jy het reg gehoor..., daar bestaan beslis so 'n boom. 

Die Skrif leer vir ons van 'n ander plek waar hierdie boom ook te vinde is, nl. in die Nuwe Jerusalem (wat vir die uitverkorenes voorberei word en op die aarde sal neerdaal aan die einde van die "volgende eeu"-bedeling/Openb. 21:10)(Openb. 22:2,14). Die boek van Openbaring beskryf verder dat hierdie boom (van die lewe) 'n boom is wat elke maand van die jaar vrugte dra, ensy blare kan genesing gee... (Openb. 22:2).  

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Eden (die gebied waarin die tuin van Eden geleë was) kan o.a. ook beskryf word soos 'n TUIN (was o.a. genoem "die tuin van God")( Jes. 58;11; 61:11; Jer. 31:12; Eseg. 31:19);  of kan beskryf word as 'n "paradys" (Openb. 2:7)(die Gr. woord "par-ad'-i-sos", wat beteken 'n park of 'n "Eden" / Hebr. woord "par-dace" - park/tuin). Waar is hierdie paradys (met die tuin van Eden binne-in) huidiglik? Eseg. 31:8 leer vir ons dat dit weggesink het na die onderwereld... - vgl. dit ook met Luk. 16 en 23:43. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Het jy geweet dat die regverdige se vrug soos 'n boom van die lewe is? (Spr. 11:30).  Volgens Joh. 4:36 word die loon van die wat vir die Here arbeid, ook beskryf as vrugte wat lewe gee ("vrug tot ewige lewe"). En kyk ook Rom. 6:22 - almal wat vrygemaak is van sonde en diensbaar geword het aan God, dra vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. Baie mense het al begeer om iets te vind wat vir hulle die ewige lewe kan gee, en vele in die verlede het probeer om die tuin van Eden met die boom van die lewe te vind, maar jy hoef nie ver te soek nie... Jesus Christus kan vir jou hierdie lewe gee! 

Kinders van die Koninkryk het hierdie vrug nodig om eendag die ewige lewe te oes, en word in vele gevalle voorgestel soos plante of bome wat groei en vrug dra... Jesus het baie oor hierdie onderwerp gepraat en die belangrikheid van hierdie vrug (kyk o.a. die gelykenis van die saaier, Joh. 15, ens.) - hierdie vrug kan vir jou die ewige lewe gee (asof jy eet van die boom van die lewe). Net soos die boom van die lewe vrug het wat lewe gee, so sal die vrug van die regverdige eendag vir hom die ewige lewe OES.

Natuurlike mense dra "vrugte vir die dood" (Rom. 7:5). 

Geestelike mense (weergeborenes) dra "vrug tot lewe"! (Rom. 6:22). GEESTELIKE MENSE IS SOOS BOME "VAN LEWE" - WAT DIE "VRUG TOT LEWE" DRA. 

Saad bepaal eerstens wat se soort boom opkom en wat se soort vrug dit sal dra.  Die natuurlike mens is uit Adam se saad gebore, en daardie tipe boom kan nie vrug tot lewe dra nie.  Om vrug tot lewe te kan dra, moet jy gebore wees "uit God se saad" - weergeborenes word gesien soos mense wat uit God gebore is (hulle is soos mense wat "oor gebore" is). As iemand nie weergebore word nie kan hy nie hierdie vrugte dra nie!, en VRUG (tot lewe) is belangrik om die (ewige) lewe te kan oes.  Die wat "vrug tot lewe" dra verwys dus na weergeborenes ("geestelike mense");  dus, sonder vergifnis (wanneer iemand diensbaar word aan die Here) en die ontvang vd Heilige Gees (wat beide weergeboorte beskryf) is niemand instaat om hierdie vrug te begin dra nie... (Rom. 6:22). 

Hoe dra iemand "vrug tot lewe"? Natuurlik is lig, kos en water nodig vir 'n boom om te kan groei en vrug dra. Geestelike mense (wat lewe deur die asem of lig vd Heilige Gees) kan ook net aan die lewe bly en geestelike groei as hulle geestelike kos en water kry (maar natuurlik nie enige soort nie!). Om vrug (tot lewe) te kan dra, moet die geestelike mens geestelik groei;  daarom is geloof belangrik en "om te bly in Jesus Christus"... (vir 'n dagstukkie oor geestelike lig, kos en water, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html)(Joh. 15:4,5 - "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie"). Geestelike mense het die Heilige Gees ontvang deur wie hulle vernuwe word (asof hulle uit God gebore word) en hulle het heeltyd hierdie lig van die Gees..., en is dus instaat om geestelike voedsel verwerk (1 Joh. 5:1,4,18). Jesus en die woord is soos brood vir hulle, en hulle kry hulle water by Jesus Christus.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Vrydag 25 Oktober 2024

Waarna verwys lig, kos en water geestelik?

Kinders van die Koninkryk word somtyds soos plante of bome voorgestel, wat GROEI en VRUG DRA (en hierdie vrug kan vir hulle die ewige lewe oes). Maar waarna verwys hierdie geestelike LIG, KOS en WATER? Ons het bv. lig nodig om te kan lewe, en kos en water nodig om aan die lewe te bly..., maar waarna verwys dit geestelik?

Ten eerste bepaal saad natuurlik wat se soort boom groei en wat se soort vrug dit dra (daarom is weergeboorte nodig - iemand moet "oor gebore" word, want kinders van Adam dra vrugte vir die dood). Geestelike mense is instaat om vrug tot lewe te dra (dit wys dat hulle uit die regte saad gebore is - is "uit God gebore"). Tweedens het saad dus die LIG nodig (want sonder asem / lig kan ons nie lewe nie!).  Sonder die asem van die Heilige Gees kan die mens nie geestelik lewe nie... Derdens het die geestelike mens (wat nou tot 'n boom kan groei wat "vrug tot lewe" kan dra) kos en water nodig om aan die lewe te bly, en om te groei en vrug dra.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

 (1) - Geestelike WATER verwys na die woord vd Here en na die Heilige Gees (Joh. 6:63,68). Die Here se woord is vir ons soos water... (Amos 8:11). Die Here word ook o.a. beskryf soos 'n "fontein van water"... (Jer. 2:13)(ons moet by Hom drink, bv. glo in Sy woorde/leringe - plaas jou hoop in Sy wil en waarheid). Mense wat bv. nie water by die Here kry nie kan beskryf word soos 'n dor land (Hos. 2:1-3; Jer. 51:53; Ps. 68:6). Die mens kan nie sonder water lewe nie; altans, jy kan nie sonder water aan die lewe bly nie... - dieselfde geld vir die geestelike mens. Die weergeborene wat nie in die Here bly nie kry nie die water wat hy nodig het om aan die lewe te bly nie (dit stuit m.a.w. groei, wat dus veroorsaak dat jy nie kan vrug dra nie, en dit kan selfs tot die dood lei...). Dawid het 'n soortgelyke beeldspraak gebruik in Ps. 63 waarin hy die land rondom hom voorstel soos 'n "dor en uitgedroogde land SONDER WATER"..., maar die siel wat dors na die Here sal versadig word! - so 'n siel is "soos 'n tuin wat goed besproei is, en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie" (Jes. 58:11)(Joh. 7:37,38 - "En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei") (Openb. 21:6). Wanneer jy water kry, kan jy hierdie water ook aan ander gee (die Here gebruik bv. Sy diensknegte om plantwerk te doen, en nat te maak..., en Hy laat groei!). Maar as ons by verkeerde waterbronne drink (bv. wereldse wysheid, of ons hoop plaas in ander geloofspraktyke, wat o.a. na verwys word as geestelik "hoereer"-Amos 8:11-13), dan gaan dit ons "geestelike groei"-proses beinvloed, asook beinvloed watter water ons aan ander gee.Wanneer die geestelike mens nie in die Here bly nie en begin dors na verkeerde dinge, word hy soos 'n "dor land" - hy kry nie die regte soort water nie, so hy bly dors (Hos. 2:1-3; Jes. 65:13). WATER VERWYS DUS NA WOORDE (WAARHEID) - in Spr. 18:4 word die woorde wat uit iemand se mond kom, bv. ook voorgestel soos water, en in 10:11a word die mond vd regverdige voorgestel soos 'n fontein lewe. Jesus Christus is die WOORD (Joh. 1:1; Openb. 19:13).  Die Heilige Gees is die Gees van WAARHEID (Joh. 15:26; 16:13; 1 Joh. 4:6).  Die manier hoe ons "bou" is dus belangrik, want vir die geestelike mens om goeie vrug te dra en "aan die lewe te bly", het jy die regte soort water nodig... - jy't bv. nodig om vas te hou aan Jesus Christus (bv. Sy woorde), en moet die Heilige Gees gehoorsaam. Die Heilige Gees is soos 'n fontein van lewe in iemand se binneste... - en waarvan die hart vol is loop die mond oor (Jes. 59:21)(Luk. 6:45; Matt. 12:34; 15:18; Kol. 3:16). IEMAND SE VRUG WYS GEWOONLIK WAT SE SOORT WATER HY DRINK (bv. vars water of bitter water?-Jak. 3:10,11). Ons moet dors na die Here (Openb. 21:6; 22:7; Ps. 63:1,2)(dors na die lewe wat daar in Jesus Christus is, dors na Sy geregtigheid, dors na Sy Gees), wat o.a. beteken "om na die Here te luister" en "die goeie te eet"... (Jes. 55:2).  

(2)  -Geestelike KOS:  Jesus het geleer dat die mens nie van brood alleen kan lewe nie... (Matt. 4:4; Deut. 8:3). Net soos die uiterlike mens nie in die lewe kan bly sonder kos en water nie, net so die innerlike mens - die innerlike mens het ook brood nodig, die regte soort kos nodig om aan die lewe te bly (bv. om vrug tot lewe te kan dra). Hierdie "brood" is by Jesus te kry: (Joh 6:35 - "En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie"). Hier sien ons hoe belangrik dit is om in Hom te bly (bv. om Hom te ken, om van Hom te leer, Hom te raadpleeg, ens.) sodat ons die geestelike kos en water kan kry wat ons nodig het om geestelik te kan groei, en dus vrug te kan dra. "Vas" is o.a. 'n manier wat ons help om "geestelik te eet" (Matt. 17:21; 9:16,17). Jesus het o.a. ook na hierdie voedsel verwys as "om die wil van die Vader te doen" (Joh. 4:34). Om Sy wil te doen gaan oor om na die Here luister en Sy werk te volbring;  m.a.w., wanneer 'n geestelike mens die wil van die Here doen is hy ook besig om geestelik te eet... (m.a.w., dit sal geestelike groei tot gevolg he). Die dienaar wat bv. deur die Here uitgestuur word in Sy koninkryk om Sy wil uit te voer, is besig om vrug te versamel... (Joh. 4:36 - "En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees"). Christene word o.a. bemoedig om "ryk te word in die Here" (eerder as in wereldse dinge)(Luk. 12:16-21)(Luk. 12:23 - "Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere") - ons moet aandag gee aan die geestelike (geestelike water, geestelike voedsel, geestelike klere, ens.). Nie alle soorte voedsel is goed vir ons nie;  op ditto wyse is nie alle geestelike voedsel goed vir die mens nie. Die Here besluit wat vir ons as voedsel dien en wat nie (Gen. 1:29,30) , en bv. watter voedsels rein is vir ons en wat nie. En net soos ons in die N.T. ook koswette het (bv. mag nie bloed eet, of moet kos vermy wat jou broeder aanstoot gee tydens saameet, ens.), op ditto wyse is net sekere geestelike voedsels vir die weergeborene rein.  Bv., om die Here alleen te raadpleeg en Sy wil te doen (bly weg van heidens afgodspraktyke), om "wysheid van bo" te soek (i.p.v. wysheid van die wereld;  m.a.w. ons moet die Here raadpleeg), ens. Christene moet verstaan watter geestelike voedsel vir hulle rein is, en wat nie.

(3)  - Geestelike LIG: Die mens het lig/asem nodig om 'n lewende wese te wees... (Gen. 2:7; Job 27:3)(sonder asem kan hy nie lewe nie, en as asem weggeneem word gaan hy dood-Job 34:14,15).  Maar hierdie geld nie net vir die uiterlike mens (liggaam) nie, maar ook die innerlike mens (siel).  "Dood" verwys bv. nie net wanneer die uiterlike mens (liggaam) sterf nie, maar verwys ook na die tweede dood... (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word).  Hierdie is iets wat geen mens kan keer nie! - almal gaan dood, en die natuurlike mens sal ook eendag deur die tweede dood gaan;  want net soos die mens doodgaan wanneer asem teruggeneem word, net so sal die mens deur die tweede dood gaan as sy liggaam en siel nie die LIG/ASEM het nie! Natuurlike mense het 'n wereldse gees - as jy 'n wereldse gees het kan jy nie die lewe oes nie... Jy het die Heilige Gees nodig! Die Heilige Gees kan vir iemand hierdie "asem" of LIG gee wat vir hom die lewe kan gee... - die weergeborene word bv. o.a. voorgestel as iemand wat LEWE ontvang het. Die Heilige Gees is soos LIG/gees-asem vir die geestelike mens., - dus, die geestelike mens is deur die Heilige Gees verseel tot die dag van verlossing... (Ef. 1:13; 4:30)(wanneer die uiterlike ook vernuwe word/sien "opstanding" en "wegraping")(hulle is maw "gemerk" as die wat sal lewe en nie deur die tweede dood sal gaan nie)(Ef. 4:30). Plante het lig nodig om kos te kan verwerk - op ditto wyse het die mens die lig vd Heilige Gees nodig om geestelike voedsel te kan verwerk tot 'n bron van energie (dit is terloops waarom die met 'n wereldse gees het nie die geestelike dinge kan verstaan nie...-1 Kor. 2:14). 'n Liggaam wat dood is/'n dooie is soos (dooie) "grond" (liggaam=grond) waarin niks geplant of kan groei nie - op dieselfde wyse is die natuurlike mens se liggaam soos grond waarin die geestelike nie kan groei nie, en is hy nie instaat om geestelike vrug (tot lewe) te kan dra nie. Die weergeborene kry LIG (die Heilige Gees) en word o.a. beskryf soos iemand wat "gebore is uit God" (hulle behoort aan Christus - asof kinders uit Hom gebore, maar natuurlik nie fisies nie/van sy vlees en bene-Ef. 5:30). Daarom word kinders van die Koninkryk beskryf as "kinders van God", en word alreeds gesien as mense wat die lewe het... 

Woensdag 28 Augustus 2024

Wat is die verskil tussen die BESNYDENIS en die CHRISTELIKE DOOP?

Alhoewel die Christelike doop nie die besnydenis vervang het nie, is daar heelwat ooreenkomste tussen die vleeslike besnydenis vd Ou Testament en die Christelike doop vd Nuwe Testament.  In die verskillende bedelings word wette verskillend vervul, en met die besnydenis is dit niks anders nie. .. In kort, die besnydenis het nie weggeval nie maar word bloot op die uitnemender manier vervul in die N.T. - en die manier hoe dit vervul word in die nuwe is nie deur die Christelike doop nie, maar deur die besnydenis van hart en ore  (alhoewel die Christelike doop ook maar 'n teken is hiervan!)(kyk "nuwe lewe"/nuwe hart en "hoor"). In die O.T. was "die besnydenis van hart en ore" ook die uiteindelike bewys van wie dit is wat werklik glo...  
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- In die O.T. was die besnydenis 'n belangrike teken onder die volk van God - almal wat manlik was onder die volk moes besny word op 8 dae oud (die voorhuid is afgesny), en as hulle hierdie nie wou doen nie was daar ernstige gevolge;  bv., so iemand moes uit die volk uitgeroei word (Gen. 17:14) en mag nie deelgeneem het aan die Paasfees nie (Eks. 12:43-45), en mag ook nie met 'n dogter van die volk getrou het nie (Gen. 34). As jy 'n seun onder die volk gebore is was dit jou lot ...- elke manlike kind onder die volk was soos 'n priester vir die Here - die mans was afgesonder vir die Here en ook op 'n bepaalde tyd gebring om aan die Here voorgestel te word (Luk. 2:23,24 - kyk "reinigingsoffer")(kyk "bar-mitzvah" op 13 jarige ouderdom - dan het 'n seun 'n man geword-Num. 6:24-26).  Maar waarvan presies was die besnydenis 'n teken (wat het dit voorgestel)? Die besnydenis was 'n teken van God se verbond met die volk ('n teken dat hulle deel is van Sy volk)(Gen. 17 - vgl. met Gen. 12:1-7)(Gen. 34:17,22). Maar ons sien dat die "besnydenis van hart en ore" dit is waaroor die besnydenis eintlik gegaan het. Vir 'n studie oor "besnydenis van hart en ore", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2016/11/die-besnydenis-2-besnydenis-van-hart-en.html). As hulle hul nie wou besny nie was dit eintlik 'n teken van ongeloof . Op beurt het dit nie veel gehelp jy is besny maar jy het nie geloof nie! Dus, ook in die O.T. was ongehoorsames hanteer soos mense wat nie besny is nie (al was hulle mans vleeslik besny)- wat help dit jy is vleeslik besny, maar het onbesnede hart en ore? Hierdie was moeiliker onder die wet van Moses, maar die inwoning van die Heilige Gees maak dit makliker vir ons in die N.T.  Die BESNYDENIS het dus nooit weggeval nie, maar word beter vervul in die N.T. deur ons geloof in Jesus Christus (Hy vergewe ons sonde, en die Heilige Gees stel ons instaat om nie meer die sonde te dien nie!).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die eerste Christelike gemeentes was daar baie oor die besnydenis gesels en oor of dit steeds nodig is. Die Joodse Christene was natuurlik besny, maar wat van die Christene uit die heidene? Sommige het geglo dat dit steeds belangrik is, en ander nie (Hand. 15:24). Natuurlik is daar goeie mediese voordele aan besnydenis, maar in hierdie geval het dit gegaan oor die geestelike (wat met gevolge sou kom sou dit nie gehou word nie, bv. dat onbesnedens afgesny word van die res, verbied word om saam Pasga te hou, en verbied word om te  trou met vrouens van die Christelike geloof). Die dissipels het verstaan dat die gebaar van besnydenis meer gegaan het oor die "besnydenis van hart en ore" as wat dit gaan oor die vleeslike besnydenis, en daar was 'n besluit geneem dat die juk vd vleeslike besnydenis nie verder op Christene gelê word nie... (Hand. 15:10-29,24). Verder was die wat hulle vleeslike besny, onderwerp aan die wet van Moses (Gal. 5:3; 6:13), terwyl daar nou 'n beter manier (as die wet van Moses) was om "hart en ore te besny".  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die N.T. word "onbesnedenes" nie gesien as die uit die heidene nie, of vleeslik onbesny nie, maar onbesnedes in die N.T. verwys na die wat nie glo in Jesus Christus nie;  ma.w., die wie se harte en ore nie besny is nie (Hand. 11:2-18)(hulle is nie vernuwe nie/het nie 'n "nuwe hart" gekry nie en "hoor" nie, en gee ook nie verder ag op die pad van godsaligheid nie). Christene uit die heidene is wel nie vleeslik besny nie, maar ten spyte van die feit dat hulle nie besny is nie ontvang hulle die Heilige Gees! -  wat 'n bewys is dat hulle aangeneem is!  (en l.w. dat niemand sal die opstanding tot lewe verkry as hy nie AANGENEEM word nie... - Rom. 8:23). Dit is die "kinders van die opstanding" (die wat waardig geag word om die opstanding uit die dode te verkry) wat uiteindelik die koninkryk sal sien... - hulle sal ingaan in die koninkryk en sal die land as ewige besitting verkry (Dan. 7:27), en sal wees soos engele en KINDERS VAN GOD (Luk. 20:36).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
 

Die Christelike doop word somtyds gesien as 'n teken wat die vleeslike besnydenis vervang het, maar l.w. dat DIE BESNYDENIS self NIE VERVAL HET NIE!, maar word op 'n uitnemender manier vervul in die N.T.... (nl. die klem is nie op die vleeslike besnydenis van die mans nie, maar "besnydenis van hart en ore" - wat slegs moontlik is deur GELOOF). Die kinders vd besnydenis (hetsy ou of nuwe testament) verwys na die kinders van GELOOF (nie die kinders na die vlees nie)(die belofte was bv. aan Abraham gemaak (Gen. 12) lank voor die instelling vd vleeslike besnydenis onder die wet van Moses (Gen. 17)) -  is bv. nie beperk tot die Hebreeuse volk en vleeslike besnydenis vd mans nie (Hand. 10:45), maar het hulle besnydenis deur geloof ontvang (Hand. 11:2). In die N.T. verwys besnedenes na die wie se hart en ore besny is... (m.a.w., die wat vernuwe is deur die weergeboorte asook ag gee op die pad van godsaligheid). Die besnydenis van die hart en ore is  nie net iets wat deur God in die gelowige gedoen word (kry "nuwe hart") nie, maar is ook iets wat van elke gelowige verwag word om self te doen (m.a.w. om ag te gee op die pad van godsaligheid, bv. gehoorsaamheid/werke is 'n bewys dat iemand glo). GELOOF  bepaal of iemand gesien word as 'n besnedene of as 'n onbesnedene (Rom. 4:9,10)(en l.w., geloof sonder werke is dood). 

Dat daar kenmerkende ooreenkomste is tussen die TEKEN van die (vleeslike) besnydenis en die TEKEN van die Christelike doop, is verseker:
- (1) Die besnydenis was bv. 'n teken van wie deel is van die "verbonds"volk, en wys op die nageslag van Abraham... L.w. dat almal wat aan Christus behoort ook gesien word as die nageslag van Abraham...- en volgens die belofte erfgename!  (Gal 3:27 - "want julle almal wat in Christus GEDOOP is, het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename"). Die doop is o.a. 'n teken hiervan - bestudeer gerus die term "met Christus beklee", wat veral verwys na hoe weergeborenes "vlees en been" is van Christus (is familie van Hom / asof uit Hom gebore - "is uit God gebore" - natuurlik nie fisies uit Hom gebore maar het dit deur die geloof ontvang). 
- (2) Die vleeslike besnydenis was slegs 'n teken - die ware besnydenis was die besnydenis van hart en ore. Alhoewel ons nie onder die juk vd vleeslike besnydenis is in die N.T. nie, het die belangrikheid van "ware besnydenis" nie verval nie.  In die O.T. was die wat besny is "onder die wet (van Moses)", maar in die N.T. verwys gelowiges na die wat "onder Christus" is (hulle is deur Hom vrygekoop, en Hy is nou hulle meester - "slawe van Christus").  L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierdie voorstel..., nl. vergifnis van sonde en "doodgaan vir sonde" en "opstaan in 'n nuwe lewe om vir die Here te lewe". 
- (3) Besnedenes in die O.T. het die belofte gehad van opstanding! (maar onbesnedenes sou vergeet word in die graf...-Eseg. 28:10; 32:19,27; Jes. 38:18). In daardie opsig is die dood anders vir onbesnedenes as wat dit is vir die wat besny is (1 Kor. 7:18; Gen. 17:4-9) - besnedenes sal eendag opstaan tot (ewige) lewe.  L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierdie voorstel..., nl. belofte op opstanding in 'n nuwe liggaam wat vir ewig sal lewe.  
- (4) Die vleeslike besnydenis het nie veel beteken as hart en ore nie besny is nie - ongelukkig was dit moeilik onder die ou bedeling (onder die wet van Moses) om vergifnis van sonde te hou, want al het hulle vergifnis gekry deur bloedoffers, moes hierdie offers oor en oor gebring word omdat baie nog steeds "die sonde gedien" het (op daardie manier het die sonde net meer en meer geword). Vernuwing van die hart en gehoorsaamheid aan die Here (ore/"hoor") was nog 'n bewys van wie glo. Die wat in Jesus Christus glo verkry nie net vergifnis van sonde nie, maar ontvang die Heilige Gees deur wie hulle vernuwe word en instaat word om vrug (vrug tot lewe) vir die Here te dra - wat 'n veel uitnemender weg in die nuwe bedeling! L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierna verwys..., nl. die nuwe lewe (nuwe hart en pad van godsaligheid). Dit is waarom die Skrif leer dat almal wat hulle besny is "onder die wet (van Moses) is"... (Gal. 5:3)(gehoorsaam aan die wet van Moses) en is daardeur geoordeel, maar die Christelike doop is in die nuwe bedeling bedoel vir die "onder die wet van vryheid" (die wat "onder Jesus" is / hulle is "onder die Heilige Gees" deur wie Hy teenwoordig is), en sal deur "die wet van vryheid" geoordeel word. 

Nie almal wat GEROEP is sal uiteindelik die Koninkryk beerwe nie, want baie is geroep, maar min uitverkies (Matt. 22:14).    In die N.T. word "onbesnedenes" nie gesien as die uit die heidene of die wat vleeslik onbesny nie, maar onbesnedes in die N.T. verwys na die wat nie weergebore (deur geloof in Jesus Christus ) is nie;  ma.w., die wie se harte en ore nie besny is nie (Hand. 11:2-18). Net soos in die geval van die ou bedeling, sal Christene wat bloot staatmaak op die feit dat hulle "gedoop" is maar nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, steeds gesien word soos "onbesnedenes" (al het hulle deur die Christelike doop gegaan - die pad van godsaligheid is m.a.w. steeds belangrik).  Net soos die ongehoorsames onder die volk van God destyds gesien is as "onbesnede" (al was hulle mans vleeslik besny), net so word die ongehoorsame N.T. gelowige gesien as "onbesnede" (al is hy gedoop!)
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 26 Augustus 2024

Die oë van die Here is op jou

Wat beteken dit wanneer "die oë van die Here op jou is"?  

Die Here se oë is natuurlik op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe... - sy ooglede toets die mensekinders (Job 34:21; Ps. 11:4; Spr. 15:3) - die Here sien alles!, en Hy sal gee "aan elkeen na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge" (Jer. 17:10)...;  maar l.w. dat die woorde "die oë vd Here is op jou" baiemaal spesifiek gebruik word in die Skrif om te wys op wie die Here gunstig is! In daardie opsig is dit 'n goeie ding wanneer die Here se oë op jou is..., want o.a. beteken dit dat Hy na jou gebede luister en vir jou sorg. 

Wanneer die Here se oë "oop is" en Sy "ore luister", dan is dit woorde wat beskryf hoe Hy weet van ons en na die gebede van Sy kinders luister... (2 Kron. 7:15; Joh. 9:31); dit verwys spesifiek na regverdiges - kyk 1 Pet. 3:12, wat vir ons leer dat die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed (maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners - asof Hy Sy kop wegdraai van hulle af). 2 Kron. 16:9a maak ook die volgende stelling"  ("want die HERE—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is;....."). Kyk ook die volgende verse: -Deu 11:12 - "‘n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar"; en -1 Kon. 9:3 - "en die HERE sê vir hom: Ek het jou gebed en jou smeking gehoor wat jy voor my aangesig uitgespreek het; Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig deur my Naam daar te vestig tot in ewigheid; en my oë en my hart sal daar altyd wees". 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Natuurlik wil ons graag hê dat die Here ons HOOR en SIEN (dat Hy ons gebede hoor, sien waardeur ons gaan)(2 Kron. 6:40; 1 Kon. 8:52), want Hy is ons hulp en redding. 

Die Here se oë is op Sy kinders... (om hulle te help en hoor), maar ons moet pasop want in sekere gevalle kan dit gebeur dat die Here Sy aangesig teen Sy kinders draai! (Lev. 16:17; Jer. 21:10; Eseg. 15:7). Spesifieke gevalle word in die Skrif genoem waar die Here Sy aangesig teen Sy kinders draai, en dit het veral te doen met wie ons raadpleeg... Ons is veronderstel om die Here te raadpleeg - die Here moet ons bron wees,.  Ongehoorsaamheid, en wanneer ons ander bronne opsoek, kan tot gevolg he dat die Here later Hom nie meer deur ons laat raadpleeg nie (soos met koning Saul gebeur het). Wederstrewiges (ongehoorsames, of die wat hulle verbitter en rebelleer) en eiesinniges (eiewilliges) val gewoonlik in hierdie gat. 

Kom ons kyk na hierdie spesifieke voorbeelde in die Skrif waar die Here Sy aangesig teen Sy kinders gedraai het:

- (1) die wat offer aan afgode/agter afgode aan hoereer... Die wat aan die koninkryk van God behoort se harte moet onverdeeld op die Here gerig wees; (Lev 20:3 - "En Ek sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig"). In die N.T. word kinders vd Koninkryk ook spesifiek belet om aan afgode te offer (Hand. 15:29 - " dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!")(Hand. 15:19,20 - "Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie, maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed").

- (2) wanneer Sy kinders bloed eet... Die wat aan die koninkryk van God behoort word verbied om bloed te eet (Gen. 9:4; Hand. 15:20,29)(Lev 17:10 - "En elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit"). Of  hierdie alleenlik bedoel was in die konteks van afgodsoffers is natuurlik debateerbaar, maar die opdrag was veral gegee omdat "die bloed met die siel verbind is"... (Lev 17:14 - "want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word")(Deut. 12:23).

- (3) die wat hulle begewe tot geeste van afgestorwenes en geeste wat waarse...  Kinders vd koninkryk mag nie by hierdie heidense geloofspraktyke (bv. om raad te gaan soek by geeste van afgestorwenes of waarseers op te soek) betrokke raak nie; (Lev 20:6 - "En as ‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit")(Jes. 8:19; Dut. 18:10-14; Lev. 19:31; 20-27). 

Waar kinders van die Here met sulke dinge besig raak, kan hulle nie staatmaat op die Here se hulp nie - en kan nie seker wees dat die Here hulle gebede sal hoor nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------



Woensdag 31 Julie 2024

Valse elemente in die kerk, en die effek daarvan

Ons wil liewer glo dat almal in die Christelike kerk opreg is en gelowig, maar die waarheid is dat dit nie so is nie - somtyds sluip "valse broeders" (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4) in die kerk in om die skape te mislei (en word deur die bose daar geplant), en hulle spreek valse dinge... (Spr. 2:12). Hierdie is niks nuuts nie en was nog altyd 'n probleem in die midde van gelowiges. Maar watter effek het hierdie valses op die kerk?, en maak dit regtig saak of daar valse leerstellings in die omtrek is?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In Matt. 7:15 vgl. Jesus valse profete met WOLWE (Matt. 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is"). Ten eerste het Hy geleer dat ons moet PAS OP vir hierdie mense! Hoekom moet ons versigtig wees vir hulle? - duidelik het hulle 'n verkeerde invloed op die kerk...  Hierdie "wolwe" verwys beslis nie na mense wat onkundige gelowiges is nie, maar eerder na die wat voorgee dat hulle van die Here hoor maar na regte nie werklik van Hom hoor nie;  of voorgee dat hulle die waarheid verkondig maar na regte verkondig hulle menslike gebooie of hulle eie opgemaakte geloof. Dit is dan hoe die hart van 'n valse profeet of valse leraar lyk - hy gee voor om iets te wees wat hy nie is nie  (gee bv. voor hy is 'n profeet of leraar wat die Here se woord bring, maar bring sy eie woorde of verdraaide of valse leringe - hy pleeg bedrog). Of ons dit wil glo of nie, maar hierdie mense in die kerk het beslis 'n invloed op die huidige afvalligheid! 

Diesulkes gee voor hulle is broeders/susters wat saam met ons die Here dien, maar dien eintlik hulleself of iemand anders. Die wat vals is kan leed doen aan die kerk, bv.:
-om die skape uitmekaar te jaag (bring skeuringe in die kerk)(Joh. 10:12); of

-om mense te "vang" (Joh. 10:12)(om agter hulle aan te gaan, bv. om hulle valse en verdraaide leerstellings te glo). 

Valse profete gee voor dat hulle die Here dien maar doen nie, en betrek o.a. mense op hierdie manier om die Here op hulle manier te probeer dien... (deur bv. dooie werke). In Eseg. 22:27 word die vorste in Israel vgl. met "wolwe wat prooi verskeur" -  hulle het bv. o.a. bloed vergiet sodat hulle onregverdige wins kon maak... "Onregverdige wins" verwys tipies na wanneer iemand wins maak deur die reg te verdraai (bv. om omkoopgeskenke aan te neem - 1 Sam. 8:3; Jer. 22:17; Eseg. 22:13);  m.a.w. hulle pleeg bedrog met die doel om wins te maak (is dan "onregverdige wins"-Jer. 6:13). Valse profete/valse leraars pleeg bedrog! (tot hulle eie voordeel). Daar is mense in die kerk wat so opereer, en Paulus het graag na hierdie valses verwys en gewaarsku, bv. waar hy in Tit. 1:10-14 verwys na diesulkes as tugteloos en wat onsin praat en verleiers is, en leer wat nie betaam nie ter wille van vuil wins! Hy het hulle leringe o.a. "Joodse fabels" genoem, en "gebooie van mense" (menslike wette en leringe wat vd waarheid afwyk) - hulle gee dus voor hulle preek die waarheid, maar hulle doen nie, en hulle doen dit ter wille van wat hulle daaruit kan kry (hetsy eer of geld, ens.).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet natuurlik versigtig wees om iemand vinnig te oordeel (as bv. 'n valse profeet, want sommige is bloot onkudig), maar versigtigheid werk ook na die ander kant toe... - as iemand bv. gekenmerk kan word as vals, moet die waarheid gespreek word sodat dit kan wys hy's vals.  Kyk bv. Jesus se woorde in Matt. 10:16 - " Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die WOLWE in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe".  Let wel dat hierdie "uitstuur onder wolwe" nie verwys het na uitstuur onder ongelowiges nie, maar uitstuur onder mense wat bely hulle is gelowig (in hierdie geval was dit "skape van Israel", waarvan sommige nie werklik skape was nie maar "wolwe"). Die dissipels was uitgestuur om die waarheid te bring aan beide opregtes en valses (nie net aan die skape nie, maar ook aan die wolwe...). Die manier dus om so 'n situasie te hanteer is nie om stil te bly oor die waarheid (soos sommige kerke doen) nie, maar eerder om die waarheid te preek (en dan sal die wolwe hulle klere wys). Wolwe "verskeur" (Eseg. 22:27) en vang en jaag skape uitmekaar (Joh. 10:12), en terwille van onregverdige wins sal sommige selfs bloed vergiet (Eseg. 22:27)(is roofsugtig-Matt. 7:15) - hierdie is baiemaal 'n kenmerk van verleiers - hulle haat die opregte... -1Jn 3:15. Wanneer wolwe in 'n kerk inkom en sekere broeders "vang" (beweeg om agter hulle aan te gaan) en die ander "uitmekaarjaag" (skeuringe bring), saai dit verwoesting in 'n kerk. Voor Paulus se vertrek in Hand. 20 het hy o.a. die Efese ouderlinge gewaarsku teen WOLWE wat sal inkom in hulle gemeente... (Hand. 20:29-31), en hy't die volgende stellings gemaak rakende wolwe:  (1)  Hulle sal die kudde nie spaar nie;  (2)  Hulle sal verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan...  Hierdie is die doel van "ingesluiptes".

Dit is maklik om te sien wie is wolwe en wie skape... - wolwe ontvang nie die waarheid nie! (Luk. 10), maar is liewer die wat opstaan teen die waarheid en ander beweeg om nie die waarheid (wat deur die opregte gepreek word) te ontvang nie.  Hierdie is terloops 'n goeie manier om "valse broeders" uit te ken... - is om die waarheid te spreek!  'n Valse profeet of valse leraar sal bv. bely dat hy in Jesus glo en in die waarheid, maar is nie gehoorsaam aan Jesus nie en glo nie in Sy woorde nie, maar glo liewer in "wat hy wil of wie hy wil" - hulle gee dus voor dat hulle die waarheid liefhet maar hulle vrug getuig anders sodra hulle met die waarheid gekonfronteer word. Hierdie verleiers gebruik o.a die metode van spot (is spotters vd waarheid) om mense te druk om liewer in hulle te glo as in die waaheid.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Daar is Christene wat vandag glo dat daar nie iets bestaan soos "valse broeders" nie - hierdie is 'n groot miskonsepsie van ons tyd en baiemaal die rede waarom suurdeeg in die kerk insluip... Of hulle dink dat valse leerstellings nie regtig 'n probleem is, maar dit is net waar in geval van waar mense die waarheid ken en volg.  Die waarheid is dat in sommige kerke word valse leringe liewer gekoester in plaas van aangespreek!, en die wat die waarheid ken, bly stil daaroor (?). Ons moet verstaan dat "ingesluiptes" deur die bose in die kerk gesaai word, en Jesus het o.a. geleer dat dit gebeur wanneer die kerk slaap! (Matt. 13:25)(bestudeer gerus die tema van "slaap" en wat dit nou juis beteken). Ingesluiptes (Jud. 1:4) is ongelowig en vals (gee voor hulle is gelowig maar is nie, en is deur die bose daar gesaai). Hulle is gewoonlik verleiers, en word o.a. in Jud. 1 "skandvlekke" genoem (soos besoedeldes)(Jud. 1:12), en "struikelblokke" (omdat hulle mense vang om ongehoorsaam te wees aan die Here en Sy waarheid). Hulle word ook "dwaalsterre" genoem (want hulle dwaal!)(Jud. 1:14), en "goddelose mense" (want hulle doen nie die wil van die Here nie, maar hulle eie wil)(Jud. 1:6,7,11,18). Hulle is ook baiemaal spotters (want hulle spot met die waarheid, en maak die opregte op daardie manier stil)(Jud. 1:18; 2 Pet. 3:3-5).

Die begrip "valse broeders" behels nie net 'n broeder wat voorgee dat hy 'n broeder is nie, maar sluit ook in enige iemand in die Christelike kerk wat "vals" is bv. valse profete en valse leraars (maar as broeders gesien word)(Gal. 2:4).  Die begrip wat veral gebruik word vir valse profete/valse leraars is "wolwe". Jesus het ook die begrip "onkruid" gebruik in Matt. 13:26,30,38, waar onkruid voorgestel word as "kinders vd bose". Onkruid lyk soos koring, maar is nie koring nie.... Hierdie mense (wat onkruid is) gee dus voor hulle is broeders, maar is nie werklik nie - hulle groei saam met die koring en lyk soos koring, maar met die tyd sal hulle vrug wys dat hulle nie regtig koring is nie.  Hierdie opmerking word terloops ook van valse profete gemaak..., bv. "aan hulle vrug sal hulle geken word"! (Luk. 6:43,44). Valse profete kan voorgestel word met wolwe omdat 'n wolf se doel is om skape te vang en uitmekaar te jaag (Joh. 10:12).  Valse profete en valse leraars kan gevaarlik wees vir die ware Christen (2 Kor. 11:26), omdat hulle kan twyfel saai en mense wat swak of jonk is in die geloof kan beweeg om "te doen wat hulle wil", nie wat die Here wil nie

Hoekom sal iemand voorgee dat hy die waarheid verkondig maar hy doen nie? 
Hoekom sal hy voorgee dat hy deel is van die kinders vd koninkryk, maar hy is nie? Duidelik het die bose 'n plan om verwoesting in daardie kerk te saai en die kinders van die Here te mislei...  Ingesluiptes wil nie dien nie, maar wil gedien word! (Gal. 2:4);  en hulle maak skape seer in hulle poging tot selfverheffing (sien die onderwerp van "onregverdige wins" vorige paragraaf - Eseg. 22:27)... Hulle praat verkeerde dinge met die doel om disspels vd Here weg en agter hulle aan te trek (Hand. 20:29,30).  Diesulkes moet beslis aangespreek word (3 Joh. 1:9,10), of die skape moet gewaarsku word sodat die suurdeeg nie die hele deeg suurmaak nie.  Daarom is ware lering in die kerk baie belangrik sodat ware kinders kan onderskei en nie "weggesleep" word nie. 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Dinsdag 30 Julie 2024

Wat ek mag en nie mag doen nie, en of ek as Christen geoordeel sal word

As kinders van die Koninkryk (van God) is ons onder die reëls van die Here se Koninkryk, maar hoe weet ons wat ons as Christene mag doen en wat nie?  Waarop sal ons geoordeel word?

Daar is 3 dinge waartussen ons moet onderskei om duidelikheid hieroor te kry:

(1)  Gewete (bewustheid van sonde);  

(2)  Die Here se wette ("wet van Moses" / "wet van vryheid"); 

(3)  Kultuurwette ("mensgemaakte reëls/wette").  

Gewete is iets waarvan ons oortuig word - bv. om 'n wete te hê dat jy verkeerd gedoen het (Joh. 8:9).  Almal weet bv. dit is verkeerd om te lieg - niemand hoef dit vir jou te vertel nie, want die oomblik wanneer jy lieg weet jy jy't verkeerd gedoen... (en volgende keer weet jy jy moet dit nie doen nie). Die Gees oortuig die mens van sonde (Joh. 16:8-11), nie net vir die Christen (Joh. 16:10) nie, maar ook die hele wereld (Joh. 16:9; Rom. 1:20,21). Elke mens weet bv. dat hy eendag deur God geoordeel gaan word (Joh. 16:11; Jud. 1:15). Ons gewete ly ons om sleg te voel/bekommerd wees wanneer ons verkeerd doen, en daarom is dit belangrik om ag te gee op die gewete! As jy bv. bewus is daarvan dat kos aan 'n afgod geoffer is en jy steeds daarvan eet, kan dit jou gewete besoedel want jy mag nie afgodsoffers eet nie (Tit. 1:15), maar as jy dit nie weet nie kan dit tog nou nie jou gewete besoedel nie.... (1 Kor. 10:25-29). As ons nie 'n goeie/rein gewete (1 Tim. 1:5,19; 3:9) het nie, dan is dit duidelik dat ons iets verkeerd doen of gedoen het. 

Wette wat deur die Here gegee is gee vir ons 'n riglyn van wat die Here van Sy kinders verwag (bv. dat ons die Sabbat moet hou - die sabbat is vir ons gemaak, en elke mens het dit nodig om een dag van die week te rus). Net soos elke koninkryk in die wereld reëls het wat die burgers moet gehoorsaam, net so is kinders van God onderwerp aan die reëls van Sy koninkryk - hierdie reëls is iets wat die Here van Sy kinders verwag om na te kom, en as hulle dit nie doen nie is daar gevolge. Die wet van Moses is 'n goeie voorbeeld hiervan, maar wette word nie altyd dieselfde vervul oor die eeue/bedelings nie, en in die Nuwe Testament is ons bv. onder die "wet van vryheid" (ook genoem die wet van die Gees-Rom. 7:6; 8:2,4), nie onder die wet van Moses nie (die Here se wet verval nooit..., maar word anders vervul in verskillende bedelinge;  bv., offers het nie weggeval nie - die offersisteem onder die wet van Moses het wel, maar 'n ander offersisteem was ingelei). Christene is wel onder 'n wet!, nl. die wet van vryheid, en hulle sal eendag deur hierdie wet geoordeel word (die wet van vryheid verwys na hulle is "onder die Gees" en is "onder Jesus" - hulle sal m.a.w. geoordeel word deur die Gees en deur Jesus, bv. die woorde wat Hy gespreek het...)(Christene moet m.a.w. luister na Jesus en na die Heilige Gees)(1 Kor. 9:21; Joh. 8:36; Hebr. 10:16; Rom. 8:1-11; 7:6; Gal. 5:18; Joh. 6:63)(Hebr. 10:28,29). 

Kultuurwette is wette wat deur verskillende kultuurgroepe geskep word, en verwys dus na "mensgemaakte reëls" (bv. of vrouens 'n bedekking moet dra of nie, hande was voor ete, reëls rondom hoe 'n huwelik plaasvind, ens. - elke kultuur maak hulle eie reëls). Kultuurwette is iets wat "in kultuur" gehoorsaam word, maar jy sondig bv. nie noodwendig wanneer jy dit nie hou nie want dit is nie 'n wet wat deur die Here gegee is nie (jy kan bv. nie onrein word as jy dit nie onderhou nie..., tensy dit 'n wet van die Here ook breek as jy dit nie gehoorsaam nie). Ons het die reg om kultuur te verander, behalwe as die verandering 'n wet is wat ook teen die Here se wet is.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Sal kinders van die Koninkryk (van God) ook eendag geoordeel word?

Ja, in "die laaste dag"..., wanneer Jesus terugkom. Die oordeel begin by die huis van God (1Pet. 4:5,17). Kinders van die Koninkryk sal deur Jesus Christus self geoordeel word - kyk o.a. die tema "die regterstoel van Christus" (Rom 14:10 - "Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word")(Matt. 25:31,32; Joh. 5:22; Hand. 10:42; 1 Kor. 4:5).(2Kor. 5:9,10 - "Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te weesWant ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad"). Kinders van die Koninkryk sal volgens die WET VAN VRYHEID geoordeel word (die wat onder die wet van vryheid is, verwys na die wat onder die Gees is, onder Jesus is - die wat gehoorsaam is aan die Heilige Gees en aan Jesus Christus.  Hulle leef volgens die Gees en volgens Jesus se reels);  m.a.w., hulle sal deur die Gees en deur Jesus (bv. Sy woorde) geoordeel word (Jak. 2:12; Joh. 12:48; Ef. 4:30; ens.). Kinders van die Koninkryk sal geoordeel word wanneer Jesus terugkom;  die res van die mensdom sal eers geoordeel word aan die einde van die 1000-jaar "volgende eeu"-bedeling (dan sal die wit troon oordeel plaasvind-Openb. 20:11-15).  

-   Die bedeling waarin ons huidiglik is, word o.a. na verwys as "hierdie eeu".  Aan die einde van die "hierdie eeu-bedeling" vind die REGTERSTOEL VAN CHRISTUS plaas (dit is wanneer Jesus terugkom - dan word die kinders van die Koninkryk geoordeel), en hulle sal in groepe verdeel word  (en die kinders vd koninkryk wat gesterf het = sommige sal "opstaan tot veroordeling" en ander sal opstaan tot lewe-Joh. 5:28,29). Die verskillende groepe wat vir ons genoem word in die Skrif, is "KORING, KAF, en ONKRUID", en "SKAPE en BOKKE". Hierdie tyd word o.a. beskryf as die "oestyd" (Matt. 13:30)(maw, wanneer die Christen se "vrug" geoes word)... - 3 groepe verwys veral hierna: 

(1) Koring verwys na die opregtes (die wat gered is en vrug dra)(hulle bly in die Here, en is daarom vrugbaar, is maw bruikbaar - "sal in die skuur saamgebring word"-Matt. 3:12). 

(2)  Onkruid verwys na die wat vals is (Matt. 13:25-40)(o.a. wolwe/verleiers-die wat dwaal) - onkruid sal verwyder word...(bymekaargemaak word, en sal uiteindelik verbrand word-Matt. 13:40). Dit verwys na mense wat onder die kinders vd koninkryk beweeg het asof hulle gered is maar is nie gered nie (m.a.w., valse broeders en die ingesluiptes) - hulle is eintlik deur die bose daar gesaai...;  dit verwys o.a. na valse profete, valse leraars, struikelblokke, die wat die ongeregtigheid doen...-Matt. 13:41. 

(3) Kaf verwys na mense wat weg gered is maar nie vrug het nie (Matt. 3:12; Luk. 3:17) - die rede hiervoor is of omdat hulle nooit vrug gedra het nie (kyk tweede groep in die gelykenis vd saaier), of omdat hulle hul vrug verloor het (kyk derde groep in die gelykenis vd saaier)(die wat nie in die Here bly nie kan nie vrug dra nie... - onvrugbares is onbruikbaar, en die uiteinde is die vuur-Joh. 15:4-6)(elke loot wat nie vrug dra nie, word weggeneem...-Joh. 15:2). 

Die term "skape en bokke" word gebruik om te onderskei tussen barmhartiges en onbarmhartiges - wanneer Jesus op Sy troon gaan sit (nadat Hy teruggekom het-Matt. 25:31-45), sal Hy die skape van die bokke skei - die skrif verklaar dat al die nasies voor Hom versamel sal word... (Matt. 25:32), wat noodwendig verwys na almal wat dan in die lewe is (die wat nie gesterf het nie en die wat opgestaan het uit die dood - of hierdie slegs verwys na kinders vd koninkryk is 'n punt van bespreking). Die "nasies" sal dan in 2 groepe verdeel word, nl. barmhartiges en onbarmhartiges;  die skape sal aan Sy regterhand gesit word, en die bokke aan Sy linkerhand. 

(4)(1) Skape verwys na die barmhartiges/regverdiges (hulle sal ingaan in Sy koninkryk-Matt. 25:34) - en dus is o.a. "Koring" (want hulle het die vrug).  

(5)(2) Bokke verwys na die onbarmhartiges/onregverdiges (hulle sal nie ingaan in Sy koninkryk nie, maar is vervloektes en hulle uiteinde is die poel van vuur-Matt. 25:41) - en dus is o.a. "Onkruid" (want hulle het nie die vrug nie). 

-   Die volgende bedeling begin aan die einde van "hierdie eeu" (wat ons ken as "die einde vd wereld") - en sal 'n 1000 jaar lank wees, en aan die einde daarvan vind die WIT TROON OORDEEL plaas (wanneer die res van die mensdom geoordeel sal word - Openb. 20:11-15).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 04 Junie 2023

Is die Christen onder 'n wet ? (2)

Vir die eerste dagstukkie oor hierdie onderwerp, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/05/werke.html

___________________________________________________________________________________

Sonder 'n wet kan niemand jou oordeel nie (Rom. 7:8);  bv. wanneer daar geen wet is rakende 'n fontein met water (bv. hoeveel water elkeen mag gebruik) nie, kan niemand geoordeel word sou hy bv. meer as 'n sekere maat water gebruik nie. Al manier hoe hy sou oortree (verkeerd doen/sondig) is as daar 'n wet is en hy die wet oortree op hoeveel water hy mag gebruik. Sonder wet kan niemand jou oordeel nie, en sou iemand jou oordeel sal jy bes moontlik verontreg voel (omdat daar geen wet is nie!). 'n Kind gaan bv. ook verontreg voel as 'n ouer hom vermaan op iets wat hy nie geweet het verkeerd is nie - hierdie is die soort reaksie wat jy verwag van iemand wat geoordeel word waar geen wet is nie. Daarom word kinders eers kennis gegee voor hulle vermaan word, en word daar gewoonlik meer genade bewys t.o.v. onwetende sonde

Dit sal ook verkeerd wees om 'n Christen te oordeel volgens die wet van Moses, want Christene is nie onder die wet van Moses nie. Natuurlik moet 'n Christen verontreg voel wanneer hy vermaan word omdat hy nie besny is nie of sekere voedsels eet of watookal verwag was onder die wet van Moses, want hy is nie onder daardie wet nie! Maar is dit reg van 'n Christen om verontreg te voel wanneer daar van hom verwag word om Jesus te gehoorsaam? Dit is ongelukkig wat somtyds in die kerk gebeur, is dat sommige Christene nie besef hulle is onder 'n WET vir vryes nie, en word dan kwaad wanneer hulle volgens "die wet" van vryheid geoordeel word. Hoekom?  Duidelik is diesulkes onder 'n wanindruk dat hulle onder geen wet is nie...  ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Die mensdom kan ingedeel word in 

- "geestelike mense" (1 Kor. 2:14,15; 3:1), en 

- "natuurlike mense" (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14). 

In Christenskap verwys die begrip "geestelike mense" na 'n baie spesifieke groep mense, nl. die wat die Heilige Gees het (nl. "weergeborenes"). Geestelike mense dink en sien anders as natuurlike mense - vir natuurlike mense is die geestelike dinge bv. dwaasheid (want hulle het die gees vd wêreld-1 Kor. 2:12-14) - hulle praat uit die wêreld en die wêreld luister na hulle (1 Joh. 4:5),  maar geestelike mense beoordeel dinge op 'n geestelike manier. Hulle wysheid kom van bo (die Here se woord is vir hulle wysheid en hulle luister dus na die wat uit die Gees praat, en herken dus gewoonlik wie anders ook die Heilige Gees in hulle het ...- 1 Joh. 4:6). Hierdie (waar iemand se wysheid vandaan kom) is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense, en die manier hoe mense glo/"sien"/verstaan is dus o.a. 'n manier om te bepaal of iemand die Heilige Gees het of nie (en of iemand praat uit die Gees of nie). 

Mense in wie die Heilige Gees is dink en sien gewoonlik dieselfde, en glo terloops in Jesus se woorde! (want die Gees gaan nie iets anders preek as wat Jesus gepreek het nie, en die Gees herinner ons ook aan Jesus se woorde...-Joh. 14:26). Die Heilige Gees word o.a. "die Gees van WAARHEID" (Hy praat/leer die waarheid) genoem, en die wat Hom ontvang is onder Sy lering en leiding (1 Joh. 2:20,27). Weergeborenes word gesien soos "gesalfdes" - hulle het die SALWING VD HEILIGE GEES (1Jn 2:20 - "En julle het die salwing van die Heilige en weet alles");  wat deels beteken dat hulle afgesonder is om die waarheid te ken, en ook beteken dat hulle afgesonder is vir 'n spesifieke doel...; is bv. afgesonder vir die Here... (afgesonder om deel te wees vd volk van eersgeborenes, is deel van die wat die Here dien, ontvang gawes, bedieninge en werke soos die Heilige Gees aan hulle uitdeel...,ens.). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Deesdae word 'n "ander evangelie" verkondig, 'n evangelie waarin kinders van die koninkryk nie altyd die EVANGELIE VD KONINKRYK geleer word nie, of hulle word 'n verdraaide evangelie geleer. 

In die EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK lê Jesus veral klem op die geestelike want wette word  terloops in die N.T. op 'n veel uitnemender manier vervul; bv., in die N.T. (onder die wet van vryheid/wette vir vryes) het wette 'n sterker betekenis omdat ons siening wyer is (ons verstaan beter want ons het die Heilige Gees en het Jesus se leringe).  Bv., egbreuk gaan nie net oor die fisiese daad nie, maar selfs wanneer iemand daardie daad in sy hart pleeg word dit al gesien soos egbreuk... (Matt. 5:27,28). Daar word bv. van Christene verwag om ook hulle gedagtes te verander (2 Kor. 10:5). Dit wat jou gewete onrein maak gaan nie oor wat jy inneem, eet, higeine ens. nie, maar sonde maak mens onrein - dit wat uit jou hart kom - bv. slegte gedagtes/begeertes, lastertaal ens. (Matt. 15:118-20). Dus, alhoewel die wet anders lyk, is dit eintlik ditto wet wat op 'n veel uitnemender manier vervul word volgens Jesus se leringe en die leiding vd Heilige Gees - die "wet van vryheid" is 'N WET vir vryes. Die Christen is onder hierdie wet, wat beteken hy moet toesien dat hy wegbly van dit wat hom onrein maak, moet gedagtes verander, barmhartig wees, goeie bedink, ens. As jy dan nou "vry is van jou slaafskap onder sonde", dan moet jy tog nou soos iemand lewe wat vry is daarvan! 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Sekere wette onder die wet van Moses is steeds geldig, en ander word anders vervul (want "die wet" is nie ontbind nie - die Here se gebooie is steeds belangrik, Matt. 5:17-19).
Watter wette het nie verander nie?:
- wette teen sonde (bv. mag nie lieg nie, ens.), en 
- sekere ander wette wat dieselfde vervul word in die N.T. (bv. wette soos "mag nie bloed eet nie"). 
Watter wette word anders vervul?:
- sekere wette oor wat is rein en wat nie (bv. wette rondom kos, of hoe om rein te word van sonde);
- sekere wette oor wat is heilig en wat nie (bv. wat afgesonder is, bv. die weergeborene se liggaam is soos 'n tempel) . In elke bedeling is daar 'n wet, en in elkeen word die reëls neergelê. Bv., dit wil voorkom of die mens oorspronklik nie vleis geëet nie, maar na Noag se ark was hulle spesifiek toegelaat om ook vleis te eet. Net so, onder die wet van Moses was daar baie wette rondom wat die volk mag geeet het en wat nie, maar in die N.T. is ons nie onder al daardie wette nie;  maar dit beteken nie dat die wet van wat ons mag eet en wat nie, verval het nie!;  nee, daar is steeds wette rondom wat ons mag eet en wat nie, maar dit word ander vervul...;  bv., ons kan enige iets eet wat met danksegging en gebed ontvang word, maar word steeds belet om sekere goed te eet, bv. afgodsoffers, bloed, of iets te eet by 'n samekoms waar die voedsel tot aanstoot is van 'n broeder..., ens. Dus sien ons hoe reëls verander in verskillende bedelinge, alhoewel wette teen sonde nooit verander nie. Wat gesien is as sonde in die O.T., word steeds as sonde gesien in die N.T... 

'n Manier hoe hierdie somtyds beter verstaan kan word is deur te kyk na die begrip "wette", en te onderskei tussen 
- "wette teen sonde" (wat nooit verander nie)
- "vervulde wette(wette wat "anders vervul word in verskillende bedelings, bv. wette wat in die N.T. op 'n uitnemender manier vervul word as in die oue - die wet het nie verval nie maar word op 'n ander manier vervul), en 
- "mensgemaakte wette(wat baiemaal meer te doen het met kultuur, bv. die hoofbedekking, handewas voor ete, ens.). In die geval van mensgemaakte wette is dit nie dinge wat die Here noodwendig van ons VERWAG NIE, maar ook niks verkeerd as dit gehou word nie!,;  maar ons moet verstaan dat die onderhouding van mensgemaakte wette geen invloed het op 'n persoon se saligheid nie. Mensgemaakte wette gaan tot niet, maar die Here se wette gaan nooit tot niet nie (alhoewel dit somtyds verskillend vervul word in verskillende bedelings, en dit dus dan kan lyk of dit tot niet gegaan het, maar dit het nie - dit word net anders vervul). Wette teen sonde moet dus nie verwar word met wat vervulde wette kan wees nie...