Woensdag 29 Oktober 2025

Waarom is die wêreld besig om te breek?

Die Christen weet maar alte goed watter invloed sonde op die skepping het..., want die sondeval het nie net die mens beinvloed nie maar ook die skepping (Gen 3:17,18)(is 'n vloek op die land -Jes. 24:5,6);  bv., met die sondeval was dit onderwerp aan "nietigheid" (verganklikheid), en net soos die mens redding nodig het, so wag die skepping op "redding"! (Rom. 8:19-23). Die AARDE is VERVLOEK om die mens se ontwil (Gen. 3:17; Gen. 5:29)

Wat dit presies beteken is eerstens dat die skepping (net soos die mens) verganklik is... (te verstane waarom ons redding nodig het!, en so ook die skepping!)(Rom. 8:19-23) - wat op beurt tot gevolg het dat die seisoene, dae en temperature beïnvloed is (Gen. 8:21,22 ). Met die sondvloed was hierdie veronderstel om herstel te word..., maar die mens het egter gou teruggeval in verkeerde weë (Gen. 11). Ons moet dus verstaan die belangrikheid van die sondvloed, want deur die sondvloed is die land herstel (en bloedskuld in die land was betaal deur die bloed van 'n slegte en afvallige generasie wat almal bloedskuld op hulle gehad het). Die wêreld is weer besig om 'n plek te betree waar "die sonde vol word" en onbetaalde bloedskuld sal veroorsaak dit tot 'n einde gebring word. Die boek van Genesis leer ook vir ons waarna die vloek op die aarde verwys..., nl. dat die mens se arbeid en werk moeitevol geword het, want die aarde het nou dorings en distels voorgetbring (wat terloops dus 'n invloed het op die vrug van die aarde)(v.17,18). Dit is interessant hoe "dorings en distels" ook geestelik in die Skrif verwys na bv. sonde, verleiding en verkeerde begeertes, nietighede najaag ens..., want wanneer 'n gelowige "dorings en distels" oplewer, kan dit sy vrug verstik! (vgl. dit met die 3de groep in die gelykenis vd saaier).  

Sonde ontheilig die land (Jes. 24:5,6).  Die rede waarom die wêreld "breek" en diere wegkwyn het veral te doen met die sonde-toestand in die wêreld (Hos. 4:2,3 maak ook melding hiervan, dat bloedskuld so 'n effek het op die land en diere ) ( in die tyd van Dawid sien ons ook dat bloedskuld die rede was vir hongersnood in die land / 2 Sam. 2:21).  Die maat van bloedskuld in die wêreld is geweldig groot! (bestudeer gerus watter sondes bloedskuld veroorsaak, wat bv. o.a. verwys na moordpleeg, hoerery, ongehoorsaamheid aan ouers, bloedskande, geweld, onbarmhartigheid, ens.). Dit is die mens wat veroorsaak dat die skepping onder vloek is, en die mens veroorsaak dat die land ly;  en alhoewel ons baie dinge in plek stel om die wêreld beter te probeer maak, word die grootste probleem (nl. sonde) nie noodwending aangespreek nie! (inteendeel, baie sondes word eerder regverdig). Ons kan nie verwag dat 'n land "vol dorings en distels" a.g.v. die sondetoestand vir ewig kan hou nie;  nee, die uiteinde daarvan is vervloeking en uiteindelik, verbranding! (Hebr. 6:8). So, wat huidiglik met die aarde gebeur (bv. dat dit "breek" en die diere ly) is logies as ons kyk na die mate van afvalligheid wat huidiglik heers...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Des te meer sien ons hoe belangrik vergifnis van sonde en bekering is!, want nie net beïnvloed dit ons siel/gees nie maar dit kan ook herstel teweegbring in ons omgewing. Ons sien dus ook die belangrikheid van offers, 'n weg waar sondes bely en vergifnis ontvang kan word... - in die N.T. is Jesus Christus daardie offer (dus, moet glo in Hom).  Daar is baie onbetaalde bloedskuld in die wereld..., en net soos Kain se sonde/bloedskuld 'n invloed gehad het op die land waarop hy beweeg  (Gen 4:10-12), en bloedskuld in Dawid se tyd 'n invloed gehad het op die heilige land (nl. hongersnood, wat slegs herstel kon word sou daar vir die bloedskuld betaal word)(2 Sam. 2:21), net so het bloedskuld 'n invloed op die land waarop ons vandag beweeg as sondes nie vergewe word nie (en hierdie vergifnis is slegs verkrygbaar in Jesus Christus).  Geloof en vergifnis in die Here Jesus Christus kan inderdaad selfs jou omgewing herstel!, maar natuurlik logies gesproke nie geheel as jy tussen ongelowiges woon nie;  nietemin kan die gelowige op die Here staatmaak.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 
GEDAGTE:

Die realiteit is dat afvalligheid aan die orde van die dag is, en dit is dus geensins snaaks dat ons ons mag bevind in die laaste dae voor die einde nie (want dorings en distels deug naby vervloeking, en die uiteinde is verbranding/Hebr. 6:8). Wanneer Christus terugkom sal Hy inderdaad in vuur kom...  Hy kom om te oordeel en Hy sal alles nuutmaak en Sy troon opneem (die bloedskuld sal uitgevee word en die land sal herstel word).  As ons kyk na die huidige sondetoestand vd wêreld en hoeveel bloedskuld daar is in die wêreld, kan ons net die ergste verwag, want hoe groter die afval hoe meer sal die aarde breek... (Jes. 24:5,6  - "Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreekDaarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor").  Laat ons nie die Here kwalik neem vir dit wat ons self veroorsaak nie!, maar eerder besef hoe belangrik en hoe nodig ons vergifnis het. As jy dan iets wil doen vir die aarde, begin by jouself..., want wanneer die mens "skoon" is het dit ook 'n invloed op sy omgewing.  

As die mens nie die Here se manier van herstel aanneem nie, kan hy nie verwag dat hyself of die land herstel kan word nie. Om daardie rede was die sondvloed nodig...(en die vloek gebreek). Om daardie rede was die verwoesting van Sodom en Gomorra nodig (en die land skoongemaak). Om daardie rede was die met bloedskuld in die O.T. doodgemaak (om o.a. die invloed wat dit het op die land gehad het, te breek), eant die mens moet besef hoe belanrik 'n offer is vir sonde, en dus die belangrikheid van geloof in Jesus Christus en vergifnis wat slegs in Hom te kry is!  In die N.T. het die Here 'n veel uitnemender weg geskep (nl. deur Sy Seun te stuur) - offers wat nie oor en oor gebring hoef te word nie, en 'n offer wat ook vir bloedskuld betaal!;  maar as die wereld nie in die Seun van God, Jesus Christus, glo nie, word die bloedskuld net meer en meer en logies gesproke breek die aarde meer en meer. Hierdie is sekerlik een vd redes vir die vele oordele wanneer Jesus Christus terugkom (bv. die slag van Armageddon, die val van Babilon, die skeiding vd koring en onkruid, ens.), want nie net sal Hy wraak neem op Sy vyande nie, maar Hy sal ook alles nuut maak!  Ons verwag 'n herstelde aarde in die volgende bedeling en ook daarna...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Bestudeer gerus die volgende poste om hierdie tema beter te verstaan:
- "lewel vir 'n lewe" onder die pos "Bloed";

Maandag 13 Oktober 2025

Hoe naby is die Wederkoms?

Dat ons min of meer sal weet wanneer die tyd naby is van Jesus se wederkoms (veral nadat die offer afgeskaf en gruwel opgerig is), is beslis so; maar ons weet die dag en uur nie, en niemand kan dit uitwerk nie (neem ag op Jesus se woorde in Matt. 24:36,42; 25:13; Mark. 13:32).  Ja, baie feite word vir ons in die Skrif gegee, maar laat ons nie mislei word en die dag en uur probeer raai nie;  en selfs, al verkyn 'n engel aan jou om jou die tyding te gee, moet dit nie glo nie, want Jesus self het gesê dat niemand die dag en uur weet behalwe die Vader nie (en terloops, Hy't gesê die engele weet dit ook nie / Mat 24:36 - "Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen"). Ook moet ons besef dat Jesus self dit ook nie vir ons sal sê nie (bv. deur 'n droom of hoe ookal), want Hy weet ook nie vooraf die dag en uur nie! (net die Vader weet). 

Wat eindtyd studies aanbetref is dit maklik om foute te maak, en die rede hiervoor is baiemaal omdat feite nie in ag geneem word nie of leringe gebou word op afgleidings. Dit is dus belangrik dat ons hou by die feite wat wel vir ons gegee word, en dit wat afleidings is moet ook so hanteer word. Ons kan natuurlik ons interpretasies met mekaar deel, maar moet versigtig wees om alles wat vir ons geleer word oor die eindtye, te sien as feite. Wat eindtyd studies aanbetref, moet broers en susters ook geduldig wees met mekaar en verstaan dat daar ook somtyds foute gemaak word, dit is egter 'n ander saak wanneer die woorde "die tyd is naby" gebruik word in konteks van 'n valse messias wat ingelei word (Matt. 24:5)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Die Skrif gee vir ons 'n goeie idee van min of meer wanneer die wederkoms sal plaasvind, maar die gelowige moet altyd leef asof die wederkoms van die Here naby is... (Jak. 5:8; 1 Joh. 2:28,29; 1 Tim. 6:14; 1 Thess. 1:10; ens.). 

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde in die Skrif, moontlike tekens wat as aanduiding kan dien van wanneer die tyd van Jesus se terugkoms naby is:

- Matt. 24:29-31:  Jesus het geleer dat die wederkoms (v.30) eers NA die groot verdrukking sal plaasvind, en ook NA sekere gebeure wat Hy daar genoem het... (v.29). IN HIERDIE GEVAL WORD BESKRYF DAT DIE WEDERKOMS EERS SAL PLAASVIND NA DIE GROOT VERDRUKKING EN SEKERE ANDER GEBEURE ... (wat lyk of dit die 6de seel gebeure beskryf) - volgens Matt. 24 sal die wederkoms plaasvind na die volgende gebeure: -nl., die groot verdrukking, en dan:  die son sal verduister, die maan sal sy glans nie gee nie, die sterre sal van die hemel sal val, en die kragte van die hemele sal geskud word. As Jesus dan inderdaad hier die 6de seel beskryf (nl. dit wat na die groot verdrukking daar beskryf word) kan dit dus ook vgl. word met Openb. 6:12-17 (nl. groot aardbewing, son swart soos ‘n harige sak, maan word soos bloed, sterre van die hemel val op die aarde soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, hemel wyk weg soos ‘n boek wat toegerol word, die berge en eilande is uit hulle plekke versit; mense steek hullself wet en is bang vir die toorn vd Lam).  Slotsom: AS IEMAND WIL BEWEER DAT DIE WEDERKOMS OM DIE DRAAI IS, DAN MOES HIERDIE DINGE AL GEBEUR HET... Die vraag is, het dit? 

- 1 Thess. 4:13-17:  Volgens v.14 sal Jesus die wat in Hom ontslaap het (maw daardie mense se geeste, want die liggaam het vergaan in die graf) saam met Hom bring... M.a.w., met Sy wederkoms (v. 14,15) sal Hy hulle saambring, en dan sal hulle liggame opstaan en verander word (hulle sal nuwe liggame kry-geestelike liggame/v. 17); en daarna sal die Christene wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom, se liggame in 'n oogwink verander word (hulle sal ook nuwe liggame kry, meer bekend as "die wegraping")(v. 15-17)(terloops, ook in 1 Kor. 15:51-57 word die opstanding en wegraping beskryf as iets wat mekaar opvolg... (v. 51,52) ; maw., die wegraping sal nie plaasvind voor die opstanding nie eers plaasvind nie - vir 'n studie hieroor, gaan na:https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html ). MAW, WAT HIER VIR ONS BESKRYF WORD IS DAT DIE OPSTANDING (EN DAARNA DIE WEGRAPING) PLAASVIND WANNEER JESUS TERUKOM...; - hierdie is nie 'n aanduiding van wanneer die wederkoms plaasvind nie, maar die volgorde is belangrik om hier te verstaan. Sommige kerke leer dat die wederkoms in twee dele geskied en die wegraping plaasvind op die eerste deel vd wederkoms, voor die groot verdrukking - maar neem kennis dat die opstanding plaasvind voor die wegraping, en neem ook kennis dat die versameling vd uitverkorenes uit die 4 windstreke beskryf word as iets wat gebeur NA die groot verdrukking! Slotsom: Dit is dus belangrik om te verstaan dat DIE GROOT VERDRUKKING (wat terloops voorkom of dit onder die 5de seel gebeur) ASOOK DIE ANDER MATT. 24:29 GEBEURE PLAASVIND VOOR DIE WEDERKOMS EN OPSTANDING/EN WEGRAPING... Maw, as die groot verdrukking en daardie gebeure nog nie plaasgevind het nie, gaan die wederkoms ook nog nie plaasvind nie.

- 1 Kor. 15:51,52:  Ons weet nie die dag en uur wanneer die wederkoms plaasvind nie, maar ons weet dat die opstanding sal plaasvind by die LAASTE BASUIN (v. 52)... In ander woorde, die wederkoms gaan by die laaste basuin plaasvind (want die opstanding volg net daarna). Hierdie laaste basuin verwys bes moontlik na die 7de basuin onder die 7de seel - Openb. 10:7 verklaar ook dat wanneer die 7de basuin blaas die verborgenheid van God volbring is... (na watter verborgenheid hier verwys word is natuurlik 'n punt van interpretasie, maar dit kan o.a. vgl. word met 1 Kor. 15:51). As dit inderdaad is waarna Paulus hier verwys, dan vind die opstanding plaas by die laaste basuin (onder die 7de seel) - wat ook op beurt beteken dat die groot verdrukking (onder die 5de seel) dan al verby is..., asook die 6de seel! Slotsom:  DIE WEDERKOMS GAAN BY DIE LAASTE BASUIN PLAASVIND (want die opstanding vind dan plaas)(NS: as dit verwys na die 7de basuin onder die 7de seel, dan is dit duidelik dat die groot verdrukking wat onder die 5de seel plaasvind, asook die 6de seel, alreeds verby is - hierdie interpretasie klop terloops ook met die interpretasie vd boek van Openbaring).

- 2 Thess. 2:1-8:  In 2 Thess. word ook 'n paar gebeure in volgorde beskryf..., nl. (1) eers die afval, (2) dan sal die seun van verderf geopenbaar word, en (3) dan daarna die wederkoms. Slotsom: DIE WEDERKOMS SAL NIE PLAASVIND VOOR DIE SEUN VAN VERDERF GEOPENBAAR IS NIE.  Nog 'n teken word in v.4 gegee, nl. die teestander wat hom verhef bo al wat God genoem word...,  sal in die tempel van God as God sit en voorgee hy's God. Ons het reeds gesien dat die seun van verderf eers geopenbaar sal word voor die wederkoms plaasvind - as hy in die "tempel van God" gaan sit (en voorgee hy's God), dan moet die tempel ook al gebou wees voor die wederkoms plaasvind! Slotsom:  DIE WEDERKOMS GAAN NIE PLAASVIND VOOR DIE TEMPEL GEBOU IS (en die seun van verderf geopenbaar word) NIE (vgl. hierdie met Openb. 10-13).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------



Dinsdag 10 Junie 2025

Hare op die tande hê

Ons voorouers was slim mense.  Hulle het verstaan die belangrikheid van wysheidspreuke en hoe dit kinders se persepsie vd lewe beïnvloed.  Een so 'n Afrikaanse spreekwoord is die van "hare op die tande hê" wat verwys na iemand met deursettingsvermoë. Die spreekwoord "hare op die tande" kom van 'n groep gevreesde Switserse huursoldate met woeste snorre (wat hulle lippe grotendeels verberg het) - dit het behoorlik gelyk of hulle "hare op die tande het".  Hierdie soldate was bekend as kranige, onverskrokke krygers wat vir niemand gestuit het nie. Iemand met "hare op die tande" verwys na iemand wat sy man kan staan, selfs durf wat ander nie durf nie!
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Christene moet ook somtyds "hare op die tande hê" en onverskrokke wees t.o.v. die waarheid. Hulle stap in geloof en is soos mense met 'n misie!, wat kranig voortgaan tot hulle hul doel bereik... Ten spyte van wat ander glo, sien, of doen, moet die Christen moed hê om vas te hou aan die Here se woorde en waarheid (al is dit te midde van verdrukking), moed hê om barmhartig te wees (al word hulle onbarmhartig hanteer), moed hê om reg te doen (al doen almal rondom hom verkeerd), moed hê om die evangelie te verkondig (al word dit verdraai of is dit nie logies vir ander nie), moed hê om die Here te bly vertrou (al hou mede-gelowiges op om dit te doen). Hierdie soortvan "uithou" en "aanhou" is nie altyd maklik nie, want in vandag se lewe word jy sommer as hardkoppig bestempel sou jy staan op jou geloof. Jy word bespot, somtyds leuens oor jou versprei, lelik van jou gepraat... Hierdie is alles ook dinge wat Jesus en Sy dissipels ervaar het - hulle is goeie vb.e van mense wat hulle "man kon staan"!, want hulle was onverskrokke t.o.v. die waarheid en het soos dapper soldate in geloof gedurf wat ander nie durf nie. Te midde van somtyds blinde (kerk)leiers of mense wat hulle rug op die Here en die geloof gedraai het, het Jesus die waarheid aanhou spreek. Selfs baie van die Fariseërs en Skrifgeleerdes (leiers van hulle tyd) het baiemaal van Hom verskil en eerder menslike gebooie verkondig as die waarheid, maar Jesus het nie geskroom om uit te wys wat werklik die waarheid is nie. Hy het gehoorsaam gebly aan die Vader en kranig Sy doel bereik, ten spyte van verdrukking en leuens wat oor Hom versprei is. Hulle was gemeen, het Hom bespot, het Hom voorgestel as vals, en het Hom selfs doodgemaak!, maar Jesus het uitgehou en aangehou (en Sy doel bereik) - Hy het oorwin. As ons ook oorwinnaars wil wees, moet ons dieselfde soort houding toon deur aan te hou en vas te hou aan die geloof.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

Jesus het baie gepraat oor die belangrikheid van uithou (vashou/aanhou/oorwin), en om dit te kan doen moet ons baiemaal hare op die tande hê. Hierdie is nie bloot 'n opsie nie, maar dit word eintlik van elke Christen verwag! Maar natuurlik gaan dit oor waaraan ons vashou... (bv. wat lering aanbetref, evangelie, die belydenis en die hoop...-Tit. 1:9; Hebr. 4:14; 10:23; 1 Kor. 11:2; 15:1,2), want as Christene vashou aan valse leerstellings of die evangelie of leringe verdraai om te glo wat hulle wil en sondes te regverdig, is hulle nie besig om "VAS TE HOU" (aan die Here/waarheid/evangelie) nie (Openb. 2:14,15). Baiemaal volg Christene blinde leiers of hou vas aan wat hulle kerk leer, maar as daardie leringe nie die waarheid is nie kan hulle "vashou" nie vir hulle vrug oplewer nie. Dit is belangrik om "reg te sien" (in ander woorde, om soos die Here te sien). Ons sien baiemaal hierdie afspeel tussen Christene, waar verskillende groepe nie met mekaar saamstem nie... - hierdie is wat gebeur wanneer een groep nie ag gee op die waarheid en Jesus se woorde nie (maw, beide groepe is Christene, maar die een groep hou vas aan Jesus se woorde en die ander nie). Ons moet seker maak dat dit waaraan ons so vreeslik VASHOU inderdaad die waarheid en die opregte evangelie is!; bv., ons moet onsself afvra of dit wat ons glo of wat ons kerk leer, inderdaad is wat Jesus geleer het? 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Is die Christen onder 'n wet? (3)

 Vir die eerste twee dagstukkies oor hierdie onderwerp, gaan na: 

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/05/werke.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2023/06/is-die-christen-onder-n-wet-2.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die onderhouding van wette word logies gesien as "werke".  Baie Christene glo dat hulle onder geen wet is in die koninkryk van God nie want daar word somtyds verkeerdelik geleer dat werke geen invloed het op saligheid nie;  tog leer Jakobus dat geloof sonder werke dood is... (Jak. 2:20,26), en leer verder dat ons OOK  geregverdig word uit werke, nie alleen uit die geloof nie! (Jak. 2:24 - "Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?"). Niemand kan deur werke alleen gered word nie en die Christen is nie onder die wet van Moses nie, ja, maar die vraag is nou of daar enige werke vd Christen verwag word?;  en of werke saligheid kan beïnvloed?  En die antwoord is, JA!, want alhoewel ons deur geloof gered word (en nie deur werke nie), beteken dit nie dat die Christen onder geen wet is nie... - werke is immers 'n bewys dat iemand glo! As ons verstaan wat geloof beteken, sal ons verstaan hoe belangrik werke is (Jak. 2:18-20 - "Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?"). -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons word deur geloof (in Jesus Christus) gered (dit is deur geloof wat ons redding ontvang) en ja, beslis nie deur die wet van Moses nie, maar dit beteken nie dat daar geen werke van die Christen verwag word nie (Gal. 2:16-21). Niemand kan saligheid ontvang deur werke nie; maar let ook daarop dat niemand kan saligheid ontvang deur "geloof alleen" nie!, want geloof is dood sonder werke... (geloof is nie slegs 'n belydenis soos baie vandag glo nie). Ons moet dus verstaan wat geloof beteken, want jou werke (en dus jou vrug) sal bewys of jy GLO of nie.  Weergeborenes het wel die belofte van saligheid en hulle innerlike mens is alreeds vernuwe (wat beteken dat hulle instaat is om "vrug tot lewe" te dra), maar let wel dat saligheid eers volkome voltrek word in die opstanding (wanneer die uiterlike ook vernuwe word). Jesus het verklaar dat die wat goed gedoen het sal opstaan tot lewe, maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling... (Joh 5:29). Ja, jy het reg gehoor, sommige kinders vd Koninkryk sal eendag veroordeel word (en hierdie was terloops nie die enigste geval waar Jesus oor hierdie onderwerp gepraat het nie). Nie alle kinders van Koninkryk is goeie visse nie, en nie alle kinders vd Koninkryk sal ingaan in die Koninkryk nie... (Matt. 13:50; 25:30; 8:12; 24:51; 2 Thess. 1:8,9; Luk. 13:27,28)(Joh. 15:6/vgl. met tweede en derde groep in die gelykenis vd saaier). Wanneer Jesus Christus terugkom sal die goeie visse van die slegtes geskei word... (Matt. 13:47-50) - hierdie is nie iets wat deur 'n kerk uitgedink is nie, maar iets wat Jesus self gesê het. ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Werke is dus belangrik!, want werke (bv. "om te bly in Christus" , "om jou te bekeer tot die manier hoe die Here sien", "om eerste die koninkryk te soek", "om te bekeer van sonde", "om gehoorsaam te wees aan die Gees", .....ens.) bewys wie glo en wie nie, en beïnvloed terloops vrug (wat wys wie is goeie visse en wie is slegte visse). Hierdie is baie in die eerste gemeentes geleer rondom geloof, maar in die dae waarin ons lewe is baie van hierdie waarhede verander. Werke is belangrik;  of anders gestel, in die koninkryk van God is gehoorsaamheid aan die Wetgewer belangrik! (gehoorsaamheid aan die Een deur wie jy losgekoop is en aan wie jy nou behoort).  Christene is slawe van die Een deur wie hulle losgekoop is - as ons dit nie verstaan nie verstaan ons maar min van wat GELOOF beteken. Ons moet seker maak ons verstaan wat dit beteken "om te glo" in Jesus Christus" (wat basies beteken dat jy Hom vertrou, Hom raadpleeg, Hom gehoorsaam, Hom dien...).  Bv., verstaan jy dat dit beteken jy glo in Sy woorde?, glo in wie Hy is?, Hom vrees en eer en dus gehoorsaam is aan Hom? Verstaan jy dat as jy losgekoop is deur Hom en dus nou aan Hom behoort  (is soos 'n slaaf van Hom?, want dit gaan oor aan wie jy gehoorsaam is/1 Kor. 7:22). Verstaan jy dat as Hy jou Sy Gees gee, jy dan onder die "wet van die Gees" is? (ook genoem "wet van vryheid" - vry van slaafskap onder sonde, en vry daarvan om die wet van Moses te dien, maar is nou onder die Gees... - 'n wet waaronder weergeborenes is en beteken dat hulle onderdanig is aan die Gees/Rom. 8:2; 7:6). Maklik om te bely jy glo in Jesus Christus, maar weet jy wat presies dit beteken om in Hom te GLO?, want geloof is nie net 'n belydenis nie----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- As geloof sonder werke dood is, dan moet ons vra na waarna "werke" hier verwys, want duidelik verwys hierdie werke wat van die Christen verwag word, nie na die werke van die wet van Moses nie (Gal. 5:18; Rom. 6:15). Wanneer dit kom by die tema van "werke" kan ons onderskei tussen verskillende "werke" in die Skrif;  bv., onderskei tussen 

-"werke vd wet" ("onder die wet van Moses"), 
-"werke wat bewys dat iemand glo" (bv. "die wet van vryheid" - Christene is slawe van Christus want hulle is deur Hom losgekoop en is dus aan Hom en aan Sy Gees gehoorsaam) (gaan oor gehoorsaamheid aan Christus), en 
-"werke wat deur die Here aan Sy kinders uitgedeel word om te doen" (bv. bedieninge en ander werke in die koninkryk van God). 

Christene is onder Jesus / maw, onder Sy Gees... (onder die wet vd Gees - moet die Gees gehoorsaam). Die Skrif leer bv. dat weergeborenes onder die "wet van vryheid" is (wat terloops 'n wet is!)(Matt. 5:17-20)(Jak. 1:25  - "Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen")(Jak.2:12  - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word").Ons is in 'n nuwe bedeling, maar wet is nie tot niet nie - die Here se wette geld natuurlik steeds (al word dit anders vervul, soos gewoonlik gebeur in verskillende bedelings) . 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

'n Boom word aan sy vrugte geken... Vrug is 'n bewys van wat se soort "boom" iemand is (bv. "vrug" getuig of iemand die Here gehoorsaam of nie), en verwys tipies na dinge soos hoe iemand praat of optree, doen hy die wil van die Here, ens. VRUG is dus ook 'n getuienis van of iemand die Heilige Gees het en gehoorsaam... - in die Skrif word hierna verwys as "vrugte vd Gees". M.a.w., sekere dinge kan as teken dien dat iemand die Heilige Gees het..., bv. vrugte wat bestaan in alle goedheid, geregtigheid en waarheid -  liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing, ens. (Gal. 5:22; Ef. 5:9). Daar is altyd 'n duidelike verandering in iemand se lewe wanneer hy/sy die Heilige Gees ontvang.  Dit is ongelukkig so dat sommige van hierdie begrippe se betekenis baie verander het in die tyd waarin ons lewe;  bv. die manier hoe liefde beskryf word, net soos "geloof" 'n ander betekenis gekry het oor die jare (slegte vrug van die wat vals is lyk soos die ware jakob, maar is nie!);  daarom het sommige slegs 'n gedaante van godsaligheid, en as iemand se begrip verkeerd is kan dit voorkom soos vrug vd Gees terwyl dit dan nie is nie). Kom ons kyk na 'n paar WERKE onder die wet van vyheid (m.a.w., werke van die wat gehoorsaam is aan Christus en aan die Heilige Gees):

-  HULLE GEE AG OP JESUS CHRISTUS SE WOORDE

(Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.).  Die wat nie werklik glo nie sal Jesus se woorde bevraagteken en liewer glo wat hulle wil of leermeesters vergader wat hulle in die gehoor streel. As iemand bely dat hy glo in Jesus, moet hy tog in Sy woorde ook glo! As iemand nie in Jesus Christus se leringe glo nie, dan glo hy nie werklik nie. 

- HULLE GETUIG VAN HOM, of IS VRYMOEDIG OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG

( Hand. 1:8)  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.   (Hand. 4:31)  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek). Hierdie is gewoonlik baie sigbaar by die wat die Heilige Gees ontvang! Almal het nie altyd dieselfde vrymoedigheid nie (want die hoeveelheid krag wat iemand vd Gees ontvang speel natuurlik ook 'n rol), maar mense wat die Heilige Gees het praat graag oor Jesus Christus of wat Hy vir hulle gedoen het of vir hulle leer, en wil he dat ander Hom ook ken.

- HULLE WEET DAT HULLE DIE GEES HET - HULLE KEN DIE GEES

(Joh 14:17)  die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees). Mense wat die Heilige Gees (die Gees van waarheid) het, weet wat die waarheid is! - hulle is lief vir die waarheid, stem saam met die waarheid, en staan nie in die pad van die wat die waarheid verkondig nie.

- HULLE BEGIN STAP IN DIE GAWES en BEDIENINGE VD GEES

(Hand. 2:17)  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.   (Act 2:4)  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek)(1 Kor. 12; Rom. 12; Ef. 4). Mense wat die Heilige Gees ontvang, ontvang gawes en bedieninge vd Gees om te gebruik in die koninkryk van God (bv. tot stigting en uitbreiding, op dit wat nuttig is).  Die wat die Gees ontvang word ingedoop in die "Liggaam van Christus", en begin tree op soos 'n deel vd liggaam..., bv. oog of hand of voet ens.  - voete van bereidheid om die evangelie te verkondig (bv. evangelis), hand (bv. helpers, uitdeel, gawe van gesondmaking), mond (bv. profeet, gawe van profesie, gawe van tale), kop (bv. herders, regeringe, voorgangers), neus (bv. gawe van onderskeiding van geeste), oog (bv. leraar, gawe van wysheid), oor (bv, gawe van kennis).......ens. Weldra kry elke geredde iets wat die Gees hom gee om te doen. Dit mag miskien nie soos werke voel nie! (want in werklikheid, vir die weergeborene, word die wil van die Here ook sy eie begeerte omdat hy nie meer onder slaafskap van sonde is nie), maar dit beteken nie dat dit nie "werke" is nie!
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 27 Mei 2025

Pasop vir valse profete

Profete is mense deur die Here geroep, wat Sy woord bring op 'n tyd en plek... Die profetiese bediening is inderdaad 'n belangrike bediening in die kerk en 'n manier waarop die Here met Sy volk praat; maar wees gewaarsku, want nie almal wat deurgaan vir "profete" ken die Here en is inderdaad deur Hom gestuur nie... (Matt. 7:15-21; 2 Kron. 18; 1 Kon. 13; ens.). Bv., nie almal in die kerk wat sê "God spreek" of "die Here sê" verkondig inderdaad woorde wat van die Here kom nie. Ons moet veral bedag wees hierop want Jesus het geleer dat in die laaste dae baie valse profete sal opstaan. Die vraag is nou, hoe onderskei ons tussen wie is waar en wie is vals? - hoe onderskei ons tussen die ware en die valse profeet?

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons kan begin deur te kyk wat Jesus vir ons geleer het oor valse profete. Daar is 'n manier hoe valses erken kan word:

-(1)  Hulle is Slegte bome (Matt. 7:17), en hulle VRUG getuig dat hulle "slegte bome" is (Matt. 12:33). In die Skrif word die gelowige baiemaal voorgestel soos 'n boom wat groei en vrug dra - valse profete se vrug is "sleg"! Hulle dra vrug, ja, maar dit is sleg! - hulle vrug lyk dus soos die ware Jakob, maar dit is nie bruikbaar nie... HIERDIE MENSE KAN AAN HULLE WOORDE EN OPTREDE HERKEN WORD, want hulle vrug kom voor soos goeie vrug "maar is nie bruikbaar nie"- kan nie geeet word nie! (hulle word bv. o.a. "waterlose fonteine" genoem in 2 pet. 2:17, of "waterlose wolke" in Jud. 1:12 - hulle kom voor of hulle die geestelike water gee wat ons nodig het, maar hulle doen nie).  In Matt. 12:34 verwys Jesus o.a. na hierdie slegte bome as "addergeslag" (giftige slang-geslag), want dit wat hulle gee is eintlik soos gif... - dit wat hulle praat wys bv. dat hulle sleg is (Matt. 12:34; 15:18)(hulle verdraai die waarheid en verkondig leuens, soos die duiwel/slang doen). 'n Valse profeet sal oor dieselfde dinge praat as die Christen, maar sy vrug is sleg... - sy interpretasie oor daardie onderwerp is m.a.w. nie dieselfde nie maar eerder 'n siening wat uit homself kom of van die wereld (en kan soos gif wees). Vgl. dit met Paulus se woorde in Hand. 20:29 van wat hy sê van die wolwe - is dat hulle "verkeerde dinge praat"! (uit die oorvloed van die hart praat die mond...-Matt. 12:34). Valse profete tree op in die Naam van die Here asof Hy hulle gestuur het (bv. profeteer, dryf duiwels uit, en doen kragte...), maar in werklikheid is hulle besig om voor te gee - hulle is nie deur Hom gestuur nie! (is "geveinsdes"/Matt. 15:7-9).  En die rede waarom hulle dit doen is om mense te verlei en mislei.  Die uiteinde van valses is: -uit hulle WOORDE sal hulle eendag veroordeel word (Matt. 12:36,37).  

-(2)  Hulle het Dorings en distels (Matt. 7:16). Die met dorings en distels verwys na mense wat "onder die dorings saai" - dit verwys nie noodwendig na valses nie, maar wel na skape wat afdwaal - die gevolg is dat hulle vrug verstik word (en dus, hulle kan nie vrug dra nie of verloor hulle vrug...)(Jer. 4:3; Jes. 5:6; Spr. 15:19; 22:5; Matt. 13:7,22). Vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier wat verwys na kinders van die Koninkryk, maar dorings in hulle lewens veroorsaak dat hulle hul vrug kan verloor en sonder vrug opeindig... (Luk. 8:14; Matt. 13:22). Maw, dorings verstik vrug... - in die gelykenis vd saaier word vir ons geleer waarna "dorings" verwys (bv. dit verwys na daardie kinders vd koninkryk wat nie die koninkryk eerste soek nie, maar liewer "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe"). Valse profete toon dieselfde kenmerke, en dit is dat hulle nie die Koninkryk eerste soek nie. Dit wil nie sê dat almal met dorings vals is nie!, maar dit is een vd kenmerke van 'n valse. Bv., as iemand met 'n profetiese bediening wêreldse rykdom eerder begeer in plaas van "om ryk te word in die Here", is dit soos 'n doring in sy lewe... - dit is duidelik wat in die lewe vir diesulkes belangrik is, en hulle word o.a. geklassifiseer onder die groep "liefhebbers van hulleself "(2 Tim. 3:2).  Bv., een vd redes waarom hulle mense mislei (deur sg. vrug te dra wat goed lyk) is om gesien of geëer te word! (Matt. 6:2,5,16). Hulle wil nie dien nie, maar wil gedien word,  en wanneer hulle wel "dien" is dit omdat dit tot voordeel is van hulleself. 

-(3)  Hulle dra Slegte vrugte (Matt. 7:18). Hulle mag dalk op die oog voorkom as goed, maar hulle vrug sal gou getuig dat hulle nie goeie mense is nie... (hulle harte bring slegte dinge voort-Matt. 12:35)(bv. vol allerhande begeerlikhede wat terloops as volg beskryf word in 2 Tim. 3:1-5... - bandeloos, tree roekeloos op, is sonder liefde vir die goeie, sonder natuurlike liefde, is onversoenlik, onheilig, grootpraters, trotsaards, gelgieriges, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God). (1) Hulle het óf (1) nog nooit begin om die Here te dien nie (maw, hulle dien nog die sonde, en daarom praat hulle soos die wereld), óf (2) hulle het teruggeval...  Ons weet waarna goeie vrugte verwys..., so dit is seker nie moeilik om te verstaan waarna "slegte vrug" verwys nie, want wanneer 'n vrug sleg is beteken dit nie dat dit 'n ander soort vrug is nie, maar ditto maar sleg... - dit is m.a.w. ditto vrug... (bv. geloof, barmhartigheid, vrede, liefde, ens.), maar is sleg! (bv., asof hy glo, maar sy vrug wys dat hy nie werklik glo nie...). Valse profete is soos akteurs - hulle speel die rol van profete, maar is nie werklik profete nie, en die manier om hulle uit te ken is aan hulle VRUG (bv.,  as die Here jou regtig gestuur het, sal jy ten minste dieselfde verkondig as die waarheid en as Jesus se woorde, maar die valse profeet verkondig 'n verdraaide waarheid of die leuen). Jesus het ook o.a. na diesulkes verwys as "geveinsdes" (Matt. 23:27,29; 24:51; Mark. 7:6; Luk. 11:44; ens.)(mense wat voorgee) - hulle gee voor hulle het vrede en geloof en is lief vir die Here en het kennis van die Here ens., maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig vrede het of glo nie, bv. glo nie werklik in Jesus se woorde (die waarheid) nie. Hulle wys gou dat hulle kennis eintlik woorde van die wereld is of uit ander bronne verkry is (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8) of uit hulleself kom! (Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). Hulle kom bv. voor dat hulle barmhartig en liefdadig is, maar doen dit eintlik vir hulleself nl. "om geëer  te word"... (Matt. 6:2,5,16; 23:23). Hulle sal voorgee dat hulle die Here ken, bv. om te staan en bid waar alle oë op hulle is, maar doen dit vir hulleself nl. "om gesien te word"... (Matt. 6:5). Hulle gee voor dat hulle in Jesus glo, maar versoek/toets Hom (Matt. 16:1-4; 22:19) en staan in die pad van die wat Jesus se leringe verkondig... (Matt. 15:7; 23:13). Hulle gee voor dat hulle vir die Here werk, maar doen hulle eie wil... (Matt. 23:51; Matt. 16:3). Hulle gee voor dat hulle vir die Here tyd maak, bv. om te vas, maar dit is eintlik net toneelspel... (Matt. 6:16; 15:7,8). Hulle gee voor dat hulle die kennis van die Here het, maar leer gebooie van mense en praat verkeerde dinge... (Matt. 15:9; Hand. 20:30; Matt. 7:15-23).  Kortom, hulle is liefhebbers van hulleself! (2 Tim. 3:2).

-(4)  Hulle is Roofsugtige Wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15). Hierdie mense is nie noodwendig "insgesluiptes" (Hand. 20:29) nie, maar is somtyds deel van die kinders van die Koninkryk (Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:30) - hulle is nie "skape" (regverdiges en barmhartiges) nie, maar is "wolwe" ('n term wat gebruik word om te verwys na die onregverdiges en onbarmhartiges-Matt. 25). L.w., hulle verwys nie na dwalende of verlore skape (wat gesoek en teruggeroep kan word asof hulle hul harte sal versag) nie, maar is "roofsugtig" (is uit om te "verskeur" en hulle pers mense af) en wreed - die waarheid sal hulle nie noodwendig tot insig bring nie... Een van wolwe/valse profete se kenmerke is bv. dat hulle "verkeerde dinge praat" (Hand. 20:29,30) en mense daardeur probeer mislei (maw, hulle is opsetlik vals!, nie omdat hulle "dwaal" nie...). Hulle word ook o.a. "wreed" genoem want hulle is swaar op die kudde en spaar nie die skape nie (Hand. 20:29). In Eseg. 22:27 word "wolwe" beskryf as mense wat die kudde sien soos prooi (wil hulle verskeur- Eseg. 22:27; Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:29)), en ook beskryf as die met bloedskuld en wat onregverdige wins maak (vgl. dit met Judas 1, waar hierdie mense o.a. gekenmerk word as "goddeloses" (die wat nie die wil van die Here doen nie maar hulle eie wil)(Jud. 1:4). 

Kom ons kyk ook wat ons in 'n paar ander skrifte kan leer oor valse profete:

(5) Hulle is "VERLEIERS" want hulle is daarop uit om die skape te MISLEI.  Jesus het o.a. ook geleer dat diesulkes selfs tekens doen om hierdie doel te bereik... (Matt. 24:11,24; Mark. 13:22)(Openb. 19:20). Valse profete en valse leraars voer verderflike ketterye heimlik in die kerk in, met die doel om ander sover te kry om hulle verderflikhede na te volg (2 Pet. 2:1,2), en op dieselfde tyd trek hulleself baie voordeel uit die kudde (2 Pet. 2:3).

(6) Hulle is KWAADSPREKERS - hierdie is 'n tipiese kenmerk van die wat vals is, is dat hulle LASTER..., en hulle isdie rede waarom die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2). Hulle gebruik hierdie metode (nl. kwaadspreek en laster) om mense te verlei (sodat hulle bv. liewer in hulle glo as in die waarheid )(hulle spreek kwaad van die weg en die wat die waarheid verkondig). Valse profete kan maklik aan hierdie gekenmerk word, is die feit dat hulle gewoonlik opstaan teen die wat die waarheid verkondig en 'n ander "waarheid" (wat verdraai of of vals is) bring (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24) - sulke mense is altyd aan die leer maar kom  nooit tot kennis van die waarheid nie"! (2 Tim. 3:5-8), en die rede hiervoor is natuurlik omdat hulle eerder hulle eie of ander sieninge glo. In ander woorde, hulle gee voor dat hulle glo, maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig glo in die waarheid of in Jesus se woorde nie. 

 ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat is die uiteinde van  VALSE PROFETE? (Matt. 7:19; 2 Pet. 2:3)(Heb 6:8 - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Valse profete PROFETEER VALS... (Jes. 5:31; Jer. 29:8,9).  Hulle bedrieg mense deur voor te gee dat hulle die Here ken en deur Hom gestuur is, maar hulle is nie - hulle eintlike doel is om gedien te word, en wil hê mense moet hulle volg...)(Matt. 24:11,14). Ons weet hierdie maar te goed, maar hoekom word hierdie mense somtyds toegelaat in die kerk?  

Volgens. Jes. 5:31 is dit presies wat sommige kinders van die Koninkryk wil hê!, is valse profesie...;  maar hoekom? Die laaste dae word beskryf as 'n tyd waarin die mense "die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:3). Hierdie valse profete word maw baiemaal ontvang omdat hulle preek wat die mense graag eerder wil hoor... (nie wat die waarheid is nie).  Dit wys vir ons die toestand van so 'n kerk. Kyk ook die woorde in v.4: "en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels"... - valse profete word gewoonlik 'n opening gegee waar kinders van die Koninkryk wederstrewig is en nie die wet van die Here wil hoor nie (Jes. 30:10). Hulle sal die wat die waarheid verkondig, stilmaak (Jes. 30:10), maar sal die wat hulle in die gehoor streel en vleitaal spreek en bedrieëry profeteer, hartlik ontvang en goed van hulle praat (Jes. 30:10; Luk. 6:26). Baie tipiese kenmerke staan uit van sulke kerke..., en dit is dat die ongeregtigheid vermeerder en die liefde van meeste verkoel (Matt. 24:12). PASOP VIR 'N KERK WAT VALSE PROFETE TOELAAT, WANT KORT VOOR LANK BEGIN JY DALK SELF IN FABELS GLO! Hierdie valse profete verloën die Here en trek baie voordeel uit die kudde... (bv. deur hulle verdigte woorde)(2 Pet. 2:22). Ons kan sien hoe baie die kerk al mislei is, want vele dinge word bv. vandag alreeds reg genoem wat eintlik verkeerd is, en hierdie is een van die gevolge van sulke misleiding... (Openb. 2:20,21). Kyk maar hoeveel leringe van duiwels word vandag aangehang deur sommige Christene (1 Tim. 4:1).

Matt. 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei". Baie mense is vandag mislei om die leuen te glo..., en dit is duidelik dat ons in so 'n tyd is want die weg van die waarheid word baie gelaster ('n teken daarvan - 2 Pet. 2:3).  Vele verderflike ketterye is ook al heimlik ingevoer in die kerk (2Pe 2:1,2). Ons moet verstaan dat die wat "vals profeteer" en kwaadspreek van die wat die waarheid verkondig, NIE DEUR DIE HERE GESTUUR is NIE: (Jer 29:9 - "Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE").  Hulle doel is om die uitverkorenes te probeer verlei en dus voor te gee dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie. Hulle kry hulle woorde van ander bronne, somtyds deur drome of deur verbode heidense praktyke soos towery (Hand. 13:6) of waarseêry (Jer. 29:8), of uit hulle eie hart! Ons moet dus versigtig wees en seker maak watter bron iemand gebruik (en iemand se woorde wys ook vir ons watter bron hy gebruik - sy vrug getuig of hy waar of vals is). Bly in Jesus Christus en hou vas aan die waarheid (en Sy woorde) - raadpleeg Hom! - moenie ander bronne raadpleeg nie, en moenie op jou eie insigte staatmaak nie - hierdie is die manier hoe ons onsself beskerm en nie sal val vir die leuen nie.(1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan")

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-7-seels-van-openbaring.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html



Saterdag 01 Maart 2025

Wat is die verskil tussen "Lastering teen die Heilige Gees" en "Sonde tot die dood"?

Daar is een onvergeeflike sonde in die Nuwe Testament en dit is "lastering teen die Heilige Gees". 

Is dit dieselfde as "sonde tot die dood"? Om dit te kan antwoord moet ons eers verstaan wat met beide terme bedoel word.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk eers na lastering teen die Heilige Gees:

(1) Wat beteken dit dat dit 'n "onvergeeflike sonde" is? (Matt. 12:31,32 - "Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie"). Die begrip "onvergeeflike sonde" verwys na sonde wat NIE VERGEWE KAN WORD NIE. Alle ander sondes kan m.a.w. vergewe word in die N.T., insluitend bloedskuld!, sou iemand hom van sy sonde bekeer en vergifnis by Jesus Christus kry;  maar daar is een sonde in die N.T. wat Jesus NIE SAL VERGEWE NIE en dit is LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES. 

(2) Om te verstaan wat bedoel word met "lastering teen die Heilige Gees", moet ons eers verstaan wat die woord "laster" beteken (1 Tim. 1:19,20, vgl. met 2 Tim. 4:14,15)(2 Kon. 19:6; Hand. 13:45). Ten eerste is dit duidelik dat dit na "woorde" bv. kwaadspraak verwys;  en in die geval van "lastering teen die Heilige Gees" verwys dit na woorde wat teen die Heilige Gees gespreek word (spreek kwaad vd Heilige Gees). Kwaadspreek of laster kan gesien word soos "bedrog pleeg" (1 Pet. 3:10) - wanneer iemand laster verdraai hy die waarheid en maak of die waarheid 'n leuen is, en deur dit verag hy die waarheid. Die woord "laster" is soos om te vloek en te verag - om iemand te minag (met doel om te verwoes, die woord verwys bv. o.a. na "soos om 'n gat in iets te druk" of "'n streep daardeur te trek" -Hebr. woord "naw-kab");  m.a.w., die persoon wat laster teen die Heilige Gees, pleeg bedrog deur die waarheid 'n leuen te maak omdat hy die waarheid en die Here verag/minag.  So iemand is gemeen, hy VLOEK of vervloek iemand anders (vloek, verag, minag.. -Hebr. woord "kaw-lal")(Lev. 24:11). L.w. dat dit ook spesifiek gaan oor die wat dit WETEND doen! (dit verwys nie na onwetende sonde nie), bv. deur iemand wat opsetlik die waarheid verdraai, en word dus gewoonlik gepleeg deur die wat vals is. Bv., Paulus was vergewe vir sy lastering teen die Naam van Jesus omdat hy dit onwetend gedoen het... (Hand. 26:10), maar wanneer iemand wetend laster is hy vals! - in so 'n geval is dit gewoonlik nie so maklik om vergifnis te kry nie, en in die geval van waar iemand die Heilige Gees wetend laster, is daar nie eens 'n manier hoe daardie persoon vergifnis daarvoor kan kry nie (nie in hierdie eeu of bedeling nie, en ook nie in die volgende nie -Matt. 12:32). So 'n gemene persoon se optrede wys wat in sy hart aangaan... In die geval van Matt. 12 was die wat gelaster het teen die Heilige Gees ook mense wat hulleself voorgedoen het as opreg, maar eintlik vals was. Hulle het wetend kwaadgespreek van die Gees wat in Jesus is...;  m.a.w., wetend die waarheid verdraai en mense probeer verlei om nie te glo dat dit die Gees van God is wat deur Jesus gewerk het nie. Hulle was wetend (het geweet dat Jesus nie duiwels kan uitdryf behalwe deur die Gees van God nie), tog het hulle die skare probeer verlei deur voor te gee dat Hy 'n bose gees het sodat hulle nie in Hom glo nie, en so indirek het hulle teen die Heilige Gees gelaster;  m.a.w., hulle het die Heilige Gees gevloek, geminag, verag... 

(3) Kan ander vorme van laster vergewe word? Alle vorme van laster (bv. vloek of kwaadspreek teen ander mense of teen Jesus) kan vergewe word sou die persoon dit bely en hom daarvan bekeer en by Jesus vergifnis kry, maar lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie, want dit is 'n sekere groep mense wat hierdie sonde pleeg! (Matt. 12:32 - "En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie"). Wanneer jy WETEND die Gees van God laster (Hom verag, minag, vloek) deur bv. soos in Matt. hulle voorgegee het dat dit 'n bose gees was wat werk terwyl hulle goed geweet het dit die Heilige Gees is, dan sal Jesus daardie soort veragting nie vergewe nie want sulke mense is soos vyande vd geloof - hulle gee voor hulle is vriende, maar hulle is nie.  Dit is nie net valses wat laster nie, maar somtyds gebeur dit dat gelowiges ook laster, bv. as hulle dink hulle weet iets maar is eintlik onkundig (bv. jong Christene kom dit somtyds oor). In hierdie geval verwys dit beslis na ONWETENDES, nie na WETENDES nie. Somtyds is dit 'n broeder wat afvallig geword het van die geloof wat loop en laster - dit verwys gewoonlik na mense wat nooit wortel geskiet het nie... (kyk 2de groep in die gelykenis vd saaier). Hierdie mense is ook gewoonlik onwetend, want hulle het nooit tot kennis van die waarheid gekom nie. Diesulkes verag baiemaal die waarheid of die wat die waarheid verkondig, maar bloot omdat hulle dink hulle is reg. Dit is ook 'n soort onwetendheid en kan vergewe word sou die persoon tot inkeer kom... Dit is wat "lastering teen die Heilige Gees" anders maak - die wat hierdie tipe lastering pleeg, doen dit WETEND .

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat is "sonde tot die dood"?

- Terwyl die groep mense wat gewoonlik "laster teen die Heilige Gees" veral verwys na valse broeders, word die begrip "sonde tot die dood" weer meer gebruik in konteks met ware broeders wat in sonde stap (bv sonde wat bloedskuld veroorsaak) maar hulle nie daarvan bekeer nie - in so 'n geval kan sy sonde ook "tot die dood" lei. Geestelike mense het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie, maar die wat nie onder "die wet van die Gees" bly nie (en bv. verval in spesifieke sondes, bv. hoereer, afgodsaanbidding, kwaadspreek, onreinheid, gierigheid, dronkenskap, roof, ens. / 1 Kor. 6:9,10; 5:11; Ef. 5:5; Gal. 5:19-21) staan die gevaar dat hulle sonde "tot die dood" kan lei.

- Dus, sulke sondes kan tot die dood lei...., maar wanneer 'n geestelike mens hom bekeer van 'n sonde en vergifnis daarvoor kry, kan dit nie meer tot "die dood" lei nie! Die begrip "sonde tot die dood" word veral gebruik in konteks met aanhoudende sondes wat deur broeders gepleeg word maar nie afgele word nie.  Bv., as iemand kwaadspreek maar dit bely en afle, kan hy nie as 'n kwaadspreker gesien word nie;  maar iemand wat bv. aanhou om kwaad te spreek en hom nie daarvan bekeer nie - so 'n persoon is 'n "kwaadpsreker" (1Kor. 6:10). Dit help nie jy bid vir so 'n broeder dat die Here hom vergewe nie, want hy moet homself eers bekeer van die sonde (1Jn 5:16 - "As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie"). So iemand sal maw nie onvoorwaardelik vergewe word (net omdat jy vir hom bid/vergewe) nie, maar hy moet eers die sonde afle.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

(1) Lastering teen die Heilige Gees word somtyds beskryf soos sonde tot die dood, maar hoewel dit sonde "tot die dood" kan wees, beskryf die term "sonde tot die dood" nie alleenlik "lastering teen die Heilige Gees" nie. 

(2) "Sonde tot die dood" kan vergewe word sou iemand dit bely en hom tot die Here bekeer... (maw, Jesus sal in so 'n geval die persoon vergewe), maar "lastering teen die Heilige Gees" kan nie vergewe word nie!

(3) Nog 'n verskil is die feit dat sonde tot dood somtyds deur broeders gepleeg word, maar lastering teen die Heilige Gees word gewoonlik deur valses gepleeg. Die wat teen die Heilige Gees laster is gewoonlik die "akteurs" in die geloof... - die wat voorgee dat hulle waar is maar is eintlik vals (bv. in Matt. 12);  sien bv. die "valse broeders", die "spotters" en die "onkruid:". Hulle lyk soos koring maar is nie koring nie, en verwys gewoonlik na "ingesluiptes"  (die struikelblokke in die kerk - ongelowiges wat onder die gelowiges gesaai word om die skape te laat struikel). Hierdie mense tree baiemaal soos verleiers op en kan gekenmerk word aan sekere optredes, bv. dat hulle goddeloos is of in ongebondenheid leef, of dat hulle Jesus verloen, of is mense wat altyd leer maar nooit tot die kennis vd waarheid kom nie... Hulle het 'n gedaante van godsaligheid maar verloen die krag daarvan. Valse profete val ook onder hierdie groep, en word o.a. voorgestel as "in skaapsklere maar van binne roofsugtige wolwe" (Matt. 7:15).  Wat doen hulle in die kerk?: - wolwe verskeur, vang die skape en jaag hulle uitmekaar... (Eseg. 22:27; Joh. 10:12). Om meer te leer oor na wie presies die "ingesluiptes" verwys kan die boek van Judas bestudeer word, waarin hulle o.a. "dwaalsterre" genoem word (want hulle dwaal!-Jus.1:14), en word o.a. beskryf as die wat volgens hulle eie goddelose begeerlikhede wandel (Jud. 1:18). Hulle is in die kerk maar nie gehoorsaam aan die Gees nie.  Hulle is veronderstel om "onder die Gees te wees" as hulle in die Christelike kerk is, maar hulle dien Hom nie maar verag Hom liewer, en is dus gewoonlik die spotters in die kerk (hulle spot oor die waarheid). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html

https://warechristene.blogspot.com/2014/05/wat-is-die-onvergeeflike-sonde.html

https://warechristene.blogspot.com/2024/01/laster-godslasterlik-kwaadspreek.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/09/ons-moet-versigtig-wees-wat-ons-oor-of.html

Saterdag 18 Januarie 2025

Verskil tussen UITERLIKE / INNERLIKE MENS en LIGGAAM, SIEL EN GEES

Daar is sekere terme in die Skrif wat beskryf waaruit die mens bestaan, o.a. 

-die begrip "uiterlike" en "innerlike mens" (2 Kor. 4:16; Sag. 12:1; Rom. 7:22; Ef. 3:16; Job 32:18; Ps. 51:10; Jes. 26:9), 

- of die begrip "liggaam, siel en gees" (1 Thess. 5:23).  

Verwys hierdie na verskillende dinge?, of wat presies is die verskil tussen die twee onderwerpe?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------"DIE UITERLIKE en INNERLIKE MENS" is maar net 'n ander manier wat gebruik word om "LIGAAM, SIEL en GEES" te beskryf ... Die mens is bv. tweedledig van aard en bestaan uit 'n uiterlike mens en 'n innerlike mens, maar die uiterlike -en innerlike word somtyds beskryf deur die term "liggaam, siel en gees"... (en let ook daarop dat "liggaam, siel en gees" op 'n fisiese sowel 'n geestelike manier beskryf kan word) - wat dus dan ook verwys na 3 dele! Hierdie is die rede waarom dit somtyds ingewinkkeld is om te verstaan, want bestaan die mens dan nou uit 2 dele, of 3? 

As ons 'n deeglike studie uit die Skrif maak oor al hierdie terme wil dit voorkom of dit bloot die volgende beteken:

- (1) DIE UITERLIKE MENS verwys na die fisiese (vlees en bene)  =  "LIGGAAM, SIEL en GEES"  beskryf op 'n fisiese manier (en word somtyds bloot na verwys as "liggaam" - bv. fisiese vleis en bene, hart en bloed, asem...).

- (2) DIE INNERLIKE MENS verwys na die gees vd mens (die mens van binne) "LIGGAAM, SIEL en GEES" beskryf op 'n geestelike manier (en word somtyds bloot na verwys as "gees" of "siel" of "die mens van binne" - bv. "uit vlees" gebore, of "uit Gees gebore" /  ou of nuwe hart / wereldse gees of Heilige Gees...).



-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GEDAGTE:


M.a.w., die mens is tweeledig van aard:  nl. 'n UITERLIKE MENS en 'n INNERLIKE MENS

maar die uiterlike/innerlike is drie-ledig van aard...: nl.  "LIGGAAM, SIEL en GEES" (fisies verwys dit na die uiterlike mens, en geestelik verwys dit na die innerlike mens).

(vir skrifte, rol asb. na onder om na die urls te gaan)

(1) "DIE UITERLIKE MENS"  =  "LIGGAAM, SIEL en GEES" (beskryf op 'n FISIESE manier):

Daar word somtyds bloot na die uiterlike mens verwys as "LIGGAAM", maar die uiterlike mens bestaan uit 

- 'n FISIESE LIGGAAM (bv. vleis en bene, saad, ook dinge soos wat die liggaam nodig het, bv. kos en water, klere, werk, oefening, ens.); 

- 'n FSIESE SIEL (bv. hart en bloed, longe, sintuie, organe, ens.)(lewende siel); 

- en FISIESE GEES (bv. asem/lewensasem).

(2) "DIE INNERLIKE MENS" = "LIGGAAM, SIEL en GEES" (beskryf op 'n GEESTELIKE manier):

Daar word somtyds bloot na die innerlike mens verwys as "GEES" of "SIEL", maar die innerlike bestaan uit 

- 'n GEESTELIKE LIGGAAM (bv. saad - gebore uit Adam/uit vlees gebore;  of uit God gebore/uit Gees gebore)(vlees/liggaam soos slaaf - werke vd vlees, of werke van geloof)(liggaam moet soos grond "omgespit" word - braak braakland;  geestelike oefening nodig - pad van godsaligheid), ens.

- 'n GEESTELIKE SIEL (lewe in bloed)(ou of nuwe hart, en vrug - gesond of ongesond, begeertes, gedagtes, ens.) (lewende siel - natuurlike en geestelike mense dink en sien verskillend), ens.

- 'n GEESTELIKE GEES (-asem - het jy 'n wereldse gees?, of het jy die Heilige Gees?), ens.

(3) Op beurt kan daar onderskei word tussen die natuurlike en die geestelike mens - die geestelike mens se INNERLIKE is bv. weergebore, maar sy UITERLIKE  nog nie (maar hulle uiterlike/liggame sal eendag ook "weergebore" word).  Die natuurlike mens se INNERLIKE MENS is nie vernuwe nie (en natuurlik is die natuurlike mens se UITERLIKE ook nie vernuwe nie, en hulle het ook geen hoop om vernuwe te word nie). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/lig-nodig-om-lewende-wese-te-wees.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/02/die-mens-as-lewende-siel.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/liggaam-siel-en-gees.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/04/vas-gaan-nie-oor-glad-nie-eet-nie-maar.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/die-mens-in-beeldspraak.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/06/die-verskil-tussen-die-uiterlike-mens.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/08/liggaam-siel-en-gees.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/10/uiterlike-mens-innerlike-mens.html

Sondag 27 Oktober 2024

Sonder "VRUG TOT LEWE" kan jy nie die ewige lewe oes nie

Is daar 'n vrug wat die mens kan eet wat vir hom die ewige lewe kan gee?  As daar is klink dit beslis soos iets uit 'n storie..., maar in die tuin van Eden was daar 'n boom wat hierdie soort vrug gedra het!, genoem "DIE BOOM VAN DIE LEWE". Die "tuin van Eden" verwys na 'n tuin wat op aarde was, aan die oostekant van Eden... . Die boek van Genesis in die Bybel beskryf vir ons waar Eden (en die tuin van Eden eens) was, en in die middel van hierdie tuin was die BOOM VAN DIE LEWE (Gen. 2:9). Gen 3:22 leer vir ons dat die vrugte van hierdie boom ewige lewe kan gee! Ja, jy het reg gehoor..., daar bestaan beslis so 'n boom. 

Die Skrif leer vir ons van 'n ander plek waar hierdie boom ook te vinde is, nl. in die Nuwe Jerusalem (wat vir die uitverkorenes voorberei word en op die aarde sal neerdaal aan die einde van die "volgende eeu"-bedeling/Openb. 21:10)(Openb. 22:2,14). Die boek van Openbaring beskryf verder dat hierdie boom (van die lewe) 'n boom is wat elke maand van die jaar vrugte dra, ensy blare kan genesing gee... (Openb. 22:2).  

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Eden (die gebied waarin die tuin van Eden geleë was) kan o.a. ook beskryf word soos 'n TUIN (was o.a. genoem "die tuin van God")( Jes. 58;11; 61:11; Jer. 31:12; Eseg. 31:19);  of kan beskryf word as 'n "paradys" (Openb. 2:7)(die Gr. woord "par-ad'-i-sos", wat beteken 'n park of 'n "Eden" / Hebr. woord "par-dace" - park/tuin). Waar is hierdie paradys (met die tuin van Eden binne-in) huidiglik? Eseg. 31:8 leer vir ons dat dit weggesink het na die onderwereld... - vgl. dit ook met Luk. 16 en 23:43. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Het jy geweet dat die regverdige se vrug soos 'n boom van die lewe is? (Spr. 11:30).  Volgens Joh. 4:36 word die loon van die wat vir die Here arbeid, ook beskryf as vrugte wat lewe gee ("vrug tot ewige lewe"). En kyk ook Rom. 6:22 - almal wat vrygemaak is van sonde en diensbaar geword het aan God, dra vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. Baie mense het al begeer om iets te vind wat vir hulle die ewige lewe kan gee, en vele in die verlede het probeer om die tuin van Eden met die boom van die lewe te vind, maar jy hoef nie ver te soek nie... Jesus Christus kan vir jou hierdie lewe gee! 

Kinders van die Koninkryk het hierdie vrug nodig om eendag die ewige lewe te oes, en word in vele gevalle voorgestel soos plante of bome wat groei en vrug dra... Jesus het baie oor hierdie onderwerp gepraat en die belangrikheid van hierdie vrug (kyk o.a. die gelykenis van die saaier, Joh. 15, ens.) - hierdie vrug kan vir jou die ewige lewe gee (asof jy eet van die boom van die lewe). Net soos die boom van die lewe vrug het wat lewe gee, so sal die vrug van die regverdige eendag vir hom die ewige lewe OES.

Natuurlike mense dra "vrugte vir die dood" (Rom. 7:5). 

Geestelike mense (weergeborenes) dra "vrug tot lewe"! (Rom. 6:22). GEESTELIKE MENSE IS SOOS BOME "VAN LEWE" - WAT DIE "VRUG TOT LEWE" DRA. 

Saad bepaal eerstens wat se soort boom opkom en wat se soort vrug dit sal dra.  Die natuurlike mens is uit Adam se saad gebore, en daardie tipe boom kan nie vrug tot lewe dra nie.  Om vrug tot lewe te kan dra, moet jy gebore wees "uit God se saad" - weergeborenes word gesien soos mense wat uit God gebore is (hulle is soos mense wat "oor gebore" is). As iemand nie weergebore word nie kan hy nie hierdie vrugte dra nie!, en VRUG (tot lewe) is belangrik om die (ewige) lewe te kan oes.  Die wat "vrug tot lewe" dra verwys dus na weergeborenes ("geestelike mense");  dus, sonder vergifnis (wanneer iemand diensbaar word aan die Here) en die ontvang vd Heilige Gees (wat beide weergeboorte beskryf) is niemand instaat om hierdie vrug te begin dra nie... (Rom. 6:22). 

Hoe dra iemand "vrug tot lewe"? Natuurlik is lig, kos en water nodig vir 'n boom om te kan groei en vrug dra. Geestelike mense (wat lewe deur die asem of lig vd Heilige Gees) kan ook net aan die lewe bly en geestelike groei as hulle geestelike kos en water kry (maar natuurlik nie enige soort nie!). Om vrug (tot lewe) te kan dra, moet die geestelike mens geestelik groei;  daarom is geloof belangrik en "om te bly in Jesus Christus"... (vir 'n dagstukkie oor geestelike lig, kos en water, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html)(Joh. 15:4,5 - "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie"). Geestelike mense het die Heilige Gees ontvang deur wie hulle vernuwe word (asof hulle uit God gebore word) en hulle het heeltyd hierdie lig van die Gees..., en is dus instaat om geestelike voedsel verwerk (1 Joh. 5:1,4,18). Jesus en die woord is soos brood vir hulle, en hulle kry hulle water by Jesus Christus.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Vrydag 25 Oktober 2024

Waarna verwys lig, kos en water geestelik?

Kinders van die Koninkryk word somtyds soos plante of bome voorgestel, wat GROEI en VRUG DRA (en hierdie vrug kan vir hulle die ewige lewe oes). Maar waarna verwys hierdie geestelike LIG, KOS en WATER? Ons het bv. lig nodig om te kan lewe, en kos en water nodig om aan die lewe te bly..., maar waarna verwys dit geestelik?

Ten eerste bepaal saad natuurlik wat se soort boom groei en wat se soort vrug dit dra (daarom is weergeboorte nodig - iemand moet "oor gebore" word, want kinders van Adam dra vrugte vir die dood). Geestelike mense is instaat om vrug tot lewe te dra (dit wys dat hulle uit die regte saad gebore is - is "uit God gebore"). Tweedens het saad dus die LIG nodig (want sonder asem / lig kan ons nie lewe nie!).  Sonder die asem van die Heilige Gees kan die mens nie geestelik lewe nie... Derdens het die geestelike mens (wat nou tot 'n boom kan groei wat "vrug tot lewe" kan dra) kos en water nodig om aan die lewe te bly, en om te groei en vrug dra.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

 (1) - Geestelike WATER verwys na die woord vd Here en na die Heilige Gees (Joh. 6:63,68). Die Here se woord is vir ons soos water... (Amos 8:11). Die Here word ook o.a. beskryf soos 'n "fontein van water"... (Jer. 2:13)(ons moet by Hom drink, bv. glo in Sy woorde/leringe - plaas jou hoop in Sy wil en waarheid). Mense wat bv. nie water by die Here kry nie kan beskryf word soos 'n dor land (Hos. 2:1-3; Jer. 51:53; Ps. 68:6). Die mens kan nie sonder water lewe nie; altans, jy kan nie sonder water aan die lewe bly nie... - dieselfde geld vir die geestelike mens. Die weergeborene wat nie in die Here bly nie kry nie die water wat hy nodig het om aan die lewe te bly nie (dit stuit m.a.w. groei, wat dus veroorsaak dat jy nie kan vrug dra nie, en dit kan selfs tot die dood lei...). Dawid het 'n soortgelyke beeldspraak gebruik in Ps. 63 waarin hy die land rondom hom voorstel soos 'n "dor en uitgedroogde land SONDER WATER"..., maar die siel wat dors na die Here sal versadig word! - so 'n siel is "soos 'n tuin wat goed besproei is, en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie" (Jes. 58:11)(Joh. 7:37,38 - "En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei") (Openb. 21:6). Wanneer jy water kry, kan jy hierdie water ook aan ander gee (die Here gebruik bv. Sy diensknegte om plantwerk te doen, en nat te maak..., en Hy laat groei!). Maar as ons by verkeerde waterbronne drink (bv. wereldse wysheid, of ons hoop plaas in ander geloofspraktyke, wat o.a. na verwys word as geestelik "hoereer"-Amos 8:11-13), dan gaan dit ons "geestelike groei"-proses beinvloed, asook beinvloed watter water ons aan ander gee.Wanneer die geestelike mens nie in die Here bly nie en begin dors na verkeerde dinge, word hy soos 'n "dor land" - hy kry nie die regte soort water nie, so hy bly dors (Hos. 2:1-3; Jes. 65:13). WATER VERWYS DUS NA WOORDE (WAARHEID) - in Spr. 18:4 word die woorde wat uit iemand se mond kom, bv. ook voorgestel soos water, en in 10:11a word die mond vd regverdige voorgestel soos 'n fontein lewe. Jesus Christus is die WOORD (Joh. 1:1; Openb. 19:13).  Die Heilige Gees is die Gees van WAARHEID (Joh. 15:26; 16:13; 1 Joh. 4:6).  Die manier hoe ons "bou" is dus belangrik, want vir die geestelike mens om goeie vrug te dra en "aan die lewe te bly", het jy die regte soort water nodig... - jy't bv. nodig om vas te hou aan Jesus Christus (bv. Sy woorde), en moet die Heilige Gees gehoorsaam. Die Heilige Gees is soos 'n fontein van lewe in iemand se binneste... - en waarvan die hart vol is loop die mond oor (Jes. 59:21)(Luk. 6:45; Matt. 12:34; 15:18; Kol. 3:16). IEMAND SE VRUG WYS GEWOONLIK WAT SE SOORT WATER HY DRINK (bv. vars water of bitter water?-Jak. 3:10,11). Ons moet dors na die Here (Openb. 21:6; 22:7; Ps. 63:1,2)(dors na die lewe wat daar in Jesus Christus is, dors na Sy geregtigheid, dors na Sy Gees), wat o.a. beteken "om na die Here te luister" en "die goeie te eet"... (Jes. 55:2).  

(2)  -Geestelike KOS:  Jesus het geleer dat die mens nie van brood alleen kan lewe nie... (Matt. 4:4; Deut. 8:3). Net soos die uiterlike mens nie in die lewe kan bly sonder kos en water nie, net so die innerlike mens - die innerlike mens het ook brood nodig, die regte soort kos nodig om aan die lewe te bly (bv. om vrug tot lewe te kan dra). Hierdie "brood" is by Jesus te kry: (Joh 6:35 - "En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie"). Hier sien ons hoe belangrik dit is om in Hom te bly (bv. om Hom te ken, om van Hom te leer, Hom te raadpleeg, ens.) sodat ons die geestelike kos en water kan kry wat ons nodig het om geestelik te kan groei, en dus vrug te kan dra. "Vas" is o.a. 'n manier wat ons help om "geestelik te eet" (Matt. 17:21; 9:16,17). Jesus het o.a. ook na hierdie voedsel verwys as "om die wil van die Vader te doen" (Joh. 4:34). Om Sy wil te doen gaan oor om na die Here luister en Sy werk te volbring;  m.a.w., wanneer 'n geestelike mens die wil van die Here doen is hy ook besig om geestelik te eet... (m.a.w., dit sal geestelike groei tot gevolg he). Die dienaar wat bv. deur die Here uitgestuur word in Sy koninkryk om Sy wil uit te voer, is besig om vrug te versamel... (Joh. 4:36 - "En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees"). Christene word o.a. bemoedig om "ryk te word in die Here" (eerder as in wereldse dinge)(Luk. 12:16-21)(Luk. 12:23 - "Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere") - ons moet aandag gee aan die geestelike (geestelike water, geestelike voedsel, geestelike klere, ens.). Nie alle soorte voedsel is goed vir ons nie;  op ditto wyse is nie alle geestelike voedsel goed vir die mens nie. Die Here besluit wat vir ons as voedsel dien en wat nie (Gen. 1:29,30) , en bv. watter voedsels rein is vir ons en wat nie. En net soos ons in die N.T. ook koswette het (bv. mag nie bloed eet, of moet kos vermy wat jou broeder aanstoot gee tydens saameet, ens.), op ditto wyse is net sekere geestelike voedsels vir die weergeborene rein.  Bv., om die Here alleen te raadpleeg en Sy wil te doen (bly weg van heidens afgodspraktyke), om "wysheid van bo" te soek (i.p.v. wysheid van die wereld;  m.a.w. ons moet die Here raadpleeg), ens. Christene moet verstaan watter geestelike voedsel vir hulle rein is, en wat nie.

(3)  - Geestelike LIG: Die mens het lig/asem nodig om 'n lewende wese te wees... (Gen. 2:7; Job 27:3)(sonder asem kan hy nie lewe nie, en as asem weggeneem word gaan hy dood-Job 34:14,15).  Maar hierdie geld nie net vir die uiterlike mens (liggaam) nie, maar ook die innerlike mens (siel).  "Dood" verwys bv. nie net wanneer die uiterlike mens (liggaam) sterf nie, maar verwys ook na die tweede dood... (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word).  Hierdie is iets wat geen mens kan keer nie! - almal gaan dood, en die natuurlike mens sal ook eendag deur die tweede dood gaan;  want net soos die mens doodgaan wanneer asem teruggeneem word, net so sal die mens deur die tweede dood gaan as sy liggaam en siel nie die LIG/ASEM het nie! Natuurlike mense het 'n wereldse gees - as jy 'n wereldse gees het kan jy nie die lewe oes nie... Jy het die Heilige Gees nodig! Die Heilige Gees kan vir iemand hierdie "asem" of LIG gee wat vir hom die lewe kan gee... - die weergeborene word bv. o.a. voorgestel as iemand wat LEWE ontvang het. Die Heilige Gees is soos LIG/gees-asem vir die geestelike mens., - dus, die geestelike mens is deur die Heilige Gees verseel tot die dag van verlossing... (Ef. 1:13; 4:30)(wanneer die uiterlike ook vernuwe word/sien "opstanding" en "wegraping")(hulle is maw "gemerk" as die wat sal lewe en nie deur die tweede dood sal gaan nie)(Ef. 4:30). Plante het lig nodig om kos te kan verwerk - op ditto wyse het die mens die lig vd Heilige Gees nodig om geestelike voedsel te kan verwerk tot 'n bron van energie (dit is terloops waarom die met 'n wereldse gees het nie die geestelike dinge kan verstaan nie...-1 Kor. 2:14). 'n Liggaam wat dood is/'n dooie is soos (dooie) "grond" (liggaam=grond) waarin niks geplant of kan groei nie - op dieselfde wyse is die natuurlike mens se liggaam soos grond waarin die geestelike nie kan groei nie, en is hy nie instaat om geestelike vrug (tot lewe) te kan dra nie. Die weergeborene kry LIG (die Heilige Gees) en word o.a. beskryf soos iemand wat "gebore is uit God" (hulle behoort aan Christus - asof kinders uit Hom gebore, maar natuurlik nie fisies nie/van sy vlees en bene-Ef. 5:30). Daarom word kinders van die Koninkryk beskryf as "kinders van God", en word alreeds gesien as mense wat die lewe het... 

Donderdag 29 Augustus 2024

Is daar 'n verskil tussen bekering en wedergeboorte?

BEKERING is iets wat ons moet doen:
- bekeer tot die Here (Matt. 3:2; 4:17; 11:20; Openb. 2:5);
- bekeer van werke (Eseg. 18:23; Dan. 9:13; Hand. 3:26);
- bekeer van afgode ( Deut. 3:20; Matt. 13:15; Luk. 1:16; Hand. 14:15).
Bekering beteken om weg/om te draai/van plan verander... - draai weg van die sonde na dit wat reg is (vrees die Here en soek geregtigheid ); draai weg van afgode na die Here toe (dien alleen die Here en raadpleeg Hom - bekeer jou van die manier hoe jy sien en dink), draai weg van die dooie werke vd wet na Jesus Christus toe (dien "wet van vryheid"/gehoorsaam aan die Gees  -  soek die wil vd Here bo werke)(vir 'n studie hieroor met skrifte, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html). Om vergifnis van sonde te kry moet iemand hom/haar BEKEER, maar l.w. dat bekering nie net beperk is tot die geval van wanneer iemand wederbaar word nie, maar dit is ook nodig waar 'n weergeborene terugval in sonde of afgodspraktyke of begin wegdraai van die Here.

WEERGEBOORTE is iets wat die Here in iemand doen:
- afwassing van sondes (Joh. 3:5);
- ontvang die Heilige Gees (Joh. 3:5).
Deur weergeboorte word iemand 'n nuwe mens (asof "weer gebore", maar hierdie keer uit God se saad)(1 Pet. 1:23; Joh. 3:6). Weergeboorte is 'n eenmalige gebeurtenis waarin sonde vergewe word en iemand die Heilige Gees ontvang, maar l.w. dat die weergeborene steeds vergifnis nodig het vir sondes daarna gepleeg, en alhoewel die Heilige Gees inkom (en daar bly) kan die weergeborene deurentyd met krag vd Gees gevul word.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BEKERING en WEERGEBOORTE gaan hand aan hand, kyk bv. (2Pet. 3:9 - "Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal TOT BEKERING (Gr. woord "met-an'-oy-ah", wat verwys na "van plan verander/omdraai") moet KOM").  Ons verwys baiemaal na wedergeboorte as "bekering", maar waarna dit dan eintlik verwys is dit wat die mens moet doen voor hy wederbaar kan word, nie dit wat die Here doen in die mens nie. BEKERING is bv. belangrik voor sondes vergewe kan word... (Mark. 4:12)(om jou van daardie sondes te bekeer - draai weg van die sondes). In daardie opsig is bekering beslis belangrik voor iemand weergebore kan word!, want tydens weergeboorte word iemand SE SONDES VERGEWE en die persoon ontvang die Heilige Gees. G'n wonder dis presies hoe Jesus se bedieninge begin het!, nl. dat Hy mense opgeroep het tot BEKERING (Mark. 1:15; 6:12) - en in hierdie konteks beteken die woord bekering in die Grieks in daardie skrifte veral, "om jou te bekeer van die manier hoe jy sien en dink" (bv., bekeer jou tot hoe die Here sien en dink). Johannes die doper het ook mense opgeroep tot BEKERING (o.a. verwag dat hulle heilig moes lewe!;  dus, wegdraai van die sonde) en op hierdie manier die pad voorberei vir die Here en so die paaie reguit gemaak want, het hy gesê: "die koninkryk van die hemele het naby gekom" (Matt. 3:2,3). Toe die 12 dissipels uitgestuur is in Mark. 6 was die opdrag ook om mense "tot bekering te roep" (v.12)(omdat die Koninkryk naby gekom het).  Dus sien ons hier die belangrikheid van BEKERING voor iemand kan ingaan in die koninkryk... Bekering en vergifnis van sondes gaan hand aan hand;  m.a.w., as iemand bely hy't vergifnis van sondes ontvang maar hy het hom nog nie van daardie sondes bekeer nie, dan lieg hy vir homself. Jy kan nie vergewe word as jy jou nie van sonde bekeer nie. Die Skrif onderstreep nie onvoorwaardelike vergifnis nie, maar is eerder uitgesproke oor wat nodig is voor iemand vergifnis kan kry! In Paulus se verdediging voor Agrippa waarin hy getuig van hoe die Here hom geroep het en gebruik, vertel hy dat hy gestuur is na die heidene "om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan BEKEER en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in Jesus vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang (v.18)(kyk Hand. 26:17-20)(Hand. 26:20 - "maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas"). Om tot bekering te kom is deel van "om tot geloof te kom" - dit is iets wat die mens moet doen (terwyl weergeboorte iets is wat die Here in iemand doen).

Die woorde "weergebore/wedergeboorte/wedergebore" kom sowat 6 keer voor in die N.T. (Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23; ens.), en verwys na 'n vernuwing, alhoewel vernuwing ook regdeur die Christen se lewe plaasvind (kyk "pad van godsaligheid"). Om weergebore te word (deur water en Gees-Joh. 3:3-5) moet jy GLO in Jesus Christus, deur wie jy vergifnis van sonde kry en die Heilige Gees ontvang. Geloof in Jesus Christus is soos om jou tot Hom te bekeer (glo in wie Hy is, glo in Sy woorde, ens. / verander jou manier van sien en dink tot hoe Hy sien en dink). In daardie opsig is bekering nodig "tot lewe"! (Hand. 11:18; 2 Pet. 3:9). Sommige mense dink dat bekering slegs 'n belydenis is van geloof, maar die waarheid is dat bekering nie net uit woorde bestaan nie, want geloof sonder werke is dood (Jak. 2:20,26). 'n Ware bekering word bewys deur werke... (Hand. 26:20; Matt. 3:10-12);  daarom leer die Skrif dat ons nie net geregverdig word deur geloof nie, maar ook deur werke... (Jak. 2:24). As iemand hom bekeer van afgode, moet hy ophou om afgode te aanbid en ophou om deel te neem aan afgodspraktyke.  As iemand hom bekeer van sy manier van dink, moet hy sy eie sieninge weggooi en soek om te begin sien en dink soos die Here sien - hy kan nie dan nog vashou aan wereldse sienswyses nie.  As iemand hom bekeer van sonde, moet hy ophou om daardie sonde te doen. As iemand hom bekeer van dooie werke (Hebr. 6:1), moet hy ophou om sy hoop te plaas in werke vd wet of menslike gebooie (Tit. 1:13,14). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Daar is sekere werke wat saam met "bekering" gaan (Hand. 26:20), en beslis is nie enige werke 'n teken van bekering nie -  VRUG WYS bv. of iemand hom bekeer het of nie (Matt. 3:10)...  Dinge soos onreinheid, hoerery en ongebondenheid ens. is alles bewyse daarvan dat iemand nog NIE BEKEER is nie (2 Kor. 12:21), of is 'n bewys daarvan dat iemand teruggeval het in sondes - in so 'n geval moet die persoon hom weer (daarvan) bekeer. Inderdaad moet die persoon wat wederbaar is, verander het! 'n Broeder wat bv. afgedwaal het van die waarheid het nodig om hom daarvan te BEKEER... (Jak. 5:19,20). "Bekering" is dus belangrik in enige geval waar iemand wat reeds tot geloof gekom en wederbaar is, weer teruggeval het in wêreldse wysheid, sonde, werke of afgode.  Hier kan ons sien dat alhoewel weeergeboorte 'n eenmalige gebeurtenis is, en bekering nodig voor dit kan gebeur, is bekering nie noodwendig eenmalig nie - net so die verskil tussen die "ontvang vd Gees" en "vervulling van krag vd Gees", want op dieselfde wyse wat "vergifnis van sondes" iets is wat deurgaans gebeur in die geestelike mens se lewe, so is die ontvang vd krag van die Gees ook iets wat deurgaans in die weergeborene se lewe kan gebeur.  Die ONTVANG VD GEES is wel eenmalig, maar die KRAG VD GEES is iets waarmee die geestelike mens gedurigdeur vervul kan word (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/08/die-gees-van-god-4.html).   

Inderdaad is die onderwerp van bekering belangrik, en daar is groot blydskap in die hemel wanneer 'n sondaar hom bekeer! (Luk. 15:7,10).  Die wat hulle nie BEKEER nie, is ook die wat uiteindelik GEOORDEEL gaan WORD (Luk. 11:32; 13:3,5; Matt. 11:20), en sal nie die TOORN vryspring nie (Matt. 3:7) maar gaan na die plek van pyniging...( Luk. 16:27-31). Maar l.w., bekering is wel nodig..., maar  dit is nie enige offer wat vir sonde betaal nie! - vergifnis van sonde word op 'n spesifieke manier verkry, die manier wat God daarvoor geskep het, nl. deur Sy Seun Jesus Christus (Hy was soos 'n lam vir ons geoffer...). 'n Nuwe hart is ook nodig, anders is dit nie anders as diesulkes in die O.T. wat bloedoffers gebring het maar aanhou sondig het nie... (die wat, al was hulle vleeslik besny, nie besny was van hart en ore nie). Daarom is die ontvang van die Heilige Gees so belangrik, want die Gees verander ons en vernuwe ons harte, sodat ons ophou om die sonde te dien. Net soos vergifnis van sonde by Jesus te kry is, net so is Hy die Een by wie ons die Heilige Gees kan kry. Dus, voor iemand wederbaar kan word, moet hy glo in Jesus Christus (die Een wat sonde vergewe en vir jou die Heilige Gees kan gee).
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------